RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.rsg.co.za
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Gesondheid 22 April 2026 22.04.2026 22:45
Marí Hudson praat met drie spesialiste oor doeltreffende behandeling vir chroniese blaasinfeksies, galblaasverwydering se uitwerking op die spysverteringstelsel, en harsingskudding.
Gesondheid 15 Maart 2026 15.04.2026 22:14
Botoks en pasaangëers is nie net vir die gesig of hart nie! Hierdie behandelings word ingespan om ‘n ooraktiewe blaas te behandel, sodat blaaslek onder beheer gebring kan word. En vir stres-inkontinensie waar jy voel jy kan nie goed knyp nie, is daar ook behandeling. Marí Hudson gesels in deel 1 van ‘n kort reeks oor blaasprobleme met prof. Stephen Jefferey van Kaapstad.
Gesondheid 8 April 2026 08.04.2026 20:57
Verskeie foute is gemaak in hoe die Wêreld Gesondheidsorganisasie en Suid-Afrika die Covid-pandemie in 2020/21 hanteer het. Die voorspellings was foutief, die streng inperkings te laat en oorbodig, en die raadgewende medici het soos dogmatiese outokrate opgetree en geen debat geduld nie. En die korrekte inligting oor die entstowwe is nie gekommunikeer nie. Marí Hudson praat in deel 2 weer met dr....
Gesondheid 1 April 2026 01.04.2026 24:36
Verskeie foute is gemaak in hoe die Wêreld Gesondheidsorganisasie en Suid-Afrika die Covid-pandemie in 2020/21 hanteer het. Die streng inperkings was eintlik mosterd na die maal, en die Imperial College of London, die enigste raadgewer van die WGO, het erg drooggemaak met sy voorspellings. Marí Hudson praat hieroor met dr. Piet Streicher wat al die data en patrone ondersoek het.
Gesondheid 25 Maart 2026 25.03.2026 22:36
Het jy geweet ‘n sleutelgatprosedure op jou heupgewrig kan ‘n heupvervanging uitstel, of selfs voorkom? Dié atroskopiese prosedure is veral geskik vir jonger mense wat op pad is na ‘n heupvervanging, en is soortgelyk aan ‘n skouer- of knie-atroskopie. Die rehabilitasie ná die prosedure moet baie getrou gevolg word. Marí Hudson praat hieroor met dr. Hennie Bosch, ortopeed van Durbanville.
Gesondheid 18 Maart 2026 18.03.2026 22:26
As jy gedink het tuberkulose (tering of TB) tas net ‘n mens se longe aan, is jy verkeerd. Dit kan jou longe, brein, kliere en rugwerwels en ander organe aantas. Kan dit jou ook doof maak, soos wat met Rafiek in Suidooster gebeur het? Marí Hudson praat hieroor met prof. Jantjie Taljaard van die Fakulteit Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Gesondheid 11 Maart 2026 11.03.2026 24:03
Gloukoom is ‘n algemene oogprobleem waar die oogsenuwee beskadig word, maar weens onkunde onder die publiek word te veel pasiënte nie opgespoor voordat oogsenuwee-skade intree nie. Indien dit vroeg opgespoor en behandel word, kan dit verhoed dat jy blind word. Hoe werk gloukoom? Waar kom die oormatige vog in die oogbol vandaan? Wat loop skeef, en hoe word dit behandel? Speel oorerwing ‘n rol? Marí...
Gesondheid 4 Maart 2026 04.03.2026 22:42
CTX is ‘n seldsame metaboliese siekte wat tot gestremdheid en blindheid kan lei. As ouers hierdie siekte se simptome bestyds kan uitken sodat die siekte vroeg gediagnoseer en behandel kan word, kan breinskade voorkom word. Marí Hudson praat hieroor met ‘n kenner op die gebied van siektes wat te make het bloedvette, vetsure en cholesterol.
Gesondheid 25 Februarie 2026 25.02.2026 22:46
Nuwe tegnologie maak die behandeling van atriale fibrillasie nog veiliger en meer suksesvol. Atriale fibrillasie is die mees algemene hartritme-defek in mense ouer as 60, en ablasiebehandeling is die behandeling van keuse om die risiko vir beroerte en sterftes te verminder. Medikasie is ongelukkig redelik toksies.
Gesondheid 18 Februarie 2026 18.02.2026 23:08
Lede van Discovery Health het onlangs groot geskrik toe dié mediese fonds skielik sowat R130 miljoen van hulle wou terugverhaal. Gelukkig is dié terugverhalings in die kiem gesmoor. Maar dié terugeise vind al oor jare en jaar-vir-jaar plaas, en voedingkundiges, dieetkundiges, fisioterapeute, perfusietegnoloë en talle dokters moes in gevalle elk meer as R1 miljoen terugbetaal, al was die eise voorh...
Gesondheid 11 Februarie 2026 11.02.2026 23:05
Is daar dalk nog veiliger middels met peptiedmolekules op pad as Ozempic? En ons kyk na die werklike feite oor hormoonvervangingsterapie, want dit kan baie vroue se lewenskwaliteit verbeter.
Gesondheid 4 Februarie 2026 04.02.2026 23:34
Wat het chronies-verhoogde kortisolvlakke met jou gewig, jou gemoed en jou gesondheid te doen? Wat het dit te doen met die groot vetrol om jou maag, die skof agter jou nek, moegheid, depressie en die gesukkel om gewig te verloor? Baie! Slegs drastiese behandeling sal help. Marí Hudson praat hieroor met ‘n endokrinoloog.
Gesondheid 28 Januarie 2026 28.01.2026 21:58
Eierstokkanker is ‘n tameletjie, want dit word dikwels laat opgespoor, en is aggressief. Maar as jy ‘n familiegeskiedenis van bors- en eierstokkanker het (dis in in die helfte van gevalle só) kan genetiese toetse jou help om ‘n besluit te neem om jou eie lewe te red. Nuwe medikasie is baie doeltreffend juis teen die geneties en oorerflike vorms van eierstokkanker. Marí Hudson praat hieroor met ‘n...
Gesondheid 21 Januarie 2026 21.01.2026 21:04
Koskenner Marinda Engelbrecht het oor etlike jare 53 kg verloor. Sy het van 114 kg tot 61 kg, en van ‘n nommer 26 tot ‘n nommer 10, gegaan. Sy vertel hoe sy dit reggekry het en gee ook wenke wat kan werk. Sy het die gewig afgeskud sonder pille, inspuitings of kitsdiëte, en deurgedruk al het sy meer as een keer van die wa afgeval.
Gesondheid 14 Januarie 2026 14.01.2026 22:11
Hoe kry iemand dit reg om 53 kg te verloor – van 114 kg tot 61 kg, van ‘n nommer 26 tot ‘n nommer 10 – en die gewigsverlies boonop te handhaaf? Dít alles sonder pille, inspuitings of kitsdiëte. Koskenner Marinda Engelbrecht vertel hoe sy op ‘n gesonde manier gewig verloor het.
Gesondheid 7 Januarie 2026 07.01.2026 21:24
In ons tweede en finale terugblik op 2025, fokus ons op obesiteit, nie-mediese mense wat Ozempic bemark, Tik-verslawing, demensie, artritis en genetiese toetse vir borskanker.
Gesondheid 31 Desember 2025 31.12.2025 23:52
Ons kyk terug op gesondheidsprogramme wat in 2025 uitgesaai is, en fokus op vroeggebore babas en op ovum-bevriesing.
Gesondheid 24 Desember 2025 24.12.2025 26:43
Aktrise en Kwêla-aanbieder Therese Bam deel openhartig haar reis van hartseer en vreugde tot waar sy uiteindelik haar babaseun in haar arms kon vashou, danksy skenkereierselle.
Gesondheid 17 Desember 2025 17.12.2025 26:04
Kate Borthwick se reis met aggressiewe miëloom was nie maklik nie. Sy kon nou, danksy skarefinansiering, met uiters duur, nuwe immunoterepaie begin. Sy ontsnap van haar kankergedagtes deur haar musiek. Sy vertel meer oor haar kanker, haar behandeling en haar musiek aan Marí Hudson.
Gesondheid 10 Desember 2025 10.12.2025 22:16
Die eerlike en onstellende vertelling van ‘n borskankerpasiënt lê bloot hoe ‘n algemene praktisyn en ginekoloog se gebrekkige insig in genetika haar ontneem het om borskanker te keer. Marí Hudson gesels met ‘n borskankerpasiënt, ‘n onkoloog en genetiese raadgewer in die finale episode van die kort reeks oor borskanker en gene.
Gesondheid 3 Desember 2025 03.12.2025 22:35
Slegs ‘n klein persentasie van borskanker-pasiënte dra een van die foutiewe gene wat ‘n rol in borskanker speel, en het dan ongelukkig ‘n groot risiko om borskanker te kry. Maar as jy weet jy het een van dié gene, kan jy besluite neem wat jou lewe kan red. Marí Hudson praat met ‘n onkoloog oor borskanker en gene.
Gesondheid 26 November 2025 26.11.2025 19:05
Watter soort kontaklens sal jou oë die beste pas? Hoe werk droë oë terwyl jou oë traan? Marí Hudson praat met ‘n oogkundige oor al die geheime wat jou oë kan verklap.
Gesondheid 19 November 2025 19.11.2025 21:55
As jy na ‘n oogkundige gaan vir ‘n oogtoets, kan die oogkundige deur oogondersoeke nie net sien of jou retina, makula en lens gesond is nie, maar ook of jy tekens van diabetes, hoë bloeddruk en hoë cholesterol toon. Dan kan tekens van harsingskudding en selfs ‘n breingewas duidelik word. Marí Hudson gesels met ‘n oogkundige oor al die geheime wat jou oë kan verklap.
Gesondheid 12 November 2025 12.11.2025 21:48
Is daar ‘n verband tussen sekere gene en kanker? En wat van die genetika van die kankerselle self? Kan dié kennis help om sekere kankersoorte beter te behandel? Marí Hudson praat met ‘n genetikus wat bevestig dat die bekende borskankergene 1 en 2 inderdaad jou risiko vir verskeie kankersoorte verhoog, en dit kan nie deur lewerdetoksifikasie verander word nie.
Gesondheid 5 November 2025 05.11.2025 22:09
Hoe werk neuropatie? Is dit die gevolg van veroudering, ’n vasgeknypte senuwee, of is daar ander oorsake? Kan dit behandel word?
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали