RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Ysbeer-duik in Emmarentiadam 19.06.2026 5:47
Daleen Potgieter vertel van Normalair Onderwaterklub se Midwinter Ysbeer-duik in die Emmarentiadam in Johannesburg. Dis ook ‘n skoonmaakgeleentheid waar daar al in die verlede ‘n rekenaar, valstande, fietse en vuurwapens uitgeduik is.
Verkeerskaartjie op pad graf toe 19.06.2026 1:19
‘n Motor in ‘n begrafnisstoet het ‘n kaartjie gekry omdat die stoet deur ’n rooi verskeerslig beweeg het. Hoewel dit algemene praktyk is wil die stad, Syracuse, in die staat New York, niks weet van ‘n appèl teen die kaartjie nie.
Lisa se goeie jaar 18.06.2026 8:36
Haidee Muller-Isaacs klets met omroeper Lisa Truter oor haar spesiale vieringe vanjaar - sy word
Jonk: Sielkundige impak van voordurende gesondheid- en fiksheidstatistiek 18.06.2026 7:24
Kliniese sielkundige en spelterapeut dr. Jo-Marie Bothma praat oor die sielkundige impak daarvan om die heeltyd al jou gesondheid- en fiksheidstatistieke te meet en dop te hou.
Roomys-samespanning in Japan 18.06.2026 1:26
Ses groot roomysvervaardigers in Japan is onder verdenking van samespanning. Hulle get glo jare lank roomyspryse kunsmatig verhoog.
Die Hofmeyr-susters 17.06.2026 8:46
Die Hofmeyr-susters, Zanta en Melanie, het al op wereldverhoë met die viool en dwarsfluit geskitter. Hulle het op die Wesrand in ‘n gesin van agt (drie susters en vyf broers) groot geword. Al agt kinders leef nog en, hulle ouers, ds. Jan (91) en ma Elma (88) repeteer self op die oomblik aan ‘n werk of twee. Johan Rademan het met Zanta Hofmeyr en Melanie Hofmeyr-Burger by die Gamka Klassiek in Prin...
Wat kan ons leer by... Middeleeuse ridders (Deel 1) 17.06.2026 12:04
Dr. Mandie Uys praat oor die Middeleeuse ridders, en waar die tekens van hulle werk vandag nog sigbaar is.
Gesonde TV 17.06.2026 2:26
In Kirgisië in Sentraal Asië is 26,6% van volwassenes obees. Die regering borg nou ‘n realiteitsprogram op TV waar staatsamptenare gewig verloor. Hulle oefen om hulle liggame fisies in staat te stel om hierdie herfs aan die amateur Asië-driekampbeker deel te neem.
Êrens oorsee: Singapoer 16.06.2026 13:44
Mari Victor vertel vir Martelize Brink van die lewe in Singapoer, waar hulwl byna 10 jaar woon. Gestolde komkommerslaai is ‘n treffer onder plaaslike gaste.
Redgy Elias se lewenspad 16.06.2026 5:05
Redgy Elias se hunkering na ‘n afwesige pa het hom die pad byster laat raak. Maar toe vind hy weer sy weg deur die lewe se moerasse waar hy nou ander jong mans help. Haidee Muller-Isaacs het met hom gesels by Worcester se Changemaker-huis, Moria.
200 Deure toegeplak 16.06.2026 1:24
‘n Vandalis het nagenoeg 200 deure met gom toegeplak by ‘n hoërskool in San Diego, Kalifornië tydens hulle jaareindeksamen.
Die impak van die sardynloop 15.06.2026 14:27
Maryke Musson praat oor die impak van die sardynloop op die ander diere in die omgewing.
In die wêreld van landbou 15 Junie 2026 15.06.2026 5:03
15 Junie 2026: Vandeesweek in landbounuus berig ons oor die voerkraalreus, Karan Beef, wat vleisuitvoere hervat; Suid-Afrika en Italië hoop om samewerking oor landbou en landbouverwerking uit te brei; Suid-Afrika se landboubedryf teken ’n rekordhandelsoorskot in die eerste kwartaal van 2026 aan; en, die Nasionale Wolkwekersvereniging bied sy 95ste kongres aan.
Hoe vries ek vleis? 15.06.2026 9:18
Prof. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink hoe jy vleis behoort te vries, en dan weer te ontdooi.
'n Restaurant te goed vir regeringsamptenare 15.06.2026 1:37
King’s Joy, ‘n restaurant in China, is ‘n plek waar regeringsamptenare nie gesien mag word nie. Dis ‘n 3 ster-Michelinrestaurant, wat ook Michelin se Groen Ster vir volhoubare praktyke het. Met die goedkoopste dis wat $250 is, is dit heeltemal te uitspattig vir die regerende Kommunistiese Party.
Ervaar die tradisionele plaaslewe op Soetmelksvlei 12.06.2026 8:44
Langs Babylonstoren in die Franschhoekvallei is ‘n werkende plaas, Soetmelksvlei. Hier word daar nog met die hand gewerk soos in die laat 19de eeu. Kom ruik, voel en beleef die era toe tydsintensiewe vaardighede nog sentraal tot die ekonomie gestaan het. Johan Rademan wou by die hoof van Soetmelksvlei, Adele Johnson, hoor wat alles op mense wag tydens die aktiwiteite van ‘n plaaswerf wat meer as 1...
360 Speseryroete: Wildsvleis 12.06.2026 10:54
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel wat die ou geskrifte sê oor kosmaak met wildsvleis.
Sonsambreel-verbod op die strand 12.06.2026 1:26
Daar is ‘n verbod op sonsambrele by ‘n strand in Sardinië. Net as jou gesin daar is met ‘n kind onder 10, of as jy ouer as 65 is, mag jy ‘n sambreel strand toe vat. Die toegangfooi tot die strand is 10 Euro, maar 5 Euro as jy met ‘n boot daar aankom.
Fonteinname in SA 11.06.2026 12:00
Prof. Matilda Burden vertel vir Martelize Brink van Opreisfontein, ‘n boek met fonteinname in Suid-Afrika en hulle stories.
Jonk: Biometing in sport 11.06.2026 11:08
Biokinetikus Marius Cornelissen praat oor biometing in sport. Hy vertel wat mense meet en waarmee, van profesionele atlete tot fiksheidsentoesiaste.
VSA en Kanada se gedeelde biblioteek 11.06.2026 1:29
Die Haskell Free Library and Opera House is op en oor die grens tussen Kanada en die VSA in Quebec en Vermont gebou. Nou is daar ‘n biblioteekdeur slegs vir Kanandese. Voorheen het almal oor die grens heen, dieselfde hoofingang aan die VSA-kant gebruik. In Oktober 2025 het die VSA dié praktyk gestop. Nou is ‘n nooduitgang aan Quebec se kant, omskep in Kanada se amptelike ingang.
Breyton April, die jong visserman van Bettysbaai 10.06.2026 5:16
Breyton April se pa het hom al jonk-jonk geleer visvang. Op vyf het hy al sy eie visstok gehad, en vandag, op 24, is dit sy beroep. Haidee Muller-Isaacs het afgesit Bettysbaai toe om met hom te gesels. Nodeloos
La Sagrada Familia se hoogste toring ingewy 10.06.2026 3:00
Marius Coetzee vertel van die inwyding van die La Sagrada Familia-katedraal in Barcelona se hoogste toring. Dit volg ‘n eeu ná die dood van Antoni Gaudí, die grootste Katalaanse argitek en ontwerper.
Op soek na Maskam 10.06.2026 9:22
Melt van der Spuy vertel vir Martelize Brink van die dokumentêre film, Op soek na Maskam, wat hy van sy grootwordplek gemaak het.
Sonde met die bure 10.06.2026 1:37
‘n Vete tussen bure op die Engelse platteland kan ‘n pensionaris in die tronk laat beland. Ná 15 jaar se onmin was die laaste strooi toe die dame ‘n grassnyer aangelos het om haar bure se kuiertjie met vriende op die stoep met die klank te saboteer.
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали