AGS Dinamika
AGS Dinamika Preke
Preke van AGS Dinamika
Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: www.agsdinamika.co.za
Автор
AGS Dinamika
Категорія
Сайт подкасту
Останній епізод
4 жов 2026
Де слухати?
Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаромПодкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти
Епізоди
Die pad na jou DOEL 02.11.2025 36:09
Elkeen van ons het ? doel in die lewe. Josef se lewe leer ons dat daar wel ? verskil tussen ? mylpaal, jou droom en jou doel is.
Waarde van Dankbaarheid 26.10.2025 27:50
Ons is in die lewe meer bevoorreg as wat ons besef. Ons kan so maklik onvergenoegd en ontevrede deur die lewe gaan. Daar is soveel waarde in ? lewe van dankbaarheid. Kies wie jy gaan wees!
Hanteer die seer 19.10.2025 26:15
Een van die Here se name is Jehovah Rapha, die Here wat my gesond maak. Die Here genees ons fisiese, geestelike en emosionele seer. Daar is geen pyn op aarde wat Jesus nie gesond kan maak nie. Na die bitter water van Mara kom die fonteine en palmbome van Elim. Daar is altyd hoop in Jesus.
Perspektief 12.10.2025 26:41
Elkeen van ons kyk op ? ander manier na dinge en situasies in die lewe. Dis is perspektief. Hoe lyk jou perspektief? Die Here se wil is dat ons die regte perspektief in die lewe moet hê.
VASHOUPLEK 05.10.2025 30:38
Waaraan hou jy vas wanneer die lewe gebeur? Ons kan aan God vashou want HY is ons ROTS.
Woorde van Waardering 28.09.2025 25:05
Die Here praat al vyf die liefdestale met ons. Hoe bewys jy jou liefde aan Hom? Praat jy woorde van waardering of woorde van kritiek? Selfs in die tye wat ons wag vir antwoorde en nie alles verstaan nie kan ons woorde gebruik om Jesus lief te hê. Weet Jesus jy het Hom lief as Hy luister na jou woorde?
God bly getrou 21.09.2025 25:59
God bly getrou ten spyte van ons. God se karakter hang nie van jou af nie.
Wie is God - Regtig? 14.09.2025 29:16
Wie is God vir jou? Kwaai, eenkant, ver, onbereikbaar? God is beter as wat jy dink- God is GOED. Verwag dat iets goed met jou vandag gaan gebeur.
QR Codes 07.09.2025 21:15
Ons lewe in 'n tydperk van QUICK RESPONSE. Hoe vinnig is jy om te reageer op die Stem van die Heilige Gees? Is jy 'n "Quick Responder"? God het al 2000 jaar gelede gereageer op ons sonde en Jesus gestuur om te sterf aan die kruis.
Jesus IS 31.08.2025 26:17
Dis moeilik om by die waarheid te hou as ons nie gefokus is op Jesus en Hy as die middelpunt van ons lewens nie. Filter alles deur Jesus se werke want net Jesus is ons fondasie... die Rots waarop ons bou.
Verander JOU wêreld 24.08.2025 31:41
Is dit so moeilik om jou wereld te verander? Dit is meer eenvoudig as wat ons mag dink, maar dit gaan jou iets kos. Jy en ek gaan moet ‘brand’.
Jy raak God se hart 17.08.2025 27:16
Ek en jy het die vermoë om ons hemelse Vader se hart hartseer te maak of bly te maak. Die Vader, Jesus en die Heilige Gees het al drie diep emosies en beleef hartseer en vreugde. Hoe raak JY God se hart? Sy liefde brand te sterk vir jou om ooit op te gee op jou.
Weerkaats Jesus 10.08.2025 26:15
Alles kos iets... Is ons bereid om ons lewens as ‘n ‘Sacrifice’ neer te lê, en God te Worship in Surrender? “Jy word soos dit/die een wat jy aanbid.” Kom ons word meer soos Jesus.
Die Stoel, Die Handdoek & Die Stok 03.08.2025 31:52
Daar is 3 soorte mense wat Jesus volg. Vind uit watter een is jy. Die Here roep ons tot meer en wil ons altyd hoër vat. Mag jy ge-‘stretch’ word!
KOS VIR 'N HONGER HART 27.07.2025 25:00
Ons Hemelse Vader wil vir ons honger harte kos gee, daarom het Hy vir ons die Heilige Gees gestuur. Die Heilige Gees is 'n Persoon met 'n persoonlikheid. Eienskappe van Sy persoonlikheid is dat Hy verstaan wat jy nodig het, Hy gee jou krag en Hy is baie kreatief. As ons leer om sensitief te wees vir Sy Stem sal Hy ons honger harte versadig. Moenie die Heilige Gees weerstaan nie.
Dis nie joune nie 20.07.2025 33:28
Die Here het ons as mens geskape om te heers. Deur sonde het ons daardie heerskappy verloor maar Jesus het weer vir ons daardie kroon van heerskappy teruggegee. Daardie kroon behoort altyd aan Hom wat op die troon sit.
Hoor jy? 13.07.2025 23:51
Soms sukkel ons om God se stem te identifiseer en mooi te hoor... Dalk is ons lewens se Noise-Level die rede hoekom ons nie Hoor nie. Leef met 'n ingesteldheid om te Hoor wat God sê en Sy Vrede te beleef.
Die 4 woorde wat alles kom verander het 06.07.2025 28:31
Alles in hierdie lewe het 'n doel. JY ook! Moet nooit jou doel buite jou Bron gaan soek nie. Die Here het 'n manier om weer lig te bring waar dit woes, leeg en donker is.
Remember 29.06.2025 26:53
Hoekom is dit belangrik om die Wonders en Stories van God se Goedheid te onthou? Soms sien ons nie, soms hoor ons nie, maar ons kan altyd ONTHOU, en dit beïnvloed hoe ons die berge voor ons sien.
Die Granaatboom 22.06.2025 26:42
Billy Graham het gesê: "You cannot follow God in neutral." Ons het altyd 'n keuse: gaan ons soos Jonatan wees wat hande-viervoet 'n berg uitklim om gehoorsaam te wees aan God se Stem of gaan ons soos Saul wees wat onder die Granaatboom sit! 1 Sam. 14. Daar is 'n doel met jou lewe: om te doen wat die Here op jou hart lê en in jou gees fluister. Kom ons gaan!
Average (Vadersdag) 15.06.2025 30:35
Ons is nie gemaak om ‘average’ te wees of te leef nie. Ons is gemaak vir soveel meer. Die Here se wil vir ons is ? lewe van oorvloed. Wees nie ‘common’ nie.
Heilige Gees (Pinkster) 08.06.2025 29:07
Jesus gee vir ons ‘n Rivier van LEWENDE WATER... Maar wat beteken dit? Wat is die Rivier? En hoe werk die Heilige Gees in ons lewens? Esegiël 47 gee vir ons ‘n beeld van dit wat IN ons is. Mag ons meer bewus en sensitief wees vir die Heilige Gees se leiding in ons lewens
Die Postuur van Aanbidding 01.06.2025 28:39
Hoe lyk jou en my passie? Het ons ? gesindheid van nederigheid? Leef ons in afhanklikheid teenoor die Here? OF leef ons met ? hart van hoogmoedigheid? Wat net altyd my eie wil soek. Nederigheid is die postuur van aanbidding!
U is... 25.05.2025
Ons lees in Eks. 3 die Here noem Homself: Ek is... Daar is nie genoeg woorde om te beskryf wie God is nie. U is... die God wat wonderwerke doen. Ons lees van so baie wonderwerke in die Bybel, maar hoe lyk die moderne wonderwerke in ons lewens? Soms wil die Here hê ons moet iemand anders se wonderwerk wees voor Hy ons wonderwerk stuur. U is alles wat ons ooit mag nodig hê.
On-Sekerheid 18.05.2025 19:41
Die Here Dek vir ons ‘n Tafel... soms voel dit soos ‘n tafel van on-sekerheid, Maar IN ons on-sekerheid en omstandighede wil God met ons tyd spandeer. Wanneer Jesus staan by die deur en klop, bring Hy die kos saam. Kom sit by SY Tafel van SEKERHEID!
Схожі подкасти
Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали