uk

Newskoop

Agriskoops (Afrikaans)

News AF ↓ Епізодів: 216

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.

Обов'язково відвідайте сайт подкасту та підтримайте його автора: rss.iono.fm

Автор

Newskoop

Категорія

News

Сайт подкасту

rss.iono.fm

Останній епізод

12 жов 2026

Де слухати?

Подкасти в застосунку Replaio Radio Уже незабаром

Подкасти незабаром з'являться в застосунку. Встановіть уже зараз і першими побачте зовсім новий погляд на подкасти

Завантажити з Google Play Встановіть безкоштовно Android майже 10 млн завантажень · рейтинг 4,8 iOS незабаром

Епізоди

Agriskoops - 7 September 2026 07.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy gesels oor die belangrikheid van die bestuur van watergehalte en waterverbruik op die plaas. Hy ontleed 'n voorbeeld van hoe wateruitdagings 'n groot hoenderboerdery beïnvloed het, en hoe NuWater se ingryping werksgeleenthede beskerm het, 'n moontlike stilstand voorkom het en voedselprysstygings vermy het. Hy verduidel...

Agriskoops - 4 September 2026 04.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besturende direkteur by AgriSeker, Reinhard Kuschke. Hy verduidelik die belangrikheid van oesversekering en hoekom dit belangrik is om jou oes van die begin af volledig en reg te verseker. Hy gee ook ʼn oorsig van die belangrikste praktiese stappe wat ʼn boer onmiddellik moet neem om die proses met sy makelaar en AgriSeker so glad moontlik te laat verloop m...

Agriskoops - 3 September 2026 03.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Tegniese Spesialis in Plantvoeding by InteliGro, doktor Karen Truter. Sy gesels oor die belangrikheid en waarde van presisieboerdery. Sy gee ’n oorsig van wat sy waargeneem het tydens haar PhD-navorsing wat gefokus het op hoe tegnologie en data gebruik kan word om besluitneming, doeltreffendheid en winsgewendheid in gewasproduksiestelsels te verbeter.

Agriskoops - 2 September 2026 02.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Albert Claassens. Hy vertel meer oor wat iMPAC Cropsure onderskei van ander maatskappye, hoe hulle met makelaars werk en die rol van oesversekering in ʼn boerdery se risiko.

Agriskoops - 1 September 2026 01.09.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streekhandelbemarkingspesialis by Engen, Marvin Nelson. Hy gesels oor Engen Xtreme en hoe dit ʼn belangrike produk vir die landbousektor is. Hy gee ʼn oorsig wat die produk in praktiese terme vir boere, landbouwerktuigkundiges en ander landboubesighede wat elke dag op hul voertuie staatmaak doen. Hy verduidelik verder hoe Engen reeds ʼn lang pad saam met lan...

Agriskoops - 31 Augustus 2026 31.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy gesels oor die opbrengs op belegging (ROI) van Kommersiële Sonkrag in Suid-Afrika. Hy verduidelik wat is die tipiese terugbetaaltydperk vir 'n kommersiële sonkragstelsel in Suid-Afrika en watter faktore beïnvloed hoe vinnig 'n besigheid gelyk breek. Hy gee ook ʼn oorsig van watter soort jaarliks...

Agriskoops - 28 Augustus 2026 28.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Riani Erasmus. Sy gee ʼn oorsig van die maatskappy se Inkomstewaarborg produk, wat dit alles dek, hoe boere vir dit kan aansoek doen en hoe aanplantings gemonitor word.

Agriskoops - 27 Augustus 2026 27.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor koringgenetika en waarom plaaslike navorsing en die ontwikkeling van koringgenetika belangrik vir Suid-Afrikaanse koringprodusente is.

Agriskoops - 26 Augustus 2026 26.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Angelique Botha. Sy gee is oorsig oor iMPAC Cropsure en wat hulle bied binne die landbousektor in terme van oesversekering. Sy verduidelik verder hoekom oesversekering belangrik is en hoe iMPAC Cropsure landwyd beskikbaar is.

Agriskoops - 25 Augustus 2026 25.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Gehaltebeheerbestuurder by Limagrain, Lyniarie Erwee. Sy gee ’n oorsig van Limagrain se kwaliteitstandaarde as dit by saad kom, wat Limagrain uniek maak as dit by saadtoetsing kom en hoekom hierdie saadtoetsing so belangrik is. Sy verduidelik watse voordeel dit juis vir die produsent bied.

Agriskoops - 24 Augustus 2026 24.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Angelique Botha. Sy gee 'n oorsig oor iMPAC Cropsure en wat hulle bie binne die landbousektor in terme van oesversekering. Sy verduidelik verder hoekom oesversekering belangrik is. iMPAC Cropsure is landwyd beskikbaar.

Agriskoops - 21 Augustus 2026 21.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor Limagrain se hoofdoelwit met julle deelname aan NAMPO Kaap vanjaar en wat boere hierdie jaar van hulle kan verwag. Hy gee ook ‘n oorsig van nuwe tegnologieë, kultivars of oplossings wat te sien sal wees by die Limagrain uitstalling.

Agriskoops - 20 Augustus 2026 20.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy verduidelik waarom NuWater beskryf word as 'n slim waterbehandelingsmaatskappy wat die landbou-, mynbou-, industriële en munisipale sektore bedien. Hy bespreek ook tendense in waterbeskikbaarheid en -gehalte wat landbou regoor Suider-Afrika beïnvloed.

Agriskoops - 19 Augustus 2026 19.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies wat nie net vir die gholfbaan ontwerp is nie, maar ook gebruik kan word op plase. Sy gee ʼn oorsig van die unieke kenmerke van hulle voertuie en waarom dit nie net gemak nie, maar ook gemoedsrus vir verbruikers bied.

Agriskoops - 19 Augustus 2026 19.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies wat nie net vir die gholfbaan ontwerp is nie, maar ook gebruik kan word op plase. Sy gee ʼn oorsig van die unieke kenmerke van hulle voertuie en waarom dit nie net gemak nie, maar ook gemoedsrus vir verbruikers bied.

Agriskoops - 18 Augustus 2026 18.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman, die verkoopsbestuurder by Baytrac. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar, en verduidelik hoe effektiewe vlootbestuur ook kliëntediens kan verbeter. Schoeman sluit die drie weke lange bespreking af met 'n laaste boodskap aan ons luisteraars oor die belangrikheid van volhoubare vlootbestuur...

Agriskoops - 17 Augustus 2026 17.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van besigheidsontwikkeling by die maatskappy RenEnergy, Juandre Pitout. Hy gee ʼn oorsig wat boere moet oorweeg om te besluit om hulle plaas of onderneming van die kragnetwerk af te haal. Hy verduidelik hoe boere volhoubaar kan boer deur hul energie-verskaffing self te bestuur deur ten volle off-grid te gaan en hoe RenEnergy boere hiermee kan help.

Agriskoops - 14 Augustus 2026 14.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die verkoops- en bemarkingsbestuurder by die maatskappy Algar, Charlotte Esterhuizen. Sy gesels oor hulle oor veehanteringstoerusting en hoekom dit belangrik is om jou diere rustig te hanteer. Sy gee ’n oorsig van hulle nek- en lyfklamp en die belangrikheid van ’n goeie ontwerpte kraal. Algar is hierdie September by NAMPO kaap by staanplek D13.

Agriskoops - 13 Augustus 2026 13.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Pretoria area bestuurder by DFM Technologies, Lawrence van der Westhuizen. Hy gesels oor die maatskappy se diens wat die hele Suid-Afrika en ook Suider-Afrika insluit. Hy gee verder ʼn oorsig van die voordele wat hierdie groot voetspoor van die maatskappy vir boere inhou.

Agriskoops - 12 Augustus 2026 12.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Martin Booyens van die maatskappy InteliGro. Hy gesels oor die sterk El Niño wat voorspel word en hoe warm en droë toestande plantstress kan veroorsaak. Hy verduidelik hoekom platstress as die “stil dief van opbrengs” beskryf word. Hy gee verder ’n oorsig van produkte wat kan help met opbrengs nog voor plantsress ervaar word.

Agriskoops - 11 Augustus 2026 11.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar, en verduidelik hoe roete-optimalisering en gereelde voertuigonderhoud koste oor die lang termyn kan verminder.

Agriskoops - 7 Augustus 2026 07.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besturende direkteur by AgriSeker, Reinhard Kuschke. Augustus is 'n belangrike voorseisoen-maand en Reinhard gee ʼn oorsig oor hoe boere en produsente hulle risiko's beter bestuur voordat die seisoen begin. Hy gee ook praktiese raad vir produsente wat nou hul beplanning en versekeringsdekking vir die komende seisoen finaliseer.

Agriskoops - 6 Augustus 2026 06.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor seisoenale verskille met die gebruik van sonkrag. Hy gee ʼn oorsaak van redes waarom ʼn sonkragstelsel soms onderpresteer en hoekom dit belangrik is om jou stelsel gereeld en behoorlik te moniteer. Hy verduidelik hoe Candi Solar kliënte hiermee bystaan.

Agriskoops - 5 Augustus 2026 05.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur bemarking en tegnies by die maatskappy World Focus Agri, At van Schalkwyk. Hy verduidelik oor plantenergie en die belangrikheid daarvan in landbou. Hy gee ʼn oorsig van wat plantenergie en plantenergiebestuur behels en hoe dit kan bydrae tot ʼn beter oes en gevolglik beter inkomste.

Agriskoops - 4 Augustus 2026 04.08.2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar en verduidelik hoekom effektiewe vlootbestuur nie net vir groot maatskappye is nie. Sy bespreek ook hoe Baytrac boere, klein besighede en groter maatskappye kan help om hul brandstofkoste te verminder en hul voertuie meer doeltreffend te bestuur.

Слухайте подкаст Agriskoops (Afrikaans) у Replaio

Радіо та подкасти в одному застосунку - безкоштовно й без реєстрації. Встановіть уже сьогодні та не пропустіть запуск

Завантажити з Google Play

Replaio не є видавцем подкастів; назви шоу, обкладинки та аудіо належать їхнім авторам і поширюються через публічні RSS-канали