RSG

RSG Kuns

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

29 Eyl 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Oppiwater Galakonsert 14.01.2025

RSG sal vir die eerste keer 'n galakonsert aangebied tydens die Oppiwater Kunstefees. Christelle Webb-Joubert gesels met die regisseur van die produksie, Frans Swart, en die musiekregisseur, Chanie Jonker.

UJ se nuwe koorleier 07.01.2025

'n Jong koorleier het vroeg verlede jaar die leisels by Renette Bouwer oorgeneem as hoof van die Universiteit van Johannesburg se koor. Terrance April gesels met Sizwe Mondlane oor dié grootse taak, en wat sy toekomsplanne vir die koor is.

Uit die argief: Arnold van Wyk 07.01.2025

In 'n argiefonderhoud uit 1972, gesels Johan Stemmet met Arnold van Wyk oor sy skeppingswerk as komponis.

Bekendes se wense vir die nuwe jaar 07.01.2025

Bekendes en belangrike rolspelers in die bedryf spreek hullle wense uit vir 2025.

Kernfisikus Paul Vaandrager se musiek 07.01.2025

Paul Vaandrager is ‘n deeltydse musikant. Hy gesels oor sy instrument, en die rol wat hy vertolk by die Pretoria Simfonieorkes.

Rita Volschenk se Kunstegrot 31.12.2024

Christelle Webb-Joubert kuier by Rita Volschenk van Thabazimbi. Sy het jare gelede die Kunstegrot begin, en is grootliks daarvoor verantwoordelik om die kunste in haar dorp lewend te hou.

Dewald Basson se kuns 31.12.2024

Kunstenaar Dewald Basson vertel hoe sy kunsloopbaan begin het, en hoe sy werk verskil van ander. Hy vertel ook van die medium waarmee hy werk – wit houtskool.

Willie Botha se klassieke konsertina 24.12.2024

Willie Botha is bekend daarvoor dat hy klassieke musiek op ‘n konsertina speel. Christelle Webb-Joubert leer ken hom van nader.

Lucelle se Droombos 24.12.2024

As gevolg van geweldige trauma het Lucelle van Wyk ontvlugting gevind in haar tuin. Sy het haar tuin in verskillende kamers verdeel soos sy deur haar trauma gewerk het. Haar tuin is haar skilderdoek. Sy gesels oor haar Droombos in Stellenbosch.

Nagtegaal-teksprys herleef 17.12.2024

Tussen 2002 en 2010 was die Nagtegaal-teksprys ‘n baie gesogte prys om te wen. Vir 15 jaar is die prys nie toegeken nie. Daar is egter weer nuwe asem in die prys geblaas. Saartjie Botha, die feesdirekteur van die Woordfees, vertel meer.

Alex Hamilton se uitstalling en boek 17.12.2024

Die kunstenaar Alex Hamilton vertel van sy solo-uitstalling by Glen Carlou. Hy is ook die kurator van ‘n groepuitstalling. Daarmee saam het hy ook ‘n outobiografie geskryf.

Open Window maak jou kunsteloopbaan moontlik 17.12.2024

Oorweeg jy ‘n beroep in die kunste? Dawid de Villiers van Open Window vertel wat hulle alles aanbied om jou droom te bewaarheid.

The Addams Family- musiekblyspel in Kaapstad 10.12.2024

The Addams Family, is 'n musiekblyspel wat te sien is by The Star Theatre in Kaapstad. Chris van Niekerk gesels oor dié ikoniese familie.

A CRISTMAS CAROL by Theatre on the Bay 10.12.2024

Terrance April gesels met Zak Hendrikz oor die produksie, A CRISTMAS CAROL, by Theatre on the Bay in Kampsbaai, Kaapstad.

Mzansi Ballet se vakansieproduksies 10.12.2024

Daar word twee balletproduksies tydens die vakansie in Johanensburg aangebied. Terrance April gesels met Dirk Badenhorst oor wat Mzansi Ballet voorsit.

Prof. Alex Duffey se lewe van kennis 10.12.2024

In ‘n vorige program het Christelle Webb-Joubert met prof. Alex Duffey gesels oor die Engelenburg-huismuseum, en die reeks lesings wat hy aanbied in samewerking met die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Christelle was so gefassineer met sy verstommende kennis, en wou hom graag van nader leer ken.

THE MAGIC BOX by Montecasino 03.12.2024

Die musiekproduksie, THE MAGIC BOX, is tans te sien by die Teatro by Montecasino in Johanensburg. Terrance April het met twee van die akteurs, Dirk Joubert en  Ghia Hough, gesels.

Breyten Breytenbach as visuele kunstenaar 03.12.2024

Sedert Breyten Breytenbach se afsterwe op 24 November 2024, is daar deur verskeie mense hulde aan hom gebring. Anne-Ghrett Erasmus Coetzee praat oor hom as visuele kunstenaar. Sy is die kurator by die Breytenbach-galery in Wellington.

Aspoestertjie-pantomime by Afriforumteater 03.12.2024

Die gewilde sprokie, Aspoestertjie, word op ‘n nuwe en vars manier aangebied in ‘n pantomime by die Afriforumteater in Pretoria. Christelle Webb-Joubert was by een van die repetisies, waar sy met Ferdinand Gernandt, Leah, Marnu van der Merwe en Carmen Pretorius gesels het.

Die Neutekraker deur Cape Town City Ballet 03.12.2024

Die woorde Desember, Kersfees en ballet is sinoniem met Die Neutekraker, een van die gewildste ballette om op te voer. Dit word vanjaar aangebied deur Cape Town City Ballet. Christelle Webb-Joubert gesels met die ballerina, Leanè Theunissen.

Kamermusiekkonsert met ligter musiek 03.12.2024

Benewens die komponiste wat talle ernstige liederbundels saamgestel het, is daar 'n paar komponiste wat heelwat minder ernstige musiek vir sangers geskryf het. Terrance April gesels met Eugene Joubert oor ‘n konsert met dié genre musiek.

Die 90-jarige beeldhouer 26.11.2024

Christelle Webb-Joubert kuier by die 90-jarige beeldhouer, Maureen Quin. Sy werk nog elke dag in haar ateljee.

Engelenburg-huis 26.11.2024

Het jy geweet daar is ‘n museum by SA Akademie vir Wetenskap en Kuns? Prof. Alex Duffey vertel van die Engelenburg-huis.

Lesings by SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 26.11.2024

Prof. Alex Duffey is verantwoordelik vir ‘n reeks lesings oor veral kuns, onder die vaandel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy vertel van die reeks, en die verskeie temas waaroor hy al gepraat het.

Kersfees is hier! 26.11.2024

Dihan Keun vertel van die kinderproduksie, Kersfees is hier! Die storie van die De Lange-gesin se Kersfees word vertel met die hulp van lewensgrote poppe.

RSG Kuns podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır