Simondium Familiekerk

Preek Opnames

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.simondiumfamiliekerk.co.za

Yazar

Simondium Familiekerk

Kategori

Religion

Podcast web sitesi

www.simondiumfamiliekerk.co.za

Son bölüm

23 Ağu 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Belydenisaflegging - 21 Oktober 2024 22.10.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 14:22-33 Tema: “No turning back”   Om belydenis van geloof af te lê, is soos Petrus wat in geloof uit die boot moes klim en saam met Jesus op die water moes loop. Dit gaan oor geloof en vertroue in Jesus, selfs wanneer ons begin sink. Dit gaan ook oor God se genade, wat juis in die ergste storms ons redding is en bly.  Die volgende jongmense het belydenis van g...

Erediens - 13 Oktober 2024 13.10.2024

Prediker: DJ Muller Teks: Hebreërs 9 Tema: Die jaar van Jesus: ‘n Koning wat vir MY intree?   Verlede Sondag het ons gepraat oor gebed, veral vir ander mense (intersessie). Hierdie week neem ons hierdie tema verder, maar kyk na wat dit beteken vir ons as gelowiges dat Jesus vir óns intree by God die Vader. Ons begin deur te kyk na die konsep van hoë priesterskap. Mag Sondag se diens vir jou moed g...

Erediens - 06 Oktober 2024 06.10.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Lukas 11

Erediens - 01 September 2024 01.09.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Matteus 26:36-46 Tema: Die jaar van Jesus: Pyn Ons sien ’n dokter, drink ’n pil, ondergaan ’n operasie, of gaan vir fisioterapie – enigiets om fisiese pyn te vermy, te voorkom of te oorkom. En dan probeer ons dieselfde met emosionele pyn, maar ons besef gou dat die statistieke oor verslawing en depressie so skrikwekkend is omdat emosionele pyn nie so maklik geïgnoreer...

Kinderdiens - 25 Augustus 2024 25.08.2024

Prediker: DJ Muller Teks: Verskeie Tema: Speel die lewe se groot wedstryd In hierdie diens leer ons oor hoe om ons geestelike lewens te leef deur die voorbeeld van netbal te gebruik. Net soos in ’n netbalwedstryd waar ons hard moet oefen, fokus moet hê, en nooit moet opgee nie, is ons Christelike lewens ook ’n wedloop waarin ons altyd ons beste moet gee. Ons praat oor hoe ons ons oog op Jesus moet...

Erediens - 18 Augustus 2024 18.08.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 4 Tema: Die jaar van Jesus: Om vir Jesus water te gee. Daar is soveel wat ons by Jesus kan leer in hierdie gedeelte, veral oor hoe Hy mense ontmoet en kies wie Hy ontmoet. As volgelinge van Jesus streef ons daarna om al hoe meer soos Hy te wees, maar dikwels is ons eerder soos die vrou in hierdie verhaal—ons sien Jesus nie raak wanneer Hy reg voor ons staan ni...

Erediens - 11 Augustus 2024 11.08.2024

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 12 Tema: Trio vir die wêreld: God, ek en my geloofsgemeenskap Baie keer hoor ons mense sê dat hulle nie regtig ‘n kerk of ander vorm van geloofsgemeenskap nodig het nie, want “hulle saak met God is reg”. Vandag kyk ons na hoe God, elkeen van ons en ons kerk in mekaar steek en hoe ons sáám die antwoord vir die wêreld is.

Erediens - 04 Augustus 2024 04.08.2024

Prediker: DJ Muller Teks: Joh. 10, Ps. 42 Tema: “Wanneer sal ek ooit tevrede voel?” Baie keer voel ons leeg, en onbevredig. Ons strewe na meer en groter, maar voel steeds nie beter (voller) nie. Wanneer sal ons werklik tevrede voel? Wanneer kom ons op ‘n punt waar ons voel “ek het genoeg”? Is dit eers wanneer ek die nuutste KIA ry? Begin die “lewe” dan vir my? Volgens KIA... Ja! Volgens Jesus?

Erediens - 21 Julie 2024 (Dr. Siegfried Louw) 21.07.2024

Baie keer word ons lewens té besig, té vol en té gejaag. Dan bars ons damwalle en veroorsaak dit groot skade. Siegfried gesels oor wat ons kan doen wanneer ons op hierdie punt kom. Ons kyk na wat Jesus ons leer hieroor en fokus op hoe nuwe insigte ons kan help om 'n nuwe uitsig te hê. Teks: Matteus 6:22-34 (2020-Vertaling)

Erediens - 14 Julie 2024 14.07.2024

Prediker: Nadia Muller Kategese: Tydens diens in saal Teks: Lukas 15:1-7 Tema: Die jaar van Jesus: Verlore skape Jesus vertel die gelykenis van die verlore skaap, waarin die herder 99 skape agterlaat om een verlore skaap te gaan soek. Hierdie gelykenis volg nadat die skrifgeleerdes hul ontevredenheid uitgespreek het omdat Jesus saam met sondaars kuier. Deur hierdie gelykenis probeer Jesus die diep...

Erediens - 23 Junie 2024 24.06.2024

Prediker: DJ Muller Teks: Johannes 13 Tema: Die Jaar van Jesus: Diensbare leierskap Dit gaan nie so goed met die wêreld soos was ons wil hê dit moet gaan nie. Daar is oorloë, korrupsie, hongersnood, armoede en algemene verval. Lyk die wêreld dalk so omdat ons wag vir iemand anders om dinge beter te maak? Mis ons dalk belangrike geleenthede omdat ons met ons koppe in die wolke leef? Ons gesels Sond...

Erediens - 16 Junie 2024 16.06.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Markus (Verskeie) Tema: Die Jaar van Jesus: Swaarkry en lyding Swaarkry en seerkry is onlosmaaklik deel van die lewe, en gaan dikwels gepaard met 'n bitter smaak in die mond en 'n oorvloed van "hoekom?" vrae. Deur Markus se oë gaan ons na Jesus se lewe en lyding kyk - 'n lyding wat lank voor die kruis reeds begin het. Ons hoop lê nie net in 'n God wat 'n kitsoplossing...

Erediens - 09 Junie 2024 09.06.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Mar. 9:42-50 Tema: Die Jaar van Jesus: Inklusiwiteit - God se inklusiwiteit begin in jouself. Ons praat vandag oor God se inklusiwiteit en hoe Hy elkeen roep om 'n lewe van heiligheid te lei, ongeag hul status of omstandighede. Jesus het mure afgebreek en mense ingelaat, al was hulle anders as Hy, en in Markus 9 vra Hy dat ons dit ook doen. Inklusiwiteit begin nie in d...

Erediens - 26 Mei 2024 26.05.2024

Prediker: DJ Muller Teks: Mat. 18:1-5 Tema: Kinders en kampioene: Wie's nou eintlik die wenners? In Matteus 18 lees ons van 'n paar gesprekke waartydens Jesus sy dissipels waardevolle lesse leer. Onder andere vra die dissipels Hom wie die belangrikste sal wees in die nuwe koninkryk. Jesus roep dan 'n kind nader en laat hom tussen hulle staan. " Só!" In die dissipels se verwysingsraamwerk is dit ni...

Pinkster 2024 - Deel 4 19.05.2024

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in die Bybel: Ontdek hoe die Bybel die vier elemente vuur, lug, water en grond beskryf en hulle betekenis in die Skrif. Eienskappe va...

Pinkster 2024 - Deel 3 15.05.2024

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in die Bybel: Ontdek hoe die Bybel die vier elemente vuur, lug, water en grond beskryf en hulle betekenis in die Skrif. Eienskappe va...

Pinkster 2024 - Deel 2 13.05.2024

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in die Bybel: Ontdek hoe die Bybel die vier elemente vuur, lug, water en grond beskryf en hulle betekenis in die Skrif. Eienskappe va...

Pinkster 2024 - Deel 1 12.05.2024

Ons kyk na die verband tussen die vier natuur elemente en die Heilige Gees. Net soos vuur, lug, water en grond lewe aan ons gee, so gee die Heilige Gees ons lewe, beweeg en bestaan volgens Handelinge 17:28a. Ons verken dit as volg elke keer: Die Vier Natuur Elemente in die Bybel: Ontdek hoe die Bybel die vier elemente vuur, lug, water en grond beskryf en hulle betekenis in die Skrif. Eienskappe va...

Erediens - 05 Mei 2024 05.05.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 4 Tema: Wie ek is Not because of who I am But because of what you've done Not because of what I've done But because of who you are Dít is die woorde “Who am I” van Casting Crowns. Nadia praat in hierdie opname oor wie ons in Jesus is. Ons wil uitkom by die punt waar ons kan sê dat ons DOEN op grond van wie Jesus IS, en ons IS (ons wese) is te danke aan wat Hy...

Erediens - 21 April 2024 21.04.2024

Prediker: DJ Muller Teks: Handelinge 4 Tema: Hoe lyk mense wat geroep is? In die kerklike jaar, staan die vierde Sondag van Pase as Goeie Herder-Sondag óf Roepingsondag (Vocation Sunday) bekend. Dit is die Sondag waartydens kerke regoor die wêreld fokus op die feit dat Christus, die Goeie Herder, mense roep – om in hul alledaagse lewe die Evangelie te verkondig en te beliggaam, maar ook om in die...

Erediens - 14 April 2024 14.04.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Johannes 21:1-19 Tema: Jesus se aangenome kinders Ons is deur God gemaak en ons behoort aan Hom, maar sonde het ons kom wegruk. Jesus het ons opnuut kom aanneem as Sy eie. Nou leef ons as kinders van God. Vandag gesels ons oor wat dit vir Jesus se dissipels beteken het om Sy “kinders” genoem te word. Hoe moes dit gevoel het en hoe is dit dan om vandag te leef vanuit di...

Erediens - 17 Maart 2024 17.03.2024

Prediker: Nicolette Bester Teks: Johannes 18:1 – 11 Tema: Bekers vol aggressie en bekers vol genade Nicolette is ‘n teologiese student aan die Fakulteit Teologie in Stellenbosch. As deel van teologiese studente se opleiding, moet hul tydens hul finale jare tydens eredienste, onder toesig van ‘n leraar, preek en die liturgie behartig. In hierdie opname fokus ons op die feit dat aggressie deel is va...

Erediens - 03 Maart 2024 03.03.2024

Prediker: Dr. Coenie Burger Teks: Fil 3:1-10 Tema: Ons wil Jesus sien - Sy geskiedenis en ons getuienis oor Hom. Vandag gaan ons onder andere die misverstande rondom Jesus Christus ondersoek. Ons besef dikwels nie die sentrale rol wat Hy in die Christelike geloof beklee nie. 'n Breër begrip van Jesus se lewe en werk is noodsaaklik, om nie vasgevang te word in 'n eenkantige siening nie. Baie struik...

Erediens - 18 Februarie 2024 18.02.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Mat. 4 en 6 Tema: Om te vas of nie te vas nie... Lydenstyd is 'n belangrike periode van 46 dae in ons kerkkalender wat gewy word aan intensiewe besinning oor Jesus se kruisdood en opstanding. In vandag se tema hanteer ons die essensie van Lydenstyd, deur te fokus op die tradisies wat oor die jare ontstaan het en die wyse waarop Jesus ons nooi om daarmee om te gaan.

Erediens - 11 Februarie 2024 11.02.2024

Prediker: Nadia Muller Teks: Mar. 10 & Mat. 18 Tema: Wie was Jesus vir die kinders van Sy tyd? In die antieke tyd het kinder die laagste denkbare sosiale status ervaar. Toe het Jesus gekom en die sosiale strukture van sy tyd uitgedaag en omgekeer, veral ook in hoe Hy KINDERS gebruik het as ’n tipe bloudruk om mense te leer hoe hul moet leef.

Preek Opnames podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır