RSG

Middagvervolgverhaal

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Arts

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

6 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 47 18.11.2022

Gys en Stella gesels oor die ontwikkeling, maar ook oor Evelyn en Leonard en natuurlik die feit dat Gys vir Leonard help met sy ondersoek. Trix vra vir Du Preez om verskoning vir haar optrede, maar bekom in die proses inligting wat Du Preez eerder van Trix sou wou weerhou.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 46 17.11.2022

Riekie is omgekrap omdat Trix glo nie aan haar kliënte genoegsame aandag gee nie. Steward en Kromhout beplan nog ’n sending perlemoen. Trix vat Du Preez vas omrede Armani by hom besoek afgelê het en hy nie vir Jana daarvan vertel het nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 45 16.11.2022

Armani gaan soek Wikus by Jana se huis. Sy moet hoor dat Wikus op Duinebult is om Jana terug te wen. Jana maak dit duidelik dat sy nie belangstel nie. Wikus erken, ná ’n konfrontasie met Armani, dat hy inderdaad vir Jana wil terughê. Sy gaan soek troos by Du Preez. Thys vind uit Piet is nog springlewendig.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 44 15.11.2022

Du Preez en Piet ontferm hulle oor Thys, en maak planne om die perlemoenstropers in te wag en bewyse bymekaar te maak. Riekie gee ook vir Du Preez welkome inligting. Die vraag is of sy na Du Preez sal luister en haar uit alles sal hou, of gaan sy haar neus dieper insteek?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 43 14.11.2022

Tryna is ontsteld oor iets wat sy gehoor het. Sy vra raad by Jana. Du Preez verras Jana in die buitestort. Wat sal sy daarvan sê, en hoe gaan sy reageer? Is Tryna en Vytjie weer in gevaar?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 42 11.11.2022

Armani kom op Duinebult aan. Behalwe dat sy Wikus se planne kom deurmekaar krap, dryf sy hom van die staanspoor af teen die mure uit. Hy is ook gefrustreerd omdat hy nie aan boord kan kom met Gys se nuwe belegging nie, en hy nie wil glo dat Jana aanbeweeg het nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 41 10.11.2022

Wikus het ’n paar van Duinebult se mense op hol met sy optrede en sy poging om Jana terug te wen. Trix weier om toe te laat dat hy Jana en Du Preez se verhouding verongeluk. Sy laat nie op haar wag nie, maar kontak Armani, en bring haar op hoogte van die motief agter Wikus se teenwoordigheid op Duinebult.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 40 09.11.2022

Gys en Evelyn loop mekaar raak langs Leonard se hospitaalbed. Is Evelyn regtig so onaangeraak deur Leonard se teenwoordigheid op Duinebult soos sy te kenne gee, of nie? Trix is nie meer so verlief soos sy gedink het nie, terwyl Du Preez die knoop so vinnig moontlik wil deurhaak. Piet maak sy verskyning terwyl Jana by Du Preez is. Du Preez moet noodgedwonge verduidelik.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 39 08.11.2022

Steward raak bietjie senuagtig omdat sy en Kromhout se planne nie heeltemal verloop soos dit moet nie. Hy en Evelyn is ook nie op ’n goeie plek nie. Verder hou Leonard Theron vir hom ook nog ’n bedreiging in. Gelukkig is alles wat op Duinebult gebeur nie net negatief nie. Evelyn en Riekie maak vrede, en Dawie is dapper genoeg om die groot vraag te vra.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 38 07.11.2022

Steward en Evelyn stamp koppe. Speurder Theron probeer agterkom hoekom Evelyn dink hy was ontrou aan haar. Is Steward wie hy voorgee om te wees, of kom sy ware kleure nou na vore?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 37 04.11.2022

Wikus wil nie aanvaar dat Jana hom nie wil terughê nie. Hy probeer om Du Preez aan te vat. Sal hy regkom? Gert bieg teenoor Steward dat hy verantwoordelik is vir Vytjie se swangerskap. Du Preez maak die ontwikkeling ook nou sy besigheid. Wie steek wat weg?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 36 03.11.2022

Pastoor praat met Tryna oor haar en Emily se vriendskap. Tryna besef sy sal moet gaan regmaak. Sy voel immers verantwoordelik dat Thys die pad byster geraak het.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 35 02.11.2022

Du Preez gesels weer met Piet oor die aand wat Llewelyn en Allister sogenaamd verdrink het.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 34 01.11.2022

Wikus daag onverwags op Duinebult op. Hoekom sê Jana nie hoekom hy daar is nie? Wat het Riekie van Kromhout gesien wat sy eers vir haarself wil hou?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 33 31.10.2022

Steward en Evelyn is haaks oor Gys. Steward glo steeds daar steek niks in Gys nie, net totdat hy ontdek Gys het Steenkamp se grond gekoop. Dis grond waarop Spring Tide Holdings met alle mag hulle hande wou lê. Steward word verder ontstel toe hy uitvind van Lennie Theron se teenwoordigheid op die dorp. Hy waarsku Evelyn vroegtydig om van Lennie af weg te bly. Evelyn hou nie daarvan dat Steward haar...

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 32 28.10.2022

Die gemoedere loop hoog. Riekie is omgekrap oor wat gebeur het. Stella is in die middel van al die bespiegelinge en praatjies, terwyl Gys verwag sy moet hom glo. Wat maak sy? Wie glo sy? Gys se geskiedenis tel teen hom. Sal Gys toelaat dat die skinderpraatjies en Steward se dreigemente hom onder kry? Of sal hy deurdruk en die geleentheid gebruik om vir hom en Stella ’n nuwe toekoms te bou?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 31 27.10.2022

Piet kom agter hy het Du Preez oor die kop geslaan, en nie vir speurder Theron nie. Du Preez waarsku hom om nie goed sonder sy medewete te doen nie. Trix is agterdogtig oor Steward en Spring Tide Holdings se grootkop, Kromhout. Gys is in die sewende hemel want die bank het sy besigheidsplan goedgekeur. Sy vreugde is egter van korte duur. Stella konfronteer hom oor die stories dat hy die pa van Vyt...

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 30 26.10.2022

Speurder Theron is hard aan die werk want die mense van Duinebult hou hom besig. Hy besoek Tryna en Vytjie in verband met die skietery, maar ondervra ook vir Du Preez. Hy glo vas locals wat onwettig duik, is verantwoordelik vir die skietery. Net toe Du Preez dink hy is ontslae van speurder Theron, daag hy weer by Du Preez se huis op met verdere beskuldigings. Iemand wat kort daarna by Jana se huis...

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 29 25.10.2022

Tryna is in die arm geskiet, en word in die hospitaal opgeneem. Jana en Du Preez spring in en staan Vytjie by. Thys is nie net bekommerd oor wat met Tryna gebeur het nie, maar is ook bekommerd omdat Vytjie nog nie vir Tryna gesê het dat hy nie die pa van haar kind is nie.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 28 24.10.2022

Tryna deel die nuus dat Vytjie swanger is met Jana en met pastoor Benjamin. Beide van hulle is, anders as wat sy verwag het, baie ondersteunend. Pastoor laat val dat Tryna vir hom spesiaal is, maar Tryna is so vasgevang in haar omstandighede dat sy dit nie hoor nie. Vytjie het steeds nie gesê wie die pa van haar kind is nie. Tryna en pastoor bespiegel dat dit is omdat sy die pa wil beskerm.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 27 21.10.2022

Tryna vind uit Vytjie is swanger. Sy neem dadelik aan dat Thys die pa van die kind is. Sy loop hom tromp op. Thys ontken dat hy aan Vytjie geraak het. Hy konfronteer Vytjie, maar dit loop op niks uit.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 26 20.10.2022

Piet Bakkievanger verskyn op die toneel. Hoekom skuil hy in Du Preez se huis? Jana en Du Preez gaan op hulle grondpadtoer. Sal hulle hulle nuus deel of nie? Wikus kom op Duinebult aan, maar moet teleurgesteld huistoe gaan. Is Vytjie siek, of is dit net eksamenstres?

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 25 19.10.2022

Wikus beplan om sonder Armani weg te gaan. Jana se kunsuitstalling vind plaas, en is ’n groot sukses. Met sy terugkeer uit die Kaap, skryf Du Preez ’n band af. Trix en Jana maak oop teenoor mekaar.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 24 18.10.2022

Jan, Wikus se privaatspeurder, bring vir hom inligting oor Jana. Du Preez kom tot Jana se redding, nie net wat betref haar beplande toer nie, maar ook haar uitstalling. Trix is in die wolke oor die nuus wat sy by Du Preez kry, maar du Preez versoek haar om Cupido se pyle te bêre.

DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 23 17.10.2022

Wikus en Armani kan net nie hulle geskille oplos nie. Tryna bly bekommerd oor Vytjie. Jana bied egter ’n oplossing aan. Die vraag is of dit die oplossing vir alles sal wees?

Middagvervolgverhaal podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır