RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 12 23.12.2022 13:35
Flip Staander hoor ’n onaardse gebrul, en kom tot Ampie se redding. Dawid vra vir Flip om wat gebeur het, asseblief stil te hou. Ampie se ma was doodbekommerd oor Ampie, en is oorstelp om hom weer te sien. Terwyl Dawid mor oor Ampie die geld gesteel het en hy nou die slagvark kwyt is, sê sy hy kan die vark mos op skuld koop. Sy weet wat hulle vir haar wegsteek...
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 11 22.12.2022 12:56
Dawid Nortjé wil weet waar sy geld is wat Ampie vir die verkoop van ou-Jakob gekry het, en Ampie dink vinnig ’n verskoning uit wat al te spoedig eskaleer in ’n verwikkelde intrige. Die terugstap na Wasgat se murasie ontaard in ’n totale nagmerrie.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 10 21.12.2022 13:02
Ampie gaan loer by sy tant Fyta van Blikkiesdorp in, hoofsaaklik omdat hy honger is. Sy kla oor hoe swaar dit gaan, en Ampie stel voor dat haar man, Frits, met drank moet begin smokkel. Terwyl Ampie sy brood en koffie by sy tante geniet, word sy grootste vrees helaas bewaarheid.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 9 20.12.2022 14:40
Die twee smokkelaars, Jan en Piet, vertel vir Ampie hoe moeilik dit is om werk te kry. En wanneer jy jou werk verloor, is daar feitlik geen ander opsie as om maar tydens die drankverbod met drank te smokkel nie. Die konstabel bring droë brood en flou, koue tee. Jan en Piet is bereid om hulle maaltyd met Ampie vir sigarette te verruil, as hy het. Maar Ampie bly bekommerd oor al sy besittings wat di...
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 8 19.12.2022 14:06
In die tronk maak Ampie kennis met twee dranksmokkelaars, Oom Jan en die veel jonger Piet, sy handlanger. Ampie verstom hom aan die stories wat Jan hom vertel van sy planne om die polisie te ontduik. Hy dink hy gaan nie weer terug slagpale toe nie, hy gaan ook smokkel!
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 7 16.12.2022 13:40
Amos erken dat Elias hom gestuur het om seker te maak Ampie is veilig op die dorp. Ampie sê die agterplaas van ’n leë huis is ideaal vir hulle om weg te kruip sodat hulle die kos kan eet wat hy gekoop het. ’n Konstabel kom egter op hulle af en verwilder hulle. Aan die buitewyke van die dorp is daar ’n diep waterafvoersloot waarin Ampie sê hulle kan wegkruip, maar die volgende oggend wag daar ’n na...
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 6 15.12.2022 14:03
Net buite die dorp loop Ampie vir Amos raak, wat vinnig sê hy soek steeds na verdwaalde skape. By Moosa se winkel voel Ampie soos ’n ryk man, en laat toe dat sy opgewondenheid hom te ver meevoer.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 5 14.12.2022 13:09
Ampie vertel vir Annekie van sy toekomsplanne en dat hy graag met haar sal wil trou wanneer hy werk by die slagpale gekry en sy eie span donkies het. Flip Staander en Kasper Booysen staan by die kamp waar ou-Jakob gehou word, en Kasper sê hy moet dalk tog maar toelaat dat Ampie vir ou-Jakob kom kuier wanneer hy so voel.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 4 13.12.2022 13:07
Amos waarsku Ampie om nie planne oor Annekie Lombaard, die mooi nooi van Vlakplaas, te maak sonder dat hy eers met haar daaroor gepraat het nie. By Annekie se ouers se enkelvertrek bywonershuisie aangekom, vra Ampie om na haar broer, Bart, se tuisgemaakte kitaar te kyk en hy sing en speel sommer sy eie liedjie ook!
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 3 12.12.2022 12:37
Ampie loop Elias Maerman, die getroue veewagter van Kasper Booysen, net buite die beeskraal raak. Uit sy gesprek met Elias skep Ampie weer ’n bietjie moed. Op die voetpaadjie waarlangs Ampie dorp toe stap, kom hy Amos Danster teë. Toe hy Ampie wil afraai om sy plan uit te voer, sê Ampie hy kan nie huis toe gaan nie, want hy is bang sy pa “verniel” hom.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 2 09.12.2022 15:11
Ampie se beste vriend en metgesel, ou-Jakob, die donkie, word vir net twee pond verkoop aan die welgestelde boer, Kasper Booysen van die plaas Aangenaam. Ontsteld oor die verlies van sy vertroueling én die feit dat hy nie vyf pond vir ou-Jakob gekry het nie, sien Ampie nie kans om huis toe te gaan nie.
AMPIE (DEEL 1): DIE NATUURKIND deur Jochem van Bruggen -Episode 1 08.12.2022 13:40
Ampie word deur sy hardvogtige pa, Goor Dawid Nortjé, een van die moeilikste take opgelê wat ’n jongman van 19 jaar opgelê kán word.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 60 (slot) 07.12.2022 15:50
Is al die spoke begrawe? Het Cupido in haar doel geslaag? Het dinge uitgewerk soos dit moes, of lê daar nog baie werk voor vir Trix?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 59 06.12.2022 15:00
Du Preez kry ‘n oproep van die speurder. Hy gaan help, maar nie alleen soos hy gedink het nie. Dawie is agterna. Die speurder gaan om Evelyn in te lig oor Steward. Nog voordat hy met Evelyn kan praat oor Steward, lig sy hom in dat sy van Steward gaan skei. Evelyn kom agter dat Leonard al die tyd weet van haar geheim.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 58 05.12.2022 15:10
Pastoor Benjamin praat met Tryna oor twee dinge - hoe hy oor haar voel en die vermoede oor wat met Vytjie gebeur het. Hy kry ook vir Vytjie om uiteindelik te praat. Gert pleit onskuldig, maar al die bewyse is teen hom.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 57 02.12.2022 15:01
Piet en Du Preez bespreek hulle vermoedens met speurder Theron. Evelyn deel haar geheim met Stella.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 56 01.12.2022 14:38
Thys deel belangrike inligting met Du Preez, en gee ook vir hom Piet se selfoon. Evelyn keer terug uit die Kaap. Steward is nog onbewus van die kan wurms wat oopgekrap is. Du Preez neem pastoor in sy vertroue, en deel sy vermoedens oor die dinge wat op Duinebult afspeel. Evelyn besluit om van Steward te skei. Sy maak haar hart oop teenoor pastoor Benjamin.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 55 30.11.2022 14:20
Thys vat ’n kans, en praat met Vytjie. Leonard doen dieselfde, en praat met Evelyn. Beide kry meer as wat hulle verwag het. Evelyn het een doel voor oë, en dit is om uit te vind of Steward haar wel destyds ’n rat voor die oë gedraai het, soos wat Leonard beweer. Evelyn besef nie hoeveel waarde die inligting dat Kromhout by die stoor buite Duinebult was, inhou nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 54 29.11.2022 13:45
Riekie se verdwyning het die hele dorp behoorlik op hol. Almal soek na dié geliefde inwoner. Die vraag is net of sy nog leef? Tryna deel ook inligting van Steward met Jana.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 53 28.11.2022 13:40
Die mense is op hol oor Riekie se verdwyning. Die speurder glo Du Preez is nie heeltemal onskuldig nie. Hy kry Steward te siene, en soos verwag is die herontmoeting nie ’n aangename ervaring nie. Gys is van mening dat speurder Theron op die verkeerde spoor is wanneer hy Du Preez verdink. Wie is die hoëvlak mense waarna Riekie verwys?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 52 25.11.2022 14:48
Riekie gaan praat met du Preez. Wat hy tot op hede uitgevind het, voldoen nie aan haar verwagtinge nie. Teen Du Preez se waarskuwing in, gaan doen sy haar eie speurwerk. Sal dit haar duur te staan kom?
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 51 24.11.2022 14:24
Du Preez probeer sy bes om Jana te oortuig dat hy onskuldig is. Jana weier egter om weer so naïef soos in haar eerste huwelik met Wikus te wees. Trix wend ook ’n poging aan om Jana te oortuig, maar dis nie so maklik nie.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 50 23.11.2022 13:56
Vytjie het ’n miskraam. Almal is besorgd. Du Preez is bekommerd dat as Vytjie iets sou oorkom, Thys ook weer sal terugval. Jana loop in op Du Preez en Armani.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 49 22.11.2022 13:25
Emily neem vir Thys ’n nuwe foon. Sy is dankbaar vir al die hulp wat Du Preez vir Thys gee. Thys is teleurgesteld omdat sy ma nie Piet se foon vir hom geneem het nie. Jana hoor via Trix van Armani, wat troos by Du Preez gaan soek het. Vytjie verloor haar baba, en haar eie lewe is ook in gevaar.
DIE SPOKE VAN DUINEBULT deur Ronel Mostert - Episode 48 21.11.2022 14:47
Pastoor maak dit duidelik dat hy Tryna ondersteun en haar geselskap geniet. Vytjie het nie ’n probleem daarmee nie. Emily loer in by Tryna om ’n geldjie te leen. Vytjie stop geld in Emily se hand, en verwys daarna as bloedgeld. Tryna is te bang om vir Vytjie te vra wat sy daarmee bedoel. Sy vra Benjamin vir raad.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır