RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 17 04.02.2025 11:06
Susan en Lauren loop vroegoggend op die promenadedek. Hulle gaan na die kapel vir ʼn programvergadering. ʼn Onverwagse gas sluit by die vergadering aan.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 16 03.02.2025 11:22
Ná die goeie nuus, beplan Tanya en Richard hulle toekoms. Dennis kom kuier, en deel in hulle geluk oor die goeie nuus.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 15 31.01.2025 14:16
Tanya drink tee saam met Madame Kyrioskie. Izel vra vir Tanya om nog ‘n boek oor haar te skryf.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 14 30.01.2025 13:10
Essie kuier by Ouma, en ‘n onverwagse diep gesprek vind plaas. Albert laat weet vir Kaptein JP dat Madame Kyrioskie om drie uur ʼn spesiale gas vir tee sal ontvang. JP erken dat daar geen vordering is met die saak van die verkragter nie.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 13 29.01.2025 14:53
Dit is Susan en Deon se eerste afspraak. Hulle deel hulle gevoelens oor wat vir beide die ergste jaar van hulle lewe was.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 12 28.01.2025 12:08
Richard, Dennis en Tanya ontspan by die swembad. ‘n Helikopter land op die skip, en ‘n ou dame word uitgedra, en in haar rolstoel na haar privaatkajuit op die boonste dek geneem. Tanya word na Madame Kyrioskie se kajuit genooi.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 11 27.01.2025 13:46
Deon en Susan ontmoet per ongeluk op die dek. Izel en Albert maak planne vir die verskyning van Madame Kyrioskie.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 10 24.01.2025 11:38
Almal gaan aan boord die SS Salacia. Richard besoek Bettie, Susan en Essie in hulle kajuite. Die boot seil by Kaapstad hawe uit, en die avontuur begin.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 9 23.01.2025 12:34
Susan en Lauren ontmoet in die tuine by Nova Sentrum. Lauren is bly dat sy wel op die seevakansie saam met Susan gaan. Hulle bou weer aan hulle klipstapel, en ‘n paar geheime word onthul.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 8 22.01.2025 14:12
Dennis en Richard bespreek hoe hulle sal verseker dat al nege die uitgenooides aan boord gaan en veilig gehou word. Magda en Susan besluit of Lauren sterk genoeg is vir die bootreis.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 7 21.01.2025 13:28
Dennis ontmoet vir kaptein Deon Smit by ‘n koffiewinkel. Hulle gesels oor die verlede, en beraam planne vir wat aan boord die SS Salicina sal gebeur.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 6 20.01.2025 14:21
Tydens ʼn private sessie by Magda, erken Lauren hoe skuldig sy teenoor Susan voel. Richard en Tanya bespreek die verdubbeling van die geld, en neem ʼn besluit om aan boord die skip te gaan. Deon Smit, ʼn afgetrede polisieman, bel vir Richard.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 5 17.01.2025 15:29
Dennis en Richard ontmoet, en gesels oor die feit dat hulle maar min kon uitvind oor Madame Kyrioskie en haar boot. Dennis bel vir Albert, en probeer om die waarheid oor die bootreis uit te vind. Albert kondig aan dat Madame Kyrioskie besluit het om die geld wat hulle op die bootreis sal verdien, te verdubbel.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 4 16.01.2025 12:56
Susan, Bettie en Essie word almal wakker wanneer daar in elkeen van hulle se bankrekeninge R30 000 gedeponeer word. Richard en Tanya word ook wakkergemaak deur die deposito’s. Hulle bespreek die moontlikheid van nog ‘n vitrobehandeling, wat dalk keer dat Tanya mag saamgaan op die bootreis.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 3 15.01.2025 12:18
Richard vra vir Susan, Bettie en Essie om te wag met hulle besluit oor die bootreis. Kaptein JP Swart bel vir Madame Kyrioskie. Hy is bekommerd omdat niemand haar uitnodigings al aanvaar het nie.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 2 14.01.2025 13:06
Almal wat uitgenooi is vir die plesierbootvakansie word helfte van die ‘omkoopgeld’ dadelik belowe. Richard vra vir Dennis om te kyk wat hy oor die bootreis kan uitvind. Susan gesels met Lauren om seker te maak of sy emosioneel gereed is vir die bootreis.
TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 1 13.01.2025 13:26
Essie word in die polisieselle aangehou, en Richard kom om haar te haal. Lauren is weer terug by Nova Sentrum vir behandeling deur Magda. Susan, Magda en Lauren word vir ‘n geheimsinnige tiendae lange plesierbootvakansie uitgenooi.
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 22 (slot) 10.01.2025 15:00
Dis die laaste dag van die vakansie, en die groot oppak begin. Henk se rug is in spasma van heeldag se staan en aartappels skil, en Ansie verras hom deur hom mee te deel dat hy vir Dollie moet help om vir Skommel te haak. Toontjies verloor per ongeluk Dollie se gesogte Harley Davidson Bar & Shield Flames-snoekerballe tydens die opslaan van hulle tafelblad – tot Dollie se groot ontsteltenis. Suzett...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 21 09.01.2025 14:53
Dries word deur Suzette oor die vingers getik oor sy ongesonde leefstyl. Die eerste lekkerny wat gesny moet word, is kondensmelkkoffie. Dries skop viervoetig vas, en beklemtoon dat hy klaar is met soja en amandelmelk – boontjies hoort in ‘n bredie en neute in koekstruif. Sommer gou kloof die egpaar hare oor die BBB van verstaan jou man en die alfabet van vrouwees. Dollie en Toontjies is druk besig...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 20 08.01.2025 13:46
Pikkie kom met ‘n voorstel na Henk en Ansie dat hulle ’n vis-en-skyfiestalletjie vir die dag moet opslaan. Hy probeer sy beste voetjie voorsit terwyl sy baas in die omtrek is, en sy enigste redding is Ansie se kraakvel-geelstert. Henk en Ansie oorweeg die opsies, en besluit vinnig dat ’n vis-en-skyfiestalletjie glad nie ‘n slegte idee is nie. Ansie verklap aan Henk dat sy graag weer sal wil begin...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 19 07.01.2025 14:44
Pikkie bevind hom in ‘n reuse penarie. Sy baas kom met ‘n blitsbesoek die kampterrein ondersoek. Arme Pikkie besef gou dit was dalk nie wys om op sy CV te jok net om ‘n gratis visvangvakansie in te katrol nie. Pikkewyne sonder broeikaste, geen vars brood, ‘n verstopte stortdrein, ongemerkte staanplekke en nat braaihout is maar net ‘n paar van sy probleme. Sommer gou spring Dollie in met sy premium...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 18 06.01.2025 14:43
Dis nog ‘n gewone dag in Pikkewynpark, en Suzette en Toontjies is aan diens om te sorg vir middagete wanneer die manne van die see af terugkeer. Toontjies is ‘n leermeester van formaat, nie net agter die kospotte nie, maar ook van die lewe. Toontjies leer vir Suzette die wonders van die see, snoekkuite, en hoe en wanneer om snoek te koop. Suzette leer vir Toontjies watter wyn pas by watter visdiss...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 17 03.01.2025 13:45
Ná Liefie se groot gyselaarsdrama en die broeis pikkewyn, besluit Suzette genoeg is genoeg. Sy pak haar tasse om huis toe te gaan. Die vakansie is verby! Dries is raadop, want hy wil graag langer bly. Ansie kom tot almal se redding, en spring dadelik aan die werk. Die groepie beplan om vir Suzette te bederf met ‘n aand van uiteet, ‘n borrelbad en mooi musiek. Ansie en Suzette deel ‘n spesiale oomb...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 16 02.01.2025 13:32
Henk merk op dat sy ma en pa die seevakansie geniet, en dat sy pa vir die eerste keer werklik ontspan. Dries droom oor ‘n huisie by die see, en begin al hoe meer aan die gedagte te herkou om dalk ‘n familievakansiehuis vir die Du Toits en die Louws te koop. Selfs Suzette het ‘n drastiese ommeswaai, en gaan stap selfs met Liefie op die strand en dra vir die eerste keer in haar lewe plakkies. Ongelu...
BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 15 01.01.2025 13:28
Dit is die eerste dag van die jaar, en die kampeerders skop dit af met Dollie se Louw-tradisie. Sy boot, Skommel, word gehaak vir ‘n dag op die water, braai en visvang. Henk is glad nie te vinde om douvoordag op die oop see te gaan ronddobber nie. Ansie stel hom gerus dat hy net helderkleurige swembroeke moet dra om nie haaikos te word nie. Henk is angsbevange en gooi jakkalsdraaie om so ver moont...
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır