Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: christianityworks.co.za

Yazar

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kategori

Religion

Podcast web sitesi

christianityworks.co.za

Son bölüm

1 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Wat Verwag Jy? 18.12.2023

Send us Fan Mail Miga 5:1 Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in die gryse verlede!  Sal jy omgee as ek jou vandag ‘n persoonlike vraag vra? Hoe voel jy? Wat gaan in hierdie tyd voor Kersfees in jou hart aan? Waarmee is jy besig? Het jy spesifieke verwagtinge? Waarop...

Die Rykdom van God 17.12.2023

Send us Fan Mail Romeine 11:32, 33 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!  Daar is iets wonderliks wat met jou gebeur wanneer die heerlikheid van God jou hart vul. Wanneer jy in die lig van sy liefde gekoester word, is daar iets kragtig en...

Deur Genade, nie deur Werke nie 16.12.2023

Send us Fan Mail Romeine 11:32 God sluit alle nasies in die ongehoorsaamheid in sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. (NLV)  Ons vier binnekort Kersfees. Ons herdenk hoe God een van ons geword het, deur sy Seun, Jesus, na ons te stuur om ons van ons sonde te red en die ewige straf wat ons verdien, te dra. Maar hoekom? Hoekom moes God dit doen? Ag hoekom het God ons nie net geskape met die vermoë om...

Kom Ons Probeer Weer 15.12.2023

Send us Fan Mail Eksodus 34:6,7 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.” ...

Om God se Nabyheid te Begeer 14.12.2023

Send us Fan Mail Eksodus 33:18-20 Toe vra Moses: “Kan ek nie maar u heerlikheid sien nie?” Die Here sê vir hom: “Ek sal jou iets van my goedheid laat sien en Ek sal jou my stem laat hoor wanneer Ek my Naam ‘die Here’ uitroep. Ek gee genade aan dié wat Ek wil, en ontferming aan dié wat Ek wil.” Hy sê toe vir hom: “Jy durf nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly leef as hy sien hoe die Here lyk nie...

DESEMBER 2023 VARS NUUSBRIEF 13.12.2023

Send us Fan Mail DESEMBER 2023 VARS NUUSBRIEF – ons eerste op die potgooi Lees als hier Vir die afgelope drie en ‘n half jaar word VARS in Afrikaans en FRESH in Zulu, in ‘n groot mate deur Christianityworks vanuit Australië befonds. Christianityworks is self ook op donateurs aangewese vir befondsing. Ons sê baie dankie aan die paar Afrikaanse donateurs wat maandeliks bydra. Alle bydraes wat aan hi...

Die Honger Menigtes 12.12.2023

Send us Fan Mail Johannes 13:34,35 Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”  Jy maak seker gereed om Kersfees te vier? Natuurlik is daar twee redes om fees te vier: Daar is die Kersvader, die rendiere, die versierings van klatergoud en kalkoene en poedings,...

Vrygewigheid 12.12.2023

Send us Fan Mail Spreuke 22:9 Wie mededeelsaam is, word geseën, want hy gee van sy kos vir arm mense.  Soms, wanneer ek geestelik taamlik suf is, sal ek iets twee of drie keer moet hoor voordat dit my klipkop binnedring en my toelaat om tot aksie oor te gaan. Wat van jou? Gister het ons gesels oor God se hart vir die armes en die geleentheid wat ons tussen nou en Kersfees het, om uit te reik en ie...

Die Verworpenes 11.12.2023

Send us Fan Mail Deuteronomium 15:11 Daar sal altyd armes in jou land wees, en daarom het ek jou beveel om vrygewig te wees teenoor jou mede-Israeliet wat in nood is en arm is.”  Kan jy glo; dis amper Kersfees! Trouens, dis presies oor twee weke Kersfees. En terwyl ek en jy dalk na 'n wonderlike feestyd saam met ons gesinne uitsien, is daar baie mense wat niks het om na uit te sien nie. Ek we...

Die Doodsklok van Verdeeldheid 10.12.2023

Send us Fan Mail Romeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.  Daar is niks so lelik soos mense in magsposisies wat hulle mag misbruik nie. Dit gebeur wanneer diegene, wat veronderstel...

Die Prys van ‘n Vars Begin 09.12.2023

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:18,19 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.  Wanneer ons nadink aan die opofferings wat ander mense gemaak het om ons te kry waar ons vandag is, slaan dit ons asem w...

Geloof Nie Emosies Nie 08.12.2023

Send us Fan Mail Psalm 28:1,2 Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende. Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.  Wanneer God ons roep om iets vir Hom te doen, is daar 'n deeltjie van ons wat nog in ons gemaksone wil bly. Daar is 'n traaghei...

Sy Verlossingsplan 07.12.2023

Send us Fan Mail Sefanja 3:16,17 Daardie dag sal vir Jerusalem gesê word: “Moenie bang wees nie, Sion! Moenie moedeloos word nie. Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.” (NLV) Wanneer ons deur ‘n swaar tyd gaan . . . dan begin ons moeilike vrae vra. Het ek te ver a...

Swaard Met Twee Snykante 06.12.2023

Send us Fan Mail Spreuke 10:2-4 Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die wil van God, red 'n mens van die dood. Die Here laat die mens wat reg doen, nie honger ly nie, die Here laat die begeerte van dié wat verkeerd doen, nie bevredig word nie. ‘n Mens wat nie sy hande uit sy mou steek nie, word arm; dit is vlyt wat ryk maak.  Elke goeie ding kan maklik in...

Maak Kinders Groot om Veerkragtig te Wees 05.12.2023

Send us Fan Mail Spreuke 23:13 Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.  Die ou Bybelse spreekwoord dat diegene wat die roede spaar, die kind bederf, word deesdae as polities nie korrek beskou nie. En, ja, daar is baie beter maniere om ons kinders te dissiplineer as om hulle te slaan. Maar ons moet hulle dissiplineer. Ons moet! Ek het tydens my leeftyd ‘n a...

Die Vryheid Paradoks 04.12.2023

Send us Fan Mail Galasiërs 5:13 Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.  Vryheid is iets waarna ons almal smag. Vryheid van dié dinge wat ons moedeloos maak; ons laste, ons verantwoordelikhede; en wat van moeilike verhoudings! Ja-nee, ons wil vry wees daarvan. En dit is glad nie snaaks n...

Die Doelgerigte Dissipel 03.12.2023

Send us Fan Mail Lukas 14:25-27 ‘n Groot menigte het saam met Jesus gereis. Hy draai toe om en sê vir hulle: “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie.  Die woord “gelykheid” word d...

‘n Verkeerde Beeld van God 02.12.2023

Send us Fan Mail Galasiërs 3:26,27 Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.  In hierdie wêreld, vol luukse goedere soos handsakke, skoene, klere, ensovoorts, is daar 'n massiewe en groeiende bedryf wat bestaan uit die vervaardiging en smokkel van nagemaakte produkte....

‘n Wêreld Buite Beheer 01.12.2023

Send us Fan Mail Jesaja 40:22-25 God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon. Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars het hulle wortelgeskiet, of Hy blaa...

Blaffende Honde 30.11.2023

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:1-5 Broers en susters, toe ek destyds vir die eerste keer na julle toe gekom het, het ek nie ’n stortvloed woorde of indrukwekkende wysheid gebruik om aan julle God se groot geheim, naamlik die Goeie Nuus, te verkondig nie. Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. Ek het na julle gekom in swakheid – ang...

Vriende Soos Dié 29.11.2023

Send us Fan Mail Lukas 5:17-20 Op een van dié dae, terwyl Jesus besig was om die mense te leer, het daar ook Fariseërs en leermeesters van die wet van Moses gesit wat van oral af uit die dorpe van Galilea en Judea en selfs uit Jerusalem gekom het. En die Here het vir Jesus die krag gegee om mense gesond te maak. Onverwags kom daar mense met 'n verlamde man op 'n draagbaar aan, en hulle p...

Weier om ‘n Alledaagse Lewe te Lei 28.11.2023

Send us Fan Mail Johannes 1: 12,13 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van 'n mens of die besluit van 'n man nie, maar hulle is uit God gebore.  Dit is 'n groot stap - 'n baie groot besluit om in Jesus te glo: Om vir eens en vir altyd te aanvaar dat Hy is w...

Die Waarheid Geopenbaar 27.11.2023

Send us Fan Mail Johannes 14:8-11 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.” En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom...

Geen Stomp Voorwerpe 26.11.2023

Send us Fan Mail Johannes 14:5-7 Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. As julle My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle Hom en sien julle Hom.”  “Waarheid” is 'n interessante konsep. Dit het ni...

Die Wapenrusting 25.11.2023

Send us Fan Mail Romeine 13:12-14 Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem. Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort. Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie. Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie...

God se Woord VARS vir jou Vandag podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır