RSG

Gesondheid

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za

Yazar

RSG

Kategori

Health

Podcast web sitesi

www.rsg.co.za

Son bölüm

7 Eki 2026

Nereden dinlenir?

Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakında

Podcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol

Google Play'den indir Ücretsiz yükle Android 5 Mn+ indirme · 4,8 puan iOS yakında

Bölümler

Gesondheid 15 Junie 2022 15.06.2022

Baie meer vroue as wat ons besef, beleef ernstige depressie ná die geboorte van hulle baba. Baie vroue voel skuldig en reken hulle is slegte ma’s as hulle sukkel. Sommige dink selfs aan selfdood. Maar te veel soek nie hulp nie. Daar ís doeltreffende medikasie en behandeling. Watter vroue het die grootste risiko vir hierdie siekte, en wat is die gevaartekens? Mari Hudson gesels met ’n psigiater oor...

Gesondheid 8 Junie 2022 08.06.2022

Die herpes-familie van virusse veroorsaak nie net koorsblare en waterpokkies nie, maar nog ander siektes. Dit is ’n taai en geslepe kalant wat lank in jou senuweevesels kan skuil, om later baie pynlike gordelroos te veroorsaak. Daar is entstowwe wat jou baie pyn kan spaar. Mari Hudson praat hieroor met ’n viroloog.

Gesondheid 1 Junie 2022 01.06.2022

Moet ons bekommerd wees oor die voorkoms van aappokke, wat nou al in meer as 20 lande opgeduik het? Hoe verskil dit van pokke en waterpokkies? Mari Hudson praat hieroor met ’n infeksiesiekte-spesialis.

Gesondheid 25 Mei 2022 24.05.2022

Hoe werk ’n knokkeltoon-operasie, en hoe lank is jy buite aksie? Kan testosteroon-aanvullings jou spermtelling laat daal? Waarom kry sommige mense met hoë tiroïedvlakke uitpeuloë? En, wat is die werklike verband tussen sooibrand en kanker? Mari Hudson praat met vier spesialiste oor dié vrae.

Gesondheid 18 Mei 2022 18.05.2022

Sooibrand is nie ’n rare siekte nie, maar hoe werk refluks? Het oorgewig iets hiermee te make? Wanneer het jy ‘n operasie nodig? En hoe pas Barret-slukderm in by refluks? Mari Hudson praat met ’n gastro-enteroloog oor dié probleme.

Gesondheid 11 Mei 2022 11.05.2022

’n Hartprosedure wat Maandag op ’n sesjarige meisie gedoen is, het haar lewe gered. Haar hart het vandat sy drie jaar oud is, soms teen ’n allemintige 280 slae per minuut geklop, wat lewensbedreigend was. Mari Hudson praat met ’n kardioloog oor die prosedure, en hoe hartritme-defekte in kinders herstel word.

Gesondheid 4 Mei 2022 04.05.2022

Kan jy na een drankie nog goed bestuur? Het ‘binge-drinking’ bykomende gevare? Kan enigiets jou lewer help om alkohol vinniger af te breek? Hoekom lyk dit of gewoontedrinkers nie so gou dronk word nie? Hoe lyk die stadiums van dronkenskap? Mari Hudson praat met ’n forensiese patoloog oor die uitwerking van alkohol op jou liggaam en andersom.

Gesondheid 27 April 2022 27.04.2022

’n Klein skoenlappervormige kliertjie in jou keel bepaal hoeveel petrol in jou enjin is. Sowat een uit tien mense ouer as 40 se tiroïed werk nie reg nie. As dié wanfunksie nie gediagnoseer en behandel word nie, kan dit enersyds tot lewensmoegheid en andersyds selfs tot jou dood lei. Mari Hudson praat met ’n internis oor tiroïedfunksie.

Gesondheid 20 April 2022 20.04.2022

Vertigo, die verskriklike duiseligheid weens probleme in jou binne-oor se boogkanaaltjies, kan met sekere oefeninge verbeter. Middels soos teen-seesiekpille en Serc help, maar Mari Hudson en haar gaste gesels oor die nie-mediese behandeling van vertigo en tinnitus.

Gesondheid 13 April 2022 13.04.2022

Is eetlusdempers gevaarlik, of ’n goeie hulpmiddel? ’n Endokrinoloog praat oor die rol van eetlusdempers in gewigsverlies. En ’n histopatoloog gee ons ‘n kykie in ’n patologielaboratorium.

Gesondheid 6 April 2022 06.04.2022

Glo dit as jy wil, maar spatare en diep veneuse trombose word gereeld verkeerd gediagnoseer. Ons kyk na die nuutste behandeling van spatare, waarom mense se enkels opswel en die gevare van diep veneuse trombose. Mari Hudson praat hieroor met ’n vaskulêre chirurg van Bloemfontein.

Gesondheid 30 Maart 2022 30.03.2022

Kan drastiese vloeistof-diëte jou hart aantas? Is alle vloeistof-diëte dieselfde? Help radikale diëte jou om gewig te verloor? Mari Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog.

Gesondheid 23 Maart 2022 23.03.2022

Beroertes is een van die top tien oorsake van dood in Suid-Afrika en ter wêreld. Hoe ken mens dit uit? Waarom moet mens letterlik binne minute, en beslis binne ’n uur, by ‘n hospitaal kom? Waarom moet mense met mini-beroertes beslis mediese sorg opsoek? Wat kan jyself doen om jou risiko vir beroerte te verlaag?  Mari Hudson praat hieroor met ’n neurochirurg.

Gesondheid 16 Maart 2022 16.03.2022

Fibromialgie is ’n siekte gekenmerk deur pyn. Baie lyers se lewe word ontwrig deur dié siekte, wat dikwels ook saamgaan met ander siektes wat dan lei tot abnormale pynversterking. Daar is hoop vir dié lyers. Ons kyk na die diagnose, oorsake en behandeling.

Gesondheid 9 Maart 2022 09.03.2022

Katarakvorming is die oorsaak van blindheid by byna ’n kwartmiljoen mense in Suid-Afrika. Dit is ook 'n vorm van blindheid wat met chirurgie behandel kan word om mense weer te laat sien. ’n Nuwe inisiatief is bekend gestel om meer katarakoperasies en lensinplantings op die platteland te doen. Hoe vorm katarakte? Hoe word ’n nuwe lens in die oog ingeplant? Hoe werk die nuwe inisiatief? Mari Hudson...

Gesondheid 2 Maart 2022 02.03.2022

Robot-tegnologie word al hoe meer ingespan in knievervangings. Hoe werk dit? Sny die robot, of sny die ortopeed? Hoe kan dit akkurater wees? Is die uitkoms werklik beter? Is dit duurder vir die pasiënt? Mari Hudson het ’n operasie bygewoon, en met 'n ortopediese chirurg oor die jongste tegniek gesels.

Gesondheid 23 Februarie 2022 23.02.2022

Wat is die jongste stand van sake in die behandeling van outo-immuun reumatoïede artritissiektes? Hoe goed werk biologiese middels? Hoe veilig is dié middels? En hoe bekostigbaar is die middels? Mari Hudson gesels met ’n reumatoloog om antwoorde op dié vrae te vind.

Gesondheid 16 Februarie 2022 16.02.2022

Kan ’n knopiespinnekop se byt jou dood veroorsaak? Hoe gevaarlik is ’n selonsroos en siringa-bessies werklik? Hoe weet mens die skerpioen wat jou bygedam het, is giftig? Moet jy slangteengif by jou dra wanneer jy veld toe gaan? Mari Hudson praat met ’n toksikoloog om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer.

Gesondheid 9 Februarie 2022 09.02.2022

Waarom is dokters so besorg oor parasetamol-oordosisse? Kan ysterpille gevaarlik wees vir kinders? Wat van anti-allergiese middels? Sal ’n kind oorleef as hy ’n halwe teelepel Two-Step ingekry het? Mari Hudson gesels met ’n toksikoloog om uit te vind watter vergiftigings hulle die meeste bekommer.

Gesondheid 2 Februarie 2022 02.02.2022

Help hiperbariese suurstofterapie vir Covid-pasiënte? En vir diabete se wondgenesing, of vir bestralingspasiënte? Hoe verskil dié behandeling van osoon en peroksied? Mari Hudson praat met ’n spesialis in lugvaart- en duikgeneeskunde en kundige in die gebruik van hiperbariese suurstofbehandeling om antwoorde op dié vrae te vind.

Gesondheid 26 Januarie 2022 26.01.2022

Hoe suksesvol is laerrug-operasies? Wat van nuwer tegnieke? Kan jy self iets doen om jou rug te versterk? Mari Hudson gesels met ’n neurochirurg oor laerrug-probleme en -operasies.

Gesondheid 19 Januarie 2022 19.01.2022

Vier uit elke vyf mense ondervind die een of ander tyd in hulle lewe pyn in die laer dele van hulle rug. Wat is die oorsake? Wat is die rooi vlae wat verder ondersoek moet word? Wanneer is ’n rugoperasie die beste opsie? Mari Hudson praat met ’n neurochirurg om antwoorde op dié vrae te vind.

Gesondheid 12 Januarie 2022 12.01.2022

Wat behels die inflammatoriese reaksie – daardie reaksie wat deels verantwoordelik is vir Covid-simptome en die goor gevoel wat sommiges ervaar ná hulle die entstof ontvang het? Waar pas antiliggame, antigene, T-limfosiete en sitokiene in? Mari Hudson praat met ’n mediese biochemikus en ’n immunoloog om beter te verstaan.

Gesondheid 5 Januarie 2022 05.01.2022

Die nuwe jaar se hartklop is nog vars. Weet jy wat die lub-dub klanke van jou eie hartklop veroorsaak? Hoekom klop ’n baba se hart vinniger as ‘n grootmens s’n? Hoe klink ’n lekkende hartklep? Wat kan ’n dokter vasstel as hy met ’n stetoskoop na ’n baba se hart luister? Mari Hudson praat met ’n pediatriese kardioloog wat verduidelik hoe hartklanke klink en werk.

Gesondheid 29 Desember 2021 29.12.2021

Covid het ons sterflikheid onder ons aandag gebring. Hoe lyk die paadjie van iemand met ’n terminale siekte tot die einde? Wie is die dokters wat probeer help om dié pasiënte so pynvry en gemaklik te maak? Wanneer moet die proses van palliatiewe sorg begin? Mari Hudson gesels met ’n palliatiewe sorg-spesialis oor sorg wat nie genees nie, maar ewe belangrik is.

Gesondheid podcast'ini Replaio'da dinle

Radyo ve podcast'ler tek uygulamada - ücretsiz, kayıt gerektirmez. Bugün yükle ve lansmanı kaçırma

Google Play'den indir

Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır