RSG
Gesondheid
'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.
Podcast'in sitesini ziyaret etmeyi ve yapımcısını desteklemeyi unutma: www.rsg.co.za
Nereden dinlenir?
Uygulamada podcast'ler Replaio Radio Çok yakındaPodcast'ler çok yakında uygulamaya geliyor. Şimdi yükle ve podcast'lere yepyeni bir bakışı ilk gören sen ol
Bölümler
Gesondheid: LDL cholesterol; Verhoogde cholesterol 07.10.2026 19:58
7 Oktober 2026: Met LDL cholesterol wat inderdaad ‘n rol speel om jou bloedvate te beskadig, is dit wel nodig om die vlakke van dié cholesterol in jou bloed te verlaag. Wat is deesdae die beste behandeling? Ons kyk ook na redes vir uiters verhoogde cholesterol- of trigliseriedvlakke in genetiese siektes soos Familiele Hipercholesterolemie. Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner van l...
Gesondheid: A-pokke en Ebola 30.09.2026 21:31
30 September 2026: Die kollig val op twee aansteeklike virussiektes: A-pokke en Ebola. Die toename in gevalle van A-pokke in Suid-Afrika, veral in Wes-Kaap, maak dit noodsaaklik om meer uit te vind oor dié siekte. Die grootste uitbreking ooit van Ebola in die DRK duur voort, en laat vrae oor die gesukkel om dit onder beheer te kry en hoe dodelik die nuwe variant van die virus is. Mari Hudson praat...
Gesondheid: Lipied- en cholesterolmetabolisme 23.09.2026 22:39
23 September 2026: Hoe vorm cholesterol plaak in jou bloedvate? Is daar ander faktore betrokke? Tot watter mate kan dieet jou bloedcholesterol en -vette verlaag? Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner oor lipied- en cholesterolmetabolisme.
Gesondheid: Vet- en cholesterol-metabolisme 16.09.2026 23:06
16 September 2026: As die dokter sê die cholesterol en vette in jou bloed is te hoog, waar kom dit vandaan? Interessant genoeg vervaardig jou eie liggaam die meeste van jou cholesterol, maar baie van die vette kom van die kos wat jy eet. Mari Hudson praat met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterol-metabolisme.
Gesondheid: Bloedvette en bloedcholesterolvlakke 09.09.2026 22:10
9 September 2026: Ons hoor baie van bloedvette en bloedcholesterolvlakke, maar wat is die vette in jou liggaam en wat is cholesterol? Waar kom dit vandaan? Hoekom het jou liggaam dit nodig? Mari Hudson gesels met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterolmetabolisme.
Gesondheid: Voorgeskrewe Minimumvoordele 02.09.2026 22:14
2 September 2026: Het jy geweet siekefondse moet vir 271 siektetoestande, bekend as PMB’s of Voorgeskrewe Minimumvoordele, betaal en nie net op die vlak wat in staatshospitale aangebied word nie. Maar om op jou regte te staan, moet jy weet wat in die PMB’s is. Mari Hudson praat met ‘n verteenwoordiger van interniste en met ‘n gesondheidsekonoom oor jou regte, probleme en slaggate betreffende PMB’s...
Gesondheid: Kommer oor minder orgaanoorplantings in SA 26.08.2026 23:04
26 Augustus 2026: Die aantal orgaanoorplantings in Suid-Afrika daal. Dit wek ernstige kommer want duisende Suid-Afrikaners wag op niere, harte, lewer, longe en ander organe. Die grootste probleem is omdat heeltemal te min breindood potensiële skenkers verwys word, die gebrek aan toestemming deur familielede, en omdat gesonde mense nie hulle wense met hulle gesinne bespreek nie. Mari Hudson praat m...
Gesondheid: Para-tiroïedkliere; Osteoporose 19.08.2026 22:04
19 Augustus 2026: Ons praat oor die funksie van die para-tiroïedkliertjies in jou nek, én oor aspekte van osteoporose. Baie gevalle van para-tiroïend-wanfunksie word nie gediagnoseer nie, maar dié wanfunksie kan lei tot osteoporose, depressie en ander komplikasies. En, as ‘n ouer mens hulle been of werwel breek, is dit reeds ‘n diagnose van osteoporose en moet dieepasiënt anti-osteoporose behandel...
Gesondheid: Post-natale depressie; Manlike onvrugbaarheid 12.08.2026 23:39
12 Augustus 2026: Ons sluit die gesprek oor post-natale depressie af, en kyk dan na manlike onvrugbaarheid en die rol van die gebruik van verbode anaboliese steroiede in manlike onvrugbaarheid. Mari Hudson gesels met ‘n psigiater en met ‘n fertiliteitspesials.
Gesondheid: Nageboortedepressie 05.08.2026 21:25
5 Augustus 2026: Baie meer ma’s ly aan nageboortedepressie as wat ons dink, en hulle dink selfs aan selfdood. Tog soek baie vroue nie hulp nie omdat hulle prober deurdruk en dink hulle is slegte moeders. Daar is hulp en behandeling. Wie loop die grootste risiko? Kan ‘n swanger vrou anti-depressante neem? Mari Hudson praat met ‘n psigiater oor dié onderskatte probleem.
Gesondheid: Koors by babas en kleuters 29.07.2026 23:10
29 Julie 2026: Wannneer is koors in kinders te hoog? Is die oorsake van koors in babas dieselfde as in kinders? Wat moet jy doen as jou kind koorsig is? Mari Hudson praat met ‘n pediater oor koors by babas en kleuters.
Gesondheid: Masels is gevaarlik 22.07.2026 19:41
22 Julie 2026: Masels, ‘n gevaarlike kindersiekte, is in Suid-Afrika aan die toeneem. Die VSA beleef ook verskeie uitbrekings van dié hoogs aansteeklike siekte. Die maselsvirus kan ‘n kind se immuniteit aantas, asook sy brein en longe, en kan noodlottig wees. Mari Hudson praat met ‘n pediater oor dié gevaarlike aansteeklike siekte.
Gesondheid: Wat het swamme met jou gesondheid te doen? 15.07.2026 18:54
15 Julie 2026: Swamme is saam met virusse, bakterieë en parasiete, een van die belangrikste organismes wat jou kan siek maak. Dink maar aan toksiese aflatoksien en die lastige Candida infeksies. Maar dit is ook danksy swamgroei wat die antibiotika, penissilien, ontdek is. ‘n Mediese navorser van Tukkies gaan nou, danksy ‘n groot toekenning, die eerste keer die genoom van baie swamme, waarvan ons n...
Gesondheid: Longprobleme 08.07.2026 21:59
8 Julie 2026: Wat sê jou gehoes van jou onderliggende siekte? En hoe klink longklanke van asma, longomtsteking, longfibrose en ander longprobleme deur die stetoskoop van ‘n dokter? Mari Hudson praat met ‘n longspesialis.
Gesondheid: Jongste oor semiglutied en tirzepatied; longontsteking 01.07.2026 22:52
1 Julie 2026: Mari Hudson gesels met ‘n obesiteit spesialis en met ’n longspesialis om die jongste inligting te kry oor semiglutied en tirzepatied, asook longontsteking.
Gesondheid: Bom bars oor Skedule 4-grysmarkmiddels 24.06.2026 22:54
24 Junie 2026: Die bom het uiteindelik gebars oor Skedule 4-grysmark semiglutiede en tirzepatiede. Wat is ‘n Skedule 4-middel? Hoekom mag ‘n samestellingsapteek nie dié middels sonder spesiale toestemming vervaardig nie? En mag smaakmakers Skedule 4-middels bemark? Mari Hudson praat hieroor met ‘n obesiteitspesialis.
Gesondheid: Wat sien ‘n radioloog as hy ‘n sport- of ander besering ondersoek? 17.06.2026 22:54
17 Junie 2026: Wat sien ‘n radioloog as hy ‘n sport- of ander besering ondersoek? Kan hy sien hoe ‘n tendon van die been geskeur het? Kan hy sien of die kraakbeen beseer is, en of daar ‘n stresfraktuur is? Kan hy sien of daar verhoogde bloedvloei na die beseerde area is? Is pyn altyd ‘n aanduiding van die erns van die besering? Mari Hudson praat hieroor met ’n radioloog van Stellenbosch.
Gesondheid: Polisistiese ovariële sindroom se naam verander 10.06.2026 21:20
10 Junie 2026: Die naam van polisistiese ovariële sindroom het verander. Hoekom? Beteken dit dat dié probleem, wat daartoe lei dat vroue sukkel om swanger te raak, eerder ‘n metaboliese probleem is? Hoe werk die kettingreaksie van oorgewig, insulienweerstandigheid, verhoogde manlike hormoonvlakke en onvrugbaarheid, en hoe word dit omgekeer? Mari Hudson gesels met ‘n Kaapstadse fertiliteitspesialis...
Gesondheid: Blindederm- en galblaasoperasies 03.06.2026 21:50
3 Junie 2026: Ons vind meer uit oor twee baie algemene operasies, naamlik ‘n blindedermoperasie en ‘n galblaasoperasie. Hoe weet die chirurg die fout is werklik by die blindederm of die galblaas? Wat as die blindederm gebars het? En wat as galsteentjies in die lewer beland? Mari Hudson praat hieroor met ‘n Kaapstadse chirurg.
Gesondheid: Tipe 1 Diabetes (Deel 3) 27.05.2026 22:12
Hoe kry tennisster Alexander Zweref dit reg om met tipe 1 diabetes op die heel hoogste vlak tennis te speel? Hoekom moet jou bloedglukose nie te hoog of te laag wees nie? Marí Hudson praat met dr. Marius Wasserfall, ‘n internis by Panorama Mediclinic, in die derde en laaste episode in die reeks oor tipe 1 diabetes.
Gesondheid: Tipe 1 Diabetes (Deel 2) 20.05.2026 22:18
20 Mei 2026: Is insulien in enige ander vorm as ‘n inspuiting beskikbaar vir tipe 1 diabete? Hoe werk ‘n insulienpompie en hoe effektief is dit? Hoe kan glukose sensors op die vel help om diabetes beter te beheer? Marí Hudson praat met dr. Marius Wasserfall, ‘n internis by Panorama Mediclinic, in die tweede episode in die reeks oor tipe 1 diabetes.
Gesondheid: Tipe 1 Diabetes (Deel 1) 13.05.2026 22:27
13 Mei 2026: Hoe kry tennisster Alexander Zweref dit reg om op die hoogste tennis te speel al is hy ‘n tipe 1 diabeet? Marí Hudson gesels in die eerste episode van ‘n kort reeks oor tipe 1 diabetes met ’n internis oor wat dit is en hoe dit ontstaan. Kan skielike trauma tipe 1 diabetes veroorsaak?
Gesondheid Ekstra 6 Mei 2026 06.05.2026 19:41
Luister na die kankerreis van Dirk Malan, voormalige laerskool- wiskundeonderwyser en adjunkhoof van Laerskool Swartland in Malmesbury. Hy en sy vrou, Mariaan, deel hulle ervaring van diagnose, behandeling, teleurstelling en nuwe hoop, tot hy einde Maart vanjaar weer aan die SA tweekampkampioenskap deelgeneem en voltooi het.
Gesondheid 6 Mei 2026 06.05.2026 23:35
“Dokter, gaan ek nou dood?” het ‘n 26-jarige jonggetroude gevra toe sy met borskanker gediagnoseer is. Watter emosies moes sy en haar man verwerk? Hoe het hulle fisiek en emosioneel verander tydens en ná die hoopvolle, maar traumatiese reis? Marí Hudson gesels met Janika Theron en haar man oor hulle ervaring met kanker en kankerbehandeling.
Gesondheid 29 April 2026 29.04.2026 22:16
Die eerste Alzheimer-pasiënt wat twee weke gelede die eerste geword om ‘n delikate limf-omleidingsoperasie in Suid-Afrika te ondergaan, toon reeds beterskap. Word operasies op nog pasiënte beplan en wanneer? Wie is geskikte kandidate? Marí Hudson praat met die chirurg, dr. Ben Moodie van Pretoria.
Benzer podcast'ler
Replaio bir podcast yayıncısı değildir; program adları, kapak görselleri ve ses içerikleri yazarlarına aittir ve herkese açık RSS beslemeleri aracılığıyla dağıtılır