RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 713 avsnitt

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Health

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

11 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

23 Feb 2014 22.02.2014

Fiona van Kerwel en Shireen Crotz is twee staatmakers van die Universiteit Stellenbosch se Woorde Open Wêrelde-projek. Dit is ʼn lees- en kultuurbevorderingsprojek vir leerders van alle ouderdomme.

16 Feb 2014 15.02.2014

Hester Botha, Leonie Timmet en Cecelia Kleyn is grondslagfase onderwysers in Delft, Kaapstad. Hulle demonstreer hoe hulle lees onder die kleinspan bevorder.

9 Feb 2014 08.02.2014

Rieldanse, poësie of sang - Maria Slinger, die afrigter van die Griekwa Jeugkoor, sê dat die jongmense trotse ambassadeurs van die Griekwakultuur is.

2 Feb 2014 01.02.2014

Die Graad R-kurrikulum maak die kleinspan geleidelik vertroud met beginsels soos diversiteit en maatskaplike transformasie. Só sê Natasha Warrington van Krielie Kleuterskool en Eleanor Phillips van Newtown Primêr.

26 Jan 2014 26.01.2014

WECTAC Leadership Academy het nommerpas intervensie- en leierskapontwikkelingsprogramme vir leerders. Wayne Erasmus vertel hoe leerders met riskante gedrag verander in positiewe rolmodelle.

19 Jan 2014 18.01.2014

Anthea Adams gesels met die opvoedkundige sielkundige, dr. ST Potgieter, oor drie belangrike aspekte om jou doelwitte te bereik: selfkennis, hulpbronne en ʼn ondersteuningsnetwerk. Elmien Smit van Riebeeckvallei Spesiale Skool en Natalie Jacobs van Soetendal Primêr vertel van hulle doelwitte vir die nuwe skooljaar en hoe hulle beplan om dit te bereik.

12 Jan 2014 11.01.2014

Nielda Smith en Annarika Pienaar is twee van Hoërskool Diamantveld in die Noord-Kaap se top presteerders in die 2013 matriekeksamen. In die Wes-Kaap het Ruscka Ishmael en Cindy Matthee se puik prestasies bygedra tot Mondale Hoërskool in Mitchells Plain se derde beste plek in die provinsie.

5 Jan 2014 04.01.2014

Xolisa Guzula is ʼn taal- en geletterdheidskenner by die Nelson Mandela Instituut vir Onderwys en Landelike Ontwikkeling. Die instituut bevorder geletterdheid in landelike gebiede in die Oos-Kaap.

27 Dec 2013 26.12.2013

Musiekontwikkelingsprogramme soos die KunsteKaap Jeugorkes van Mbokweni-Wellington, is lewensveranderend vir die betrokkenes. Marlene le Roux en haar span vrywilligers bemagtig jongmense op verskeie maniere.

22 Dec 2013 21.12.2013

Marlene le Roux en Herman Solomons meen elkeen kan voortbou op oudpresident Nelson Mandela se liefde vir kinders en die onderwys en dit is een van die Kunstekaap Jeugorkes van Mbokweni-Wellington en die Wesbank Gemeenskap Musiekontwikkelingsskool se doelwitte.

15 Dec 2013 14.12.2013

Roelene Loots is onlangs deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aangewys as die provinsiale wenner in die kategorie Beste Spesiale Onderrig-onderwyser. Roelene is by Weber Gedenk Primêr in Stellenbosch.

1 Dec 2013 30.11.2013

Wanneer dit by prestasie kom, het Laerskool Mikro in Kuilsrivier, Kaapstad, die X-faktor. Dis alles …

24 Nov 2013 23.11.2013

Ingrid Leukes van St. Raphael's Primêr in Athlone, Kaapstad, het onlangs met die louere weggestap as…

11 Aug 2013 11.08.2013

Dr. Louise van Rhyn se intervensieprogram, Partners for Possibility, maak op voetsoolvlak ʼn wesenlike bydrae tot die onderwys. ʼn Sterk vennootskapsooreenkoms tussen hoofde en sakeleiers is sleutelelemente van dié program.

4 Aug 2013 04.08.2013

Met sy dubbelbane in teenoorgestelde rigtings is Koebergweg een van die gevaarlikste paaie in die Wes-Kaap. Anthea het gaan inloer by Laerskool Ysterplaat, wat oorkant dié pad geleë is, om meer uit te vind oor hulle padveiligheidbewusmakingsveldtog.

28 Jul 2013 28.07.2013

Anthea Adams was by Laerskool Durbanville wat net soos die res van die wêreld, Mandeladag behoorlik gevier het. Sy sit ook die kollig op ʼn bestuursprogram vir departementshoofde en hoofde, die Principals Management Development-program.

21 Jul 2013 21.07.2013

Bykans 9 000 onderwysers in die Wes-Kaap het tydens die Junie-vakansie kurrikulum-opleiding bygewoon. Dié opleiding berei onderwysers voor vir 2014 wanneer die derde en laaste implementeringsfase van die Nasionale Kurrikulum Beleidsverklaring (NKBV) oftewel CAPS in Graad 7 tot 9 en Graad 12 plaasvind.

14 Jul 2013 14.07.2013

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

7 Jul 2013 07.07.2013

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

30 Jun 2013 30.06.2013

Is jy ʼn gegradueerde wat jou kundigheid en talente wil inspan om ʼn verskil te maak in skole en gemeenskappe? Die Teach South Africa-program werf jong gegradueerders wat spesialiseer in vakke soos Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie of Engels en plaas hulle in skole wat sukkel om die mas op te kom in dié vakke.

23 Jun 2013 23.06.2013

Aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD) affekteer leerders se vordering op skool. Dr. Thereza Bothma van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verduidelik hoe ouers en onderwysers leerders wat met dié toestand gediagnoseer is, kan ondersteun.

16 Jun 2013 16.06.2013

Nasionale Jeugdag word landswyd op 16 Junie gevier en dis veral jongmense se passie, toegewydheid en onwrikbare geloof in dit wat reg is, wat erkenning kry. Leerders van die Hoërskool Zwartkop val in dié kategorie en hulle sukses is legendaries! Verteenwoordigers van hierdie uitblinker-skool gee jou ʼn kykie agter die skerms.

9 Jun 2013 09.06.2013

ʼn Nasionale Beroepsgerigte Sertifikaat wat by ʼn VOO-kollege verwerf word, is ʼn goeie opsie vir persone sonder Graad 10, 11 en 12. So sê Ivan Swart, die Kommunikasie- en Geleentheidsbeampte van Northlink Kollege.

2 Jun 2013 02.06.2013

Vyf klippies, Blikaspaai, Wolf-wolf hoe laat is dit? Bok-bok, sakresies en Kat-en-muis – die arbeidsterapeut, Heleen Johnson, sê tradisonele speletjies is bobaas vir fyn- en groot motoriese ontwikkeling.

26 May 2013 26.05.2013

Spelterapie het talle voordele soos dat dit leerders help om toekomstige moeilike situasies te hanteer. Anthea Adams praat hieroro met ‘n kliniese sielkundige, Michelle Nel.

Lyssna på podden Ons en die Onderwys i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden