Middagvervolgverhaal
RSG
Episodes
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 12 10.07.2026 14:36
Frans vertel vir Sannie dat pastoor vir hom gebid het, en dat die drankduiwel uitgedryf is. Alet bieg teenoor Rachel dat sy Moolman geld skuld. Rachel stel voor hulle verkoop Alet se motor, en hulle gaan soek 'n koper. Frans doen tuinwerk, en Klets jaag hom van haar rose af weg.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 11 09.07.2026 12:51
Moolman daag nie op vir sy eteafspraak met Rachel en Alet nie, en vra dat hulle hom eerder later by sy nagklub ontmoet. Rachel weier, en Alet is kwaad vir haar. Pieter vra vir Nico uit oor Moolman, en Nico gaan wys hom waar Moolman woon. Sannie gaan kyk waar die klerewinkel is waar Rachel werk.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 10 08.07.2026 14:06
Frans vra vir Klets om verskoning vir sy gedrag, en belowe hy sal wegbly van Blikkies in die hospitaal. Pieter besluit om Rachel te nader om 'n storie oor haar vir sy skooltaak te doen. Klets en Sannie vertrek na die Helpende Hand-kostent om die akteur te soek wat Klets hoop vir haar toneelspelklasse sal gee.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 9 07.07.2026 14:09
Klets is erg bekommerd oor Blikkies, en hulle wag op die uitslag van die dokter se toetse. Alet besoek vir Rachel by die klerewinkel en vertel haar dat Moolman haar baie graag wil ontmoet. Frans daag by die hospitaal op om vir Blikkies te kuier, maar Klets verbied hom om Blikkies te sien.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 8 06.07.2026 13:10
Rachel kry werk as ontvangsdame by 'n klerewinkel, en besluit om nie saam met Alet by die nagklub te gaan werk nie. Blikies word in die hospitaal opgeneem vir toetse, en Klets is radeloos bekommerd oor hom. Sannie vra vir Pieter om haar na die woonstel te neem waar Rachel saam met Alet woon.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 7 03.07.2026 14:31
Sannie en Klets besoek die nagklub, en moet verby die deurwagte probeer kom. Frans kom dronk tuis ná sy kuier by Giel se Gat, en kuier saam met Blikkies wat te veel drink en siek word. Klets is woedend vir Frans as sy Blikkies die volgende oggend dronk en siek in sy kamer aantref.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 6 02.07.2026 15:26
Sannie vertel nie vir Frans dat sy die adres van die nagklub het waar Rachel blykbaar werk nie. Sy vra vir Klets om saam met haar die klub te besoek. Klets vra vir Blikkies om hom uit die Conradies se lewens te hou. Sy is bekommerd oor Blikkies se gesondheid.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 5 01.07.2026 12:39
Rachel verneem by Alet dat haar pa by die woonstel was en haar sak met klere gevat het. Pieter vra of hy 'n skooltaak oor oom Blikkies se dae in die polisie kan doen. Alet neem vir Rachel saam na Moolman se nagklub waar sy as kelnerin werk, en Rachel besef hier gaan meer aan as wat Alet haar vertel het.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 4 30.06.2026 14:46
Klets vra Blikkies om saam met haar poskantoor toe te stap. Toe hy weier, gaan bekla sy haar lot by Sannie oor haar hormone wat al weer op loop is. Blikkies vertel vir Frans van die skelm nagklubeienaar Moolman vir wie Alet werk, en hy waarsku Frans om vir Rachel by Alet weg te kry.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 3 29.06.2026 11:38
Rachel is woedend wanneer haar broer Pieter onverwags by Alet se woonstel aankom, maar besluit om hom wel in te laat. Klets sleep vir Sannie saam na die Helpende Hand-kostent om te soek na die akteur wat haar kamtig gaan help met haar toneelspel vir die Sewende Laan-kompetisie.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 2 26.06.2026 13:20
Ma Sannie vra vir Frans om te gaan kyk waar Rachel woon. Klets wil by Sannie weet wanneer hulle die huur gaan betaal, aangesien hulle nog net 'n deposito betaal het. Pieter vra oom Blikkies om saam met hom na die woonstelblok te gaan waar Rachel woon, maar die veiligheidswag wil hulle nie inlaat nie.
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 1 25.06.2026 11:51
Die Conradie-gesin neem noodgedwonge hulle intrek in Klets Vermeulen se karavaan in die agterplaas. Sus Rachel is geskok toe sy besef sy moet die karvaan met haar ouers deel. Pieter probeer sus Rachel oortuig om te bly, maar sy pak haar goed en besluit sy gaan tydelik by haar vriendin Alet woon.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 60 (slot) 24.06.2026 14:41
Wolfgang se lewe word gevier. Die Vallei se kelder kry nuwe bestuur, en David vertel uiteindelik vir Amelia hoekom hy teruggekom het.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 59 23.06.2026 15:05
Bart konfronteer vir Robert, en uiteindelik kom die waarheid uit oor die lyk in die dam, en wat gebeur het. Amanda eindig op in die hospitaal, en twee jong verliefdes eindig op in mekaar se arms.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 58 22.06.2026 14:23
Amanda en Delia is klaar met die laaste reëlings vir die groot fees die volgende dag. Hulle gaan huis toe. Delia eindig op by Lucian, waar sy graag met hom wil praat. Hy is nog koud teenoor haar. Amanda word by die hotel ingewag deur ‘n gewonde Robert, wat dokumente uit die hotel se kluis wil hê.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 57 19.06.2026 12:43
Amanda is besig met die laaste reëlings vir die fees. Robert hou vir Regardt teen sy wil gevange. David en Amelia probeer om Regardt te red. Daar is ’n struweling, en ‘n skoot gaan af...
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 56 18.06.2026 12:40
Lucian konfronteer vir Delia oor hulle verhouding. Bart en David praat oor David se ma en alles wat Bart oor haar uitgevind het. Amelia is bekommerd oor haar broer wat nie die vorige aand by die huis opgedaag het nie.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 55 17.06.2026 13:22
Bart het die kliniese verslag van die Kaap af ontvang oor die lyk in die dam. Regardt en Robert praat oor die aand by die dam toe Lena verdwyn het. Bart wil met Shereen en David praat. Sal ons uiteindelik uitvind wie se lyk in die dam gevind is?
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 54 16.06.2026 14:58
Almal in die vallei is besig met voorbereidings vir die Hunt for Wine-fees. Regardt raak desperaat oor die plaas se skuld en hoe hy die probleem sal oplos. Regardt aanvaar Robert se uitnodiging om te ontmoet.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 53 15.06.2026 11:05
Delia moet by die streekskantoor gaan verduidelik wat met die geld gebeur het vir die kinders se etes. Sy vra Lucian om saam met haar te gaan. Bart help vir Amelia met haar vorige boyfriend-probleem, maar wil alles weet wat sy kan onthou van die drie vroue se verdwynings.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 52 12.06.2026 13:24
Terwyl die brandweer die veldbrand blus, kom hulle op Robert se uitgebrande kar in die myndam af. Almal is besig om reg te maak vir die groot fees. David en Regardt het ‘n groot uitval oor die rigting waarin David beweeg met Rooivallei se wyne.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 51 11.06.2026 12:25
David en Shereen bekruip Robert se ma se huis. Hulle hoop hy is daar, maar het geen idee wat hulle sal doen as hulle hom betrap nie. Daar is rook in die rigting van Bergplaas. Het die voorbrand buite beheer uitgeraak?
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 50 10.06.2026 13:45
Lisa vertel vir Amelia dat David eintlik die eienaar is van die familie se aandele in die kelder, en Regardt dink dis die rede hoekom David teruggekom het - om sy pond vleis te kom eis. David en Shereen probeer vir Robert opspoor, en sonder dat hulle dit besef, loop hulle in ‘n lokval in.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 49 09.06.2026 15:00
Delia konfronteer Cindy met die opname wat sy het, en Cindy verloor al haar sinne. David en Shereen besluit om saam vir die vallei te baklei. Lucian en Delia volg vir Cindy in die hoop dat sy vir Robert sal ontmoet.
DIE EERSTE WINGERD deur Anton Treurnich – Episode 48 08.06.2026 14:01
Delia vra vir Lisa om haar by te staan in die saak, wat die Onderwysdepartement teen haar gemaak het. Regard vertel vir Lucian van sy verhouding met die meisie wat op die bergplaas weggeraak het. Delia en Cindy het hulle finale ontmoeting.
About the podcast
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Author
RSG
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
3002
Latest episode
10 jul 2026
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.