RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 avsnitt

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: www.rsg.co.za

Skapare

RSG

Kategori

Health

Poddens webbplats

www.rsg.co.za

Senaste avsnittet

4 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Leefwêreld van die gestremde 19.01.2019

In landelike gebiede druk die nood erg ten opsigte van hulpbronne vir mense met gestremdhede. Op Oudtshoorn in die Wes-Kaap is daar 'n beskermde werkswinkel vir volwassenes met gestremdhede wat help om die nood te verlig. En Jacqui January gesels met 'n ma wat vertel hoe haar drome vir 'n kind met 'n gestremdheid verander het om plek te maak vir 'n ander soort dankbaarheid.

Leefwêreld van die gestremde 12.01.2019

Fanie du Toit gesels met Nakkie Jansen van Rensburg van die Paarl Vaardigheidskool oor hulle kreatiewe skeppingsvaardighede-program vir gestremdes. Die Timeless-projek bied terapeutiese voordele en ontwikkeling vir die volwasse gestremdes by die sentrum. En 4 Januarie is elke jaar Wêreld Brailledag. Jacqui January het gaan uitvind hoe dit siggestremdes bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 05.01.2019

Estelle Martinsen se man is blind, en hulle werk saam in die bankwese. Sy vertel vir Jacqui January van toegangklikheid in banke wêreldwyd, en hoe dit in Afrika en Suid-Afrika toegepas word. En Fanie du Toit het gaan uitvind van holistiese terapie vir kinders op die outismespektrum en met Downsindroom.

Leefwêreld van die gestremde 29.12.2018

Fanie du Toit sit sy gesprek met Marina Clark voort oor inklusiwiteit van persone met gestremdhede. Die fokus is op die insluiting van kinders met gestremdhede in hoofstroomskole. En Jacqui January het gaan uitvind van die belastingvoordele en die -indiening vir families wat leef met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 22.12.2018

Divan Engelbrecht se positiewe ingesteldheid teenoor sy gestremdheid spruit uit sy familie en vriende se ondersteuning. Jacqui January gesels met hom oor geskenke aan 'n gestremde vir Kersfees. En Fanie du Toit praat met Marina Clark van die Alliansie vir Persone met Gestremdhede oor 'n inklusiewe Kersfees vir gestremdes.

Leefwêreld van die gestremde 15.12.2018

Jacqui January gesels in die gees van Kersfees met 'n vrou wie se man al meer as 20 jaar met Motorneuronsiekte leef, oor hoe MNS sy lewe en houding positief verander het. Sy vertel van “geskenke” van hom aan haar, en van haar aan hom vir Kersfees. En Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat kanker in sy oë gekry het toe hy nege maande oud was. Hy is blind, maar bly positief, en deur sy kennis van...

Leefwêreld van die gestremde 08.12.2018

Fanie du Toit het meer gaan uitvind oor lae visie en die Kaapstad Vereniging vir Blindes se 'n oorbruggingsinisiatief vir jong voornemende studente.

Leefwêreld van die gestremde 01.12.2018

Jacqui January gesels met 'n jong man wat as tiener in 'n motorfietsongeluk gestremd gelaat is. Sy positiewe ingesteldheid is 'n riem onder die hart. Fanie du Toit gee terugvoer oor 'n geleentheid van die Kaapstad Vereniging van Blindes, waar mense met blindes en visueel gestremdes loop of hardloop ter bewusmaking vir die voorkoming van blindheid.

Leefwêreld van die gestremde 24.11.2018

Fanie du Toit praat met 'n jong vrou wat gloukoom en retinale uitdagings het. Sy vertel ook van die geterg wat sy as klein dogtertjie ervaar het. En Jacqui January hoor van die taalontwikkeling en agterstand wat dowes ervaar, en hoe dit hulle leesvermoë beïnvloed.

Leefwêreld van die gestremde 17.11.2018

Jacqui January vind meer uit van 'n ondersteuningsorganisasie wat wêreldwyd doenig is, en positiewe stories van sukses vertel. Hulle bied ondersteuning en opleiding aan ouers van kinders met breinbeserings en ander gestremdhede. En Fanie du Toit hoor van 'n maatskappy se ondersteuning aan gestremdes.

Leefwêreld van die gestremde 10.11.2018

Die Bybelgenootskap, in samewerking met die Nasionale Instituut vir Dowes, het 'n Bybel met eenvoudige taalgebruik met die dowe leser in gedagte, saamgestel. Jacqui January praat met Natale Roelofse van die NID oor die navorsing en die proses wat gevolg is om die Bybel te skryf. Fanie du Toit het 'n draai op die Weskus gemaak, waar hy met Veronica Pronk gesels het oor opleiding en kreatiweit in di...

Leefwêreld van die gestremde 03.11.2018

Jacqui January het gaan meer gaan uitvind oor aaneenlopende ontwikkelingswerk ná verlies. Die werk word in spanverband en op individuele vlak gedoen om kopstuiwe te maak, en om uit te styg bo uitdagings as gevolg van verlies of gestremdheid. En Fanie du Toit kyk na werksentrums vir mense met gestremdhede, en die waardevolle rol wat dit vervul in terme van die menswaardigheid van gestremde volwasse...

Leefwêreld van die gestremde 27.10.2018

Jacqui January gesels met 'n ma van 'n 29-jarige gestremde seun. Sy vertel van ondersteuning wat hulle by die groep, Brainchild, kry en hoe dit haar bemagtig het. En Fanie du Toit het gaan uitvind hoe nie-regeringsorganisasies oorleef, en die unieke dienste wat hulle aan gestremdes en hulle families bied.

Leefwêreld van die gestremde 20.10.2018

Jacqui January fokus op Nasionale Downsindroomdag op 20 Oktober, en hoor hoe families van en mense met Downsindroom.bygestaan lan word. Sy vind ook uit meer uit van die tegnologie wat gebruik word om Downsindroom tydens vroeë swangerskap waar te neem. En Fanie du Toit kyk na die rol van kerke en hulle ondersteuning aan doof-blinde mense.

Leefwêreld van die gestremde 13.10.2018

Fanie du Toit gesels met afgetrede tandarts dr. Johan Pretorius, wat as volwassene doofblind geword het. Hy vertel van die interessante oorsake van doofblindheid, en hoe doofblindes ondersteun kan word. Jacqui January het besoek afgelê by 'n werkswinkel vir meervoudig-gestremde volwasse dowes. Sy hoor hoe die gestremdes hulle werk met soveel waardigheid doen, en die respek wat hulle vir mekaar het...

Leefwêreld van die gestremde 06.10.2018

Fanie Du Toit praat met Madelie Vaught, 'n arbeidsterapeut by die Wes-Kaap Vereniging vir Persone met Gestremdhede oor 'n speelgoedbiblioteek vir kinders met gestremdhede. Ettienne Ludick en Sue Pyler gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede oor parkeerplekke vir gestremdes, en die rol wat hulle gespeel het om te verseker dat Muizenbergstrand in die Wes-Ka...

Leefwêreld van die gestremde 29.09.2018

Jacqui January kry riglyne oor hoe om voor te lees vir mense met disleksie. Dis veral handige idees vir iemand wat dalk belangstel om te studeer. Fanie du Toit gesels met 'n ma oor die impak van verlies wat gestremdhede meebring. Sy vertel ook van die hulp en ondersteuning van die Nasionale Raad vir/van mense met Gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 22.09.2018

Fanie du Toit vind meer uit van die regte van kinders met gestremdhede, en hoor van die groot uitdagings met die versorging van gestremde kinders. Jacqui January het gaan hoor oor hoe om familie en vriende met geestesgestremdhede te hanteer.

Leefwêreld van die gestremde 15.09.2018

Jacqui January hoor van die belastingvoordele wat besighede kan kry, wat hulp aan mense met gestremdhede bied. En Fanie du Toit vind meer uit oor 'n spesifieke model vir beskermde werksplekke vir mense met verstandelike gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 08.09.2018

Annelies Clark vertel hoe kinders met leergestremdhede na 'n spesiale interimskool kan gaan, en later terug na hoofstroomskole kan gaan. En Jacqui January gesels met prof. Piet Nel, 'n belastingkenner, oor hoe om kwalifiserende mediese uitgawes van die belastinggaarder te eis.

Leefwêreld van die gestremde 01.09.2018

Fanie du Toit hoor van 'n rekenaargeletterdheidsprogram wat die wêreld van tegnologie vir blindes toegangklik maak. Hierdie unieke opleiding word deur blindes vir blindes aangebied. En Jacqui January gesels met Pieter Joubert van Spierdistrofie Gauteng oor die belangrikheid van die publiek se bydrae tot nasionale fondsinsamelingsprojekte.

Leefwêreld van die gestremde 25.08.2018

Jacqui January vertel die storie van Ben en Liani Viljoen. Ben leef al vir 20 jaar met MNS, en bly positief. Hy gesels saam d.m.v. 'n masjientjie. En Fanie du Toit praat met kliniese sielkundige dr. Charlotte Capri oor die Life Isidimeni-krisis, en die lesse wat Suid-Afrika hieruit kan leer.

Leefwêreld van die gestremde 18.08.2018

Daar word gereeld na Parkinson se siekte verwys as 'n 'oumens'-toestand. Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat op 22-jarige ouderdom met hierdie siekte gediagnoseer is. En Jacqui January doen navraag by 'n belastingkenner oor hoe gestremdes voordele by die belastinggaarder kan kry.

Leefwêreld van die gestremde 11.08.2018

Fanie du Toit gesels met Andre Kalis van die Nasionale Raad vir Mense met Fisiese Gestremdhede in Suid-Afrika oor die diskriminasie teenoor veral gestremde kinders deur die regering se kant in die voorsiening van hulpmiddels vir hulle opvoeding. En Jacqui January gesels met 'n mavan 'n negejarige seuntjie met spierdistrofie oor 'n ouer se uitdagings en vreugdes, en watter lesse sy by haar seun gel...

Leefwêreld van die gestremde 04.08.2018

Baie organisasies wat werk hulp aan gestremdes bied, kry net gedeeltelike befondsing van die regering, dus word daar hard gewerk aan fondsinsameling om in die behoeftes van gestremdes te voorsien. Jacqui January gesels hieroor met 'n organisasie wat al vir 140 jaar na gestremdes omsien. Fanie du Toit gesels met twee Noord-Kaapse gestremde vroue, waarvan een sonder arms en bene gebore is, wat verte...

Lyssna på podden Leefwêreld van die Gestremde i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden