Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

God se Woord VARS vir jou Vandag

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.

Glöm inte att besöka poddens webbplats och stötta skaparen: christianityworks.co.za

Skapare

Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Kategori

Religion

Poddens webbplats

christianityworks.co.za

Senaste avsnittet

12 okt 2026

Var kan du lyssna?

Poddar i appen Replaio Radio Kommer snart

Poddar kommer snart till appen. Installera nu och bli först med att uppleva ett helt nytt sätt att lyssna på poddar

Ladda ned på Google Play Installera gratis Android nästan 10 mn nedladdningar · betyg 4,8 iOS snart

Avsnitt

Bly Staande in Verdrukking 12.10.2026

Send us Fan Mail Matteus 5:10 “Geseënd is dié wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”  Verskoon my as ek nou ’n bietjie reguit is, maar hoeveel weet jy regtig van vervolging? Nie net as ’n woord nie — maar as iets wat mense elke dag aan hul eie bas voel. En as jy hoor dat Christene vandag op ’n ongekende skaal vir hul geloof ly, hoeveel...

Die Subtiele Vyand van Sukses 11.10.2026

Send us Fan Mail Job 1:21 “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.”  Jy ken tog daardie tye in die lewe wanneer alles net goed gaan? Jou werk is veilig, die rekeninge is betaal, jou gesin is gelukkig, en die pad vorentoe lyk wonderlik. Alles voel sommer wonderlik. Maar dis dikwels juis dan wanneer...

Stank vir Dank 10.10.2026

Send us Fan Mail Lukas 9:22 “die Seun van die mens moet baie ly, deur die familiehoofde, priesterhoofde en skrifgeleerdes verwerp word, en Hy moet doodgemaak word, en op die derde dag opgewek word.”  Is jy al seergemaak deur iemand vir wie jy gehelp het? Jy was goedhartig, jy’t jou arms oopgemaak, jou beste gegee, en jy is met verwerping of verraad terugbetaal. Dit maak baie seer en dit vernietig...

Wanneer Geld dit Nie kan Regmaak Nie 09.10.2026

Send us Fan Mail Markus 8:36-37 Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe? Sê my: het geld al ooit werklik daardie diep behoefte ín jou vervul, daardie een ding wat diep binne-in knaag? Jy koop uiteindelik die ding wat jy begeer, betaal die skuld af, kry die werk … en vir 'n rukkie voel dit wonder...

Guns het Steeds Geloof Nodig 08.10.2026

Send us Fan Mail Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Jy kan alle toegang, alle invloed, al die oop deure hê wat die wêreld kan bied, en tog steeds desperaat na God verlang. Want guns sonder gebed is maar net geleenthede sonder krag. Eeue gelede het 'n jong Joodse vrou met die...

Oktober Nuusbrief 1 07.10.2026

Send us Fan Mail VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Oktober. NUUSFLITS: Ramp tref eerste gesin Goeiemôre, ek is Jokkie Gauché en hier is die nuus. Ons korrespondent in Eden berig dat 'n jong egpaar vandag uit hul woning in Eden gesit is, nadat hulle die een kardinale reël oortree het. Volgens ooggetuies het die vrou, Eva, by die boom in die middel van die tuin met 'n swendelaar te doen g...

Deurweek, Bewend … en Gevind 07.10.2026

Send us Fan Mail Lukas 15:4 “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry.  Jy het te ver afgedwaal. Die pad wat jy geken het, het onder die modder verdwyn. Die storm oorweldig jou: die reën sny koud teen jou vel, en die nag voel eindeloos. Jy roep, maar niem...

Die Liefde Wat Alles Vra 06.10.2026

Send us Fan Mail Lukas 9:59-62 Aan 'n ander een sê Hy: “Volg My.” Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.” Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.” Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.” Toe sê Jesus: “Iemand wat die ha...

Wanneer Jesus Aanstoot Gee 05.10.2026

Send us Fan Mail Johannes 6:66-69 Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie. Toe vra Jesus vir die twaalf: “Wil julle nie ook weggaan nie?” Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde wat ewige lewe gee. En ons glo vas en ons weet dat U die Heilige van God is.” In 1610, toe Galileo gesê het die Aarde draai om die...

Ek Is Alweer Reg? 04.10.2026

Send us Fan Mail Lukas 11:35 Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.  Het jy al ooit teruggedink aan 'n besluit wat jy geneem het wat op daardie oomblik reg gevoel het? ‘n Besluit waarvan jy absoluut seker was dat dit reg was, maar later - in die lig van die gevolge daarvan - gedink het: " Hoe het ek dit nie raakgesien nie ?" Dit is die probleem met blinde selfvertroue - di...

In Jou Eie Tronk? 03.10.2026

Send us Fan Mail Matteus 11:6 En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie.”  Het jy al ooit op 'n punt gekom waar jy gedink het: " As God my regtig liefhet, sou Hy dit nie toegelaat het nie"? Wanneer gebede onbeantwoord lyk en die stilte oorverdowend voel, is dit maklik om te begin wonder of Hy nog dieselfde is as wat jy gedink het Hy behoort te wees. Dit is waarskynlik ho...

Stop. Luister. Leef 02.10.2026

Send us Fan Mail Matteus 7:1 "Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie;"  Ons word omring deur aanhoudende geraas. Jou foon piep, die televisie brom in die agtergrond, kennisgewings flikker om jou aandag te trek. Een geluid na die ander ding mee om gehoor te word. En dis tragies, maar hoe meer ons na alles luister, hoe minder hoor ons werklik enigiets. In 2007 het &apos...

Dis Net Hierdie Een Keer...Of is Dit? 01.10.2026

Send us Fan Mail Jakobus 4:17 As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde.  Hoe dikwels sê jy nie: " Ek weet ek moenie … maar dis net hierdie een keer "? Dalk is dit 'n storietjie wat jy oorvertel het, 'n skelwoord wat jy nooit teruggetrek het nie, of 'n opdrag - gehoorsaamheid wat jy maar aanhou uitstel. Diep in jou hart weet jy wat re...

Vlug Na Hom Toe 30.09.2026

Send us Fan Mail 2 Timoteus 2:13 as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie.  Dis nie maklik om te erken dat ons al dikwels vir God en vir onsself teleurgestel gestel het nie; ek praat nou van 'n geheime gewoontetjie, 'n skelwoord, of 'n oomblik van swakheid. En dan op ‘n dag weet ons sommer dat ons hierdie keer te ver gegaan het. In die tagtigerjare het die Am...

Moeg vir die Geraas? 29.09.2026

Send us Fan Mail 1 Tessalonisense 4:11-12 en laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.  Skakel jou foon aan, en dis asof die negatiwiteit jou sommer in die gesig klap....

Leef jy, of Bestaan Jy? 28.09.2026

Send us Fan Mail Kolossense 3:3-4 ...want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat julle lewe is, by sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in sy heerlikheid deel.  Het jy al ooit gedink daar moet tog meer aan die lewe wees as wat dit vandag vir jou voel? Jy hardloop saam met almal agter sukses, verhoudings en gemak aan, maa...

Ly Jy Ter Wille van Christus? 27.09.2026

Send us Fan Mail Filippense 1:29 God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly.  Ons almal hou baie van die idee van seëninge – dinge soos goeie gesondheid, sukses, vrede, en miskien 'n bietjie geluk op ons pad. Maar wat sal gebeur as een van God se seëninge glad nie soos 'n seëning voel nie? Wat as dit jou baie kos? T...

Stap Jy in die Lig? 26.09.2026

Send us Fan Mail Efesiërs 5:14 En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.”  Wat kruip in die skaduwees van jou lewe weg? Die dinge waaroor jy glad nie praat nie – die skuldgevoelens wat jy diep wegsteek, die bitterheid wat jy probeer regverdig, die geheime gewoontes wat jou stil-stil be...

Laat Jy God se Liefde Skyn? 25.09.2026

Send us Fan Mail 1 Johannes 4:7-8 Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.  Elke jaar tydens die Chinese Maan-fees kom families bymekaar onder die volmaan. Lanterns gloei, tafels loop oor met kos, en maan-koekies word gedeel as 'n simbool van een...

Is Kwesbaarheid Mislukking ? 24.09.2026

Send us Fan Mail 2 Korintiërs 4:7 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.  Voel jy soms of jy glad nie meer kan nie? Jy probeer vreeslik hard om vir almal te wys dit gaan goed – maar binne-in is jy doodmoeg, gedaan, en dalk selfs skaam omdat jy nie dinge beter kan hanteer nie. Ons het iewers begin dink dat a...

September Nuusbrief 2 23.09.2026

Send us Fan Mail Goeiedag, 'n Heerlike, geseënde lentetyd vir jou! Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir September. Sjoe, kan jy glo dit is alweer lente? Ons hoop dit gaan sommer baie goed met jou en dat jy die warmer dae en vroeë oggendsonnetjie net soveel soos ons geniet. Die nuwe seisoen bring nuwe energie, en dit is die perfekte tyd om vir 'n oomblik asem...

Waar lê die Krag? 23.09.2026

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 4:20 Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag. Oral waar jy kyk, praat mense. Op Facebook, op die nuus, op poduitsendings... dis ’n nimmereindigende stroom van opinies. Maar daar is ’n verskil tussen praat en doen. Om mooi dinge oor geloof te sê, is maklik. Maar om dit elke dag in die krag van God uit te leef? Dís wat tel. In d...

Wen of Verloor Jy? 22.09.2026

Send us Fan Mail Romeine12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.  Wat doen jy wanneer iemand jou te na kom? Ek bedoel... jou régtig te na kom? Instinktief wil ons hulle in gelyke munt terugbetaal. Ons wil wys ons is reg, ons wil ons trots beskerm, nè? Maar op daardie oomblik het jy 'n keuse: óf jy slaan terug... óf jy stop die kwaad. Dink aan Co...

Gemak of Roeping? 21.09.2026

Send us Fan Mail Haggai 1:4 Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê? Jy ken daardie gevoel wanneer die lewe regtig besig raak – sperdatums, rekeninge, familie, projekte, en voor jy jou kon kry, het God van jou lys afgegly. Nou-ja, jy sê vir jouself dit is net tydelik … dat jy na Hom sal terugkeer sodra dinge bedaar. Maar op een of ander manier gebeur dit...

Geduldig Maar Magtig 20.09.2026

Send us Fan Mail Nahum 1:3 "Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete.  Dit is snaaks hoe graag ons reg en geregtigheid wil sien - maar net nie wanneer ons fouteer nie. Wanneer mense óns te na kom, wil ons hê God moet dadelik ingryp. Maar wanneer óns droogmaak, wil ons hê Hy moet wag. Hy...

Lyssna på podden God se Woord VARS vir jou Vandag i Replaio

Radio och poddar i en och samma app - gratis och utan konto. Installera redan idag och missa inte premiären

Ladda ned på Google Play

Replaio är ingen poddutgivare; programnamn, omslag och ljud tillhör sina upphovspersoner och distribueras via offentliga RSS-flöden