Afrikaans.Radio

Nagsê Here

Aand oordenkings saamgestel en aangebied deur Ds. Theunis Coetzee.

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.afrikaans.radio

Autor

Afrikaans.Radio

Categorie

Religion

Site-ul podcastului

www.afrikaans.radio

Cel mai nou episod

27 aug. 2023

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android 10 mil.+ descărcări · nota 4,7+ iOS în curând

Episoade

Nagsê Here #45 27.08.2023

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy of Die Here sal verstaan en antwoord. Sal jy iemand glo wat moord goedgekeur het, mense wreedaardig vervolg het, in die tronk was, weggejaag is uit...

Nagsê Here #44 27.08.2023

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy doen? Dis alles vrae wat jou op een plek vasgevange hou? Dawid skryf dat Die Here vir die opregtes sorg in Ps 7. Miskien vra jy vanaand waarom d...

Nagsê Here #43 27.08.2023

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan jy ook nie die lewe as ‘n nagmerrie beskryf nie of van nagmerrie ervarings praat nie. Elkeen het sy drome, ideale, wense en doelbereikings met oop oë hier op aar...

Nagsê Here #42 27.08.2023

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense onmoet, gehelp waar ek kon, al is dit net met woorde en liefde deur aanvaarding, selfs konfrontasie met afleidings en i...

Nagsê Here #41 20.07.2023

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings, onseker verhoudings en liefdelose verhoudings. Die gesonde verhoudings weërspieël daarteenoor ‘n kragbron van geluk, verhou...

Nagsê Here #40 13.07.2023

Goeie Naand, Dit is altyd ‘n voorreg om opregte vriende te hê. Nou gesels ons nie oor kenisse nie maar vriende as waarde toevoeging. Reël maar ‘n reunie en terwyl jy die boodskappe lees onthou jy die mense, die verlede, die lag en huil, die groei saam en die waarde wat hulle aan jou lewe geheg het. Dalk het jy vandag vriende wat jou werklik ondersteun, jy voel jy kan jou lewe in hulle hande plaas....

Nagsê Here #39 12.07.2023

Goeie Naand, Hoekom dink jy wil mense soveel ander mense, veranderd kry. Soort soek soort, lui die spreekwoord, tog is daar altyd mense wat iets anders verwag en vereis. Mense sukkel om mekaar te aanvaar, om onvoorwaardelik die medemens te help wat werklik hulp nodig het. Dit word amper soos mense wat hulself as engele ag teen die sondaars in die lewe, net omdat ons nie die andersheid kan aanvaar...

Nagsê Here #38 11.07.2023

Goeie Naand, In Markus 2 lees ons vanaand ‘n besonderse verhaal. Die verhaal se fokus is nie geloof en genesing nie of geloofsgenesing nie maar wel vergifnis. Jesus was in iemand se huis, besig om God se Woord te verduidelik aan ander. Die dakke was maar laag, bedek met gras of riete en klei daaroor gesmeer. Vier vriende bring hul verlamde vriend na Jesus toe, die huis toegepak met mense, selfs vo...

Nagsê Here #37 10.07.2023

Goeie Naand, “Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.” Die Boodskap vertaal die vers in Ps 112 “Die gelukkigste mense op aarde is hulle wat groot respek vir die Here het, wat met blydskap luister na alles wat die Here sê.” Wat is hierdie alles wat Die Here sê? Wat beteken die welbehae in Sy gebooie? In vandag se wêreld en kommunikasie middele en daarme...

Nagsê Here #36 10.07.2023

Goeie Naand, Hoe wil Die Here hê jy moet wees as jy tot Hom nader? Het jy al gewonder oor hierdie vraag, ‘n vraag na jou waardigheid? Dit hang nie af van jou suksesse nie maar wie jy is. Jy ken ook mense wat skool verlaat het op laerskool en suksesvolle boere of besigheidsmense geword het. Jy ken ook gegradueerdes wat steeds werk soek, ander mense wat op soek is na Die Here maar vind Hom nie. Die...

Nagsê Here #35 10.07.2023

Goeie Naand, Elke mens het aansporing nodig, jy ook! Voortdurend elke dag word jy met besluitneming en keuses gelaat, in jou werk, tuis, met mense wat jou op jou knieë hou. Baie mense kyk op na jou, maak staat op jou, wil by jou versterking verkry, glo in jou as werktuig in God se Hand. Jy beleef ook sekere dae wat jy net moeg voel, gedreineer, geknak, genoeg gehad het van verantwoordelikhede. Jer...

Nagsê Here #34 10.07.2023

Goeie Naand, Onthou jy as jy terugdink aan die hoeveelheid kere wat jy ID foto’s geneem het vir jou ID kaart, Bestuurs lisensie, Paspoort. Jy het regop gestaan, met wit agtergrond en die mees treffende is jou strak gesig, jy mag nie lag nie. Hoe kan mens die nature vrolikheid so wegsteek? Teenoorgesteld was jy as ook by plekke waar vriende bymekaarkom, onthaal funksies, restaurante, pub en grills,...

Nagsê Here #33 06.07.2023

Goeie Naand, Ons bid almal saam vir jou en vir mekaar, dat dit goed gaan met jou en jou geliefdes. Vanaand vertel ons weer ‘n storie, ‘n ware verhaal, bietjie aangepas, van ‘n baie ryk man. Hy het baie besighede gehad, goedgekeur deur die staat, hy het ook onregverdig baie wins gemaak, uit sy eie mense uit. Hy het geld uitgeleen teen ‘n belaglike wins, hy het sy eie mense verkla by SARS en die pol...

Nagsê Here #32 05.07.2023

Goeie Naand, Baie keer word die vraag gevra “Wat sou jy anders gedoen het of wat is jou planne?” Niks is daar wat versekering bied dat dit suksesvol sou gewees het nie. Ons lees Mattheus 16:24-26 van Jesus wat verduidelik wat die lewe beteken. “Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit ve...

Nagsê Here #31 04.07.2023

Goeie Naand, Tyd gaan vining verby, soms te stadig en parykeer is dit asof tyd net gaan stilstaan het. Elke dag skep sy eie geskiedenis en saans wanneer jy in die bed klim het jy reeds die geskiedenis van die onlangse ure deurleef en ervaar. Jy was of deel van ‘n ‘memory’ of jy het een gemaak in iemand anders se lewe. Kan jy onthou hoe jy opgetree het en wat jy alles gesê het, wie geluister het en...

Nagsê Here #30 03.07.2023

Goeie Naand, Vanaand in jou gedagte terwyl jy luister moet jy ‘n prentjie van jouself vorm. Geen lelike pentjie nie, groot seblief. Jou prentjie is waar jy sit by ‘n restaurant tafel en ‘n liedjie waarvan jy hou, speel. Voor jy jouself kan keer begin jou voete die ritme volg. Partykeer bring jy jou hande na mekaar en jou skouers beweeg met die ritme saam. Jy voel jy wil opstaan en heupe wikkel maa...

Nagsê Here #29 02.07.2023

Goeie Naand, Ons bede is almal min of meer dieselfde want ons bid vir mekaar, vir kinders, vir ouers, vir werkgewers, werknemers en onsself. Vanaand se gebed is vir hulle wat smagtend rondsoek na liefde in die lewe. Ons dink aan kinders wat blootgestel word aan mishandeling, verkragtings, onvoerings en vernederings. Miskien het jy ook in jou lewe ‘n soortgelyke ervaring en dink nou anders oor die...

Nagsê Here #28 30.06.2023

Goeie Naand, Wat dink jy is daar wat jy het om vir Die Here te gee wat Hom gelukkig, tevrede en dankbaar sal maak? Dis ‘n moeilike vraag, want dit behels jou totale mens bestaan. Antwoorde van liefdadigheid, betrokkenheid by geloof instansies, weerhouding van verderflike dinge in die lewe, geen kwaadspraak, opvoeding van kinders, gebeds toewyding en diesulkes is dalk ‘n lewe aan God gewy. Sal jy m...

Nagsê Here #27 29.06.2023

Goeie Naand, Het jy al aande net rondgerol, slaap het jou vergeet. Daar is al baie studies gedoen, sielkundige oorsake geformuleer, mediese oorsake gevind en dan natuurlik ook jou eie lewensstyl waaroor jy beskik wat slaaploosheid veroorsaak. Vanaand moet jy fokus op die rus wat jy nodig het. Jou geloof bied jou die rus, wat verby is, is verby, dit hoort in die gister lêer. Job het gesê in hoofstu...

Nagsê Here #26 28.06.2023

Goeie Naand, Ons lewe in ‘n ongekende tog lekker tyd, met tegnologie, internet, selfone, rekenaars, motors, vliegtuie, elektriesieteit, omheinings, gereedskap en wat ookal. Gestel dit val alles weg. Wat gaan jy doen of wees? Dawid het as skaapwagter in so ‘n tyd geleef en die mooiste en bekendste Psalm geskryf. Die Here is my Herder, Psalm 23. Ons fokus vanaand net op vers 4 omdat dit soveel betek...

Nagsê Here #25 27.06.2023

Goeie Naand, Ek bid dat dit goed gaan met jou vanaand. Ons gesels weer oor geloof. Geloof in God is een waarheid maar volharding in geloof, absolute geloof, is iets heeltemal anders. Dink maar aan jou eie lewe, hoe jou geloof getoets, beproef, gelouter en selfs uitgedaag word, elke dag. Jy bevind jou in hierdie wêreld, in ‘n land, op ‘n plek en besef dat die reëls, die wette, die strukture, die om...

Nagsê Here #24 26.06.2023

Goeie Naand, Ekself het nog nooit onder ‘n vyeboom gesit nie en dink nie. Mens se gedagtes en omstandighede het baie keer ‘n velammende effek op jouself en eie motivering. In Johannes 1, die laaste gedeelte van die hoofstuk, lees ons van die roeping van die apostels, hoofstuk 2 begin met die bruilof in Kana. Jesus het Fillippus gesien en net gesê “Volg my”. Met die saamloop na Galilea, Kana ontmoe...

Nagsê Here #23 25.06.2023

Goeie Naand, Het jy al gewonder hoekom mense gemeet word aan sosiale deelname en normes. Jy ken mense wat jyself in groepe sal verdeel. Die stil mens, doen wat gedoen moet word, wanneer dit gedoen moet word, en rus daarna. Die syfer mens, analiseer en kritiseer alles maar het geen mense verhoudings nie. Die mense-mens wat almal gelukkig wil sien, tevrede wil stel en deur naïwiteit telkemale in die...

Nagsê Here #22 24.06.2023

Goeie Naand, In ‘n wêreld waar ons so baie slegte nuus verneem raak dit moeilik om hoop te bied, want hoop met woorde het ‘n weerklank van “Jy verstaan nie”. Met woorde van hoop kan jy tog iemand anders aanspoor, aanmoedig, waardigheid skep sodat hulle nie doelloos voel nie. Maar wat van jou, hoe baie voel jy net asof woorde van ander jou geensins kan help nie? Jy soek ook vanaand dalk na die antw...

Nagsê Here #21 23.06.2023

Goeie Naand, Elkeen van ons word getoets op baie maniere in die lewe. Miskien voel jy ook vanaand dat jy met vrae sit, vrae wat jy moet beantwoord, dis asof jou lewensreis ‘n eksamen is. Dan gaan jy na Die Here toe, asof Hy deel is van jou krip notas, of dalk dat Hy die vraag vir jou moet verklaar of verduidelik. Jy wil sê “Laat U wil geskied” want jy weet as jy 90% kry, het jy 10% nie geken of ge...

Ascultă podcastul Nagsê Here în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice