Charl du Toit
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.lewendewoordhartenbos.co.za
Autor
Charl du Toit
Categorie
Site-ul podcastului
Cel mai nou episod
6 oct. 2026
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Sondagoggend 1 Februarie 2026 02.02.2026
Sondagoggend 1 Februarie Ons het saam gesels oor die idee dat ons gereed moet wees om die Evangelie te verkondig en dat ons as Christene regtig goeie nuus het om te deel en dat ons van elke geleentheid.
Sondagoggend 25 Januarie 2026 26.01.2026
Sondagoggend 25 Januarie 2026: Waarnatoe? Ons het elkeen 'n persoonlike visie nodig, maar hoe determineer ons daai visie? Ons het ook nodig om te weet dat ons visie onderdadig moet wees aan God se Koninkryk.
Sondagoggend 18 Januarie 2026 19.01.2026
Jou rigtingwysers vir 2026 Hierdie jaar gaan vir seker twee goed vir ons in hou. Die eerste is tye wat 'n reaksie verlang, of dit goeie, slegte uitdagende tye is, dit vereis dat ons reageer. Die tweede is dat ons in hierdie jaar voor keuses gaan staan. Charl gesels met ons in hierdie boodskap hoe ons moet reageer op daai tye asook hoe ons moet keuses uitoefen
Sondagoggend 11 Januarie 2026 14.01.2026
Verander, vir ander Ons tema vir die jaar 2026 is "Verander, vir ander" en Charl het in hierdie boodskap met ons begin gesels oor waar ons moet verander en die nood vir ons om die Evangelie te verkondig. As ons die Evangelie wil verkondig gaan ons sekere veranderinge moet maak, sodat die wêreld ons boodskap glo
Sondagoggend 4 Januarie 2026 14.01.2026
Wat is Kerk? Baie mense besluit in Januarie om meer betrokke te raak by 'n gemeente, maar wat is 'n gesonde gemeente? Charl het met ons gesels oor wat is die model vir kerk volgens Handelinge 2. Ons het ook gesien wat die plan van Lewende Woord Hartenbos is vir 2026
Sondagoggend 28 Desember 2025 14.01.2026
Nou wat Nou? As Kerfees verby is beleef ons soms 'n depressie. Dit kan wees omdat ons besef die vakansie is verby, maar Charl glo dit is omdat Jesus gevier het en nou minder tyd het om oor Hom te gesels. Maar die opgewondenheid kan en moet blywend wees, want ons weet daar kom nog 'n dag wat Jesus gaan kom! En dan gaan Hy ons nooit weer los nie
Kersoggend 25 Desember 2025 14.01.2026
Die Heiland is GEBORE Die klimaks van ons Desember Boodskappe is vanoggend en dit is waar ons sien dat Jesus het nie bonatuurlik verskyn nie, Hy is gebore soos 'n normale mens. Ons het ook gesien dat sonder die geboorte van Jesus het ons nie 'n Evangelie nie.
Sondagoggend 21 Desember 2025 14.01.2026
Die Heiland IS gebore Die boek Jona beskryf vir ons 'n verhaal van profeet wat 'n bekeringsboodskap bring en dan sien ons hoe Jesus dieselfde boodskap bring jare daarna. Dit moet beteken dat Jesus se koms profeties voorspel was, asook dat Hy die vervulling van die profesieë is
Sondagoggend 14 Desember 2025 14.01.2026
Die HEILAND is gebore Ons kyk vandag na wat dit beteken as ons Jesus die titel "Heiland" gee? Van wat red Hy ons? Wat gee Hy vir ons? Hierdie is die tipe antwoorde wat Charl gee in hierdie boodskap
Sondagoggend 7 Desember 2025.mp3 14.01.2026
DIE Heiland is gebore Vir die maand Desember kyk ons elke dag na die wonder van die geboorte en koms van Jesus. In vandag se boodskap fokus Charl op die feit dat Jesus die Messias is
Sondagoggend 23 November 2025 25.11.2025
Sondagoggend 23 November 2025: Die Krag van Familie Hierdie week het ons saam geluister na die krag wat familie vir ons in hou en dat deel van 'n familie wees juis dit is wat ons krag gee. Ons het ook gesien dat elkeen van ons 'n funksie het, maar die funksie bepaal nie ons waarde nie. Let asseblief op dat ons gaste van Amerika gehad het en Charl dus in engels moes preek
Sondagoggend 16 November 2025 17.11.2025
Sondagoggend 16 November 2025: Die Wonder van Familie Familie is nie altyd bloed nie, familie kan ook 'n groep mense wees wat jy kies om van deel te wees. Charl het hierdie week met ons gesels oor die belangrikheid van 'n familie wat jou beste belange op die hart het, asook dat elkeen van ons so familielid moet wees
Sondagoggend 9 November 2025 10.11.2025
Sondagoggend 9 November 2025: 'n Nuwe Familie Charl het met ons gesels oor die belangrikheid van identiteit en dat ons 'n nuwe identiteit in Christus het. Ons het ook gesien dat omdat ons opgewonde is oor die nuwe familie van ons wil ons soveel as moontlik mense deel maak van hierdie familie
Sondagoggend 2 November 2025 03.11.2025
Sondagoggend 2 November 2025 Ons maandtema vir November is "Ons is Familie" en hierdie week het Charl met ons gedeel dat ons nie net gered is uit sonde nie, maar ook dat ons gered is in 'n nuwe familie in. Christen wees is in beginsel familie wees
Sondagoggend 26 Oktober 2025 27.10.2025
Sondagoggend 26 Oktober 2025: Die reëls van ontferming Ons as Christene moet ons ontferm oor ander, maar soms doen ons nie wat ons voel hulle sonde is wat hulle laat struikel. Die woord van God leer ons dat sonde ons almal se probleem is, dus moet gesprekke met Christene eintlik vreeslik bevrydend wees. God se wet is eintlik bevrydend, nie verdoemend nie. Hierdie en meer is waaroor Charl hierdie w...
Sondagoggend 19 Oktober 2025 20.10.2025
Sondagoggend 19 Oktober 2025: Hoe ontferm ons dan? Ons het saam gekyk die week na Konings en toe die profeet Elia vlug vir Isebel en hoe God self Elia bedien het. Charl het met ons gesels oor wat ons met mense moet doen wat tans ontferming kort en ons het ook gesien dat ons depressie of nood vir ontferming is nie 'n teken van die afwesigheid van God nie
Sondagoggend 12 Oktober 2025 13.10.2025
Sondagoggend 12 Oktober 2025: Siestog! Ons tema vir die maand Oktober is "Ons is Ontfermers". Ons as Christene behoort nie net te praat of vir mense te sê "Siestog!" nie, ons woorde moet oorgaan na dade toe. As ons wil ontferm moet ons iets gee wat ons kos, ons moet offer.
Sondagoggend 5 Okotber 2025 06.10.2025
Sondagoggend 5 Oktober 2025 Willem van der Berg het met ons gesels oor "Jou Waarborg" en watse waarborg God vir ons het.
Sondagoggend 28 September 2025 30.09.2025
Sondagoggend 28 September 2025: Los my Uit Ons kyk na die verhoudings wat ons as mense moet hê om God se beeld uit te leef
Sondagoggend 21 September 2025 22.09.2025
Sondagoggend 21 September 2025: Onder Nuwe Bestuur Ons is besig om saam te kyk na wat dit beteken om God se beeld te dra en die week het Charl met ons gesels oor hoe ons God se beeld in moraliteit uitbeeld. Ons het saam gesels uit die boek Daniël en gesien hoe Daniël moes verplig was om 'n nuwe moraliteit aan te neem in Babilonië maar dat hy getrou gebly het aan Sy God.
Sondagoggend 14 September 2025 15.09.2025
Sondagoggend 14 September 2025: Gesels met God Vir ons om die beeld van God uit te beeld moet ons gereeld tyd saam met God spandeer om Sy hart te hoor en beleef. Dit is presies waaroor Paul met ons gesels het in hierdie boodskap
Sondagoggend 7 September 2025 08.09.2025
Sondagoggend 7 September: In Ons Beeld Die Bybel is duidelik dat ons in die beeld van God geskep is, maar vir ons as mens is dit nie heeltemal so duidelik wat dit beteken as ons in die beeld van God geskep is nie. Lyk ons dan soos God? Moet ons soos God voel? Moet ons soos God leef? Charl gesels met ons die week oor dat ons soos God lyk as ons Sy heerskappy uit oefen asook dat ons soos Hy moet ske...
Sondagoggend 31 Augustus 2025 01.09.2025
Sondagoggend 31 Augustus 2025: Vrede met God Die lewe werk baie keer nie hoe ons beplan nie, maar kan ons vrede hê met God en ons toekoms as ons planne nie uitwerk nie? Hierdie is die tema waaroor Charl met ons gesels het hierdie week vanuit die geboorte van Samuel.
Sondagoggend 24 Augustus 2025 25.08.2025
Sondagoggend 24 Augustus 2025: Bewaar net die Vrede Charl het met ons gesels oor dat ons soms vrede wil bewaar, maar deur dit te doen vermy ons konflik ek kry ons net werklike vrede nie. Hoe moet ons as christene dan met mekaar stry? Waaroor mag ons stry?
Sondagoggend 17 Augustus 2025 18.08.2025
Sondagoggend 17 Augustus 2025: Hoekom al die konflik? Ons voel gereeld ons uitlanders in die wêreld. Ons voel ook soos mense wat sukkel om die Bybel en die wêreld met maar te versoen, maar hoekom? Ons sukkel want ons verstaan nie hoe diep sonde alles kom breek het nie. Ons vergeet soms dat sonde ons verhouding met God, met mekaar en met die aarde kom breek het. Hierdie is waaroor Charl met ons ges...
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice