Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.kosmos.com.na
Autor
Kosmos 94.1
Categorie
Site-ul podcastului
Cel mai nou episod
22 oct. 2026
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
SA kabinet veroordeel toename in GBV 30.09.2026 0:17
In Suid-Afrika veroordeel die kabinet die toename in geslagsgeweld ná die wrede moord op dertien vroue in Gauteng. Vier verdagtes is borgtog geweier en bly in aanhouding. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê vrouemoord verg 'n dringende reaksie en sê die onlangs gewysigde wetgewing verseker dat oortreders vervolg word:
Meer BKS-gevalle op 4 ||Kharas-streek plase 30.09.2026 0:22
Meer gevalle van beeste wat tekens van bek-en-klouseer toon is op vier plase in die ||Kharas-streek gevind, volgens die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. Hy het die inligting gisteraand in 'n opdatering aan NLU-lede oorgedra.
Op'ie Kantlyn, 29 September 2026 29.09.2026 3:38
Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
Die dag wat was, 29 September 2026 29.09.2026 6:37
Kry die nuus soos dit breek.
Die 18:00 nuus 29.09.2026 3:33
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA kabinet juig oor kersie-uitvoere na China 29.09.2026 0:14
Die kabinet verwelkom 'n belangrike ooreenkoms waarvolgens Suid-Afrikaanse kersieprodusente die eerste keer toegang kry tot die Chinese mark. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê dit maak deure oop na een van die wêreld se grootste kersiemarkte, wat verlede jaar alleen kersies ter waarde van meer as 52-miljard Suid-Afrikaanse rand ingevoer het. Sy sê die geskiedkundige markgel...
Nasionale Raad, streeksrade beoog beter samewerking 29.09.2026 0:37
Die konsultasiekonferensie van die Nasionale Raad en streeksrade sal 'n platform bied om deelnemende demokrasie te versterk en na verwagting samewerking tussen streeksrade verbeter. Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, sê die konferensie, wat van vandag tot Saterdag in Otjiwarongo plaasvind, sal ook help verseker dat streekskwessies onder die parlement se aandag gebring word.
Die hoofnuus om 17:00 29.09.2026 4:40
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
NV bekommerd oor verouderende waterinfrastruktuur 29.09.2026 0:31
Die parlement spreek kommer uit oor die land se verouderende waterinfrastruktuur. Die PDM-parlementslid Diederik Vries het landbouminister Inge Zaamwani vandag uitgevra oor die betroubaarheid en veerkragtigheid van waterinfrastruktuur. Vries sê verouderende pypleidings, reservoirs en pompstasies kan bydra tot onklaarrakings, waterverliese en diensonderbrekings, wat verdere druk op die reeds beperk...
Olie-wette, regulasies moet in plek kom, sal duur geskille vermy 29.09.2026 0:31
Daar word gewaarsku dat die land die risiko loop om homself bloot te stel aan duur geskille met internasionale oliemaatskappye, indien hy tot petroleumproduksie oorgaan sonder om omvattende wetgewing en regulasies vir die stroomop-sektor in plek te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gesels.
Gesinne 'moet vroegtydig praat oor dood, begrafnisse' 29.09.2026 0:29
Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat ’n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat sulke gesprekke kan help om verwarring en k...
Die 16:00 nuus 29.09.2026 4:06
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
SA verloor 14 000 werksgeleenthede in drie maande 29.09.2026 0:21
Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14 000 afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95 000 gedaal vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40 000 afgeneem, maar deeltydse poste het met 26 000 toegeneem. Gemeenskapsdienste het die grootste toename aangeteken, met 2...
IPC-leier kap gesondheid se logistieke reëling met NamPost 29.09.2026 0:30
IPC-leier Imms Nashinge het die gesondheidministerie se multimiljoen-dollar-direkte logistieke ooreenkoms met NamPost veroordeel. Hy sê dat die omseiling van oop verkrygingsprosesse plaaslike vervoer-SME's benadeel. Nashinge sê die ministerie se vragmotors en bestuurders staan nou onbenut terwyl belastingbetalers vir opgeblase koste opdok. Hy het onderneem om in die parlement by die eerste ministe...
Die 15:00 nuus 29.09.2026 3:35
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Staatdiensvakbond onthuts oor R2 miljard verdedigingskandaal 29.09.2026 0:20
Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond sê onreëlmatige uitgawes van dié omva...
Nust kan help met BKS-reaksie en voorkoming 29.09.2026 0:33
Terwyl Namibië op die huidige uitbreking van bek-en-klouseer reageer, bly navorsing en samewerking noodsaaklik om siekte-toesig en paraatheid te versterk. Dit is volgens Lamech Mwapagha, 'n medeprofessor in mediese biochemie by Nust. Hy sê dat die universiteit se vermoëns vir genoom-volgorde bepaling die identifisering van patogene, die monitering van uitbrekings en samewerking met veeartsenykundi...
Die 14:00 nuus 29.09.2026 3:25
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Die hoofnuus om 13:00 29.09.2026 4:26
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
RAF Fairford-ondersoeke duur voort 29.09.2026 0:21
Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan streng voorwaardes wat hul bewegings en kontak met ander betref.
SA Raad van Kerke: Massaskietvoorvalle 'n nasionale krisis 29.09.2026 0:23
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week in KwaMakhutha, KwaZulu-Natal, is elf mense doodgeskiet. Die raad se hoofsekretaris,...
Regering moet beloftes aan Namibiese kinders nakom 29.09.2026 0:40
Na aanleiding van verbintenisse wat die regering op die Dag van die Namibiese Kind gemaak het, word daar 'n beroep op die regering gedoen om hierdie verbintenisse na te kom. Ingrid Husselmann, voormalige Kinderadvokaat en tans hoof van die Ombudsman se kantoor, sê dat die beskerming en bemagtiging van kinders 'n gedeelde verantwoordelikheid van elke Namibiër is.
12:00 Nuus 29.09.2026 3:56
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Namibiese besighede moet hul inligtingsekuriteit opskerp 29.09.2026 0:27
Na aanleiding van die onlangse kuberaanvalle op openbare instellings soos die Ministerie van Verdediging en die Namibië-lughawemaatskappy, word instellings aangemoedig om hul interne kontroles vir inligtingsekuriteit te hersien en te versterk. Mufaro Nesongano, woordvoerder van Namibië se span vir die hantering van kuberveiligheidsvoorvalle, sê die enkripsie van sensitiewe data, gereelde stelsel-o...
Unam Cares kry internasionale erkenning 29.09.2026 0:40
Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe too...
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice