Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.kosmos.com.na

Autor

Kosmos 94.1

Categorie

Uncategorized

Site-ul podcastului

www.kosmos.com.na

Cel mai nou episod

21 oct. 2026

Unde asculți?

Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curând

Podcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor

Descarcă din Google Play Instalează gratuit Android aproape 10 mil. descărcări · nota 4,8 iOS în curând

Episoade

Gesinne 'moet vroegtydig praat oor dood, begrafnisse' 29.09.2026

Gesinne word aangemoedig om moeilike gesprekke oor die dood en begrafnisreëlings te voer voordat ’n krisis ontstaan. Eusebio Fredericks, verkoopsbestuurder vir die suidelike streek van Old Mutual Namibië se afdeling vir massamark-kleinhandel, sê gesinne behoort vooraf oor begrafnisdekking, finale wense en waar belangrike dokumente is te gesels. Hy sê dat sulke gesprekke kan help om verwarring en k...

Die 16:00 nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

SA verloor 14 000 werksgeleenthede in drie maande 29.09.2026

Statistiek Suid-Afrika sê werksgeleenthede het tussen Maart en Junie met 14 000 afgeneem, met vervaardiging, sakedienste, handel en die vervoersektor wat die grootste verliese toon. Indiensneming het met 95 000 gedaal vergeleke met Junie verlede jaar. Voltydse poste het met 40 000 afgeneem, maar deeltydse poste het met 26 000 toegeneem. Gemeenskapsdienste het die grootste toename aangeteken, met 2...

IPC-leier kap gesondheid se logistieke reëling met NamPost 29.09.2026

IPC-leier Imms Nashinge het die gesondheidministerie se multimiljoen-dollar-direkte logistieke ooreenkoms met NamPost veroordeel. Hy sê dat die omseiling van oop verkrygingsprosesse plaaslike vervoer-SME's benadeel. Nashinge sê die ministerie se vragmotors en bestuurders staan nou onbenut terwyl belastingbetalers vir opgeblase koste opdok. Hy het onderneem om in die parlement by die eerste ministe...

Die 15:00 nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Staatdiensvakbond onthuts oor R2 miljard verdedigingskandaal 29.09.2026

Die Vereniging van Staatsamptenare is ontsteld oor die Spesiale Ondersoekeenheid se onthullings van meer as twee-miljard Suid-Afrikaanse rand se onreëlmatige kontrakte in die Departement van Verdediging. Die SOE het onder meer 'n kontrak van 217-miljoen-rand uitgewys vir die verkryging van 'n Alpha-2 Covid-19-teenmiddel van Kuba. Claude Naicker van die vakbond sê onreëlmatige uitgawes van dié omva...

Nust kan help met BKS-reaksie en voorkoming 29.09.2026

Terwyl Namibië op die huidige uitbreking van bek-en-klouseer reageer, bly navorsing en samewerking noodsaaklik om siekte-toesig en paraatheid te versterk. Dit is volgens Lamech Mwapagha, 'n medeprofessor in mediese biochemie by Nust. Hy sê dat die universiteit se vermoëns vir genoom-volgorde bepaling die identifisering van patogene, die monitering van uitbrekings en samewerking met veeartsenykundi...

Die 14:00 nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Die hoofnuus om 13:00 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

RAF Fairford-ondersoeke duur voort 29.09.2026

Die hoof van die Britse teen-terrorisme-agentskap, Laurence Taylor, sê ondersoeke duur voort, na die vyf mans wat Sondag naby RAF Fairford in Gloucestershire in hegtenis geneem is, op borgtog vrygelaat is. Die ondersoek na die saak is nog nie afgehandle nie en Taylor sê die vyf mans is onderworpe aan streng voorwaardes wat hul bewegings en kontak met ander betref.

SA Raad van Kerke: Massaskietvoorvalle 'n nasionale krisis 29.09.2026

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke sê die onlangse massaskietvoorvalle in die land is nie meer net ʼn reeks geïsoleerde tragedies nie, maar ʼn nasionale krisis. Agtien mense is die naweek by ʼn taverne in Wedela, Gauteng, doodgeskiet, en tien mense is by ʼn vermaaklikheidsplek in Lwandle, Kaapstad, dood. Verlede week in KwaMakhutha, KwaZulu-Natal, is elf mense doodgeskiet. Die raad se hoofsekretaris,...

Regering moet beloftes aan Namibiese kinders nakom 29.09.2026

Na aanleiding van verbintenisse wat die regering op die Dag van die Namibiese Kind gemaak het, word daar 'n beroep op die regering gedoen om hierdie verbintenisse na te kom. Ingrid Husselmann, voormalige Kinderadvokaat en tans hoof van die Ombudsman se kantoor, sê dat die beskerming en bemagtiging van kinders 'n gedeelde verantwoordelikheid van elke Namibiër is.

12:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Namibiese besighede moet hul inligtingsekuriteit opskerp 29.09.2026

Na aanleiding van die onlangse kuberaanvalle op openbare instellings soos die Ministerie van Verdediging en die Namibië-lughawemaatskappy, word instellings aangemoedig om hul interne kontroles vir inligtingsekuriteit te hersien en te versterk. Mufaro Nesongano, woordvoerder van Namibië se span vir die hantering van kuberveiligheidsvoorvalle, sê die enkripsie van sensitiewe data, gereelde stelsel-o...

Unam Cares kry internasionale erkenning 29.09.2026

Unam se gemeenskapsbetrokkenheidsprogram, Unam Cares, het internasionale erkenning van die Wereld Voedsel- en Landbou-organisasie ontvang vir sy bydrae tot "One Health" of Een Gesondheid in landbouvoedselstelsels. Die programhoof, professor Rachel Freeman, sê die erkenning beklemtoon inisiatiewe wat praktiese, innoverende en volhoubare benaderings tot gesonder en meer veerkragtige gemeenskappe too...

11:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Trump ontken aanbod aan Iran 29.09.2026

President Donald Trump van Amerika ontken berigte dat hy aangebied het om sommige sanksies teen Iran op te hef en fondse vry te stel in ruil vir toegewings oor kernkrag. Amerikaanse en Iranse amptenare het gister afsonderlik met bemiddelaars beraadslaag in ʼn hernude poging om die sewe maande lange vyandelikhede te beëindig. Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Teheran is heelt...

SA Reserwebank waarsku kuberaanval kan volgende wêreldwye finansiële krisis veroorsaak 29.09.2026

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, waarsku ʼn groot kuberaanval kan die volgende ernstige wêreldwye finansiële krisis veroorsaak. Hy het gister in Johannesburg die hoofrede oor Afrika en geopolitiek gelewer by die derde forum van die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Kganyago sê toenemende wanorde wêreldwyd, aangedryf deur geopolitiek, klimaatskokke, d...

10:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gauteng-polisie sê moordverdagte dood in voertuig gevind 29.09.2026

Die polisie in Gauteng sê 'n man wat verdink word van die moord op 'n 23-jarige vrou gisteroggend in Tembisa, is dood aangetref in sy voertuig in Midrand. Boitumelo Gift Mashita is tydens 'n beweerde rooftog doodgeskiet, terwyl sy op pad werk toe was. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê die man is Mashita se vervreemde eggenoot. Die ondersoek het hom met haar moord verbind, waarna 'n opsporings...

Paniek-vleisaankope lei tot prysverhogings van ander vleis-produkte 29.09.2026

Landboukundige Wallie Roux waarsku teen paniek-vleisaankope deur die publiek, wat gelei het tot 'n tekort aan rooivleis by kruidenierswinkels en slaghuise reg oor die land ná die bek-en-klouseer uitbreking. Roux sê dit lei tot prysstygings van ander produkte, soos hoender. Hy het meer.

Lamola: Die beveg van rassisme en onverdraagsaamheid nie net regering se werk nie 29.09.2026

Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê rassisme en verwante onverdraagsaamheid kan nie deur staatsoptrede alleen uit die weg geruim word nie. Hy het deelgeneem aan 'n hoëvlakvergadering van die Verenigde Nasies om die 25ste herdenking van die aanvaarding van die Durban-verklaring en -aksieplan te gedenk. Die verklaring erken geskiedkundige onr...

Namibië teken laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade aan 29.09.2026

Die omgewingsministerie sê Namibië het sy laagste vlak van renosterstropery in meer as 'n dekade in 2025 aangeteken. Volgens amptelike syfers is 'n totaal van 43 renosters is verlede jaar regoor die land gestroop, wat 'n daling van meer as 50 persent in vergelyking met 2024 aandui. Omgewingsminister Indileni Daniel sê 91 renosters is in 2024 gestroop, en slegs 24 tot dusver in 2026.

09:00 Nuus 29.09.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

"Iran is gereed om gevegte teen Amerika te hervat" 29.09.2026

Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê sy land is gereed om gevegte teen Amerika te hervat, maar bly ook gewillig om te onderhandel. President Donald Trump het Teheran se voorstel die naweek verwerp dat die Straat van Hormoes binne sewe dae sal heropen indien sy voorwaardes aanvaar word en onderhandelings vir ʼn breër ooreenkoms voortgaan. Die voorstel eis ook dat Iran se bates w...

Ascultă podcastul Kosmos 94.1 în Replaio

Radio și podcasturi într-o singură aplicație - gratuit și fără înregistrare. Instaleaz-o azi și nu rata lansarea

Descarcă din Google Play

Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice