Jacques Loots
InJesus Bybelstudie
n Bybelstudie reeks waarin die fokus op ons Here Jesus gerig is en Sy fantastiese volmaakte werk aan die kruis. Ons wil jou graag help om 'n ware dissipel te wees van Jesus, iemand wat Hom dupliseer, sodat jý Jesus kan wees vir 'n stukkende wêreld. Jy is welkom om ons dienste op 'n Sondag by te woon om 16:00 elke Sondag middag by 93 Parkland dr, Kempton Park
Vizitează neapărat site-ul podcastului și susține-i creatorul: www.podomatic.com
Autor
Jacques Loots
Categorie
Site-ul podcastului
Cel mai nou episod
20 nov. 2026
Unde asculți?
Podcasturi în aplicație Replaio Radio În curândPodcasturile ajung în curând în aplicație. Instaleaz-o acum și fii primul care descoperă o abordare complet nouă a podcasturilor
Episoade
Ep5: Jou Identiteit in Christus 07.02.2025 8:49
Efesiërs 5:22-24 sê ons wedergebore gees is deur God herskep in Sy geregtigheid en heiligheid. Jy het reeds die geregtigheid van God en jy is reeds heilig. Dis nie iets wat jy nog moet bereik nie
Ep4: Jou identiteit in Christus - Laat toe dat Sy Woord jou gedagtes verander 07.02.2025 9:09
Wou jy al dinge in jou lewe verander? Jou humeur, jou depressie, jou vrees... noem maar op. Daar is 'n maklike manier volgens God se Woord. Kom kyk saam met ons wat sê Sy Woord.
Ep3: Jou Identiteit in Christus 06.02.2025 10:08
Waar jy op fokus in jou gedagtes is vanwaar jy jou lewe gaan ervaar.
Ep2: Jou identiteit in Christus 02.02.2025 10:31
Reis saam met ons deur die Woord en ontdek jou ware Identiteit.
Ep1: Jou identiteit in Christus 01.02.2025 10:50
Stap saam met ons deur hierdie reeks en ontdek die lewensveranderende waarheid van jou identiteit in Jesus
Episode 1: Emmánuel, God met ons 20.01.2025 11:46
Deur Sy naam verbind God Homself aan Sy karakter, en deur hierdie verbintenis het ons 'n belofte om aan vas te hou vir 2025... Jesus is altyd met ons. Maak nie saak hoe die omstandighede lyk nie, Jesus is met jou!!
Episode 13: Ep.13 Ons het beheer oor ongeloof 20.12.2024 13:50
Ongeloof kan ons pootjie, en keer wat God in ons lewens wil doen, maar ons het beheer oor ongeloof.
Episode 12: Ep.12 Jy is nie maar net 'n mens nie! 19.12.2024 21:00
Jy is nie maar net 'n mens nie. Jou gees is wedergebore deur die Gees van God, die volheid van die Godheid leef binne in jou. Die selfde krag wat Jesus uit die dood uit opgewek het, is binne in jou.
Episode 11: Ep.11 Twyfel neutraliseer die krag van Sy Woord 13.12.2024 16:42
Twyfel en ongeloof kan dit wat God graag in jou lewe wil doen, stop. Jy stem nie saam nie? Kom kyk asseblief saam na God se Woord.
Episode 10: Ep.10 Praat met jou berg, in geloof 11.12.2024 21:10
Ek en jy het die outoriteit om self met ons berge te praat sodat hulle sal padgee. Baie keer pleit ons by God om dit te doen, terwyl Hy in Sy Woord sê dat ons dit moet doen.
Episode 9: Ep.9 Geloof draai nie God se arm nie. 07.12.2024 12:36
Baie Christene dink dat hoe harder hy glo, hoe meer sal God vir hom doen. Die waarheid is egter dat God reeds ALLES gedoen het en vir ons alles gegee het wat ooit sal nodig hê, en ons noem dit genade. Geloof is slegs ons reaksie op Sy genade en gee ons toegang tot Sy genade.
Episode 8: Ep.8 Geloof draai nie God se arm nie. Deel 1 28.11.2024 17:19
God het reeds uit genade alles voorsien wat ons ooit sal nodig hê. Geloof is die sleutel tot die toegang tot daardie genade.
Episode 7: Ep.7 Geloof - Feite is nie Waarheid nie 25.11.2024 19:40
Daar is 'n groot verskil tussen feite en waarheid. Feite verander, maar waarheid kan nooit verander nie, anders was dit nie waarheid om mee te begin nie.
Episode 6: Ep.6 Geloof - Geloof kom deur die Woord 23.11.2024 11:32
Geloof kom nie deur harder te probeer nie. Maar Rom 10:17 leer ons dat geloof kom deur die Woord van God.
Episode 5: Ep.5 Geloof kom deur die Woord 19.11.2024 11:32
Ons bron van geloof is die Woord. Ons kry nie meer geloof deur harder te probeer of deur op ons tande te kners nie. Romeine 10:17 sê geloof kom deur die Woord van God.
Episode 4: Ep.4 Geloof - Die Nuwe Verbond en geloof. 15.11.2024 19:07
Ons begin 'n nuwe reeks oor geloof. Kom stap saam met ons op hierdie "mind blowing journey"
Episode 3: Ep.3 Psalm 91 en die Boom vd Lewe 04.11.2024 17:39
Daar is 'n verstommende ooreenkoms in Psalm 91 met die Boom vd Lewe.
Episode 2: Ep.2 Fokus op die regte boom 28.10.2024 13:43
Los die boom vd kennis van goed en kwaad, en fokus op die Boom vd Lewe, dan sal jy moeitevry doen wat reg is.
Episode 1: Ep.1 Gered uit genade deur geloof 25.10.2024 19:11
In die liggaam van Christus is daar soms verwarring rondom genade en geloof. Genade is dit wat God vir ons gedoen het. Ons kry toegang daartoe deur geloof.
Podcasturi asemănătoare
Replaio nu este editorul podcasturilor; numele emisiunilor, coperțile și materialul audio aparțin autorilor lor și sunt distribuite prin fluxuri RSS publice