RSG

Sterre en Planete

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Science

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

5 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

4 May 2012 04.05.2012

Hoe sal jy weet jy tel ‘n meteoriet op en nie ‘n klip nie? Daar is ook inligting oor die stereo-satelliete wat inligting oor die son versamel. Die komende naweek gaan ‘n maannaweek wees, want die maan sal ‘n sogenaamde supermaan wees – baie nader aan die aarde as normaalweg. Daar is ook nuus oor die volgende Sterre en Planete-aand wat by die Gariepdam plaasvind.

20 Apr 2012 20.04.2012

As mens na die suiderkruis kyk, lyk dit of al die sterre ewe ver van jou af is, maar dit is beslis nie die geval nie. Hennie Maas praat met Willie Koorts en prof. Matie Hoffman oor die oënskynlike afstande van sterre. Hoe helder sal Canopus byvoorbeeld wees as die ster dieselfde afstand as Alfa Centauri gehad het?

13 Apr 2012 13.04.2012

Prof. Matie Hoffman gesels oor die verskuiwing van die melkweg. Daar is ook meer inligting oor watter soort teleskoop - reflektor of refraktor - beter is vir watter hemelliggaam. Dr. Pieter Kotzé van die Suid-Afrikaanse nasionale Ruimte-agentskap op Hermanus verduidelik ook hoe magnetiese storms op die son gemeet word.

29 Mar 2012 29.03.2012

Wat is die verskil tussen ‘n reflektor en ‘n refraktorteleskoop? Watter soort teleskoop is die SALT?

22 Mar 2012 22.03.2012

Dit gons oor die planeet Niburu wat die aarde een of ander tyd oënskynlik gaan tref. Don Yeomans van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor hierdie hemelliggaam. Prof Matie Hoffman en Willie Koorts praat ook oor die pragtige sterrehemel wat tans te sien is met die Orion-konstellasie en die Suiderkruis wat aan die opkom is. Naby die kruis is die mooiste en grootste s...

15 Mar 2012 15.03.2012

Daar was die afgelope tyd baie berigte in die media oor die toekenning van die SKA-bod. Willie Koorts van die SAAO praat oor die bod en waar dinge nou staan. Prof Matie Hoffman van die Boydensterrewag praat oor die rooi planeet, Mars, en die hoogste berg in die sonnestelsel, Olympus Mons.

8 Mar 2012 08.03.2012

Hoe kragtig moet ‘n teleskoop wees om die poolkappe op Mars te sien? Hoe weet sterrekundiges hoeveel sterre daar in ons melkweg is? Die jongste raming is tussen 200 en 400 miljard.

1 Mar 2012 01.03.2012

Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Sterrewag verduidelik hoe supernovas in die ruimte ontstaan. Prof. Matie Hoffman van die Boyden Sterrewag in Bloemfontein verduidelik ook wat die verskil tussen ‘n supernova en ‘n wisselster is, en hy verwys veral na die gebeure in die Carina-newel.

23 Feb 2012 23.02.2012

Hennie Maas, prof. Matie Hofmann en Willie Koorts beantwoord luisteraarsvrae oor die uitspansel.

Ouça o podcast Sterre en Planete no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos