RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episódios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Spektrum 02.02.2016

'n Man het besluit om sy eie, persoonlike webwerf op die been te bring met een doel voor oë: om sy trouvrou te ontmoet. Hanri Wondergem het met Rudi Pieters gepraat oor sy webtuiste www.planmaak.co.za.

Spektrum 02.02.2016

Inwoners van Rouxville in die Suid-Vrystaat het vanoggend by die hof bymekaargekom in protes teen die moord op dr Bennie Cilliers. Die verdagtes, Thabang Jordan en Ngalekile Zamayo, verskyn vandag weer in die hof op aanklagte van moord, poging tot moord en voertuigdiefstal nadat die saak gister uitgestel is vir verdere ondersoek. Die familie het in 'n onderhoud met Spektrum gesê hulle is dankbaar...

Spektrum 02.02.2016

Brittanje het gister die eerste land geword wat deur sy regulatoriese proses goedkeuring gekry het dat menslike embrio's in navorsing geneties verander mag word. Hanri Wondergem het met ons wetenskapkorrespondent, George Claasen, oor hierdie reuse tree vir mediese navorsing gepraat.

Spektrum 01.02.2016

Faksievorming op verskeie vlakke is besig om die ANC al hoe meer te verdeel. Die Nene-debakel asook die leierskapkrisis in die Wes-Kaap en talle ander provinsies is die simptome hiervan, sê Theo Venter van die Potchefstroomse Sakeskool. Venter het aan Izak du Plessis gesê dit is 'n verskynsel wat die ANC al hoe meer teister namate die party wegbeweeg van sy struggle-identiteit.

Spektrum 01.02.2016

Die DA het 'n beroep op die ANC gedoen om die burgemeester van Beaufort-Wes onmiddellik te skors. Dit volg ná 'n klag van aanranding teen Truman Prince deur 'n vroueverkeersbeampte gelê is. Izak du Plessis berig dat dit die jongste in 'n reeks skandale is wat Prince tref.

Spektrum 01.02.2016

Die ANC het aangedui dat hy 'n klag by die Menseregtekomissie sal bring teen die DA se burgemeesterskandidaat vir die Nelson Mandela Baai Metro, Athol Trollip se familie. Dit ná bewering omdat Trollip se familie plaaswerkers op hulle plaas in die Oos-Kaap uitgebuit het. Trollip sê hy sal op 'n latere stadium hieroor kommentaar lewer.

Spektrum 01.02.2016

Ras sal al hoe meer die fokus raak van verkiesingveldtogte in die oploop tot die plaaslike verkiesings. So reken 'n assosiaatprofessor in politieke studies aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit, Joleen Steyn-Kotze.

Spektrum 15.01.2016

Vandag is die gedenkdiens van die kunstenaar Randall Wicomb. Wicomb is in die ouderdom van 66 jaar op 27 Desember verlede jaar in Stellenbosch oorlede. Spektrum het die voorreg gehad om by die Aardklop Kunstefees in Oktober verlede jaar vir oulaas met hom te praat oor sy boek. Hy het ook gepraat oor sy stryd teen kanker. Ons luister weer na die onderhoud.

Spektrum 15.01.2016

Sekere gebiede in die land het goeie reënval gehad, maar groot gedeeltes ervaar steeds 'n erge droogte wat die landbousektor ernstig raak. Verskeie inisiatiewe is al in plek gestel om gebiede, in onder andere die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap by te staan, maar volgens verskeie kenners sal die droogte verreikende implikasies inhou. Joan-Marie Verhoef doen verslag.

Spektrum 15.01.2016

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê 2015 was die droogste jaar sedert 1904. Hoewel reënval voor 1904 reeds plek-plek gemeet is, is daar nie genoeg inligting uit alle provinsies ingesamel nie. Marlinee Fouche het met Elsa de Jager, 'n bestuurder van klimaatsinligting by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, gepraat. Sy sê daar is verskeie metodes om die jaarlikse gemiddelde reënval te meet.

Spektrum 25.11.2015

Joghurt en probiotika kan dalk kankerbehandeling verbeter, luidens die jongste navorsing van die Universiteit van Chicago. 'n Navorsingsgenoot by die Universiteit Stellenbosch, dr. Carl Albrecht, vertel dat navorsing oor die waarde van joghurt geensins nuut is nie, maar dat die nuwe bevindige selfs die navorsers verstom het.

Spektrum 16.11.2015

'n Waansinnige interpretasie van eskatologiese tekste in die Koran is ISIS se dryfveer. Dis die mening van die Moslemteoloog en akademikus Farid Esack. Hy het aan Izak du Plessis gesê dit is 'n ideologie wat nie deur die meerderheid Moslems ondersteun word nie.

Spektrum 16.11.2015

Talle predikante in die NG kerk is gay, in weerwil van hulle kerkrade se teenkanting. Dis die mening van 'n pastorale berader van Pretoria. Marietjie van Loggerenberg wat in die pastorale berading van gays spesialiseer, het gereageer op die jongste nuus dat die NG Kerk 'n radikale ommekeer kan maak oor sy besluit om gays ten volle in die kerk te aanvaar. Van Loggerenberg het aan Izak du Plessis ge...

Spektrum 04.11.2015

Weens die droeër as normale winter en swak reënval, sal daar na verwagting 'n kleiner wyndruif-oes in 2016 wees. Francois Viljoen, verbonde aan die wynprodusente-organisasie VINPRO, sê die oes kan nog verbeter, indien daar nou goeie reënval is.

Spektrum 02.11.2015

Die Britse wiskundige, George Boole, word vandag vereer deur Google se Doodle. Dit sou vandag Boole se 200ste verjaarsdag gewees het. Maar wie is George Boole? Melissa Tighy het met prof. Johan Engelbrecht van die Universiteit van Pretoria en uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse Wiskundestigting gepraat.

Joey Rasdien oor mense se verwysingsraamwerke 30.10.2015

Joey Rasdien oor mense se verwysingsraamwerke

Swartruggens 'n raskookpot oor water -2 30.10.2015

Swartruggens 'n raskookpot oor water -2

Swartruggens 'n raskookpot oor water -1 30.10.2015

Swartruggens 'n raskookpot oor water -1

Geteisterde advokaat wend haar tot media 29.10.2015

Geteisterde advokaat wend haar tot media

40 nuwe voëlspesies nou kritiek bedreig 29.10.2015

40 nuwe voëlspesies nou kritiek bedreig

Gerugte oor bestuurslisensie onwaar 29.10.2015

Gerugte oor bestuurslisensie onwaar

MIV rede vir baie TB-gevalle 29.10.2015

MIV rede vir baie TB-gevalle

Ongelukkigheid oor olifantjag in Zim 22.10.2015

Ongelukkigheid oor olifantjag in Zim

Reaksie op die NG kerk se besluit oor Gays 09.10.2015

Reaksie op die NG kerk se besluit oor Gays

Megamynhoop 08.10.2015

Megamynhoop

Ouça o podcast Spektrum no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos