RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episódios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Spektrum 17.05.2017

Suzanne Paxton en die span is by die Nampo-Oesdagfees. Hulle gesels vandag oor onder andere landbou-toerisme.

Spektrum 16.05.2017

Indien daar nie vertroue tussen die verskillende ekonomiese rolspelers in die land is nie, veroorsaak dit onnodige spanning in die landbousektor. Een saak waaroor daar baie spanning is, is grondhervorming. Op die langduur kan die onsekerheid oor die grondhervormingsbeleid tot voedselonsekerheid lei. Die verbruiker sal die duurste prys betaal as die kwessie nie opgelos word nie. Suzanne Paxton gese...

Spektrum 09.05.2017

Die Cradle of Human Kind spog vandag met die uitsalling van een van die mees volledige homonied-skelette wat tot dusver ontdek is. Die skelet, en twee ander, behoort aan die Homo Naledi-genus wat verlede jaar in September amptelik bekendgestel is. Volgens 'n span van sowat 52 argeloë en paleontoloë, het die wêreld se eerste mense sy-aan-sy geleef met die primitiewe mensagtige genus.

Spektrum 02.05.2017

Een van die mees begaafde Afrikaanse skywers het gisteraand in Bloemfontein sy eie lewe geneem. Karel Schoeman is in Oktober 1939 in Trompsburg in die Vrystaat gebore. Die hoof van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria, prof. Willie Burger, beskryf Schoeman as een van die fynste stiliste in Afrikaans.

Spektrum 02.05.2017

Verskeie Suid-Afrikaanse stigtings maak gereed om 'n nasionale dialoog te loods. Die stigtings wat insluit, Jakes Gerwel, FW de Klerk, Inkosi Albert Luthuli en Umlambo, sê hulle is bekommerd oor die stand van die jong demokrasie. Daar heers 'n nasionale krisis wat opgelos moet word, lui hulle mediaverklaring. Izak du Plessis het aan Hein Gerwel van die Jakes Gerwel Stigting gevra hoekom hulle aan...

Spektrum 02.05.2017

Koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer het die eerste keer in die mens se geskiedenis verby die vlak van 410 dele per miljoen beweeg. Dit het gebeur in weerwil van w6reldwye pogings om die globale koolstofvoetspoor te verklein. Jaco du Toit, 'n navorser oor klimaatsverandering by die Wêreld Natuurfonds, sê hoewel Suid-Afrika reeds baie doen om sy koolstofdioksied-voetspoor te verklein, kan daar m...

Spektrum 10.04.2017

Op 10 April 1993 het die skietdood van Chris Hani gedreig om die droom van 'n nuwe Suid-Afrika te ontspoor. Op die dag het Janusz Walus die leier van die SAKP en stafhoof van Umkhonto we Sizwe voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Hy en Clive Derby-Lewis is later skuldig bevind aan sy moord. Maar die land met sy onstabiele politiek het gesteier nog voor iemand enige klinkklare plan vir die toekoms...

Spektrum 28.02.2017

Minister Des van Rooyen het belastingbetalers verlede jaar 'n bykomende R1 miljoen gekos. Die minister moes van sy aanstelling af vir drie maande in 'n hotel bly teen sowat R10 000 per nag. Die departement van openbare werke het glo nie sy amptelike huisvesting betyds gereed gehad nie en hy kon eers later in die huis intrek. Izak du Plessis het gaan uitvind wat hotelverblyf kos en wat jy kan verwa...

Spektrum 17.02.2017

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sal op 22 Februarie 2017 sy begrotingsrede lewer. Na verwagting sal 'n voorgestelde koolstofbelasting weer geopper word. Die belasting is reeds in 2007 voorgestel. Melissa Tighy het by 'n belastingsdosent by die Universiteit Stellenbosch Besigheidskool, Lee-Ann Steenkamp, uitgevind wat dit kan behels.

Spektrum 06.02.2017

Krieketliefhebbers het 'n nuwe held. Hy is Pierre Hefer van Johannesburg. Hefer het sy heldestatus verwerf toe hy 'n swerm bye tydens die eendagkrieketwedstryd tussen Suid-Afrika en Sri Lanka van die Wanderers af verwyder het. Izak du Plessis het aan hom gevra hoe dit gebeur het.

Spektrum 11.01.2017

Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê sowat 200 000 werksgeleenthede is in die weegskaal as die regering nie drasties ingryp met die storting van bevrore hoender in die plaaslike mark nie. Die president van die verening, Kevin Lovell, sê vir te lank is buitelandse handelsverhoudings bo die belange van die bedryf gestel, en daarom kan die pluimveebedryf nie meeding nie. Hy sê ander lande help h...

Spektrum 11.01.2017

Die hoofekonoom van die Efficient-groep, Dawie Roodt, sê sowel die pluimveesektor en die regering benader die probleme in die sektor verkeerd. Hy sê hulle vergeet dat die bedryf eintlik oor die verbruiker en sý belange gaan.

Spektrum 10.01.2017

Die Departement van Handel en Nywerheid sê as die pluimveesektor oor inligting beskik wat daarop dui dat die invoer van hoender soos dit nou is, daartoe sal lei dat die plaaslike mark ineen sal stort, moet hulle daarmee vorendag kom. Daar is vroeër berig dat duisende werksgeleenthede in die pluimveebedryf in gedrang is weens die invoere van gevriesde hoender uit Europa en ander dele van die wêreld...

Spektrum 09.01.2017

Die presidensie van Ghana het om verskoning gevra nadat dit aan die lig gekom het dat dele van die nuwe president, Nana Akufo-Addo, se openingsrede uit 'n toespraak van die voormalige Amerikaanse president, George W. Bush, afgeskryf is. Sosiale media het nie lank na sy toespraak nie begin gons oor die ooreenkomste tussen die twee toesprake. Justin Kennerley het die besonderhede.

Spektrum 09.01.2017

Die hulporganisasie, Operation SA, was onlangs in die oorloggeteisterde Sirië om die R10-miljoen wat hulle ingesamel het, te gaan oorhandig. 'n Verteenwoordiger van die organisasie, Yusuf Abramjee, sê dit was 'n lewensveranderende reis om te sien hoe weeskinders sonder kos en klere probeer oorleef. Abramjee het Suid-Afrikaners bedank vir hulle bydrae aan die inwoners wat in hierdie oorlogsgebied b...

Spektrum 24.11.2016

Die Suid-Afrikaanse Werkgewersorganisasie (NEASA) sê die regering beskerm steeds ArcelorMittal ten koste van die res van die staalbedryf. Die president van NEASA, Gerhard Papenfuss, sê dit is tyd dat die regering standpunt oor die kwessie moet inneem. ArcelorMittal het die regering versoek om verdere invoerbelasting op staalinvoere te hef. Papenfuss sê dit is vir hulle vreemd dat die regering een...

Spektrum 21.11.2016

Suid-Afrikaners is die afgelope tyd op sosiale media gefasineer deur die singende polisiekapelaan. Adjudantoffisier Dawie Williams is ook 'n pastoor en het oornag bekendheid verwerf op sosiale media met sy weergawe van Count Your Blessings. Die video van die polisie-offisier in Potcheftroom is al meer as 68 000 keer gesien op Facebook. Hy sê hy sing altyd!

Spektrum 21.11.2016

Sylvester, die rondloper leeu van die Karoo, sal vandeesweek geskuif word na sy nuwe tuiste in die Addo Olifantpark, saam met twee leeuwyfies. Sylvester het die land vroeër vanjaar aan die praat gehad, nadat hy twee keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het. Die span van SANPARKE wat hom uiteindelik gevang het, het die afgelope naweek 'n Kudu-toekenning ontvang vir hulle brawe optrede. Surpris...

Spektrum 08.11.2016

Ons berig daagliks oor die moeilike omstandighede waaronder boere in die land moet werk. Opkomende boere in die Dysselsdorp-omgewing in die Klein-Karoo het onlangs gesê dat weens 'n gebrek aan hulp van die regering hulle plase agteruitgaan. Dit kan veroorsaak dat die boere nie meer verder kan boer nie. Die droogte en die voortslepende debat oor grondbesit, maak dit ook 'n moeilike sektor om in voo...

Spektrum 17.10.2016

Finansminister Pravin Gordhan het die naweek 'n spreekwoordelike bom in die Suid-Afrikaanse politiek laat afgaan, gemeet aan die reaksie daarop. Senior ANC-lede soos adjunkpresident Cyril Ramaphosa en Jackson Mthembu het boonop oor die naweek aangedui dat hulle Gordhan steun. 'n Koor van ontleders en kommentators het hierop gesê dat die verdeeldheid in die ANC nou nuwe hoogtes bereik het. Izak du...

Spektrum 12.10.2016

Die Nasionale Vervolgingsgesag se besluit om finansminister Pravin Gordhan aan te kla van bedrog, het Suid-Afrikaanse markte geruk. Die rand het getuimel en aandele in leidende banke het meer as vyfpersentasiepunte gedaal. Ekonome is dit eens dat dit beslis beleggersvertroue skaad. Volgens ontleders gaan dit alles oor 'n magstryd in die ANC. Izak du Plessis het probeer uitvind of dit so is.

Spektrum 10.10.2016

Die Hooggeregshof in Pretoria het alle aanklagte teen Nico Henning teruggetrek. Henning is daarvan beskuldig dat hy sy vervreemde vrou, Chanelle, se moord beplan het. Chanelle is in November 2011 voor haar vierjarige seun se kleuterskool in Faerie-Glen in die ooste van Pretoria, in haar motor doodgeskiet. Sy en Henning was ten tye van die moord gewikkel in 'n toesigstryd vir hulle seuntjie. Die aa...

Spektrum 10.10.2016

Die Hooggeregshof in Pretoria het alle aanklagte teen Nico Henning teruggetrek. Henning is daarvan beskuldig dat hy sy vervreemde vrou, Chanelle, se moord beplan het. Chanelle is in November 2011 voor haar vierjarige seun se kleuterskool in Faerie-Glen in die ooste van Pretoria, in haar motor doodgeskiet. Sy en Henning was ten tye van die moord gewikkel in 'n toesigstryd vir hulle seuntjie. Die aa...

Spektrum 25.08.2016

'n Sakeman van Johannesburg eis R12-miljoen van die Ontvanger van Inkomste. Dit volg nadat hy onskuldig bevind is op 52 aanklagte wat sedert 2003 teen hom opgestapel is. Die klagte sluit in bedrog, belastingontduiking en korrupsie. Izak du Plessis het die besonderhede

Spektrum 18.07.2016

Mandeladag is jaarliks 'n hoogtepunt, wanneer die hele wêreld hulle harte oopmaak vir hulle medemens. Sekere organisasie en instansies doen dit egter elke dag weens die groot maatskaplike probleme in die land. Een so 'n instansie is die Susan Strydom Tehuis vir Bejaardes in Pretoria. Die tehuis is vanjaar 50 jaar oud. Die voorsitter van die tehuis sê die maatskaplike uitdagings, veral onder bejaar...

Ouça o podcast Spektrum no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos