RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Spektrum 03.10.2017 24:28
Suzanne Paxton het onder meer vir Lizz Meiring op die RSG-verhoog verwelkom. Maar eers is daar musiek gemaak deur Leon Gropp.
Spektrum 02.10.2017 1:26
'n Jong bultrug-walvis is gister gered wat in ankertoue verstrengel was. Die veertien meter-lange walvis is in die see tussen Knysna en Plettenbergbaai deur 'n boot opgemerk. Dit is aangemeld by die South African Whale Disentanglement Network, 'n organisasie wat walvisse red. Justin Kennerley berig.
Spektrum 02.10.2017 2:42
Die vermaarde akteur, Andre Rossouw is die naweek oorlede. Hy was 82 jaar oud. Rossouw is bekend vir tientalle rolle sedert die negetien sewentigs. Van die bekendste is sy rolle in Fiela se Kind en Arende. Izak du Plessis het by sy seun Pierre Rossouw uitgevind wat die oorsaak van sy pa se dood was.
Spektrum 02.10.2017 2:51
'n Ontleding van die DNS van twee duisend jaar oue oorblyfsels kan moontlik ons genetiese-geskiedenis herskryf. Die oorblyselfs van die seun is in 1960 in Ballito in KwaZulu-Natal ontdek en nog DNS ontleding is daarop gedoen. Joan-Marie Verhoef berig dit dui aan dat moderne mense waarskynlik ouer is, as wat voorheen gedink is...
Spektrum 29.09.2017 3:22
Die implementering van die dekreet deur Saoedi-Arabië se koning, dat vroue in die land vanaf 2018 toegelaat sal word om voertuie te bestuur, is nie so eenvoudig as wat mens dink nie. Dit is nie 'n kwessie van bloot die karsleutels vir iemand gee en sê -" gaan leer bestuur nie". 'n Suid-Afrikaner wat in Saoedi-Arabie werk, wat anoniem wil bly, sê daar is 'n paar uitdagings wat nog aangespreek moet...
Spektrum 27.09.2017 3:40
Staatsdienspensioenfondse is nie veilig nie, ondanks dit wat die Minister van Finansies, Malusi Gigaba onderneem het. Dit is die mening van Emeritus Professor in openbare leierskap en bestuur aan die Universiteite van Stellenbosch en Johannesburg, Fanie Cloete. Dit volg na Gigaba se uitlatings gister tydens 'n mediakonferensie dat die Openbare Beleggingskorporasie se fondse nie geplunder sal word...
Spektrum 27.09.2017 1:35
Die Hoof-Ekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt, skat dat die vakbondfederasie Cosatu, se massa-staking die ekonomie ten minste R5 miljard kan kos. Die ekonoom Ulrich Joubert sê die Suid-Afrikaanse ekonomie kan nie so 'n staking bekostig nie
Spektrum 27.09.2017 1:46
'n Nuwe en meer doeltreffende eerste fase anti-retrovirale behandeling gaan binnekort in die privaatsektor in Suid-Afrika beskikbaar wees. Die Treatment Action Campaign sê die behandeling is ook goedkoper as die teenmiddels wat reeds op die mark beskikbaar is. Jean Esterhuizen berig dat die MIV-teenmiddel byna geen newe-effekte het nie.
Spektrum 27.09.2017 1:39
Die groothandel maatskappy Meat World het met 'n forensiese ondersoek begin na bewerings dat sommige van sy winkels bedorwe vleis verkoop. Die vleisprodukte word glo weer ge-etiketteer om die vervaldatum te verleng. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 26.09.2017 2:33
Vandag op Internasionale Omgewingsgesondheidsdag val die klem op lugkwaliteit in en om die huis. Lugbesoedeling neem wereldwyd toe en 80% van die wêreld se bevolking word daardeur geraak. In Suid-Afrika waarsku die uitvoerende direkteur van die sentrum vir omgewingswetgewing, Melissa Fourie dat baie mense aan siektes ly wat deur lugbesoedelimg veroorsaak word, sonder dat hulle dit besef...
Spektrum 26.09.2017 2:16
Suid-Afrika is hoopvol dat hy in 2023 die gasheerland sal wees vir die 2023 Rugby Wêreldbekertoernooi. Adjunk-president, Cyril Ramaphosa het gister 'n afvaardiging na Londen gelei om voorleggings te doen aan die bodkomitee. Die afgevaardigdes het ook twee voormalige Springbokke, Francois Pienaar en John Smith ingesluit. Die adjunk-minister van Sport en Ontspanning, Gert Oosthuizen het hulle planne...
Spektrum 26.09.2017 2:19
'n Vrou wat haarself as 'n prokureur voorgedoen het, het vandag in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn. Brenda Wardle word aangekla van bedrog, diefstal en oortreding van Artikel 83 van die Prokureurswet. Justin Kennerley het met 'n strafregkenner, Dr. Llewellyn Curlewis gepraat oor die erns van die tipe oortreding...
Spektrum 26.09.2017 2:17
Suid-Afrikaners kan nie erfenismaand vier as ons nie die omgewing ook in ag neem nie. Dit is die mening van 'n botanis van Cape Nature, Rupert Koopman. Koopman sê die nasie se boustene lê eintlik onder ons voete.
Spektrum 25.09.2017 2:08
Kunsliefhebbers kan nou die grootste museum in die suidelike halfrond, wat geskoei is op eietydse, of kontemporêre kuns, in Kaapstad besoek. Die Zeits Museum van kontemporêre Afrika-kuns het pas sy deure by die V&A Waterfront geopen.
Spektrum 25.09.2017 2:49
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Spektrum 25.09.2017 1:34
September is doofheid-bewustheidsmaand. Daar is ongeveer 'n miljoen dowe en hardhorende mense in Suid-Afrika. Meneer, Mevrou en Mejuffrou Dowe SA 2017 is die afgelope maand aangewys. Mej Dowe SA, Chantelle Pretoruis van Barkley-Oos in die Oos -Kaap, is op 11 maande met breinvliesontsteking gediagnoseer en was daarna byna heeltemal doof. Maar met 'n kogleêre inplanting kon sy haar skoolloopbaan in...
Spektrum 21.09.2017 2:34
President Jacob Zuma sê die wêreld se ekonomiese struktuur kan slegs verander word om volhoubare ontwikkeling en gesamentlike groei te bevorder, met die nodige politieke wil. Hy het gepraat tydens die VN se 72ste sessie van die Algemene Vergadering in New York, Amerika. Marlinee Fouche berig hy het ook gevra dat lidlande hulle kernwapens uitmekaar haal, en dit eerder te gebruik vir vreedsame doele...
Spektrum 21.09.2017 2:18
Geweldsmisdaad wat gepaard gaan met misdaad in landelike gebiede is uniek tot Suid-Afrika. Die voorsitter van die Nasionale Veediefsal Voorkomings Forum, Willie Clack, sê hy doen reeds tien jaar lank navorsing in die verband en dit is ook in die lig hiervan dat die forum 'n internasionale landelike misdaad konferenisie gaan hou.
Spektrum 21.09.2017 3:06
Alzheimer se siekte , sal by 10 miljoen mense in die wêreld in die jaar alleen gediagnoseer word. Vandag is Wêreld Azheimer bewusmakingsdag en die tema is ONTHOU MY. Die uitvoerende direkteur van Alzheimer SA, Petra du Toit, sê dit is belangrik dat die Suid-Afrikaanse regering baie vinnig 'n plan kry om die siekte te beheer en bestuur. Sy sê meer as 760 000 mense in Suid-Afrika ly aan Alzheimer se...
Spektrum 20.09.2017 2:37
Die publiek kan nou kommentaar lewer op die konsepwet oor politieke party befondsing, wat in die staatskoerant gepubliseer is. Die parlement het vroeër vanjaar 'n ad hoc komitee gestig om 'n nuwe befondsingsmodel te skep, en riglyne vir die regulering van politieke party befondsing. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 20.09.2017 2:50
Rekordeksamens by Klipspruit Wes Sekondêre Skool in Eldorado Park in Gauteng is weens protes-aksie ontwrig. Die gemeenskap betoog oor rassisme by skole in bruin gemeenskappe en wat hulle noem die marginalisering van die bruin gemeenskap. Verlede maand het die Gautengse regering met inwoners oreengekom om hulle protesoptrede te staak. Jean Esterhuizen berig.
Spektrum 20.09.2017 3:12
Verskeie nie-regerings organisasies het kragte saamgesnoer om 'n Ekonomiese Misdaad Tribunaal te stig. Die tribunaal sal kyk na ekonomiese misdade wat nie na behore ondersoek is nie. Die tribunaal beoog om hulle eerste sitting in die verband reeds teen November te hou. Carina Conradie van die Right2Know veldtog, wat deel is van die Tribunaal, sê ander rolspelers is Corruption Watch, die Stigting v...
Spektrum 20.09.2017 3:47
Waarheen is die post apartheidsera-debat op pad? Dit is die vraag na 'n bekgeveg tussen Afriforum en Jacaranda FM uitgebreek het oor 'n uitlating deur een van hulle omroepers rakende swart en wit mense. Die debat het al so warm geraak dat adverteerders onttrek van die stasie, en mense weier dat werknemers van die stasie by hulle optree. 'n Professor in Openbare Leierskap aan die Universiteit Stell...
Spektrum 19.09.2017 3:41
'n Bekende stem op RSG, die ekonoom Cees Bruggemans, is in die ouderdom van 64 jaar oorlede. Hy het 'n lang stryd teen kanker gevoer. Bruggemans was vir 28 jaar die hoof-ekonoom van Eerste Nasionale Bank. Sy vriend, Prof. Willie Esterhuizen van die Universiteit Stellenbosch, sê Bruggemans was meer as net 'n ekonoom.
Spektrum 19.09.2017 3:36
Die mynwerkersvakbond, NUM, sê hy hoop die regering sal ingryp voor Impala Platinum meer as 2000 werkers aflê. Impala Platinum het vroeer aangekondig dat hy eenvoudig nie kan herstel van skade wat deur arbeidsonrus aangerig is nie. Die arbeidsontleder van OIM, Chris Jacobs, sê die Suid-Afrikaanse mynbousektor trek swaar.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos