RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Spektrum 06.11.2017 3:30
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Staatsveiligheidsagentskap dreig om die skrywer Jacques Pauw, NB uitgewers en Sunday Times te dagvaar vir die bekendmaking van vertroulike inligting. 'n Prokureursbrief en 'n mediaverklaring is reeds in die verband uitgereik. Dit volg na die publikasie van Pauw se boek The Presidents Keepers verlede week.
Spektrum 06.11.2017 3:30
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Staatsveiligheidsagentskap dreig om die skrywer Jacques Pauw, NB uitgewers en Sunday Times te dagvaar vir die bekendmaking van vertroulike inligting. 'n Prokureursbrief en 'n mediaverklaring is reeds in die verband uitgereik. Dit volg na die publikasie van Pauw se boek The Presidents Keepers verlede week.
Spektrum 06.11.2017 1:17
Die stryd teen veral renosterstropery is so fel, dat veldwagters nou berading moet ontvang om die druk en spanning te verwerk. Die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het die afgelope naweek die orde van die BERGHAAN aan alle veldwagters van SANPARKE toegeken vir hulle werk in die stryd teen stropery. Property Mekwena, die besturende direkteur van SANPARKE, het die toekenning names...
Spektrum 06.11.2017 4:39
Die adjunkpresident van die ANC, Cyril Ramaphosa, het Naledi Pandor aangewys as sy adjunk in sy veldtog om die president van die party te word. Ramaphosa het die naweek ook die res van sy top ses aangewys.
Spektrum 06.11.2017 1:31
Die Wêreld Natuurlewe Fonds, of WWF, sê SA het nie kernkrag nodig nie en is bekommerd oor die minister van Energie, David Mahlobo se media verklarings die afgelope naweek dat hy die voorstel vir kernkrag so vinnig as moontlik wil finaliseer. Die woordvoerder oor kernkrag by die WWF, Saliem Fakir, sê daar is goedkoper alternatiewe beskikbaar, maar Eskom weier om dit te implementeer,
Spektrum 01.11.2017 2:27
'n Droom is bewaarheid vir 'n gestremde man, danksy die skenking van 'n nuwe rolstoel. Die hulp-leningings-organisasie, Gift of the Givers het vir Goft Phasha bygestaan met 'n rolstoel wat verseker het dat hy 'n sokkerwedstryd kon gaan kyk. Hanri Wondergem het meer.
Spektrum 31.10.2017 3:20
Suid-Afrikaners spaar hopeloos te min. Dit is die boodskap van Debtsafe op Internasionale Spaardag. 'n Skuldkenner van Debtsafe, Matthys Potgieter sê mense moet meer aandag skenk aan hulle geldsake.
Spektrum 31.10.2017 3:02
Die openbare vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag tydens Swart Maandag-byeenkomste is wyd veroordeel. Hoewel slegs 'n klein groepie mense van die duisende deelnemers dit gedoen het, is die skade onberekenbaar volgens ontleders. Izak du Plessis het aan prof Andre Duvenhage aan Noordwes Universiteit gevra wat die status van die ou vlag is.
Spektrum 31.10.2017 2:21
Die landbou organisasie, TLU SA sê die protesoptrede teen geweldmisdaad op plase, is 'n goeie inisiatief en hopelike die begin van openbare deelname, om Suid-Afrika te beveilig. Die president van TLU SA Louis Meintjies doen 'n beroep op die publiek om ten spyte van die gebeure kalm te bly en hulle self steeds te beveilig.
Spektrum 31.10.2017 2:45
'n Beplande staking in die sekuriteitsektor is uitgestel. Dit na WhatsApp boodskappe die rondte doen oor 'n staking wat na bewering vandeesweek onder meer winkelsentrums en treinstasies sou ontwrig.
Spektrum 26.10.2017 4:54
Sosiale media word oorspoel met reaksie op die vlaag plaasaanvalle wat die afgelope tyd voorgekom het. Dit volg na tien aanvalle en twee moorde sedert Vrydag. Izak du Plessis berig.
Spektrum 26.10.2017 2:34
Dit blyk dat daar nog geen poging van regeringskant af is om plastiek, wat orals op strande in KwaZulu Natal uitspoel, op te ruim nie. 'n Vragskip is tydens die storm sowat twee weke gelede beskadig en die vrag plastiek het so in die see beland. Die plastiek spoel nou orals op strande uit. Dit is nie nou 'n gevaar nie maar kan op die langduur, in die voedselketting beland. Die minister van Omgewin...
Spektrum 26.10.2017 2:49
Moenie paniek saai nie, maar wees paraat. Dit is die raad van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes met betrekking tot 'n waarskuwing dat builepes in Suid-Afrika kan uitbreek. Suid-Afrika is een van nege lande wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gewaarsku is, soos Hanri Wondergem berig.
Spektrum 25.10.2017 23:50
Vandag sal die Minister van Finansies,Malusi Gigaba sy eerste medium termyn begrotingsraamwerk beleidstoespraak lewer. Te midde van 'n sukkelende ekonomie plaaslik en wereldwyd, beleidsonsekerheid en staatskapingsondersoeke waarby Gigaba se naam betrek word, sal alle oë op die parlement wees vanmiddag. Die ontleders in die ateljee is, Dr Chris Harmse, hoof ekonoom van Rebalance Fonds bestuurders,...
Spektrum 24.10.2017 2:55
President Jacob Zuma se regsverteenwoordiger, Advokaat Ishmael Semenya, het aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê slegs die President kan 'n kommissie van ondersoek aanstel. Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het verlede jaar in haar verslag oor staatskaping bepaal dat President Zuma 'n kommissie moet aanstel. Die hof hoor President Zuma se hersieningsaansoek aan, oor die OB se r...
Spektrum 24.10.2017 6:01
Die regskenner dr Llewellyn Curlewis oor argumente dat slegs die President 'n kommissie van ondersoek kan aanstel. Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, het verlede jaar in haar verslag oor staatskaping bepaal dat President Zuma 'n kommissie moet aanstel. Die hof hoor President Zuma se hersieningsaansoek aan, oor die OB se regstellende optrede soos vervat in haar verslag.
Spektrum 24.10.2017 3:45
Daar is vanjaar reeds meer plaasaanvalle uitgevoer as die totale aanvalle verlede jaar. Sedert Vrydag is agt plaasaanvalle en twee plaasmoorde aangemeld. Ons praat hieroor met Afriforum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron.
Spektrum 24.10.2017 5:44
Die Minister van Polisie, Fikile Mbalula het vanoggend die misdaadstatistiek vir 2016/2017 aan die polisie-komitee in die Parlement voorgelê. Hy het opgemerk dat misdaad in die algemeen afgeneem het, maar dat misdade soos moord en diefstal 'n toename getoon het. Vir meer hieroor praat ons met 'n onafhanklike misdaadontleder, Dr Chris De Kock.
Spektrum 24.10.2017 2:36
Inwoners van Kaapstad mag dalk onderbrekings in hulle watertoevoer ervaar, na die metroraad amptelik met waterrantsoenering begin het. Die stap is deel van die metroraad se drie-fase waterrampplan. Vlak 5 waterbeperkings is steeds van krag met damvlakke wat op 38.5% staan.
Spektrum 24.10.2017 4:18
Die Minister van Finansies, Malusi Gigaba sal môre sy eerste Medium Termyn Begroting Oorsigrede lewer. Die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt sê Gigaba kan sy politieke staal wys, deur om moeilike besluite te neem.
Spektrum 24.10.2017 2:43
Ouers gaan nie voor die voet hof toe gesleep word en van aanranding aangekla word nie. So sê Wessel van den Berg van Sonke Gender Justice. Spektrum het met hom gepraat na verlede week se hofuitspraak oor lyfstraf wat voortaan ook by die huis verbode is. Van den Berg sê die uitspraak hou eerder 'n proses van begeleiding in.
Spektrum 24.10.2017 1:56
Waar kom die belastingstekort van sowat R40 miljard vandaan? Die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt sê swak ekonomiese groei het veral maatskappy belasting ingeperk.
Spektrum 23.10.2017 2:05
Die stad Tshwane se burgemeestersresidensie word opgeveil, en alle botte is welkom. Die DA-geleide administrasie in die stad het besluit om die huis te verkoop. Die waarde van die eiendom word op R5 miljoen gereken, hoewel die huis vroeër teen 'n koste van sowat R12 miljoen opgeknap is. Die huis gaan binnekort onder die hammer ten spyte van teenkanting van die ANC.
Spektrum 23.10.2017 3:08
Suid-Afrikaanse kunstenaars is besig om hande te vat teen kunsdiefstal. Dit volg na verskeie kunstenaars die afgelope tyd derduisende rand se kunswerke verloor het.
Spektrum 23.10.2017 3:23
Die Federasie van Skoolbeheerliggame in Suid-Afrika, sê die voorgestelde wetgewing deur die departement van basiese onderrig om skolebeheerliggame se regte weg te vat is 'n fout. Die wetgewing sal beheerliggame stroop van besluite oor taalkwessies, onderwyser -aanstelling en leerling getalle. Die voorsitter van FEDSAS, Paul Colditz sê hulle is baie bekommerd dat skolekaping plaasvind.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos