RSG

Spektrum

News AF ↓ 2533 episódios

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Spektrum 23.11.2017

Rou plastiek deeltjies wat in die see beland het by die Durbanse Hawe tydens 'n storm in KwaZulu Natal, begin nou ook op strande uitspoel in die Wes-Kaap. Gemeenskappe aan die KwaZulu Natalse kus het self skoonmaak operasies begin, na die sogenaamde nurdles daar op strande uitgespoel het. Tersia Marais van die organisasie, Stranded Marine Animal Rescue Team of SMART sê sy het Sondag die eerste kla...

Spektrum 23.11.2017

Die aanstelling van die nuwe nasionale polisie kommissaris, Generaal Khehla John Sitole het gemengde reaksie ontlok. Maar wie is Generaal Sitole? Joan-Marie Verhoef het gaan uitvind.

Spektrum 23.11.2017

Landbou in Zimbabwe is gereed om die sektor weer te laat groei tot sy voormalige glorie, in 'n oogwink. Só sê die president van die Suidelike Afrika Konfederasie van Landbou Verenigings, Theo de Jager. De Jager sê hy is konstant in kontak met die landbouverenigings in Zimbabwe en hulle is gereed om 'n plan aan die nuwe president van Zimbabwe voor te lê.

Spektrum 22.11.2017

Huishoudings in Bloemfontein wat sedert verlede Donderdag geen water gehad het nie, behoort weer teen vanaand lopende water te hê. Die woordvoerder van die Mangaung Metro, Qondile Khedama sê waterlekkasies op die hooftoevoerlyn is herstel.

Spektrum 22.11.2017

Swart Maandag was die begin van 'n proses om te verseker dat die regering en polisie die bekamping van plaasmoorde prioritiseer. So sê Ernst Roets van die burgerregte organisasie, Afriforum. Hulle beplan om Saterdag 'n protesoptog teen plaasmoorde na die Uniegebou te hou. Afriforum sê die optog is gemik op praktiese oplossings en om plaasmoorde hoog op owerhede se prioriteitslyste te plaas.

Spektrum 22.11.2017

Die adjunk direkteur vir opleding en strategiese projekte van die departement van omgewingsake, Jacques du Toit sê die nuwe DNS koodeeringstasie, vergemaklik hulle werk in die veld aansienlik. Die sogenaamde Lab in a Box wat die week in die Nasionale kruger Wildtuin bekendgestel is, as deel van die IBOL konferensie, beteken dat DNS monsters vinniger ontleed kan word tydens 'n ondersoek na onwettig...

Spektrum 22.11.2017

Die DA in Kaapstad het vanoggend 'n klag van korrupsie teen die minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo gelê. Dit hou verband met bewerings in die media dat Bongo glo probeer het om die parlementêre leier, wat die ondersoek na staatskaping beheer, Advokaat Nthuthuzelo Vanara, probeer omkoop het. Bongo het glo 'n blanko tjek aan Vanara gegee in die hoop dat hy uit die ondersoek sal onttrek.

Spektrum 22.11.2017

'n Argentynse duikboot is steeds vermis, na daar verlede week die laaste keer met die bemanning kontak gemaak is. Die Argentynse vloot is egter nou bekommerd oor suurstofvlakke in die duikboot, wat glo net 7 dae kan hou

Spektrum 22.11.2017

Die Verbruikersprysinflasie het in Oktober op 'n jaargrondslag tot 4,8% verlangsaam. In September was die VPI 5,1%. Die syfer is vroeër deur statistieke Suid-Afrika bekend gemaak. Elize Kruger van KNC African Economics gee meer insig oor die syfers.

Spektrum 22.11.2017

Die Johannesburg Metro sê hy skenk dringend aandag aan watertoevoer-probleme wat aan die stad se Oosrand ondervind word. Dit volg na 'n groot pyp-lekkasie by 'n stortingsterrein in Linbro Park, oos van Johannesburg. Isaac Dhludhlu van die Metro sê inwoners in die geaffekteerde woonbuurte sal eers teen vanaand weer water hê.

Spektrum 22.11.2017

Die voormalige Eskom-voorsitter, Zola Tsotsi, sê hy is deur die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, aangesê om vier bestuurders, insluitend die bestuurshoof, Tshediso Matona, te skors. Tsotsi getuig by die parlementêre ondersoek na korrupsie en wanbestuur by Eskom. Tsotsi het ook getuig dat hy deur president Jacob Zuma aangesê is om 'n raadsvergadering te kanselleer...

Spektrum 21.11.2017

Die Gautengse Departement van Infrastruktuur span kragte saam met die Moral Regeneration Movement om vas te stel hoekom openbare eiendom gereeld tydens diensleweringsbetogings beskadig word. Die LUR vir Infrastruktuur Ontwikkeling, Jacob Mamabolo sê hulle navorsing sal help om die optrede in die toekoms te verhoed.

Spektrum 21.11.2017

Die Rhino 8 reaksiemag het meer as 50 mense inhegtenis geneem in verband met stropery in gebiede in en rondom die Nasionale Kruger Wildtuin. Die polisie woordvoerder Brigadier Generaal Vishnu Naidoo sê in meeste van die inhegtenisnemings is daar beslag gelê op toerusting wat gebruik word in stropery.

Spektrum 21.11.2017

Die Esidimeni-verhoor is vanoggend weer vertraag deur die geskorste Gautengse direkteur vir Geestesgesondheid van die Departement van Gesondheid, Dr Makgabo Manamela. Haar regsverteenwoordiger, Lerato Mashilane het weer vir uitgestel gevra nadat Manamela laat weet het dat sy siek is en 'n dokter gaan spreek het. Sy is gedagvaar om haar rol te verduidelik in die dood van 143 pasiente wat uit Life E...

Spektrum 21.11.2017

ANC takke wat nie hulle nominasie proses teen Sondag wat nou verby is, voltooi het nie sal nie kan stem vir die volgende ANC president nie. Dit was die waarskuwing van die ANC sekretaris generaal, Gwede Mantashe voor hy die takke uitstel gegee het om die proses die afgelope naweek te voltooi. Verskeie provinsies soos Noordwes en die Vrystaat kon nie hulle nominasie proses betyds voltooi nie. Profe...

Spektrum 21.11.2017

Die verwikkelinge rakende die Zimbabwese regering die afgelope ruk, herinner volgens sommige kommentators sterk aan die kleur rewolusies wat van 2003 tot 2005 in Oos-blok lande plaasgevind het. Die lande het weggebreek van die Sowjet-unie na dit tot niet verklaar is.

Spektrum 21.11.2017

Die Poskantoor en SASSA het uiteindelik 'n ooreenkoms geteken vir die betaling van maatskaplike toelaes. Die minister in die presidensie, Jeff Radebe, het dit vanoggend aan 'n gesamentlike komitee van SKOOR en maatskaplike ontwikkeling bekendgemaak.

Spektrum 21.11.2017

Die impak van 'n moontlike kredietafgradering na rommelstatus op die ekonomie, is dalk nie so groot soos almal vrees nie. Dit is die mening van 'n beleggingsstrateeg van Old Mutual Multi Bestuurder, Izak Odendaal. Odendaal sê ten spyte van onstuimge internasionale politieke omstandighede en selfs onsekere politieke omstandighede op eie bodem, het markte nie drasties gereageer nie

Spektrum 21.11.2017

Goeie nuus vir die Wes-Kaap. Die afgelope 24-uur het 'n kouefront gesorg vir noemenswaardige reën in groot dele van die provinsie. 'n Senior Weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Henning Grobbler het aan Joan-Marie Verhoef gesê dat dit verskeie opvangsgebiede insluit.

Spektrum 21.11.2017

Die verpolitisering van Swart Maandag het die stem van boere oor plaasveiligheid baie skade berokken. Dit is die gevoel van die landbou-unie, Agri SA wat homself distansieer van 'n protesoptog teen plaasmoorde na die Uniegebou wat vir eerskomende Saterdag beplan word. Dan Kriek, president van Agri SA, sê kommersiële boere is deur Afriforum genader om aan die optog deel te neem, maar dat hulle eerd...

Spektrum 21.11.2017

Die Parlement sal na verwagting vandag 'n debat hou oor die jaarlikse 16 dae veldtog van aktivisme teen vroue- en kindergeweld. Die veldtog begin Saterdag en eindig op Internasionale Mensregtedag.

Spektrum 20.11.2017

'n Konsultant by die Instituut vir Sekerheidstudies, Liesl Louw-Vaudran, oor die jongste verwikkelinge in Zimbabwe

Spektrum 20.11.2017

As daar nie dringend plan gesien word met uitheemse spesies in die Wes Kaap nie, is dit neusie verby vir fynbos. Dit is die mening van Alistair Galloway, 'n nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch se Departement Bewaringsekologie en Entomologie. Hy sê daar is grondeienaars wat byvoorbeeld denneplantasie wil verwyder met die hoop dat fynbos weer sal teruggroei.

Spektrum 20.11.2017

'n Internasionale beraad om kwaksalwery, pseudo-wetenskap en valse nuus oor gesondheidsorg teen te werk, het vandag by die Universiteit Stellenbosch begin. 180 wetenskaplikes van regoor die wereld woon dit by. Een van die sprekers is Dr. Harris Steinman, 'n mediese dokter en stigter van CAMcheck, 'n gids wat Suid-Afrikaners teen pseudo-wetenskap beskerm.

Spektrum 20.11.2017

'n Stelsel om vinnig DNS toetse op diere-produkte by Suid-Afrikaanse grense te doen, is vandag in die Nasionale Kruger Wildtuin bekendgestel. Meeste doane beamptes weet gewoonlik nie waarna hulle kyk nie en die toestel gaan dit verander. Die projek word in samewerking met die International Barcode of Life projek of IBOL, die universiteit van Johannesburg en die departement van omgewingsake bekendg...

Ouça o podcast Spektrum no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos