RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Spektrum 29.01.2018 2:43
Die voormalige hoof van die batestuursfirma Belvedere dagvaar die joernalis Alec Hogg. Dit volg na Belvedere en hul fondse vernietig is toe David Marchant van Offshore Alert in Amerika gesê het Cobus Kellerman bedryf 'n Ponzi-skema. Marchant en Hogg het dit die grootste Ponzi-skema nog ooit genoem. Intussen is alle ondersoeke teen Kellerman gestaak. Izak du Plessis het aan hom gevra hoekom hy Hogg...
Spektrum 19.01.2018 5:56
'n Navorsings professor by die Education and Human rights diversity navorsingseenheid by die NWU se Potchefstroom kampus, Elda de Waal sê die Gautengse departement van onderwys kon die situasie by Hoërskool Overvaal verhoed het. De Waal sê dit wil amper voorkom of die departement met opset die onmin stook.
Spektrum 19.01.2018 2:49
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê hulle doen alles in hulle vermoeë om sindikate wat gesteelde voertuie oor die land se grense smokkel, te stuit. Dit volg na 'n groep soldate van 14 Suid-Afrikaanse Infanterie Bateljon oorsprongklik van Umtata in die Oos kaap, 'n sindikaat op die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika voorgelê het. Majoor Carl Fuller sê die geskatte waarde van die voertuie is...
Spektrum 18.01.2018 3:54
'n Ses-jarige meisie van Ballito in KwaZulu-Natal, sterk goed aan, nadat 'n Mosambiekse spoegkobra haar in haar bed gebyt het. Mikayla Grove se ouers was buite toe hulle haar hoor skreeu vanuit haar kamer. Toe haar ma, Inge by haar kom het sy gekla oor tandpyn, waarna sy die kobra 'n paar sentimeter van die bed gewaar het. Die slang het toe Inge in die oë gespoeg, maar sy kon dit met water uitwas....
Spektrum 18.01.2018 2:31
Johan Marais van die African Snake Bite Institute sê daar word tans meer slangbyte deur die sytand-slang, beter bekend as die Stilletto snake, aangemeld. Marais sê daar is nie teengif vir die slangbyt nie.
Spektrum 12.01.2018 2:50
Een van sub-Sahara Afrika se gewildste voorbehoedmiddels kan vroue se risiko om met die MIV-virus besmet te word, met tot veertig persent verhoog. Die bevindinge is gemaak in 'n onlangse hersiening-studie, waarvan die Universiteit van Kaapstad deel was. Joan-Marie Verhoef berig.
Spektrum 11.01.2018 3:10
'n Luisteraar van RSG, Sanet Byrne van Robertson in die Wes-Kaap,vertel aan Spektrum hoe haar voertuig met 'n baksteen gegooi is.
Spektrum 11.01.2018 1:15
'n Vragmotorbestuurder het glo gisteraand 'n botsing veroorsaak op die R512 naby Lanseria in Gauteng, in 'n poging om mense wat sy voertuig met klippe gooi, te vermy. Die klippe het sy windskerm getref en sy sig belemmer, waarna hy glo probeer wegjaag het. Besonderhede oor die voorval is nog vaag. Die polisiewoordvoerder, Luitenant Kolonel Lungelo Dlamini sê hulle is nog nie bewus van die voorval...
Spektrum 10.01.2018 2:56
Suid-Afrikaanse kunstenaars het met 'n Facebook-veldtog teen kopieregskending begin. As deel van die veldtog neem hul profielfoto's van hulself terwyl hulle 'n kwas vasbyt. Honderde kunstenaars het hierdie week gehoor aan die oproep gegee. Izak du Plessis berig
Spektrum 09.01.2018 3:30
Die burgemeester van Emfuleni Munisipaliteit in die Vaaldriehoek, Jacob Khawe, sê hy verwag dat die watertoevoer na Evaton, Sharpeville, Boipatong en Vereening vandag nog herstel sal word. Die Vaaldriehoek is sedert Vrydag sonder water na Rand Water die waterdruk met 40 persent verminder het. Die munisipaliteit skuld Rand Water 50 miljoen rand.
Spektrum 04.01.2018 1:51
Die studenteorganisasie Cosas, wil koerante verhoed om matriekuitslae te publiseer. Die organisasie dreig om mediahuise met petrolbomme te bestook. Die voorsitter van Cosas in Orange Farm, Mosa Chabangu, sê die organisasie is vasberade om voort te gaan met hul dreigemente
Spektrum 04.01.2018 2:30
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het slegs drie dae se bloedvoorraad oor, en doen 'n beroep op Suid-Afrikaners om as 'n nuwejaar-voorneme meer gereeld bloed te skenk. Joan-Marie Verhoef berig...
Spektrum 03.01.2018 2:22
Die Wet op die Beskerming van Diere moet hersien en strenger gemaak word. Dit is die mening van 'n groep diere aktiviste in die KwaZulu Natal omgewing. Tashya Giyapersad van T Giyapersad ingelyf sê, hulle gaan binnekort die Regs- Hervormings- Kommissie van Suid-Afrika nader oor hulle voorstelle rakende die wet op die beskerming van diere...
Spektrum 03.01.2018 4:14
Die Nasionale Diere Beskermings Verening het intussen ook gesê dat strenger wetgewing nodig is om diere te beskerm. 'n Inspekteur van die NDBV, Veronica van der Merwe sê die jaar se vuurwerke het tot meer verlore diere en diere met ernstige beserings, as ooit van te vore gelei...
Spektrum 02.01.2018 1:20
Die polisie in Limpopo sê hulle is warm op die spoor van twee leeu stropers in die Makhado gebied. Twee mans is aanvanklik gearresteer nadat hulle 'n wit leeu gestroop het op 'n wildplaas in Makhado. Dit het daarna aan die lig gekom dat daar vier mans betrokke was by die stropery voorval. Die woordvoerder van die polisie in Limpopo, Luitenant Kolonel Moatshe Ngoepe sê hulle beoog om stropery in di...
Spektrum 02.01.2018 4:20
In 2017 het Duitsland ongeveer tweehonderd duisend vlugtelinge ontvang. Terwyl heelwat Europese lande weier om vlugtelinge te aanvaar, word die las om migrante te integreer wat behuising en sielkundige bystand betref, groter. Marlinee Fouche berig dat die Duitsers self toenemend ongelukkig is daarmee dat hulle belasting-geld gebruik word om vlugtelinge te onderhou wat nie probeer om by te dra tot...
Spektrum 02.01.2018 2:56
Voornemende reisigers, van enige plek in die wêreld, kan NOU op aankoms 'n 30-dae visum vir Rwanda ontvang. Rwanda se Direktoraat van Immigrasie en Emigrasie het die implimentering van die beleid in 'n verklaring bekendgemaak. Die nuwe regulasie het vanaf die eerste Januarie in werking getree. 'n Toerisme-kenner, Martin van Niekerk het aan Joan-Marie Verhoef gesê dat dit nie net reis na Rwanda sal...
Spektrum 22.12.2017 3:09
'n Resolusie keuse van met of sonder vergoeding van grond wat deur die regering onteien kan word, is dalk 'n veiliger keuse vir landbou. So sê Aggrey Mahanjana van die landbou-organisasie, AFASA, wat hom beywer vir die belange van swartboere. Die organisasie vrees dat volskaalse onteiening sonder vergoeding op alle gronde tot 'n ekonomiese krisis kan lei.
Spektrum 22.12.2017 3:11
Die betoging van Khoisan-groep by die Uniegebou is besig om sy tol te eis. Die groep wat die afgelope twee weke betoog is op 'n hongerstaking. Hulle betoog om erken te word as die eerste nasie in Suid-Afrika. Twee van die groep se leiers moes Donderdag mediese behandeling kry. Hoofman Khoisan SA het aan Izak du Plessis vertel wat besig is om met hul liggame te gebeur.
Spektrum 22.12.2017 3:36
Die Kaapstad Metro se beplande droogteheffing is onwettig. Dit is die mening van die organisasie teen die misbruik van belastinggeld, OUTA. Die organisasie se portefeuljebestuurder vir water, Julius Kleynhans sê die nasionale regering moet betaal om grootmaat waterinfrastruktuur op te gradeer.
Spektrum 22.12.2017 3:09
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel 'n droeë Kersfees vir binnelanders, terwyl inwoners langs die kusgebiede waarskynlik 'n nat Kersdag kan verwag. 'n Voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Wayne Venter het aan Joan-Marie Verhoef gesê dat die Oostelike dele van die land veral deur die loop van die naweek reën kan verwag.
Spektrum 22.12.2017 2:06
Suid-Afrika staan voor 'n keuse van armoede en werkloosheid of groei. Dit is die reaksie van Louis Meintjies, die president van die landbou-unie, TLU SA op die ANC se beoogde onteieningsgrondplan sonder vergoeding. Meintjies sê boere gaan nie toelaat dat die regering van hulle 'n politieke speelbal maak nie.
Spektrum 21.12.2017 1:28
Matrieks landwyd wag in spanning vir die resultate van die 2017 Matriek eind-eksamen. Maar Matrieks hoef nie te wag vir koerante nie, omdat hulle gebruik kan maak van die SAUK se matriek-uitslae diens.
Spektrum 21.12.2017 4:06
Organisasies wat met Zimbabwiese migrante in Suid-Afrika werk sê die hoof rede hoekom hulle hier bly is werksgeleenthede, en nie poltieke geweld of ander invloede nie. Die Afrika Sentrum vir migrasie by Wits Universiteit sê Zimbabwiers sal Suid-Afrika slegs in groot getalle begin verlaat as ons buurland se ekonomie ingrypend verbeter. Darren Taylor berig.
Spektrum 21.12.2017 4:49
Die ANC se nuwe NUK is presies in die helfte verdeel tussen Ramaphosa en Zuma-ondersteuners. Heelwat ontleders het dit verwag nadat die top ses ook so verdeel is. Die verwagting op grond hiervan is dat Ramaphosa dit moeilik gaan vind om die party te lei. Maar die politieke ontleder Coenraad Bezuidenhout het aan Izak du Plessis gesê dit gaan nie so 'n belangrike rol speel nie.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos