RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Spektrum 01.06.2018 3:02
Gemoedere loop steeds hoog in Jagersfontein in die Vrystaat, weens geweldadige diensleweringsbetogings, wat al vir twee weke duur. Die dorp is sedert November verlede jaar sonder water. Bloemwater het watertoevoer na die dorp afgesny omdat die Kopanong Munisipaliteit versuim om hul rekening te betaal.
Spektrum 01.06.2018 2:24
Die Internasionale Kinder Palliatiewesorg Netwerk, sê meer as 21 miljoen kinders wêreldwyd, benodig hulpverlening tydens sterfte. Die organisasie hou tans sy derde byeenkoms vir van die wêreld se top palliatiewe dokters, verpleegsters en versorgers in Durban. Die Wêreld Gesondheid Organisasie, definieer palliatiewe sorg as 'n "benadering wat fokus op die verbetering van pasiënte met lewensbedreige...
Spektrum 01.06.2018 5:03
'n Renosterkalf, wat wees gelaat is en by die dood omgedraai het na 'n aanval deur stropers, steel harte en sorg vir reuse skenkings en donasies. Arthur is by die organisasie, Care for Wild, aangebring. 'n Vrywilliger, Michelle Potgieter het van sy aankoms gehoor en vir 'n verpleegster-vriendin om hulp gevra. Dae later het talle organisasies EN MAATSKAPPYE saamgespan om vir Arthur te help. Hanri W...
Spektrum 24.05.2018 3:04
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Bakery sê die onlangse landwye afname in broodverbruik kan toegeskryf word aan vanjaar se goeie mielie-oes. Volgens Statstieke Suid-Afrika is die prys van bruinbrood 'n hele 65c minder, vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar. Joan-Marie Verhoef berig dat verbruikers eerder pap verkies, omdat dit meer bekostigbaar is.
Spektrum 24.05.2018 2:29
Geloofsgenesing word veral in Afrika, met skeptisisme begroet. Dokters Sonder Grense het in vorige onderhoude met Spektrum aangedui dat hulle veldtogte bekendstel om pasiënte in te lig oor die belangrikheid daarvan om dokters te besoek as hulle siek word. Tog is daar gevalle, soos nou in die DRK, waar Ebola-lyers uit die hospitaal geneem is vir geloofsgenesing. Twee uit die drie pasiënte is dood e...
Spektrum 21.05.2018 5:45
Supersport sê hulle praat met alle partye oor die voorval waartydens die voormalige Springbok-speler en nou rugbykommentator, Ashwin Willemse, van die stel af geloop het. Die beeldmateriaal van die voorval het groot aandag op sosiale media getrek. Willemse sê sy mede-ontleders, Naas Botha en Nick Mallet, het hom op 'n neerhalende wyse behandel. 'n Mede-skrywer van Willemse se biografie en ook die...
Spektrum 21.05.2018 3:19
Trapsuutjies-getalle in Suid-Afrika is besig om ingrypend te daal weens die vernietiging van die diertjies se habitat. Dit is van die bevindinge van Janis de Villiers wat uit sy eie besluit het om verkleurmannetjies vir bewaringsdoeleindes te bestudeer. De Villiers is 'n fotograaf maar het besluit deur die navorsing en dokumentasie van die diere dra hy by tot hulle bewaring. Hy sê jy kan op jou ei...
Spektrum 21.05.2018 10:59
INTRO: Supersport sê hulle praat met alle partye oor die voorval waartydens die voormalige Springbok-speler en nou rugbykommnetator Ashwin Willemse vanaf die stel geloop het. Die beeldmateriaal van die voorval het groot aandag op sosiale media getrek. Willemse sê sy mede ontleders, Naas Botha en Nick Mallet, het hom op 'n neerbuigende wyse behandel. 'n Mede skrywer van Willemse se biografie en ook...
Spektrum 18.05.2018 2:39
Op die vooraand van Prins Harry en die Amerikaanse aktrise Meghan Markle se troue, word van die laaste voorbereidings gemaak vir die koninklike byeenkoms in Windsor. In die afgelope dae, word daar egter bespiegel oor of Markle se pa die verrigtinge sal bywoon. Daar is nou bevestig dat hy nie daar sal wees nie. In die aanloop tot die troue, berig Joan-Marie Verhoef oor die bedrywighede in Windsor.
Spektrum 18.05.2018 2:52
Môre se koninklike troue skep die hoop dat daar van nou af anders gekyk gaan word na rasse-verhoudings in Engeland, omdat die koninklike familie plek maak vir Megan Markle, wat van gemengde afkoms is. Tog waarsku kritici dat dit te vroeg is om aan te neem dat vooroordeel en diskriminasie teen die swart gemeenskap in Engeland verdwyn het.
Spektrum 18.05.2018 4:47
Die gesegde "'n boer maak 'n plan" het gestalte gekry by die boere planne kompetisie by die Nampo oesfees. Omdat baie boere ver van hardeware- en ander winkels af woon, moet hulle self planne beraam om hulle lewens te vergemaklik. Hanri Wondergem het by 'n paar wenners , asook met Piet Groenewald van Omnia, een van die borge van die kompetisue gesels.
Spektrum 10.05.2018 3:20
Die Departement van Basiese Onderwys beoog om teen 2030, 300 000 leerlinge as ambagsmanne op te lei. Dit vorm deel van 'n projek wat verlede jaar by 58 skole landwyd bekendgestel is. Joan-Marie Verhoef berig dat, benewens tradisionele akademiese opleiding, sal leerders opgelei kan word as onder meer haarkappers en houtwerkers.
Spektrum 04.05.2018 3:36
'n Internasionale studie het bevind dat daar 44 genetiese variante is wat risiko faktore vir depressie is. Die navorsing is deur die meer as twee honderd wetenskaplikse van die Psigiatriese Genomika Konsortium en die King's College in Londen gedoen. Dis die grootste studie wat die genetiese faktore vir depressie ondersoek het.
Spektrum 04.05.2018 3:36
'n Internasionale studie het bevind dat daar 44 genetiese variante is wat risiko faktore vir depressie is. Die navorsing is deur die meer as twee honderd wetenskaplikse van die Psigiatriese Genomika Konsortium en die King's College in Londen gedoen. Dis die grootste studie wat die genetiese faktore vir depressie ondersoek het.
Spektrum 23.04.2018 3:23
In Kaapstad versier jong mense nuwe behuisingseenhede met hulle mosaïek kunswerk. Kapenaars wat verby Govan Mbeki rylaan in die Manenberg omgewing ry, kan die kunswerke aanskou. Die projek van die Kaapstad Metro en Mosaic Works skep werksgeleenthede vir jong kunstenaars.
Spektrum 16.04.2018 4:22
Die eienaars van Tala-Manzi in Groot Marico in Noordwes sit met die hande in die hare weens die polisie en Departement Omgewingsake se klaarblyke onvermoë om hulle by te staan in die stryd teen renosterstropery. Die vyfde renoster is die afgelope 5 jaar op die wildsplaas gestroop. Dit nadat drie stropers in 2016 op heterdaad op die plaas vasgetrek is. Die drie vermeende stropers het in Januarie in...
Spektrum 13.04.2018 2:52
RSG se fliekresensent, Leon van Nierop word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n spesiale erepenning vir die bevordering van rolprentkuns. Hanri Wondergem het by Prof. Hennie van Coller, die voorsitter van die Letterkunde kommissie van die akademie, gaan uitvind waarom die eer vir Van Nierop te beurt val.
Spektrum 12.04.2018 3:58
Dit gons behoorlik in wetenskapkringe oor 'n ontdekking van 'n reusagtige kakebeen aan die kus van Brittanje. 'n Paleontoloog het aan Hanri Wondergem verduidelik dat dit die kakebeen van 'n reptiel is wat meer as 200 miljoen jaar gelede in die see geswem het. Dit beteken dat alle dinosourusse nie landdiere was nie....
Spektrum 11.04.2018 3:24
Ten spyte van beter ekonomiese en selfs politieke vooruitsigte in die land na President Cyril Ramaphosa as president verkies is, bly die emigrasie koers van Suid-Afrikaners steeds dieselfde as verlede jaar. Dit is volgens die jongste FNB Eiendomsagent opname vir die eerste kwartaal van 2018. Die eiendomstrateeg van Eerste Nasionale Bank, John Loos sê oor die algemeen is die huismark baie stil.
Spektrum 11.04.2018 3:28
Die DA-lid van die Gautengse wetgewer, Makashule Gana sê hy is beskikbaar om Gauteng se eerste DA-premier te word. Gana het homself gister as kandidaat in die party beskikbaar gestel. Hy is die DA in Gauteng se woordvoerder vir samewerkende regering en tradisionele sake. Izak du Plessis berig.
Spektrum 09.04.2018 3:37
Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, sê 'n gedeelte van die DA is besig met 'n heksejag teen haar. Dit volg na die DA by sy federale kongres besluit het om leiers binne 48 uur na 'n mosie van wantroue te skors. De Lille sê dit is duidelik dat die party so graag van haar ontslae wil raak dat hulle bereid is om hulle eie reëls en regulasies na goeddunke aan te pas. Suzanne Paxton praat...
Spektrum 06.04.2018 4:06
Volwassenes en kinders, wat op tabakplase in Zimbabwe werk, staar ernstige gesondheidsrisiko's in die gesig. Dit is een van die bevindinge van 'n verslag deur die organisasie, Human Rights Watch. Die verslag fokus op verskeie kwessies, wat kinderarbeid en menseregte-vergrype insluit. 'n Navorser by die kinderregte afdeling van Human Rights Watch, Margaret Wurth het die verslag met Hanri Wondergem...
Spektrum 04.04.2018 3:03
Verskeie weermag en ander veiligheids-hoofde van DIE SAOG en ander lande op die kontinent, vergader naby die Nasionale Kruger Wildtuin oor wetgewing rakende stropery. Die hoof van die gesamentlike operasionele eenheid van die Suid-Afrikaanse nasionale weermag, Luitenant Generaal Barney Hlatshwayo sê dit is reeds die vierde vergadering wat die groep oor die kwessie hou.
Spektrum 03.04.2018 4:59
Die afsterwe van Winnie Madikizela Mandela het die land aan die gons. Hanri Wondergem het by 'n paar burgers gaan hoor wat hulle van haar sal onthou. Baie onthou haar as 'n stylvolle, sterk vrou wat met passie geveg het teen die apartheidsregering, maar wat ook 'n ander kant gehad het waarmee baie mense nie saamstem nie.
Spektrum 03.04.2018 3:27
Pasiënte in Noordwes, wat op anti retrovirale behandeling vir MIV en VIGS is, gaan glo met leë hande huis toe. Hanri Wondergem berig dat daar 'n tekort aan sekere middels is weens 'n loongeskil en staking in die gesondheidsektor.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos