RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Spektrum 26.09.2018 7:39
Die Afrikaanse sangeres, Karlien van Jaarsveld, is verbaas oor kritiek op die musiekvideo van haar liedjie "Rooilipsoene". Die video lyk byna op 'n druppel soos die Amerikaanse ster, Gwen Stefani, se musiekvideo vir die liedjie "Cool". Van Jaarsveld is, volgens haar bestuurder, versot op Stefani se musiek video, en wou dit so na as moontlik namaak. Volgens hulle, het hulle niks verkeerd gedoen nie...
Spektrum 25.09.2018 5:23
'n Buitelander wat glo bande met die onderwêreld het, is gistermiddag laat in Bedfordview doodgeskiet. Dit is die vierde soortgelyke voorval in minder as vier maande. Izak du Plessis berig.
Spektrum 21.09.2018 5:43
President Cyril Ramaphosa het 'n vyf punt plan aangekondig om die ekonomie in die land uit die resessie te lig waarin hy verkeer. Vyftig miljard rand sal ondermeer geher-prioritiseer word om werkskepping te bevorder. Ramaphosa het gesê Suid-Afrika kan nie spandeer wat hy nie het nie en niks meer kan geleen word nie. 'n 400 miljard rand infrastruktuur fonds sal ook op die been gebring word. Hy sê d...
Spektrum 21.09.2018 3:00
Betogers, van onder meer Boycott Divestment Sanction South Africa, of te wel BDS, het gister buite die Johannesburgse Dieretuin betoog. Hulle vra dat die dieretuin sy laaste oorlewende olifant, Lammie, na 'n wildreservaat moet verskuif. Lammie, wat byna vier dekades lank al in gevangenis leef, se enigste maat, Kinkel, is onlangs in die dieretuin dood. Dierebeskermings-verenigings vra nou dat die r...
Spektrum 20.09.2018 2:23
COSATU se voormalige Wes-Kaapse Sekretaris, Tony Ehrenreich, het in sy persoonlike kapasiteit, 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf, waarin hy vra dat die land se bruin gemeenskap voortaan bekend staan as die CAMISA. Volgens hom, is die sogenaamde beskrywings "kleurling" of "coloured" uit die Apartheid-era, en behoort die gemeenskap nie so genoem te word nie.
Spektrum 20.09.2018 1:53
Tony Ehrenreich se brief, het die debat oor rasse identiteit veral in die bruin gemeenskap, weer in die kollig geplaas. Volgens die skrywer van die boek RACE, Ryland Fisher, is briewe soos die, belangrik in die debat om identiteit in die land. Tog meen hy, die ouer generasie in die land, kan by die jonger generasie leer, hoe om die identiteits-kwessie te hanteer.
Spektrum 14.09.2018 4:11
Die gedragsowerheid van die finansiële sektor, FSCA, vra die polisie se handelsmisdaadeenheid om verskeie klagtes teen 'n vermeende swendelaar te ondersoek. Dit volg na 'n groepie ontevrede beleggers die diamanthandelaar Louis Liebenberg by die instelling aangekla het. Izak du Plessis berig.
Spektrum 12.09.2018 2:33
'n Verslag deur die Verenigde Nasies toon dat hongersnood oor die afgelope jaar toegeneem het. Volgens die verslag, ly een uit elke nege mense, wêreldwyd honger. Die verslag fokus veral op wanvoeding, en sê dat die verskynsel selfs voorkom onder mense wat oorgewig is. Marlinee Fouche berig dat veral Afrika, Asië en Suid-Amerika, kommerwekkende syfers toon...
Spektrum 12.09.2018 2:27
Die bestuurshoof van NEDBANK, Mike Brownstead, het voor die Konstitusionele hersienings kommissie getuig dat as artikel 25 van die grondwet verander word, dit tot 'n krisis in die banksektor sal lei. Brownstead sê die wetgewing maak reeds voorsiening vir grontonteiening sonder vergoeding. Nedbank het ook vroeër op 'n vraag deur 'n kliënt gesê dat die persoon steeds verantwoordelik sal wees vir die...
Spektrum 10.09.2018 4:10
Deur net drie knoppies op jou selfoon te druk, kan jou baie diep in die skuld laat. Dit is die waarskuwing van 'n skuldkenner van Debt Safe Mattheys Potgieter. Potgieter sê hoe swaarder die ekonomie die verbruiker druk, hoe groter word skuld bemarking wat gerig word op Suid-Afrikaners
Spektrum 07.09.2018 5:31
Al ooit gewonder wat jy kan doen om die omgewing te bewaar? Al ooit gedink jy, as een persoon, gaan nie 'n verskil kan maak nie? Al ooit gedink jy is te jonk om 'n verskil te maak aan jou omgewing ? Luister dan na die storie. 'n Graad drie klas van Laerskool Rooihuiskraal in Centurion, Gauteng het gesê genoeg is genoeg en in 'n brief aan die skoolhoof, daarop aangedring dat plastiek strooitjies on...
Spektrum 06.09.2018 3:22
Na aanleiding van 'n brand in een van die geboue in Johannesburg se middestad, het Marlinee Fouche gaan uitvind wat die stand van sake in die stad se brandweer-dienste is. Drie brandweermanne is dood terwyl hulle die brand probeer blus het. 'n Gebrek aan voldoende infrastruktuur, bevelvoerders en die nodige voertuie, is slegs van die probleme.
Spektrum 05.09.2018 5:03
Nog mense wat beweer dat hulle deur die diamanthandelaar Louis Liebenberg bedrieg is, het na vore gekom. Spektrum het die afgelope twee dae berig hoe Liebenberg daarvan beskuldig word dat hy geld by mense vir belegging in diamante neem, maar nie volgens ooreenkoms presteer nie. 'n Groep van sowat 30 van Liebenberg se beweerde slagoffers is nou besig om klagtes van bedrog teen hom in te dien. Izak...
Spektrum 04.09.2018 4:16
Moenie jou geld by iemand belê wat nie al die wetlike vereistes en regulasies nakom nie. Dit is die raad aan verbruikers wat keer op keer deur swendelaars uitgebuit word. Die raad volg op gister se storie van 'n diamanthandelaar, Louis Liebenberg, wat beleggers na bewering uit duisende rande geswendel het. Izak du Plessis berig.
Spektrum 03.09.2018 3:42
'n Diamanthandelaar word daarvan beskuldig dat hy talle mense uit derduisende rand geswendel het. Louis Liebenberg van Bronkhorstspruit lok beleggers glo met beloftes van oornagrykdom deur middel van beleggings in diamante. Verskeie van die beleggers het die afgelope naweek op Facebook oor Liebenberg gekla. Izak du Plessis berig.
Spektrum 03.09.2018 1:48
Mej Doof SA, Chantelle Pretorius se sakke is gepak en haar rok is gereed vir die mej Dowe Wêreld kompetisie wat aan die einde van die maand in Praag in Tsjeggiese Republiek plaasvind. Hoewel Chantelle heeltemal doof is, maak 'n koglieêre implanting dit vir haar moontlik om te hoor. Gister was ook die wereld biddag vir dowes en Chantelle sê tegnologie het dinge vir die dowe gemeenskap baie vergemak...
Spektrum 24.08.2018 3:31
Die saak teen Transnet deur Transnet pensioenarisse gaan voort. Advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront Plus sê hy glo ook dat die saak binnekort geskik gaan word.
Spektrum 22.08.2018 4:18
Die grondhervormingskwessies dompel die land, en veral die ekonomie in onsekerheid, wat op sy beurt weer die verbruiker negatief beinvloed. Die nuwe voorsitter van die landbousakekamer, Francios Strydom, sê dit is om die rede dat hulle nie op hulle loure kan rus wat betref gesprekke en prosesse oor grondhervorming nie. Strydom sê die gesprek met die ANC was 'n poging om die onsekerhede wat tans he...
Spektrum 22.08.2018 5:45
Die NG Kerk glo die hooggeregshof in Pretoria se taak is eenvoudig wanneer uitspraak voorberei word in die saak wat 'n groep lidmate teen die kerk gemaak het. Die volbank regters moet beslis of die NG Kerk 'n ongrondwetlike besluit oor selfde geslagverhoudings geneem het. Die saak voor die hof gaan oor die omkeer van 'n sinodebesluit in 2015. Gemeentes van die kerk kon self besluit of hulle gayver...
Spektrum 21.08.2018 4:02
Die publiek moenie vasgevang word in die paniek oor grondonteiening sonder vergoeding in boodskappe wat op sosiale media versprei word nie. 'n Prokureur in grondsake en krediet, en 'n dosent in waardasies aan die Universiteit van Pretoria, Michael Lombaard, sê as die onteiening nie deur 'n hof bekragtig word soos bepaal deur artikel 25 nie, gaan die proses nie voort nie.
Spektrum 21.08.2018 4:07
Michael Lombaard, 'n Prokureur in grondsake en krediet, en 'n dosent in waardasies aan die Universiteit van Pretoria, sê die publiek moet ook nie staatmaak op ander om die grondhervormingsproses namens hulle te bestuur nie. Hy sê jy moet jouself vergewis van al die regsaspekte hierby betrokke. Lombaard sê ook hy stem nie saam met AGRI SA se stelling dat daar 'n probleem is met die grondwaardasie f...
Spektrum 21.08.2018 2:25
Die hooggeregshof in Pretoria is van vandag af in sitting om te hoor waarom die NG Kerk 'n ongrondwetlike besluit oor selfde-geslagverhoudings geneem het. Die saak voor die hof gaan oor die omkeer van 'n sinodebesluit wat in 2015 deur die NG Kerk geneem is. Gemeentes van die kerk kon ingevolge die oorspronklike besluit self besluit of hulle gay-verhoudings erken, gay-paartjies trou en predikante a...
Spektrum 21.08.2018 4:33
Ondersteuners van die saak teen die NG Kerk is van vandag af in Pretoria byeen. Dit sluit bekende name in soos Laurie en Fritz Gaum. Izak du Plessis berig.
Spektrum 20.08.2018 3:56
Die landbouorganisasie, Agri SA maan Suid-Afrikaners om berigte oor grondonteiening sonder vergoeding met omsigtigheid te lees. Dit volg na berigte die naweek dat twee plase in Limpopo onteien is, sonder behoorlike vergoeding. Daar is volgens berigte grondeise op die plase en 'n dispuut oor die vergoedingsbedrag wat aangebied is. Agri SA se Hoof van die Sentrum van Uitnemendheid: Grond, Annelize C...
Spektrum 14.08.2018 3:42
Die OppiKoppi feesorganiseerder, Misha Loots sê hulle is bewus van die misdaad-probleem en doen alles moontlik om misdaad by die fees te bekamp.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos