RSG Kuns
RSG
Episodes
Frank Pretorius: Bloedgrond 07.07.2026 20:49
Kunstenaar Frank Pretorius gesels oor sy loopbaan en sy jongste uitstalling, Bloedgrond.
Something Rotten! in Kaapstad 07.07.2026 8:50
Musiekregisseur Thinus Viljoen vertel van die musiekspel, Something Rotten!
Magnificent Mozart in Pretoria 07.07.2026 9:23
Op 12 Julie 2026 word 'n konsert aangebied waar slegs werke van Mozart uitgevoer sal word. Xavier Cloete is die dirigent van die Gauteng Filharmoniese Orkes, wat saam met 'n aantal soliste sal optree. Terrance April het met hom gesels.
WGRUV-balletgeselskap se HIGHLIGHTS 07.07.2026 9:25
Die WGRUV-balletgeselskap is 'n relatief jong geselskap in Johannesburg. Hulle voer in Julie hulle produksie, HIGHLIGHTS, op. Terrance April gesels met die stigter en hoof, Holly Gruver, en Lisa Stapelberg, een van die dansers.
A Little Night Music 30.06.2026 10:59
Kaapstad Opera bied A LITTLE NIGHT MUSIC aan. Die sanger Linè Jordaan vertel waaroor dit gaan.
The Curious Case of Katherine Sinclair 30.06.2026 5:44
THE CURIOUS CASE OF KATHERINE SINCLAIR is ‘n nuwe kabaret-musiekspel. Een van die vervaardigers, Stephan Fourie, vertel meer.
The Bacchae 30.06.2026 10:47
In Julie sal gehore in Gauteng 'n unieke produksie kan sien. Dit is 'n koraalballet, THE BACCHAE, aangebied deur Joburg Ballet en die koor van die Universiteit van Johannesburg. Terrance April gesels met Elroy-Fillis Bell, bestuurshoof van die balletgeselskap, en Mthuthuzeli November, choreograaf van die ballet.
Mart Marais Staan Op 30.06.2026 7:05
Aktrise Ilne Fourie se nuwe toneelstuk, MART MARAIS STAAN OP, debuteer by vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Sy vertel waaroor dit gaan.
Om Te Val 30.06.2026 9:01
Aktrise Tanja Franzsen vertel van, OM TE VAL. Dié fisiese teaterstuk gaan oor ‘n persoon met inperkingsindroom.
Die Potplant: ‘n Tragedie 23.06.2026 8:43
Aktrise Karli Heine vertel van die kabaret wat sy geskryf het, Die Potplant: ‘n Tragedie.
Wynand Kotze te sien in Leefbaar 23.06.2026 13:42
Wynand Kotze is bekend as Tollie Parton, maar hy wil aan gehore wys dat hy meer as net Tollie is. Hy gesels oor die drama, Leefbaar, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees.
Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2026 23.06.2026 10:15
Die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees vind vanjaar plaas van 3 tot 12 Julie by die Konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch. Terrance April gesels met prof. Nina Schumann, die artistieke direkteur van die fees.
Teater in 'n trok 23.06.2026 8:42
Vervaardigers Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden vertel van die plekspesifieke teaterervaring, Grenslig. Die stuk speel af in ‘n bewegende trok.
Het van Verlangekraal 16.06.2026 12:25
Christelle Webb-Joubert vind meer uit oor Het van Verlangekraal, wat deesdae op die verhoog te sien is. Sy gesels met die regisseur, Frans Swart, en akteurs Nikita Meyer en Etienne du Plessis.
Midnight in Parys 16.06.2026 7:35
Terrance April gesels met die dramaturg en akteur, Paul Slabolepszy, oor sy nuwe toneelstuk, Midnight in Parys.
Tronk met ‘n D. 16.06.2026 8:59
Tronk met ’n D. debuteer by Innibos 2026. Die vervaardigers, Johan van der Merwe en Ignatius van Heerden, vertel meer.
Martine Robinson se botaniese kuns 16.06.2026 14:25
Christelle Webb-Joubert gesels met kunstenaar Martine Robinson oor botaniese kuns. Martine het onlangs ’n oorsese kompetisie gewen met twee van haar kunswerke.
Die Swartland en kuns 09.06.2026 13:12
Ashley Stone, die voorsitter van Swartland Toerisme, vertel waarom kuns en die kunstenaars in daardie omgewing so belangrik is vir toerisme. Christelle Webb-Joubert gesels ook met een van die plaaslike kunstenaars, Andries Dirks.
Waterbrief terug op verhoog 09.06.2026 10:09
Aktrise Minke Marais vertel van die toneelstuk, Waterbrief, wat na 7 jaar weer op die verhoog te sien is.
ORPHEUS IN DIE ONDERWÊRELD in Kaapstad 09.06.2026 4:25
Kaapstad Stadsballet is druk besig met repetisies aan hulle produksie van ORPHEUS IN DIE ONDERWÊRELD. Terrance April gesels met Kirstel Paterson, hoofdanser van die geselskap.
Carla Smith se Crybaby 09.06.2026 16:08
Aktrise Carla Smith het die toneelstuk, Crybaby, geskryf. Sy behartig ook die regie. Sy vertel waaroor dit gaan.
Classical Movements-konserte 02.06.2026 5:11
Dit is altyd verblydend om te hoor van 'n konsert of twee waar besoekende kunstenaars uit die buiteland voor plaaslike gehore optree, veral as hulle kragte saamspan met ons eie kunstenaars. Terrance April gesels met Johan van Zyl van Classical Movements oor só 'n geleentheid.
Matie van Graan: Van natuurbewaring tot op die verhoog 02.06.2026 9:44
Matie van Graan het op 52 begin toneelspeel. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert hoe dit gebeur het. Sy gesels ook oor Pampelmoesmampoer, wat te sien is by Innibos 2026.
Sasol Nuwe Handtekeninge 2026 02.06.2026 13:17
Cate Terblanche, Sasol se kurator en een van die beoordelaars, moedig opkomende kunstenaars aan om in te skryf vir die Nuwe Handtekeninge-kunskompetisie vir 2026.
Sterstof by Innibos 02.06.2026 5:25
By Innibos 2026 kan gehore gaan kyk na Sterstof. Die regisseur De Klerk Oelofse vertel meer.
About the podcast
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Author
RSG
Category
Podcast website
Language
AF
Episodes
2902
Latest episode
7 de jul de 2026
Similar podcasts
Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.