RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

Business

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

5 de jul de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

25 Mar 2012 25.03.2012

Kenners gee raad oor persoonlike geldsake.

18 Mar 2012 18.03.2012

Geldsake en konflik rondom finansies word deur talle kenners beskryf as een van die vernaamste redes waarom huwelike misluk. Kobus Burger gesels met Helen Ueckerman, ‘n vryskutskrywer in die veld van persoonlike finansies, oor geld en verhoudings. Hoe kan ‘n mens geldsake op ‘n gesonde manier hanteer en die verskille in die hantering en bestuur van geld oorkom?

11 Mar 2012 11.03.2012

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor mikroleners, geldskieters, die Nasionale Kredietwet en wat gebeur wanneer ‘n mens op die sogenaamde swartlys geplaas word.

4 Mar 2012 04.03.2012

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor spaar en beleggings. Die program bied ‘n waardevolle oorsig van basiese beginsels wat vroeër in die reeks bespreek is.

26 Feb 2012 26.02.2012

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor testamente en boedelbeplanning. Wat gebeur as ‘n mens nie ‘n testament het nie en tot sterwe kom?

19 Feb 2012 19.02.2012

Kobus Burger gesels verder met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor lewensversekering, ongevalleversekering en begrafnispolisse.

12 Feb 2012 12.02.2012

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor die verskillende soorte versekering wat beskikbaar is.

5 Feb 2012 05.02.2012

Met studiegeld wat jaarliks verhoog, word dit al hoe duurder vir jong mense om hulle studies aan tersiêre instellings voort te sit. En enigiemand anders wat sy of haar horisonne wil verbreed en verder wil studeer, sit met hierdie dilemma. Kobus Burger praat met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor studielenings en hoe om daarvoor aansoek te doen.

29 Jan 2012 29.01.2012

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor die moets en moenies van krediet. Hoe kan ‘n mens jou geldelike situasie ten beste bestuur, al moet jy geld leen? Coetzee verskaf ook ‘n reeks maklike stappe wat enigeen kan volg om sy of haar kredietrekord te verbeter.

22 Jan 2012 22.01.2012

Wat beteken dit as iemand by ‘n kredietburo op die sogenaamde swartlys geplaas word? Hoe kan ‘n mens dit voorkom? Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor kredietburo’s en hoe om seker te maak dat jy ‘n goeie kredietrekord behou, al moet jy soms geld leen of skuld aangaan.

15 Jan 2012 15.01.2012

Sedert Desember verlede jaar het Suid-Afrikaners se hulpversoeke oor hulle skuld verdubbel. Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor chroniese skuld en hoe verbruikers hulle skuldlas kan verlig.

8 Jan 2012 08.01.2012

Kobus Burger gesels met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor hoe ‘n kredietkaart werk en hoe verbruikers dit verantwoordelik kan gebruik.

1 Jan 2012 01.01.2012

Hoe bepaal ek my finansiële doelwitte vir die nuwe jaar? En hoe kan ‘n mens 2012 op ‘n stewiger finansiële voet aanpak? Kobus Burger gesels met Helen Ueckerman, ‘n joernalis wat spesialiseer in persoonlike finansies. Ueckerman verskaf ‘n reeks praktiese wenke hoe een en almal geld kan bespaar.

18 Dec 2011 18.12.2011

Kobus Burger gesels met Helen Ueckerman, ‘n joernalis wat spesialiseer in persoonlike finansies, oor hoe luisteraars die feestyd spaarsamig kan aanpak en hoe om die kinders tydens die vakansie van ‘n begroting te leer.

11 Dec 2011 11.12.2011

Wat is ‘n banklening en watter prosedure volg ‘n verbruiker om vir een aansoek te doen?

Ouça o podcast Rand en sent no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos