RSG

Radioteater

Arts AF ↓ 388 episódios

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Autor

RSG

Categoria

Arts

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

25 de jun de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

‘N STASIE IN DIE NIET deur Chris Barnard 16.10.2025

Chris Barnard het hierdie radiodrama in 1970 geskryf. ’n Man se huwelik is op die rotse. Hy knoop ‘n verhouding aan met ‘n veel jonger vrou. Dit speel af in ‘n hotel langs die see, met deurlopende terugflitse. Die trein word ingespan as leitmotief en bindende metafoor. Die akteurs in hierdie “herverbeelde” radiodrama is: Anrich Herbst, Karli Heine en Neels van Jaarsveld. Frieda van den Heever het...

DIE BESOEKER deur Herman Cronjé 02.10.2025

‘n Dertienjarige meisie is dood in ’n tref-en-trap-ongeluk in die jare 90. Die ongeluk het naby Truida en Karel Conradie se huis plaasgevind. Die twee moet iets van die ongeluk weet, want Karel neem sy eie lewe, en Truida word jare later gediagnoseer met ’n erge geestessiekte. Marko, hulle seun, vind die waarheid uit wanneer hy en ’n vriend ‘n toegeboude agterdeur in die kombuis ontdek. Hierdie de...

DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal 26.06.2025

Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand. Toe die kaptein, sy vrou Gesina, en twee slawe, Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali, n die laat 1700’s daar aangekom het, was daar niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan ’n woonhuis en ’n visskuur gebou waarin die Brands soutvis...

DIE LAASTE ONTSNAPPING deur Stefaans Coetzee en Annerle Barnard 19.06.2025

Lupin, ʼn gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid-Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn, die antiheld van Sel 6, om hom dood te steek. Roux weier – hy is immers ‘n bendelid en dwelmsmous, nie ’n moordenaar nie. Hy besluit om eerder vir Lupin te help ontsnap. Maar, gevangenes kan tot twee j...

BROODLYN deur Hein Poole 12.06.2025

As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê. Maar regverdig die doel altyd die middele? As enkelouer het hy altyd sy seuns eerste geplaas, maar dié twee het hulle eie agendas. Hoe gemaak as jou gesag skielik bevraagteken word, jou naastes jou verraai, en dit lyk asof jy nie eers op jou eie geheue kan staatmaak nie? H...

HOSPITAALSAAL IN BLOEM deur Albert Maritz 05.06.2025

Die drama speel af in ‘n psigiatriese saal van ‘n hospitaal, waar ‘n klompie dienspligtiges tydens die apartheidsjare hulle bevind. Die jong mans se ervaring van die grensoorlog en die posttraumatiese stres wat dit tot gevolg gehad het, word belig. Sommiges was recces, 32 bataljon geharde soldate, en sommiges wou graag grens toe gaan, maar is medies ongeskik verklaar. Die drama bevat volwasse inho...

ROOI PAPAWER deur SD Fourie 29.05.2025

Thea en haar suster Anna se verhouding is problematies. Thea verstaan nie hoekom Anna oorbeskermend teenoor haar optree nie, en sy kom in opstand daarteen. Sy glo Anna het haar te jonk in ‘n huwelik ingedwing. Thea ervaar trauma en sy beland in ‘n senukliniek. Om haar te help herstel, neem Anna haar Ciprus toe vir ‘n vakansie. Daar ontmoet sy iemand wat uiteindelik verstaan hoe sy voel. Sy sien oo...

MY JAPAN deur Schalk Schoombie 22.05.2025

Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak. Sy het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis, Schalk Schoombie, gedeel. Schalk het dit in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk, en toe as radiodrama. Die verwoestende gebeure word deur verskeie karakters se oë uitgebeeld. Die spelers is...

AS KLUISE KON PRAAT deur Marion Erskine 15.05.2025

Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof, wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie - net ‘n paar rooi gesigte en vier Elvis-maskers. Charlie Bouguenon, Karen Wessels, Kaz McFadden, Estelle Grobler, Kevin Smith, C...

KEN JY VIR FYTJIE ELAND? deur Eben Cruywagen 08.05.2025

Dit is die jaar 1913. Iewers tussen Griekwastad en Campbell boer Johannes Eland en sy broerse met skaap en bees. Sy vrou, Katrina, is ’n nasaat van die groot Adam Kok I. Hulle sestienjarige dogter, Fytjie, is verlief op Tariq Mentoor, ’n man van minstens tien jaar haar senior, wat vir ’n diamantdelwer aan die oewer van die Garieprivier in die omgewing van Douglas werk. Wanneer Johannes haar verbie...

KONNEKSIE deur Marion Erskine 01.05.2025

Verbeel jou jy is in 2050 waar kunsmatige intelligensie tot jou voordeel... of nadeel kan strek. Dawid le Roux is ‘n rekenaarprogrammeerder. Hy is nie te vinde vir te veel geselskap nie, en is tevrede net met Amanda. Hy word egter gekonfronteer met die kunsmatige wêreld wat hy vir homself skep. Verkies jy eerder ʼn kantoor vol mense en ’n lewensmaat, of beheerde eensaamheid? ‘n Wêreld van tegnologi...

LENIESGIF deur Hendie Grobbelaar 24.04.2025

Benjamin de Kai is ʼn uitgebrande en ontnugterde liefdesverhaalskrywer wat probeer om ʼn ernstige roman die lig te laat sien. Sy uitgewer se nuwe assistent, Dania, dwing hom om by Leniesgif, haar afgeleë familiehuis langs die Kaapse Suidkus, te gaan werk sodat hy kan fokus en sy manuskrip voltooi. Leniesgif is egter die woonplek van ʼn paar spoke, soos Benjamin tot sy ontsteltenis ontdek. L...

LYNE WAT KRUIS deur Wilmi Wheeler 17.04.2025

Janine is 19, vol twyfel en vars in die grootmenswêreld. Haar eerste werk - ’n oproepsentrum vir ’n versekeringsmaatskappy - voel eerder soos ’n daaglikse toets wat sy net nie kan slaag nie. Twee maande in en sy het nog nie ’n enkele polis verkoop nie. Lindsay, ’n meer ervare kollega, gooi vir haar ’n reddingsboei: ’n lys van kliënte wat aanlyn...

DIE VRYWORDING VAN EGBERTUS LODEWIKUS APPEL deur Manie Groenewald 10.04.2025

Dit is Stella se 64e verjaardag in ‘n aftreeoord. In ‘n toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie, en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie. Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag ‘n tweede gas op, wat al die goeie pogings van die buurman tot niet maak, en Stella dwing om met die familiegeraamtes in haar kas na v...

DIE VERSAMELDE DAGBOEKE VAN ENE PROFESSOR WEIDEMANN deur Shawn Day 03.04.2025

Shawn Day is die wenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, in die Jong Skrywer-kategorie. ‘n Joernalis ondersoek die verdwyning van ‘n professor in kriptosoölogie nadat sy dagboeke deur sy vrou gepubliseer is. Daar is ‘n magdom vrae wat die joernalis nie kan beantwoord nie, en die enigste oplossing is om saam met een van sy kollegas Karoo toe te reis om die ant...

KYSBRIEWE deur A.R. Gurney 26.12.2024

Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben Cruywagen.

DIE STER VAN BETHLEHEM deur Ludwig Emil Gryffenberg 25.12.2024

Die drama speel af tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus, waartydens die Joodse volk, Israel, deel was van die Romeinse Ryk. Dit word vertel uit die oogpunt van 'n jong gestremde skaapwagter, wat in die buitewyke van Bethlehem skape oppas, terwyl sy vader snags die nagwake uitroep. In die ou dae voordat daar van horlosies gebruik gemaak is, was die gebruik dat die wagte op die mure...

DIE ONGEBAKTE ALASKA deur Johanna Steyn 19.12.2024

Estelle en Hennie berei voor vir ‘n Kersmaal in hulle piepklein woonstelletjie. Haar ma en dié se vriend is genooi om die Kerstyd by hulle te kom deurbring. Sy wil graag haar ma beïndruk, maar dinge werk nie heeltemal uit soos wat Estelle dit beplan het nie. Die spelers is Hannah Borthwick, André Terblanche, Susanne Beyers, Albert Maritz en Conradie van Heerden. Joanie Combrink het die regie behar...

MAMMIE SE VOORHUIS deur Erin Patience 12.12.2024

Wanneer Mammie se deur vir almal oop staan, kan dit nogal bietjie erg raak vir Tamia. Dit voel of Mammie al haar aandag aan die bure skenk, en nie op haar fokus nie. Dit veroorsaak dat Tamia die goeie nuus wat sy ontvang het, van haar ma en haar pa weerhou. Maar, ook net omdat haar ma haar gedurig in die rede val. Tog verstaan sy dat die dood van haar broer, nie so maklik vir haar mammie was om te...

GRENSGEVAL deur Rita Swanepoel 05.12.2024

Wanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Die spelers is Roeline Daneel, Eben Genis, Waldemar Schultz, Wessel Pretorius en Susanne Beyers. Die regisseur is Joanie Combrink.

WYSIE OOR DIE WATER deur Albert Short 05.12.2024

Wysie oor die water is opgeneem en vervaardig deur siggestremdes in die ateljee van Innovation for the Blind op Worcester. Dis ‘n stormagtige nag op ‘n skip. ‘n Meisie bevind haar op die skeepsdek, alhoewel sy weet dat die veiligste plek eintlik haar kajuit sou wees. Nogtans bly sy, en ontmoet sy ’n geheimsinnige jong man. Dadelik is dit asof hulle mekaar ‘n leeftyd al ken. In die verwarring van g...

MEVROU DOMINEE deur Riëtte Heslinga 28.11.2024

Mevrou Dominee hunker, soos op menige ander Maandagoggende, na Sondag se oorskot-nagmaalwyn. In dominee se afwesigheid, pleit Gabriël by haar om nie in die versoeking gelei te word nie. Hy maak homself tuis op die pastorie se kombuiskaste, vanwaar hy alles beskou wat mevrou aanvang. Hy aanskou ook haar tweestryd: sy sukkel om die gemeentelede tevrede te hou, ten koste van haarself. Onse Mevroutjie...

DIE NAGSKUIT KOM deur Anton Treurnich 21.11.2024

Abraham Cloete sukkel voort op sy plaas in die Sandveld ná sy vrou se dood. Sy dogter kom help hom na haar terugkeer uit Kaapstad, waar sy gekwalifiseer het as verpleegster. Dit is ‘n laat Saterdagmiddag, Junie 1940, en ‘n storm is aan die broei oor die Weskus. Ryk Swanepoel die polisiesersant kom verby met stories oor ‘n Duitse duikboot wat in die omgewing gesien is. Die storm beweeg in, en almal...

SOETE WRAAK deur Karen Wessels 14.11.2024

As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die maatskaplike werker wat lojaal haar gemeenskap dien. Maar daar is ‘n punt in enige een se lewe waar jy die...

PUTSONDERWATER deur Bartho Smit 07.11.2024

Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Maria, ’n swanger tiener, word deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, maar telkens word haar hoop verskuif na nuwe uiterstes wanneer die realiteit van haar omstandighede to...

Ouça o podcast Radioteater no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos