RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 14.06.2019 4:57
Men in Black International is spesiaal vir die langnaweek uitgereik. Leon van Nierop resenseer dit in sy weeklikse fliekrubriek.
Monitor 14.06.2019 5:59
Terwyl die debat oor die Suid-Afrikaanse Reserwebank hierdie week nog opslae gemaak het na aanleiding van Ace Magashule se stelling dat die bank se mandaat uitgebrei gaan word om op werkskepping te fokus, is daar ook 'n debat in Brittanje aan die gang oor die land se sentrale bank. Die gonswoorde in Londen is "quantitative easing" - in Afrikaans vertaal as kwantitatiewe verruiming. Anita Visser he...
Monitor 14.06.2019 3:16
Die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Maatskaplike Ontwikkeling in Afrika het bevind dat werkskeppingsprogramme wel jongmense help om werk kry. Dit word as bemoedigend beskou, veral gesien in die lig van die onlangse inkrimping van die ekonomie. Metzi van der Merwe doen verslag.
Monitor 07.06.2019 4:04
Identiteitsbedrog deur middel van E-posse het vanjaar met 62 persent toegeneem. Dit is die bevindings vervat in die maatskappy Mimecast se jongste kuber sekuriteitsverslag. Heino Gevers van Mimecast sê 88 persent van die respondente wat aan die navorsing deelgeneem het, het aangedui dat hulle inligting al op 'n slinkse manier in die kuberruim gesteel is..
Monitor 28.05.2019 4:22
Geoloë het die grootste ondersese vulkaan naby die eiland Mayotte in die Indiese Oseaan gevind. Die deursnit van die vulkaan is sowat 5 kilometer. In November verlede jaar was daar seismiese aktiwiteit in die omgewing en nou glo wetenskaplikes dit was die geboorte van die ondersese vulkaan. Jean Esterhuizen doen verslag.
Monitor 28.05.2019 5:41
KOOL GAS 07:14 MONITOR 28 5 2019 [TAKE PKG INCUE: DIE BELASTING IS OUTCUE: TE KAN IMPLEMENTEER DURATION:5'41"] [] INTRO = 'n Koolstof-belasting sal van 1 Junie gehef word. President Cyril Ramaphosa het die wetgewing Sondag onderteken. Dit maak Suid-Afrika een van 40 lande wat 'n koolstofprys-program aanvaar het. 'n Klimaatsveranderingskonsultant wat die regering raad gegee het met die skryf van di...
Monitor 27.05.2019 6:29
Die Inxuba Yethemba Munisipaliteit in die Oos-Kaap het onlangs 'n kennisgewing van Eskom ontvang dat massa-kragonderbrekings vanaf 4 Junie toegepas sal word, indien die munisipaliteit nie sy betalings-ooreenkoms met die kragreus nakom nie. Die munisipaliteit, wat die dorpe Cradock en Middelburg insluit, skuld Eskom reeds sowat 98-miljoen rand. Die Inxuba Yethemba Munisipale bestuurder, Xolela Mswe...
Monitor 24.05.2019 19:30
Ons eerste stel ondersoek in na ons boere se gereedheid om die legio geleenthede in die internasionale landboumark te ontgin. Die regering se 5-jaar landbousektorplan kom ook onder die vergrootglas.
Monitor 22.05.2019 5:23
Wanneer hedendaagse kliënte finansiële instellings evalueer, vergelyk hulle nie meer verskillende banke nie, hulle vergelyk ervarings. Alles in hul lewe as verbruikers is beter as ooit, die inligting is onmiddelik beskikbaar en hulle slim digitale dienste wat hulle daagliks gebruik word deur hul slimfoon afgelewer. Die bespreking van 'n vlug, die beplanning van 'n vakansie, inkopies aanlyn - dit i...
Monitor 22.05.2019 5:18
Tanzanië het die gebruik van plastieksakke vanaf 1 Junie verban. Die land het ook reisigers gewaarsku dat plastieksakke nie vanaf 1 Junie die land binnegelaat sal word nie. Wêreldwyd het plastiekproduksie die afgelope 50 jaar van 15 miljoen ton tot 348 miljoen ton gestyg. Daar word geskat dat 13 000 stukkies plastiekrommel in elke vierkante kilometer van die see gevind kan word. Suid-Afrikaners is...
Monitor 20.05.2019 16:49
Die Antarktiese yslaag is ONSTABIEL, volgens Britse en NOORSE wetenskaplikes wat 25 jaar se satteliet data bestudeer het. Die gevolge hiervan kan KATASTROFIES wees vir die mensdom. By my in die ateljee vanoggend is die klimatoloog, professor Francois Engelbrecht van WITS universiteit om daaroor te praat:
Monitor 16.05.2019 17:47
Baie plattelandse dorpies het hulle bestaan te danke aan die landboubedrywighede in die gebied. Maar wat is die landbousektor se verantwoordelikheid om te verseker dat die ekonomie in die dorpe bly groei? Dis een van die vrae wat ons in die uitsending gevra het. Ons kyk ook na die kwaliteit van ons graanprodukte en ons vind uit of agri-toerisme sterk staan.
Monitor 15.05.2019 18:58
Die uitsending begin met China se besluit om die verbod op wol- en diereprodukte uit Suid-Afrika te lig, na 'n bek-en-klouseer uitbreking vroeër vanjaar. Ons verskuif dan die aandag na 'n model om grondhervorming in landelike gebiede te bespoedig, en ons hoor by kenners wat ons ná die verkiesing kan verwag wat grondhervorming betref.
Monitor 09.04.2019 2:51
'n Onlangse studie toon dat groot dele van Mosambiek se flora gestroop word, en dit lei weer tot meer rampspoedige oorstromings. 'n Omgewingskundige van die Noordwes Universiteit, Prof Juaneè Cilliers, sê bome en plante help om erosie te voorkom, en om oorstromings te beperk. Sy sê ontbossing veroorsaak dat die afvloei van reenwater versnel...
Monitor 04.04.2019 8:54
Vergeet van die gevare van kanker. Teen 2050, sal antibiotika weerstandigheid meer mense doodmaak as enige kankersel. Boonop is daar sedert die tagtiger jare geen nuwe klasse van anti-biotika ontwikkel nie. Die goeie nuus is egter dat n chemiese ingenieur, dr SOPHIE COX van die Universiteit van BIRMINGHAM en haar kollega professor Laura Piddock tans navorsing doen oor die ontwikkeling van n sterie...
Monitor 02.04.2019 4:41
'n Rolprent oor 'n Indiese meisie wat haar drome vir banderplankry volg, "Deep End", is net die jongste van 'n reeks flieks wat die Indiese kultuur in Durban uitbeeld. "Deep End" se regisseur, Eubelus Timothy, beskryf dit as 'n nuwe plaaslike kulturele beweging, soortgelyk aan dit wat voorheen onder Afrikaanse rolprente plaasgevind het. Anna-Marie Jansen van Vuuren berig.
Monitor 01.04.2019 5:24
Suid-Afrika het nou sy eie waarskuwingstelsel om jou oor uiterste weerpatrone of omstandighede in te lig. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het dit saam met die Nasionale Rampbestuursentrum ontwikkel. 'n Senior weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Jacqueline Riet, het aan Hendrik Martin gese^ die nuwe stelsel is gemik op die waarskynlike impak wat weer op mense se lewens kan he^.
Monitor 01.04.2019 20:37
'n Opspraakwekkende nuwe boek wat die onderduimshede van Ace Magashule blootlê is op die winkelrakke beskikbaar. Izak du Plessis het met die skrywer van die boek Gangster State: Unraveling Ace Magashule's Web of Capture, Pieter-Louis Myburgh, gepraat.
Monitor 01.04.2019 11:59
Die wetenskap kan 'n uiters belangrike rol speel om mense in kusgebiede te help om beter voor te berei op orkane en siklone. Trouens, Idai, wat soveel verwoesting in Mosambiek gesaai het, is drie dae voor die tyd al voorspel, danksy gesofistikeerde weerstelsels. Izak du Plessis het met prof Francois Engelbrecht hieroor gepraat.
Monitor 18.03.2019 7:09
Agri SA het Vrydag met 'n Amerikaanse afvaardiging in Pretoria ontmoet, om grondonteiening te bespreek. Agri SA wil hê dat die Trump-administrasie druk op die ANC-regering plaas, om nie produktiewe landbougrond by boere af te vat nie. Dit volg op die ANC in die Noord-Kaap se skok-aankondiging vroeër, dat die party 'n lys saamgetel het om 30 produktiewe plase in die provinsie sonder vergoeding te g...
Monitor 18.03.2019 10:26
Inwoners van Nieu- Seeland, en veral Christchurch, het gister hulde gebring aan die 50 slagoffers van die massamoord Vrydag in 2 moskees. Professor Douglas Pratt van die Universiteit van Auckland, spesialiseer in Islamo-fobie, en ekstremisme in al sy vorms insluitend terreur en ons skakel nou regstreeks oor na hom in Nieu-Seeland..
Monitor 15.03.2019 5:41
Hoewel daar sedert Desember miljoene rand se perlemoen in die Wes-Kaap gekonfiskeer is tydens vyf klopjagte, gaan stropery onerverpoos voort. Die vraag is groot, en die sindikate moet voorsien. Inwoners aan verskeie kusdorpies, het aan Monitor gesê hulle is raadop, en word boonop geïntimideer deur stropers wat toenemend gemaklik raak op die land se strande. In een van die dorpies het Hendrik Smith...
Monitor 25.02.2019 13:24
Die storm wat die Britse parlementslid, Jacob Rees-Mogg, ontketen het op die BBC se TV program, Question Time, wil eenvoudig nie gaan lê nie. Rees-Mogg, het - onder meer - gesê dat die Afrikaners wat tydens die Ango-Boere oorlog in konsentrasiekampe geplaas is, daar was vir hul eie beskerming. Anita Visser het met die geskiedkundige, Fransjohan Pretorius, daaroor gepraat.
Monitor 22.02.2019 16:07
Die Joernalis, Hilton Tarrant, het Maandag gewaarsku dat beurtkrag slegs 'n klein ontwrigting sal wees in vergelyking met beurt water wat ons voorland is. Hy het in sy berig veral verwys na die Nasionale Water en Sanitasie meester plan wat hy as 'n sombere lees ervaring beskryf het. Ons praat nou met Prof Mike Muller van Wits Universiteit se Skool vir Regeerkunde in Johannesburg oor die water-situ...
Monitor 21.02.2019 5:30
Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Ginekoloë het vandeesweek 'n verklaring uitgereik om hul steun aan Caster Semenya toe te sê. In die mediavrystelling, spreek die vereniging sy kommer uit oor die beplande mediese bestuur van atlete wat volgens hulle - eties gesproke - verdag is. Anita Visser het met 'n verteenwoordiger van die vereniging, dr Haynes van der Merwe gepraat.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos