RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 06.05.2020 44:41
Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens deel sy kommer oor die impak van inperking op die ekonomie; President Cyril Ramaphosa sê die coronaviruspandemie bied aan Suid-Afrika die geleentheid om nuwe sektore in die ekonomie tot stand te bring; Mediese kenners waarsku dat nie-oordraagbare siektes kan toeneem terwyl die wereld se aandag op Covid 19-gevestig is; en ons kyk na die impak va...
Monitor 06.05.2020 49:16
China is bekommerd dat anti-Chinese sentiment wereldwyd begin toeneem weens die Covid19-pandemie; die verdeeldheid in die ANC kan oor die langtermyn, groter skade aan Suid-Afrika doen as die Covid-19 pandemie - twee ontleders deel hulle mening oor die stelling; en 'n nuwe gevaar maak sy opwagting in die VSA: die Asiatiese Reus-perdeby.
Monitor 05.05.2020 48:02
In die program: Die Vryheidsfront Plus sê die Gautengse regering se plan om voedselhulp te sentraliseer is ongrondwetlik.; Die tuinbedryf in die Wesrand stig 'n fonds om kos aan honger mense verskaf.; Ons praat met n paar klein sake ondernemings om uit te vind hoe hulle ekonomies kop bo water hou.; en WhatsApp-groepe word gebruik om landelike onderwysers te ondersteun.
Monitor 05.05.2020 36:43
In die program: Suid-Afrika verwag vanjaar sy derde grootste mielieoes in die geskiedenis.; Die Poskantoor stel sy eerste kontantlose geldontrekkings masjiene bekend.; Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid vra die regering om die beperkings op alle sakesektore op te hef.; Die president van Tanzania, John Magufuli, stuur die week n vliegtuig Madagaskar toe om n spesiale soort natuurlike prod...
Monitor 04.05.2020 45:19
** IPSOS doen navorsing oor Suid-Afrikaners se houding teenoor die Covid-inperking.. ** En in Amerika en Australië begin die eerste sportgeleenthede binnekort.
Monitor 04.05.2020 40:40
Die regering wil die SAL met 'n ander lugdiens vervang - 'n ekonoom reageer.
Monitor 01.05.2020 51:03
Skole gaan nie volgende week heropen soos wat aanvanklik verwag is nie, hoewel die basiese onderwys sektor van 4 Mei oop sal wees; Daar is steeds 'n groot nood aan kospakkies in groot dele van die land en nuwe navorsing oor kompulsiewe gedragsiekte kan die manier verander waarop die siekte behandel word
Monitor 01.05.2020 45:45
Ons praat in-diepte oor die voorlopige planne om die onderwysektor te heropen; Die herrie oor die verkoop van sigarette woed voort - ons kry reaksie oor die impak daarvan op die politieke speelveld en kenners meen daar kom nog 'n hofstryd oor die saak....
Monitor 30.04.2020 44:28
** Hoe relevant is die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap op sy 40ste verjaarsdag? ** En die wenners van die Suid-Afrikaanse Rolprent en Televisie-toekennings word aangekondig.
Monitor 30.04.2020 39:45
** Swaksiende en blinde lesers sê hulle beleef 'n boekdroogte omdat die president nie die Wysigingswet op Kopiereg nie. ** En, Suid-Afrika ontvang sade van bome wat Hirosjima oorleef het.
Monitor 29.04.2020 38:06
Vakbonde besin na die hof die groen lig gee vir die voorlopige likwidasie van SA Express, en ons kyk na die jongste Covid 19-statistiek en vra: wat beteken dit eintlik?
Monitor 29.04.2020 46:35
Tergende vrae ontstaan oor die baie Covid 19-gevalle in sommige dele van die Wes-Kaap - in Witzenberg is daar 93 gevalle in die laaste twee weke aangeteken; en haweloses gaan terug strate toe weens ontevredenheid met die regering se Covid 19-kampe.
Monitor 28.04.2020 40:35
Ons praat met 'n virus-kenner oor die jongste Covid-19 situasie plaaslik en wêreldwyd - en die kans op 'n spoedige entstof..
Monitor 28.04.2020 46:31
'n Klag word by die internasionale Strafhof ingedien teen Sjina, vir Misdade teen die Mensdom. En 'n Suid-Afrikaner wat van Brasilië gerepatrieër is, is vandag reeds 21 dae in kwarantyn.
Monitor 27.04.2020 43:53
Suid-Afrikaners vier 'n bittersoet vryheidsdag te midde van die Covid 19-grendelstaat en die Covid 19-pandemie inspireer 'n bekende in die balletwereld om die kunsvorm op 'n innoverende wyse aan die lewe te hou.
Monitor 27.04.2020 43:18
Stellenbosch Universiteit begin more met navorsing oor die entstof BCG wat dalk relevant kan wees in die stryd teen Covid-19 en die Kaapstadse metro en 'n inwoner twis oor 'n groot advertensiebord wat hy opgerig het.
Monitor 24.04.2020 35:24
Mielie-diefstal in die Vrystaat het tydens Suid-Afrika se inperking drasties toegeneem; En het ons weermag die vermoë om 'n sinvolle bydra te lewer?
Monitor 24.04.2020 51:14
Kanadese kenners oor wetenskap-etiek waarsku dat navorsers nie kortpaaie moet vat om 'n entstof vir Covid-19 te vind nie.. 'n Indiepte bespreking met 'n politieke ontleder en 'n ekonoom oor die president se toespraak gisteraand... En, Leon van Nierop praat later vanoggend oor die jongste Stephen King-reeks, 'n dokumentêr oor 'n man wat al vir jare glo onskuldig in die tronk sit, en 'n romantiese k...
Monitor 23.04.2020 44:55
Daar is groot druk op China om sy lewende hawe markte af te skaf en die Suid-Afrikaanse tenoor Etienne van der Nest sing elke aand vir sy bure in Berlyn - waar hulle soos ons ook in 'n staat van afsondering is.
Monitor 23.04.2020 38:06
Die minister van Verdediging Nosiviwe Mapisa-Nqakula skerm oor die besluit om byna die ganse weermag op te roep in die stryd teen Covid 19 en President Cyril Ramaphosa se aankondinging oor massiewe finansiele hulp aan besighede en die armes kry 'n gemengde reaksie.
Monitor 22.04.2020 40:26
In die eerste van Monitor op 22 April 2020 - President Ramaphosa sê 500 miljard rand sal beskikbaar gestel word om die ekonomie te stimuleer; Burgerregte organisasies vra dat Suid-Afrika 'n meer dinamiese arbeidsomgewing moet skep; Syfers toon dat huishoudelike geweld toeneem gedurende die grendelstaat en Gambit, die geliefde Durban dolfyn sterf.
Monitor 22.04.2020 56:00
In die tweede deel van Monitor op 22 April - Ons ontleed die president se toespraak gister waarin verskeie ekonomiese maatreels aangekondig is; Die COVID-19 pandemie het ook 'n impak op die geestesgesondheid van gesondheidwerkers - maar daar is hoop vir hulle en Burgerregte organisasies vra dat Suid-Afrika 'n meer dinamiese arbeidsomgewing moet skep
Monitor 22.04.2020 50:25
In die tweede deel van Monitor op 22 April - Ons ontleed die president se toespraak gister waarin verskeie ekonomiese maatreels aangekondig is; Die COVID-19 pandemie het ook 'n impak op die geestesgesondheid van gesondheidwerkers - maar daar is hoop vir hulle en Burgerregte organisasies vra dat Suid-Afrika 'n meer dinamiese arbeidsomgewing moet skep
Monitor 21.04.2020 47:43
Vakbonde by die Suid-Afrikaanse Lugdiens verwerp die voorstel van skeidingspakkette; die tweede kwartaal van die akademiese jaar begin by talle universiteite - onderrig vind aanlyn plaas; en wat gemaak met testamente in die grendeltydperk? Ons praat met 'n kenner.
Monitor 21.04.2020 37:57
Dit is amptelik - geen klaargemaakte of warm kos mag in winkels verkoop word nie, en die inwoners van Lawley suid van Johannesburg eis dat die stad hulle huise herbou.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos