RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 3 Augustus 2020 - Deel 1 03.08.2020

Ontevredenheid heers oor die vertraging in die vrylating van 19-duisend gevangenes; Politieke partye sê nuwe regulasies oor reis en ontspanning gaan die toerismebedryf kom te laat om 'n wesenlike verskil te maak; Ons voer 'n gesprek oor die geweldsvlakke in die land en vra of daar 'n geskiedkundige rede is vir die wreedheid wat ons vandag ervaar....

Monitor 31.07.2020

Mense word gewaarsku om nie in 'n konflik met wildstropers betrokke te raak nie; ons praat met die die Nasionale Vervolgingsgesag oor nuwe regulasies wat ondersoek na staatskaping raak; en die Wes-Kaapse verkeershoof Kenny Africa tree vandag af.

Monitor 31.07.2020

Vyf beskuldiges verskyn in die hof in verband met die Hartswater-moorde; en regulasies in die toerismebedryf gaan verslap word.

Monitor 30.07.2020

Munisipaliteite regoor die land is in 'n finansiele penarie en word nie reg bestuur nie - ons kyk na sommige voorbeelde hiervan; 'n Kenner deel sy mening oor waarom ons met die probleme sit; en later hoor ons meer van 'n internasionale BALLET kompetisie wat AANLYN aangebied is en Suid-Afrika se beeld 'n hupstoot gegee het....

Monitor 30.07.2020

Die Wes-Kaapse minister van Onderwys veroordeel aanvalle op skole in Kaapstad tydens gewelddadige betoging; Intussen soek die regering na oplossings vir die behuisingprobleme in Kaapstad; en 'n ondersoek is gevra na die betrokkenheid van die president se seun by 'n tender om minibus taxis te beveilig.....

Monitor 29.07.2020

** 'n Versoek dat die droogtegeteisterde Oos-Kaap as rampgebied verklaar word. ** 'n Ekonoom bespreek die IMF-lening van 70 miljard rand... ** En ons praat met Daniël Hugo oor MM Walters se bydra tot die Afrikaanse poësie.

Monitor 29.07.2020

** Duisende werksgeleenthede in die tabakbedryf is in gedrang ...

Monitor 28.07.2020

Duisende mense ly honger weens die inperking; Die gemeenskap van Oudtshoorn is geruk deur die dood gister van dr. David Piedt, 'n ikoon in die onderwys en die Afrikaanse kultuurwêreld; Die EFF is sewe jaar oud - ons kyk na waarom die party gegroei het en wat die toekoms vir hulle inhou; en ons vra of elektriese vliegtuie die toekoms van lugvervoer is?

Monitor 28.07.2020

Sommige versekeraars stel nood befondsing beskikbaar aan sy kommersiële polishouers - maar 'n kenner sê dit is nie noodwendig 'n goeie idee om dit te aanvaar nie; ons kry ook reaksie op Steinhoff se voorgestelde skikking van meer as sestien miljard Rand; en Afriforum se veiligheidshoof, Ian Cameron, praat oor sy besluit om ná sewe jaar in die posisie, te bedank

Monitor 27.07.2020

** Uiteenlopende reaksie op die appelhof-uitspraak oor die hernuwing van vuurwapenlisensies.. ** 'n Pastoor van Centurion praat oor gister se skietery in sy kerk.

Monitor 24.07.2020

Gebrekkige dienslewering in Pretoria word 'n al groter probleem; Die DA vra dat die besteding van rampfondse in die landbou ondersoek moet word; Ons kry ook wye reaksie op president Cyril Ramaphosa se toespraak gisteraand waarin hy skole gesluit het; en die Boeing 747 maak sy finale buiging - ons praat in-diepte oor die impak wat die straler op kommersiele lugvaart gehad het

Monitor 24.07.2020

Die vliegtuigreus Boeing maak gereed om produksie van die ikoniese 747-straler te staak - ons kyk na die geskiedenis van die sogenaamde Queen of the Skies; 'n vlieenier vertel ons van sy loopbaan agter die stuur van die Boeing 747; en 'n Suid-Afrikaanse sjef is 'n finalis in 'n wereldwye pizza kompetisie...

Monitor 23.07.2020

** Nuwe navorsing toon dat meer Suid-Afrikaners hul sigarette met mekaar deel as ooit tevore...ons praat met 'n kenner hieroor.. ** En restaurant-eienaars en werknemers betoog landwyd oor werksverliese.

Monitor 23.07.2020

** Teen die einde van die eeu sal daar moontlik geen ysbere op die planeet oor wees nie, tensy klimaatsverandering se tempo gekeer word... ** En talle skole sukkel met skoon water en reinigingsmiddels.

Monitor 22.07.2020

Restaurante betoog vandag teen die uitwerking wat die inperking op hulle het; en 'n nuwe ekonomiese peiling van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek wys ook weer op die hoë koste van die Covid19-inperking.

Monitor 22.07.2020

Lede van die Ministeriele Advieskomitee kla dat hulle aanbevelings aan die regering oor Covid-19 geignoreer word; die SAUK-raad word daarvan beskuldig dat hulle vir die regering en die parlement lieg; en een van die regering se prestige Covid19-projekte in Gauteng begin nou eers - drie maande later - funksioneer.

Monitor 21.07.2020

** 'n Politieke ontleder kritiseer die opposisie dat hulle doelbewus die president se posisie verkeerd verstaan... ** En Renosterberg-belastingbetalers in die Noord-Kaap betaal nie meer hul munisipale rekeninge nie.

Monitor 21.07.2020

** Die voormalige minister van Water en Sanitasie staan bont voor die staatskapings-kommissie. ** Die landbou-organisasie SAAI vergader die week met boere in die Wes-Kaap oor hoe die verbod op die verkoop van alkohol hulle raak.

Monitor 20.07.2020

'n Boer van Noordwes praat oor sy ervaring na hy byna keelaf gesny is in 'n plaasaanval; en nuwe regulasies laat terugkerende Suid-Afrikaners toe om te self-isoleer.

Monitor 20.07.2020

Vakbonde in die onderwyssektor vra dat skole weer weens Covid19 gesluit word; en ons bring hulde aan die veteraanaktrise Elize Cawood, wat Saterdag aan longkanker oorlede is.

Monitor 20.07.2020

Die Franse Senaat het besluit om geen vernuwing toe te laat in die restorering van die Notre Dame katedraal nie. Die katedraal sal herstel word om te lyk soos hoe dit was nadat dit in die negentiende eeu gerestoureer is. Wêreldwyd het vooraanstaande argitekte hulle potlode geslyp vir die kans om 'n kontemporêre aanslag vir die katedraal te bring, soortgelyk as wat die glas piramiedes vernuwing aan...

Monitor 17.07.2020

** Dit lyk of die Covid-19 infeksiekoers in die Kaap stabiliseer ** Die eerste Afrikaanse nuusbulletin is vandag 70 jaar gelede uitgesaai.

Monitor 17.07.2020

** Ons praat oor die naweek se sport met Pieter van den Berg.. ** En Willem Botha het dit vanoggend oor die woord: slaap.

Monitor 16.07.2020

'n Nuwe hoof van die Onafhanklike Polisiedirektoraat word benoem, en tabakhandelaars gooi nie tou op in hulle strewe om weer wettig sake te doen nie nie.

Monitor 16.07.2020

Belanghebbendes soos skuldeisers en vakbonde aanvaar 'n reddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens - maar wonder: waar gaan die geld vandaan kom? En Suid-Afrikaners in die buiteland kan nie hulle paspoorte hernu nie.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos