RSG

Monitor

News AF ↓ 4390 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

1 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 8 Maart - Deel 1 08.03.2021

Verskeie universiteite begin met die registrasie van studente vir die 2021 akademiese jaar. Ons bespreek Pous Franciscus se geskiedkundige besoek aan Irak. Durban het die helfte minder besoekers in die 2020 feesseisoen gehad vergeleke met 2019. Die VN se Hoëkommisaris vir Menseregte, Michelle Bachelet, dring aan op 'n onafhanklike ondersoek na die moord op honderde burgers in Ethiopië se Tigraystr...

Monitor 5 Maart 2021 - Deel 2 05.03.2021

Suid-Afrikaanse mediese praktisyns kla hulle word geintimideer deur die mediese skema, DISCOVERY, weens die beweerde wangebruik van mediese terapeutiese kodes. Marienebioloë is opgewonde oor haaie wat in die donker gloei.

Monitor 5 Maart 2021 - Deel 1 05.03.2021

Solidariteit kry 'n lasbrief om op die wapenvervaardiger, Denel, se bates beslag te lê. 'n Ooreenkoms om skooluniforms goedkoper te maak, word wyd verwelkom. Opposisiepartye in die Johannesburg Metroraad eis 'n ondersoek na die bedanking van die stadsbestuurder, Ndivo Lukwareni.

Monitor 4 Maart 2021 - Deel 2 04.03.2021

Nuwe navorsing wys dat mense wat die coronavirusvariant, 501Y.V2, opgedoen het, 'n vlak van immuniteit daarteen ontwikkel het. Ons praat met prof. Tess van der Merwe oor Wêreld ObesiteitsdDag en die jongste navorsing. 'n Platform is bekendgestel wat daarop gemik is om enige verdagte werksplasing na te gaan, om seker te maak dit is nie vals nie.

Monitor 4 Maart 2021 - Deel 1 04.03.2021

SKOOR gaan bewerings van rassisme teen Eskom se bestuurshoof ondersoek. Meer as 450 leerlinge in Eerste Rivier in Kaapstad, ontvang onderrig op 'n veld langs Ou Faureweg. En Human Rights Watch is min beïndruk met die Turkse president se lang verwagte Menseregte Plan van Aksie.

Monitor 3 Maart 2021 - Deel 2 03.03.2021

Wat is die politieke implikasies van 'n onafhanklike paneel se verdoemende bevindings teen die Openbare Beskermer? Die Voortrekkermonument maak planne te midde van Covid-beperkings.

Monitor 3 Maart 2021 - Deel 1 03.03.2021

Vrae oor 'n Suid-Afrikaanse militêre maatskappy in Mosambiek. Die uitmergelende droogte in die Oos-Kaap eis sy tol in die landbousektor.

Monitor 2 Maart 2021 - Deel 2 02.03.2021

Ons praat met twee misdaad- en polisiekenners oor bendegeweld in Kaapstad, wat aan die toeneem is. Boere wêreldwyd gebruik toenemend tegnologie om hulle kuddes te bestuur. Professor Shabir Madhi van Wits sê 'n derde vlaag van Covid-19-infeksies word in Mei of Junie verwag.

Monitor 2 Maart 2021 - Deel 1 02.03.2021

'n Nuwe wet wat 'n Grondhof tot stand sal bring, gaan aan die parlement voorgelê word. 'n Onafhanklike paneel het bevind dat daar prima facie bewyse is om met 'n proses te begin om die Openbare Beskermer uit haar amp te verwyder. Solidariteit Skole-ondersteuningsentrum sê die regering moet ruimte skep vir die ontwikkeling van 'n digitale strategie vir skole. Wines of South Africa reageer op die op...

Monitor 1 Maart 2021 - Deel 2 01.03.2021

Gister was Uitsonderlike Siekte Dag, en vandag is Internasionale Rolstoeldag - ons praat breedvoerig oor spierdistrofie. Leon van Nierop hou die Golden Globe-toekennings dop.

Monitor 1 Maart 2021 - Deel 1 01.03.2021

Die land beweeg na 'n Vlak 1-inperking. Ons praat met die voorsitter van die Mediese Vereniging.

Monitor 26 Februarie 2021 - Deel 2 26.02.2021

Moderna het 'n aangepaste entstof ontwikkel wat spesifiek die Suid-Afrikaanse variant van COVID-19 teiken. Die aptekersgroep, Pharma Valu, sê die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het nooit 'n kennisgewing van registrasie vir Ivermektien in die Staatskoerant gepubliseer nie. Parlementslede het hulle medelye betuig met kollegas wat die afgelope jaar dood is.

Monitor 26 Februarie 2021 - Deel 1 26.02.2021

'n Kenner sê al hoe meer Suid-Afrikaners word slagoffers van identiteitsdiefstal. 'n Hofstryd oor die toelating van eerstejaar studente by UNISA. Die FAK is besig met 'n projek om lewensgroot 3D-afbeeldings van die Paul Kruger-beeldgroep te maak. Venezuela se olieproduksie het sedert Desember verlede jaar toegeneem.

Monitor 25 Februarie 2021 - Deel 2 25.02.2021

Politieke ontleders bespreek die begrotingsrede. Gemengde gevoelens oor die verandering van plekname in die Oos-Kaap.

Monitor 25 Februarie 2021 - Deel 1 25.02.2021

Politieke partye en ekonome reageer op die begrotingsrede.

Monitor 24 Februarie 2021 - Deel 2 24.02.2021

Die Minister van Finansies het min beweegruimte in sy begrotingsrede - ons kyk na wat hy kan doen, en wat hy moontlik gaan doen. 2021 is 'n plaaslike verkiesingsjaar - ons steek kers op by 'n ontleder oor hoe dit die begroting kan beïnvloed. Die afhandeling van boedels is tans stadiger as ooit.

Monitor 24 Februarie 2021 - Deel 1 24.02.2021

Die Minister van Finansies lewer vanmiddag sy begrotingsrede. Ons fokus deur die loop van die program op verskeie aspekte van die begroting en wat ons kan verwag. Die DA het onlangs die Stop Kaderontplooiing Wetsontwerp in die parlement voorgelê - ons vind uit wat die wet behels en waarom dit nodig is.

Monitor 23 Februarie 2021 - Deel 2 23.02.2021

Ons praat met 'n matriek wat 6 A's kry nadat hy eksamen in 'n hospitaalbed moes skryf. Onderwyskenners bespreek die laer matriekslaagsyfer.

Monitor 23 Februarie 2021 - Deel 1 23.02.2021

Die DA sê in sy alternatiewe begroting dat 'n Suid-Afrikaanse kind met R67,000 rand se skuld gebore word. Die 88-jarige Frans Hugo is steeds 'n koerantman - hy het 72 jaar gelede by NASPERS begin werk.

Monitor 22 Februarie 2021 - Deel 2 22.02.2021

Die kollig val op afstandsonderrig tydens die pandemie - ons praat met 'n kenner waar daar verbeter kan word, veral wat landelike skole betref. Die media het die afgelope tyd disproporsioneel aandag gegee aan sekere politieke figure, aldus 'n bekende joernalis. Het hy 'n punt beet? Die Amerikaanse deelstaat Texas word as rampgebied verklaar ná 'n ongewone winterstorm geweldige skade aan infrastruk...

Monitor 22 Februarie 2021 - Deel 1 22.02.2021

Die langverwagte matriekuitlae word vanmiddag bekendgemaak. Die Suid-Afrikaanse Weermag het glo miljoene rand se medisyne uit Kuba aangekoop wat nie vir plaaslike gebruik goedgekeur is nie. Johannesburg se vaal geboue kry 'n groen mantel.

Monitor 19 Februarie 2021 - Deel 2 19.02.2021

Die prys van elektrisiteit kan met bykans vyf keer die inflasiekoers styg. Die vrywillige likwidering van Air Namibia kan ernstige gevolge vir trofeejag in die buurland inhou.

Monitor 19 Februarie 2021 - Deel 1 19.02.2021

'n Ruimtetuig land op Mars om te soek na tekens van mikrobiese organismes. Kommer oor Suid-Afrika se krimpende staalproduksie.

Monitor 18 Februarie 2021 - Deel 2 18.02.2021

Ons plaas die fokus op veediefstal en kry reaksie van die polisie en praat met die nasionale veediefstalforum om te hoor hoe erg die probleem is. Ons hoor tot watter mate die land se waterinfrastruktuur verwaarloos is.

Monitor 18 Februarie 2021 - Deel 1 18.02.2021

Talle gesondheidswerkers is reeds met Johnson en Johnson se Covid-19-entstof ingeënt. Drie en veertig plaasaanvalle en vier plaasmoorde het volgens Afriforum sedert die begin van vanjaar voorgekom. Eskom verduidelik waarom 'n mislukte behuisingprojek meer as R800-miljoen gekos het. 'n Jong krapvreterrob is op pad huis toe in Antarktika.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos