RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 13 April 2021 - Deel 2 13.04.2021 40:15
'n Onafhanklike ombud is aangestel om toesig te hou oor DA se keuringsproses vir 'n nuwe burgemeesterskandidaat vir Kaapstad. Die ANC se Nasionale Jeugliga taakspan moet binne die volgende ses maande 'n nasionale verkiesingskonferensie hou. Die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria het die geboorte van 'n witrenosterkalfie verwelkom. Inwoners van Weltevredenpark in Gauteng het met 'n inisiatief beg...
Monitor 13 April 2021 - Deel 1 13.04.2021 43:12
Betogende ouers by die Hoërskool Garies in die Noord-Kaap wil hê die provinsiale onderwysdepartement moet vakatures vir onderwysers vul. Die Kaapstadse Metro gaan voort met sy siviele eise teen die aktivistegroep, Gatvol Capetonian, en die EFF. 'n Uitbreking van Afrika varkpes is in Potchefstroom in Noordwes aangemeld. Die agritegnologie maatskappy, TONN UP, het 'n aanlyn verhandelingsplatform ges...
Monitor 12 April 2021 - Deel 2 12.04.2021 41:20
Huldeblyke stroom steeds in van regoor die wereld ná die dood van prins Philip, die hertog van Edinburgh. Amnestie Internasionaal waarsku dat Covid-19 as't ware as 'n wapen ingespan word om kwesbare gemeenskappe verder te onderdruk. Argeoloë is opgewonde oor 'n groot vonds by Luxor in Egipte.
Monitor 12 April 2021 - Deel 1 12.04.2021 42:38
Die Regterlike Gedragstribunaal het die regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, aan growwe wangedrag skuldig bevind,maar is dit die einde van die pad vir dié regter? 'n Nie-regeringorganisasie vra vir strenger drankregulasies om Suid-Afrika se drankkultuur te verander.
Monitor 9 April 2021 - Deel 2 09.04.2021 46:25
'n Noodberaad van SADEK-leiers het gevra vir 'n streeksbenadering tot die veiligheidsprobleme in die noorde van Mosambiek. Ons bespreek 'n hofbevel wat ouers die reg gee om hulle ongebore babas te begrawe. En ons vind meer uit oor 'n moontlike vyfde fundamentele natuurkrag.
Monitor 9 April 2021 - Deel 1 09.04.2021 45:39
Die regering het 51-miljoen dosisse Covid-19-entstof bekom, wat later vandeesmaand in die land sal aankom. 'n Kenner deel sy mening oor of die entstofverspreidingsprogram behoorlik geïmplementeer kan word. Suid-Afrika se tafeldruifbedryf het 'n rekord oesjaar gehad. Is die ANC besig om guns te wen vir die plaaslike verkiesings deur plekname te verander?
Monitor 8 April 2021 - Deel 2 08.04.2021 45:57
Daar is onsekerheid of die polisie se DNS-rekenaarstelsel funksioneer of nie. Die Departement van Gesondheid en Pfizer het glo 'n ooreenkoms vir 20-miljoen dosisse entstof gesluit - ons praat hieroor asook ander Covid-19-kwessies. Suid-Afrika verloor die eendag internasionale krieketreeks teen Pakistan.
Monitor 8 April 2021 - Deel 1 08.04.2021 45:06
Die plaaslike lugvaartbedryf trek nog swaar weens die Covid-19-pandemie. Ses SADC-lande vergader van vandag af om oor die militante geweld in die noorde van Mosambiek te praat.
Monitor 7 April 2021 - Deel 2 07.04.2021 38:03
Bome groei vier keer vinniger in 'n gebied wat met koffiemoer behandel is. Die eerste rit van die Marshelikopter vind plaas van die Van Zyl-uitkykpunt af.
Monitor 7 April 2021 - Deel 1 07.04.2021 41:40
Kenaiaanse terroriste word nou gekoppel aan die terreur in Mosambiek. Meer as 165 miljoen Amerikaners het reeds minstens een dosis Coronavirus-entstof ontvang.
Monitor 6 April 2021 - Deel 2 06.04.2021 43:57
Die DA het verlede week met boere in die Gert Sibande-distrik gepraat wat van hulle grond afgesit gaan word. Aardbewoners hoef vir eers nie té bekommerd oor asteroïede te wees nie.
Monitor 6 April 2021 - Deel 1 06.04.2021 46:47
Musi Maimane kap terug na die oud-leier van die DA, Tony Leon, se opmerking dat Maimane 'n eksperiment is wat skeefgeloop het. Die toutrekkery tussen inwoners van Koster in Noordwes en die munisipaliteit oor die plaaslike watersuiweringsaanleg gaan voort.
Monitor 5 April 2021 - Deel 2 05.04.2021 48:11
Ons praat met 'n dokter wat sogenaamde Langcovid onder lede het. En die Proteas maak sake gelyk in die eendagreeks teen Pakistan.
Monitor 5 April 2021 - Deel 1 05.04.2021 44:18
Ons praat met 'n konflikontleder oor die verslegtende situasie in die noorde van Mosambiek. Die EFF en Solidariteit eis die LUR van Onderwys in Gauteng se kop.
Monitor 2 April 2021 02.04.2021 45:06
Die Britse regering stel 'n elektroniese stelsel bekend wat oortreders op parool se drankinname monitor. In Suid-Afrika begin verkeersowerhede sogenaamde "bodycams" gebruik. In Mianmar kondig die militêre regering 'n skietstilstand van 'n maand aan te midde van 'n vergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad oor die situasie in dié land.
Monitor 31 Maart 2021 - Deel 2 31.03.2021 44:16
Twee kenners praat oor hoe terreurbedrywighede op die langtermyn sal uitspeel in Mosambiek, en moontlik Suid-Afrika. Ons groet 'n kollega en bekroonde joernalis in die Oos-Kaap, Veronica Fourie. Die George munisipaliteit het besluit om waterbeperkings op te hef.
Monitor 31 Maart 2021 - Deel 1 31.03.2021 40:36
Inperkingsregulasies vir godsdiensbyeenkomste word verslap. Die Minister van Gesondheid, dr. Zweli Mkhize, is vol vertroue dat die regering sy inentingsdoelwitte sal bereik. Ons praat met 'n ekonoom oor die jongste kwartaalikse indiensnemingsyfers.
Monitor 30 Maart 2021 - Deel 2 30.03.2021 41:15
Die ANC stel 'n ultimatum aan Ace Magashule. Die Derek Chauvin moordsaak begin - hy word beskuldig van die moord op George Floyd.
Monitor 30 Maart 2021 - Deel 1 30.03.2021 38:01
'n Kollega en vriend praat oor professor Christoff Heyns se nalatenskap. 'n Verslag vra dat die polisie gedemilitariseer word.
Monitor 29 Maart 2021 - Deel 2 29.03.2021 43:35
Die Nasionale Coronavirusbevelsraad vergader vandag oor die hantering van die virus oor die Paasnaweek. Die sekuriteitsmaatskappy, Dyck Advisory groep, sê meer as 120 mense is reeds na veiligheid gebring sedert die insyperaarsaanval in Palma, Mosambiek. Twee erfenispersele in Pretoria het miljoene rand weens die pandemie en inperking verloor. Die nuutverkose DA-leier in KwaZulu-Natal, Francois Rod...
Monitor 29 Maart 2021 - Deel 1 29.03.2021 39:52
Die Tshwane Metro het ses fasiliteite identifiseer, wat in skuilings vir haweloses omskep gaan word. 'n Ma van KwaZulu-Natal wie se seun in 'n onlangse insyperlaarsaanval in Noord-Mosambiek dood is, sê hy is geskiet terwyl hy probeer vlug het. Eienaars van nagklubs in die Noord-Kaap sê hulle moet konstant kreatiewe maniere vind om die Covid-19-pandemie finansieel te oorleef. Eritrea het ingestem o...
Monitor 26 Maart 2021 - Deel 2 26.03.2021 45:17
Die Konstitusionele Hof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die saak teen oudpresident Zuma. Ons praat met 'n regskenner en 'n politieke ontleder. Meer as 'n halfmiljoen mense het die afgelope jaar SADAG se depressie- en angsgroep gebel.
Monitor 26 Maart 2021 - Deel 1 26.03.2021 38:06
Navorsers ontwikkel 'n wiskundetoets wat graad 1's help. Frankryk moet die byna onmoontlike vermag om die sesnasie-rugbytrofee in te palm.
Monitor 25 Maart 2021 - Deel 2 25.03.2021 43:38
Die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping gaan vandag 'n Konstitusionele hofbevel aanvra om oudpresident Zuma weens minagting van die hof tronk toe te stuur. Omgewingsaktiviste is omgekrap oor die beplande hervestiging van sowat vyfduisend kremetartbome in Limpopo.
Monitor 25 Maart 2021 - Deel 1 25.03.2021 39:13
Die ANC in die Oos-Kaap waarsku teen alternatiewe partystrukture wat hulle sê in Ace Magashule se kantoor geskep word. Swart Suid-Afrikaners is meer gewillig om hulle regte op te offer om die verspreiding van die Coronavirus te bekamp as hulle wit landgenote.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos