RSG

Monitor

News AF ↓ 4390 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

1 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 18 Mei 2021 - Deel 2 18.05.2021

Die voorsitter van die Veediefstal Inligtingsentrum op Ermelo, Cecilia Beukes, sê daar is 'n reuse toename in veediefstal in Mpumalanga. Opkomende boere in Gauteng loop ook toenemend deur onder veediewe. Die struggleveteraan en teoloog, dr. Allan Boesak, sê die Suid-Afrikaanse regering moet alle diplomatieke bande met Israel verbreek.

Monitor 18 Mei 2021 - Deel 1 18.05.2021

Honderde ouer mense word teen Covid-19 ingeënt. 'n Tienerseun sterf tydens diensleweringsbetogings in die Mangaung Metro. Boko Haram was vanjaar verantwoordelik vir meer as 100 aanvalle op burgerlike en militêre teikens.

Monitor 17 Mei 2021 - Deel 2 17.05.2021

Verskeie opposisiepolitici sê hulle sal hulle nie laat inent nie. Ons wonder hoekom, en vra 'n kenner of dit so 'n goeie idee is. Die sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, António Guterres, vra dat die gevegte tussen Israel en Palestina onmiddelik gestaak moet word.

Monitor 17 Mei 2021 - Deel 1 17.05.2021

Oudpresident Jacob Zuma kry sy langverwagte dag in die hof, maar dit word dalk net weer uitgestel. Die nuuspublikasie, Noseweek, moet dalk sy deure sluit.

Monitor 14 Mei 2021 - Deel 2 14.05.2021

Die Verkiesingskommissie wil meer jong mense aanspoor om te registreer vir die komende plaaslike regeringsverkiesing. 'n Voormalige president van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurs reageer op die regering se besluit om Kubaanse ingenieurs in te voer om die land se waterstelsels reg te ruk. Leon van Nierop raak liries oor die nuwe Afri-Kaapse fliek, Barakat.

Monitor 14 Mei 2021 - Deel 1 14.05.2021

Die Wes-Kaap ondervind 'n oplewing van Covid-19-infeksies. Die Moslemgemeenskap vier vandag Eid al-Fitr. Portugal gaan soldate in Mosambiek oplei om terreur in die Cabo Del Gado provinsie te probeer hok slaan.

Monitor 13 Mei 2021 - Deel 2 13.05.2021

Ons sit ons gesprek oor stedelike verval voort, en praat met die vorige burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, om 'n beter begrip van die situasie te kry. Die Nasionale Khoisan-raad sê hoewel hulle bly is oor die nuwe Khoi en San Tradisionele Leierskapswet, is daar steeds leemtes.

Monitor 13 Mei 2021 - Deel 1 13.05.2021

Die ergste gevegte in jare ontwrig die lewe van Israeli's én Palestyne. Motoriste in Pretoria kry raad oor wat om met korrupte en intimiderende metropolisiebeamptes te doen. Gevangenes wat weens die pandemie uit oorvol tronke vrygelaat is, word weer gearresteer, maar dié keer vir erger misdade.

Monitor 12 Mei 2021 - Deel 2 12.05.2021

Vrese van 'n volskaalse oorlog in Israel. Kommer oor die verval van sekere woonbuurte in Johannesburg.

Monitor 12 Mei 2021 - Deel 1 12.05.2021

Die geskorste ANC sekretarisgeneraal word 48 uur gegee om jammer sê. Bewerings dat die Tshwane-metropolisie motoriste terroriseer vir omkoopgeld.

Monitor 11 Mei 2021 - Deel 2 11.05.2021

Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het gister die uitkomste van sy spesiale vergadering oor die naweek bekend gemaak. Ons ontleed die gebeure en besluite wat daar geneem is. Ons vind uit hoe die vergadering tussen Solidariteit en die Minister van Water en Sanitasie verloop het oor die invoer van Kubaanse ingenieurs.

Monitor 11 Mei 2021 - Deel 1 11.05.2021

Kenners meen dat ons nog nie die derde vlaag van Covid-19 ingaan nie. Njozi, die jagluiperd, gaan moeiliker kan ontsnap noudat sy baie nouer gemonitor word. Die vullisprobleem in die Mangaung Metro gee inwoners meer as 'n kopseer. Die ANC sê sy adjunk-sekretarisgeneraal, Jessie Duarte, sal die pligte van die geskorste sekretarisgeneraal, Ace Magashule, oorneem.

Monitor 10 Mei 2021 - Deel 2 10.05.2021

Ons bespreek die woelinge in die ANC. Ons praat met Carl Niehaus en 'n politieke ontleder. Plantkundige Ernst van Jaarsveld vertel van 'n ekspedisie na Angola.

Monitor 10 Mei 2021 - Deel 1 10.05.2021

Hulp aan inwoners in die Overberg ná hewige storms. Die Vryheidsfront Plus het 'n prokureursbrief aan die stadsbestuurder van die Manguang-metromunisipaliteit gestuur waarin oplossings geëis word oor vullisverwydering.

Monitor 7 Mei 2021 - Deel 2 07.05.2021

Die oor-en-weer skorsery van senior leiers in die ANC het onleders aan die bespiegel oor die toekoms van die regerende party. Die Instituut vir Rasseverhoudinge meen president Cyril Ramaphosa is meer lojaal aan ANC-kaders as aan landsburgers. Leon van Nierop lek sy lippe af vir die watertand-kosmaakfliek, Love Sarah, wat vandag in teaters begin.

Monitor 7 Mei 2021 - Deel 1 07.05.2021

Die aanranding van die Vrystaatse boer, Gert Terblanche, kon 'n wraakaanval gewees het. Meer inligting oor twee versekeringsmaatskappye se inisiatief om slaggate reg te maak, kom aan die lig. Daar is glo 48-duisend slaggate in Johannesburg. Die soektog na 'n jagluiperd wat uit die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria ontsnap het, kan weke duur.

Monitor 6 Mei 2021 - Deel 2 06.05.2021

'n Bohaai oor olie-ontginning in Namibië en Botswana. Ongelukkigheid oor nuwe ontwikkelings langs die Suid-Kaapse kus.

Monitor 6 Mei 2021 - Deel 1 06.05.2021

Die ANC skors en muilband Ace Magashule. Ons praat hieroor met 'n politieke ontleder. Die ANC in Johannesburg kom onder skoot vir sy hantering van die sogenaamde slaggat-pandemie.

Monitor 5 Mei 2021 - Deel 2 05.05.2021

Die G7-lande se Ministers van Buitelandse Sake vergader vir die eerste keer in twee jaar in Londen om internasionale knelpunte te bespreek. Slegs 24% van swart kandidate wat Desember se eksamen vir geoktrooieerde rekenmeesters afgelê het, het geslaag. 'n Sosiale media krisisbestuurder verduidelik hoekom al hoe meer mense hulle sosiale media rekeninge sluit.

Monitor 5 Mei 2021 - Deel 1 05.05.2021

Inwoners van Olifantshoek in die Noord-Kaap is al vir langer as 'n week sonder water. Die Wes-Kaapse regering wil meer as 720 000 ouer mense teen Covid-19 inent. Die drukgroep, The Green Connection, is ontevrede met die regering se plan om kragskepe te gebruik om bykomende elektrisiteit aan Suid-Afrika te verskaf.

Monitor 4 Mei 2021 - Deel 2 04.05.2021

Hoe vry is die media in Suid-Afrika en die res van Afrika? Ons praat met 'n kenner. Navorsing wys nuwe neigings in vakansiegangers se gedrag.

Monitor 4 Mei 2021 - Deel 1 04.05.2021

Vrystaat se slaggate eis nog 'n lewe. Uiteenlopende reaksie op die jongste aanbevelings oor leeus.

Monitor 3 Mei 2021 - Deel 2 03.05.2021

Die regering hoop om binne die volgende paar weke 'n strategiese ekwiteitsvennoot vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens te vind. 'n Langverwagte verslag deur 'n hoëvlakpaneel oor die bestuur, teel, jag en handel van wilde diere is vrygestel. Die DA versoek die Gautengse polisiekommissaris, Elias Mawela, om 'n taakspan saam te stel om die toenemende voorvalle van veediefstal in die provinsie te ondersoe...

Monitor 3 Mei 2021 - Deel 1 03.05.2021

Die oorsaak van die brand by 'n pakhuis in Fordsburg in Johannesburg is nog nie vasgestel nie. Ethiopië wil weer sy reservoir op die Nylrivier opvul, maar die Soedanese regering is baie ontevrede met hierdie besluit. Die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, se oorskot is uiteindelik terug in sy tuisdorp, Richardsbaai, in KwaZulu-Natal. En SABC 2 het 'n aantal SAFTA-benoemings los...

Monitor 30 April 2021 - Deel 2 30.04.2021

Amerika se ontrekking uit Afghanistan begin op 1 Mei - ons kyk na die betekenis en gevolge hiervan. Ons fokus op die Amerikaanse president, Joe Biden, se eerste 100 dae in sy amp. Ons vind uit waarom 'n gebrek aan 'n stoel, 'n groot herrie in Ankara veroorsaak het en wat die gevolge van Sofagate sal wees.

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos