RSG

Monitor

News AF ↓ 4398 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

13 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Openbare vs privaatvervoer 06.02.2014

Die stygende brandstof prys het talle motoriste die gebruik van openbare vervoer laat heroorweeg. In Gauteng het pendelaars 'n keuse tussen die Gautrein, minibustaxis en die nuwe Rea Vaya busstelsel. Die vraag bly egter, is dit die moeite werd om die gerief van jou motor prys te gee om op vervoerkoste te spaar? Anita Visser hieroor praat met 'n vervoerekonoom by die Universiteit van Johannesburg,...

Menshare gebruik vir olielekke 05.02.2014

'n Suid-Afrikaanse haar- en voorkomstilis se unieke uitvindsel om menshare aan te wend vir olielekkasies maak internasionaal opslae. Die omgewingsvriendelike proses gebruik mens- of hondehare wat in 'n houer saamgepers is. Die mat absorbeer die olie wat weer later uitgepers kan word as deel van 'n herwinningsproses. Die produk is veral nuttig in mynbou en nywerhede waar masjinerie se olielekke opg...

Hoe moet media bewerings oor molestering hanteer? 30.01.2014

Die Huisgenoot en YOU-tydskrifte het onlangs beweer dat die bekende oudpredikant en skrywer, dr. Solly Ozrovech, destyds as huisvader van 'n kinderhuis, hom aan kindermolestering skuldig gemaak het. Geen regsproses om 'n klag te lê, is gevolg nie en Ozrovech ontken die bewerings. Marlinee Fouche het gaan uitvind wat die media in sulke situasies mag, en nie mag publiseer nie.

Ozrovech gaan Huisgehoot dagvaar 30.01.2014

Die oud predikant en skrywer, dr. Olly Ozrovech, is in die proses om die Huisgenoot en You tydskrifte te dagvaar weens lasterlike bewerings oor kindermolestering wat hy sou gepleeg het terwyl hy 'n huisvader van 'n kinderhuis was. Sy prokureur, Jaques Louw, verduidelik.

Gemengde reaksie op De Kock-parool 29.01.2014

Die moontlikheid van parool vir Eugene de Kock ontlok uiteenlopende emosies by mense. Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, dr. Fanie du Toit, sê die saak moet nugter in oënskou geneem word.

Twee dood in betogings 29.01.2014

Sowat 20 polisielede het gisteraand die geveg van hulle lewe gehad toe 'n skare van ongeveer 1500 betogers hulle in Rhelela buite Tzaneen wou aanval. Die Limpopo polisiewoordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi, sê hulle enigste opsie was om hulleself teen die betogers te verdedig en ongelukkig is twee mense dood.

Mlangeni-familie geskok oor De Kock-parool 29.01.2014

Die familie van die ANC-prokureur Bheki Mlangeni is geskok oor die moontlikheid van parool aan die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock. Mlangeni se broer Lindani sê die familie is nooit hieroor geraadpleeg nie.

3D-drukker bou huis in 20 uur 28.01.2014

Navorsers aan die Universiteit van Suid-Kalifornië in Amerika skep nuwe moontlikhede vir behuisingsuitdagings danksy die aanwending van 'n 3D-drukker in die boubedryf. Die tegnologie, bekend as kontoervervaardiging, maak dit volgens die ontwerper, dr. Behrokh Khoshnevis van die universiteit se Manufacturing Engineering Graduate Program, moontlik om 'n huis binne 20 uur te bou.

Verkragtings wek kommer 22.01.2014

Suid-Afrika steier van die een groot verkragtingskok tot die volgende. Ons het vroeër berig oor die opspraakwekkende saak van 'n negejarige meisie van Delft op die Kaapse Vlakte wat verkrag en daarna aan die brand gesteek is. Kenners is dit eens dat gewelddadige seksuele misdrywe in Suid-Afrika uiters kommerwekkend is.

Grasie gevra vir Korkie-losprys 17.01.2014

Die hulporganisasie GIFT OF THE GIVERS het die ontvoerders van Pierre Korkie in Jemen 'n maand grasie gevra om die geld vir die losprys in te samel. Korkie se vrou, Yolande, het gister in Johannesburg 'n dringende beroep op die militante groep gedoen om hom vry te laat. Sy sê hy is 'n baie siek man. Sy is Vrydag deur die groep wat hulle by Al Kaïda skaar, vrygelaat.

Hoekom het staat miljard rand vir Mala Mala betaal? 16.01.2014

Prof. Ruth Hall van die organisasie PLAAS, sê 'n derde van die staat se begroting vir grondeise is opgeslurp deur die Mala Mala-grondeis, wat 1 miljard Rand aan die eienaar Michael Rattray besorg het. Dit plaas onhoudbare druk op die grondeiseproses en is nie regtig tot voordeel van die N'wandlamhlarhi-gemeenskap nie.

Skole se beheerliggame 16.01.2014

Cobus Bester praat met die bestuurshoof van die Federasie van Beheerliggame (Fedsas), Paul Colditz, oor probleme by skole se beheerliggame en ander probleme by skole.

Ouers en skoolbeheerliggame 16.01.2014

Suid-Afrika kan baat by 'n model om ouers in landelike gebiede op te lei om skoolbeheerliggame te bestuur. So sê 'n besoekende akademikus by die Milaan Skool van Internasionale Sake, Bestuur en Openbare Beleid in Italië, dr. Daniel Altschuler. Sy navorsing het bevind dat ouers wat die soort opleiding ontvang die vaardighede ook op ander gebiede toepas.

Herrie oor renosterjag 14.01.2014

Die bestuurder vir bewaring van die SA Jagters en Bewaringsorganisasie, Lizaan Nel, sê die bohaai oor die swartrenosterbul wat in Namibië gejag gaan word, is onnodig. 'n Permit om 'n bedreigde swartrenoster in Namibië te jag, is vir sowat 3,75 miljoen rand op 'n veiling in Texas in die VSA verkoop. Diereregtegroepe maak beswaar teen die jag op die bedreigde spesie. Nel sê egter renosterbevolkings...

Kenners ontleed ANC se manifes 14.01.2014

Sasol wil 1000 werkers aflê. Telkom sê hy gaan ook 'n klomp mense laat loop. Intussen dreig mynwerkers in die platinumsektor om weer te begin staak, of aan te hou staak en die ekonomie nog verder onder druk te plaas. Brandstofpryse sal waarskynlik volgende maand tot rekordhoogtes styg. Alles aanduidings dat ekonomiese groei en werkskepping onder toenemende druk sal wees. Maar die naweek met die ui...

Plaaslike rolprentmakers moet ander markte soek 14.01.2014

Net die noem van die woord "verspreider" laat sekere plaaslike rolprentmakers se bloed kook. Dit is die maatskappye en individue wat bepaal watter flieks waar en vir hoe lank vertoon word. En met die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf wat aanhou groei sê vervaardigers hulle sal ander markte vir hulle produkte moet vind.

DA sê Vrede Suiwelprojek melk belastingbetalers 14.01.2014

Die Demokratiese Alliansie het die openbare beskermer gevra om die Vrede Suiwelprojek in die Vrystaat te ondersoek. Die werkskeppingsprojek het ten doel om 'n suiwelplaas op die been te bring, waarna dit ook as 'n opleidingsentrum sal dien. 'n DA lid in die Vrystaatse Wetgewer, Roy Jankielsohn, meen egter daar is oorspandering en moontlike bande met die Gupta-familie.

Klimaatsverandering 10.01.2014

Klimaatskeptici sê die jongste flater van die voormalige visepresident van Amerika en deesdae klimaatveranderingsaktivis, Al Gore, bevestig hulle aanspraak dat klimaatsverandering die wêreld se grootste leuen is. Gore, wat al in sy dae as politikus gereeld ondeurdagte stellings gemaak het, het die wêreld tussen 2007 en 2009 laat regop sit met sy uitsprake oor wat toe nog bekend gestaan het as aard...

Dispuut oor nuwe Munisipale Bestuurder 10.01.2014

Die belastingbetalersvereniging van Graaff-Reinet in die Oos-Kaap het die Openbare Beskermer versoek om tussenbeide te tree in 'n dispuut oor die aanstelling van die Munisipale Bestuurder by die Camdeboo Munisipaliteit. Die vereniging sê die gemeenskap wil nie 'n munisipale bestuurder hê wat ses hangende strafregtelike aanklagte teen hom het nie.

Min graad een's maak dit tot universiteit 08.01.2014

Net een uit elke tien leerlinge wat met graad een begin, kry uiteindelik 'n tersiêre kwalifikasie. So vertel die uitvoerende hoof van die Instituut van Rasseverhoudinge, Frans Cronje. Hy sê net die helfte van leerlinge in graad een sal matriek slaag en dat die aantal leerlinge op die skoolbanke van graad 10 af ernstig afneem.

Noord-Amerika in koue se wurggreep 08.01.2014

Noord-Amerika bly vasgevang in die greep van 'n ysige winterstorm. In New York, aan die ooskus van die VSA, is temperature van minus15 grade Celsius gister aangeteken en in Winnipeg in die middel van Kanada is temperature van laer as 30 grade onder vriespunt aangeteken.

Monitor 25 Desember 2013 24.12.2013

Spesiale aktualiteitsprogram vir Kersdag.

Dowes ontsteld oor gebaretaaltolk 12.12.2013

Die dowe gemeenskap het skerp reageer op die gebaretaal-tolk wat Dinsdag tydens oudpresident Nelson Mandela se gedenkdiens by die ENB-stadion gebruik is. Die man, wat groot name soos pres. Barack Obama van die VSA en die hoof van die VN, Ban Ki-moon, vertolk het, het glo net sy arms geswaai en geen betekenis hoegenaamd oorgedra nie.

Matrieks sukkel om werk te kry 03.12.2013

Van die ongeveer halfmiljoen matrikulante wat eindeksamen geskryf het, sal meer as 300,000 nie volge…

Regstellende aksie-saak uiteindelik verby 29.11.2013

Lieutenant-Kolonel Renate Barnard sê sy is verlig dat die appèlhof in Bloemfontein gister in haar gu…

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos