RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Reg van toegang tot inligting 05.09.2014 7:47
Die hofopdrag dat die sogenaamde spioenasiebande aan opposisiepartye oorhandig moet word, het weer die vraag by mense laat ontstaan: wat is die gewone mens se reg van toegang tot inligting? Hoe ver strek dit? Waar begin of eindig die openbare belang? Is daar 'n verskil tussen die openbare belang en openbare belangstelling? Cobus Bester praat hieroor met prof. Lood Pretorius van die Universiteit va...
ANC en EFF amper slaags 05.09.2014 3:18
EFF en ANC-parlementslede het gister byna vuisgeslaan tydens 'n vergadering van die Komitee oor Magte en Voorregte. Die komitee is op die been gebring om 20 EFF-LP's se onlangse ontwrigting van die Nasionale Vergadering te ondersoek. Die EFF het toe luidkeels daarop aangedring dat die president sê wanneer hy die geld wat aan opgraderings aan sy Nkandla-woning bestee is, gaan terugbetaal. Die komit...
"Moenie stilbly oor verkragting" 04.09.2014 4:43
Om stil te bly oor 'n verkragting hou geen voordeel in vir slagoffers wat die misdaad oorleef het nie. Dit is die boodskap wat Kim Jacobs van Eldorado Park, suid van Johannesburg, versprei. Die jong meisie wat jare lank geswyg het oor haar donker geheim, wy nou haar lewe daaraan om ander te help. Sy ondersteun jong meisies en vroue wat seksueel aangerand is.
Shifty Records 02.09.2014 4:32
In die stormagtige 1980's in Suid-Afrika het die Shifty Records musieketiket 'n belangrike rol gespeel om, te midde van streng sensuur, kunstenaars se stemme te laat hoor. Die Shifty-verhaal van musikale aktivisme word nou deur middel van uitstallings, dokumentêre vertonings, paneelbesprekings en konserte vertel. Nina Oosthuizen het gaan kyk:
Etiketskool 02.09.2014 8:02
Vaardigheidsopleiding geniet gewoonlik baie meer aandag as wat sosiale gedrag in die samelewing geniet. Goeie tafelmaniere, 'n mooi regop houding en selfoonetiket is glo baie belangriker as wat baie mense dink. Suid-Afrika se eerste skool van etiket, waar gedragsdeskundiges mense die kuns van goeie maniere leer, is nou sowat 'n jaar oud. Volgens die eienaars word die skool al hoe gewilder. Darren...
Nuwe Eskombaas op kantoor 02.09.2014 3:37
Die nuut aangestelde uitvoerende hoof van Eskom, Tshediso Matona, het gister sy eerste dag op kantoor gehad, maar sal eers op 1 Oktober die leisels by die waarnemende hoof, Colin Matjila, oorneem. 'n Onafhanklike energiekenner is egter skepties of Matona die byna onmoontlike sal kan vermag om die kragverskaffer op die regte pad te kry.
Thuli vs Zuma 25.08.2014 10:15
Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, het vir president Jacob Zuma 'n brief geskryf waarin sy vir hom twee weke tyd gee om vir haar terugvoer te gee, oor wanneer hy sy aandeel in die Nkandla-opgradering sal terugbetaal. In die brief sê Madonsela dat dit ongrondwetlik vir Zuma is om die minister van polisie, Nathi Nhleko, te versoek om te bepaal of hy aanspreeklik is om die geld terug te betaal....
"Gee terug die geld!" 22.08.2014 5:40
GEE TERUG DIE GELD! Met hierdie woorde het die EFF-lede gister vir die eerste keer in die geskiedenis van die demokratiese parlement veroorsaak dat die Nasionale Vergadering te midde van chaos moes verdaag. Dit was terwyl president Jacob Zuma gereageer het op vrae, onder meer oor die opgradering van Nkandla. Die EFF-lede het Zuma uitgejou en wou weet wanneer hy die geld gaan terugbetaal soos wat d...
Max du Preez oor EFF-optrede 22.08.2014 5:08
Die EFF het gister op 'n ongewone manier die vraag wat op almal se lippe is, gedreunsing aan die president in die Parlement as 'n opdrag: "Pay back the money". Toe die President sê dat hy reeds die vraag hanteer het en dat die saak deur 'n ad hoc-komitee hanteer sal word, het die leier van die party, Julius Malema, geskreeu: "Moenie agter jou Presidentskap skuil nie" terwyl sy lede aanhou gedreuns...
S&P gaan banke nie afgradeer 21.08.2014 5:30
Nog een van die groot graderingsagentskappe, Standard and Poor, het bekendgemaak dat hy nie die voorbeeld gaan volg van Moody's deur die land se vier groot banke se kredietgradering afwaarts aan te pas nie. S&P sê hy is tevrede met die manier waarop die Reserwebank die situasie bestuur na die terugslag wat African Bank getref het. Vroeër die week het Moody's almal onkant betrap met sy besluit, glo...
Ebola 20.08.2014 8:19
'n Mens is bang, maar nie so bang dat jy nie jou werk kan doen nie. So vertel 'n Amerikaanse epidemioloog betrokke by Dokters Sonder Grense, dr. Andrew Medina-Marino, wat pas van Liberië teruggekeer het waar hy betrokke was by die behandeling van ebola-pasiënte.
Ebola 15.08.2014 6:35
Die Afrika Unie het beloof om $1-miljoen aan die bestryding van die Ebolavirus in Wes-Afrika te bestee. Dit volg kort op die Wêreld Gesondheidsorganisasie se besluit om $200-miljoen na Sierra Leone, Liberië en Guinee te stuur as deel van 'n sogenaamde Ebolafonds. 'n Suid-Afrikaanse medikus, dr. Stefan Kruger, wat saam met Dokters Sonder Grense in Kailahun, aan Sierra Leone se oostelike grens met G...
Depressie 15.08.2014 2:45
Mense is vandeesweek wêreldwyd geskok oor die nuus van die Amerikaanse akteur en komendiant, Robin Williams, se dood. Volgens voorlopige verslae van die polisie het Williams homself gehang. Berigte dat Williams vir jare lank aan depressie gely het, het ook talle geskok. En gister het sy vrou bekendgemaak dat hy 'n vroeë stadium van Parkinson se siekte onder lede gehad het. Kenners sê depressielyer...
Sistiese fibrose 15.08.2014 4:23
Sistiese fibrose is een van die algemeenste genetiese siektes onder Suid-Afrikaners, maar min mense met die siekte word behandel. 'n pediatriese pulmonoloog, dr. Carla Els, sê dit kom tradisioneel meestal onder wit mense voor, maar daar is nou ook 'n toename in die siekte onder ander rassegroepe.
Griekwastadmoordenaar 20 jaar tronk toe 14.08.2014 5:09
Die 17-jarige beskuldigde in die Griekwastad-moordsaak is effektiewelik tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Regterpresident Frans Kgomo het gister hierdie vonnis in die Noord-Kaapse hooggeregshof opgelê. Die minderjarige het Deon Steenkamp, sy vrou Christelle en hulle dogter Marthella vermoor. Hy is ook aan die verkragting van Marthella, en regsverydeling skuldig bevind.
Robin Williams 1951 - 2014 13.08.2014 2:16
Huldeblyke stroom steeds in vir die Amerikaanse komediant en akteur Robin Williams ná sy selfdood. Hy was 63 jaar oud. Sy aanhangers sal hom onthou as 'n veelsydige akteur wat in talle rolprente sy merk gemaak het. Luister na 'n rits van sy bekendste aanhalings in rolprente.
Kwotastelsel vir vroue in topbestuur 13.08.2014 4:25
Volgens navorsing deur Grant Thornton is net sowat 52% van maatskappye in die land bereid om die beoogde kwotastelsel vir vroue in top bestuursposisies te ondersteun. Altesaam 300 Suid-Afrikaanse maatskappye, verteenwoordigend van die breë sektor, is betrek by die wêreldwye navorsing. Die Internasionale Sakeverslag wys dat slegs 26% van die top bestuursposte deur vroue gevul word en dat 21% van Su...
Depressie 13.08.2014 8:25
Depressie is in die kollig na die selfmoord van die gewilde akteur Robin Williams. Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Geestesgesondheid beraam dat minstens 16 miljoen Amerikaanse volwassenes daaraan ly. Maar hoe staan sake in Suid-Afrika? Anita Visser praat hieroor met Lian Taljaard van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Angs en Depressie.
Die Groot trek 08.08.2014 9:07
Dag 20 het aangebreek. Die dapper trekkers, Foeta Krige en Barend la Grange is nou in Addis Ababa in Ethiopië na 'n uitmergelende rit van sowat 1500km van Nairobi tot in Addis. Foeta Krige vertel meer van hulle ervaring.
Nuwe A350 in Johannesburg 04.08.2014 4:53
Die wêreld se nuutste passasiersvliegtuig, die Airbus A350 XWB, het die naweek die eerste keer in Suid-Afrika geland. Die vyfde prototipe het belangrike toetse by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg kom uitvoer. Justin Kennerley was daar.
Nuwe planne vir matriek 04.08.2014 6:16
Daar kom dalk 'n radikale hervorming van die matriek-kurrikulum. Die minimum slaagsyfer kan opgeskuif word en wiskunde verpligtend gemaak word. Die verslag van 'n ministeriële taakspan word nou deur die departement bestudeer, waarna aankondigings daaroor gemaak sal word. Cobus Bester praat hieroor met 'n onderwyskenner, prof. Kobus Maree van die Universiteit van Pretoria.
Plaasanvalle - Deel 3 31.07.2014 8:39
Christine Robinson is gister wreed op haar plaas sowat 15 km buite Thabazimbi vermoor. Dit is een van drie plaasaanvalle wat gister aangemeld is. In die ander voorvalle is drie vroue en 'n baba van Chrissiesmeer in Mpumalanga en 'n boer van Camperdown in KwaZulu-Natal aangeval. Die Menseregtekommissie het onlangs aangedui dat hy plaasaanvalle gaan ondersoek. Izak du Plessis het in die lig hiervan...
Munisipale oudits 31.07.2014 6:13
Die ouditeurgeneraal, Kimi Makwetu, sê wanbestuur van die verkrygingsprosesse en onreëlmatige uitgawes gebeur nog op groot skaal in plaaslike regerings. Makwetu het sy jaarlikse verslag oor plaaslike regerings in Pretoria bekendgemaak. Hy sê uit die 319 oudits wat voltooi is, het slegs 22 munisipaliteite en agt openbare entiteite skoon oudits ontvang. Makwetu sê daar is mense wat al vir jare in di...
Plaasaanvalle - Deel 2 30.07.2014 7:55
Drie verdagtes in die moord op die Schuttes van Richmond in KwaZulu-Natal sal Donderdag gevonnis word. Dit vestig weer die aandag op plaasmoorde. Mense wat hierdeur geraak word, leef in onsekerheid en vrees. Izak du Plessis het 'n week in die Oos-Vrystaat deurgebring om tussen al die politieke retoriek en onsekerheid oor die verskynsel by boere self uit te vind hoe dit hulle raak.
Huursoldaat? - 1 30.07.2014 1:30
Die soldaat, Dean Goodson wat in die Israeli weermag veg, is 'n Israelse burger. So vertel die nasionale direkteur van die Suid-Afrikaanse Zioniste Federasie, Isla Feldman. Die plaaslike Palestynse ondersteuningsgroep, Action Forum in Support of Palestine, het vroeër 'n klag by die polisie aanhangig gemaak dat Goodson 'n huursoldaat is.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos