RSG

Monitor

News AF ↓ 4397 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

12 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

TV-aanbieder verloor arm 12.11.2014

Die akteur en aanbieder van KykNet se motorfietsprogram Woema, Theunis Nel, se regterarm is gister geamputeer. Dit volg nasat sy arm Maandag in 'n ongeluk op die N1 naby die Garsfontein-afrit in Pretoria vergruis is. Nel se mede-aanbieder van Woema, Anria van Heerden, sê hy is nog nie bewus daarvan dat hy sy arm verloor het nie.

Indië se korrupte ministers 12.11.2014

Sewe van Indië se 21 nuwe kabinetsministers staan tereg op verskeie aanklagte, wat wissel van ernstige misdade soos verkragting en poging tot moord, tot intimidasie. Hierdie bevindings deur die gerespekteerde Indiese nieregeringsorganisasie, The Association for Democratic Reforms, maak vandeesweek opslae in elke uithoek van 'n land waar die meeste landsburgers vuisvoos is van korrupsie.

Cosatu se probleme 11.11.2014

Die probleme wat sedert die waterskeidingskongres van COSATU in 2011 ondervind word, is tot 'n spits gedryf toe NUMSA Vrydag uit die vakverbond geskors is. Boonop het agt ander wat daarop aanspraak maak dat hulle die helfte van COSATU se ledetal verteenwoordig, gister met onmiddelike effek, tydelik uit Cosatu onttrek. Anita Visser praat hieroor met prof. Dirk Kotze van UNISA, en 'n kenner op die g...

SA op pad na perfekte storm 07.11.2014

Die veteraanjoernalis en ontleder Max du Preez sê Suid-Afrika is steeds 'n werkende skip, maar hy seil in 'n storm in sonder 'n vaardige skipper. En die perfekte storm wat die huidige stelsel omver kan werp, lê dalk heelwat nader as 2020, soos Moeletsi Mbeki voorspel het.

Heyns-moord: 20 jaar later 06.11.2014

Dit is nie soseer wie nie, maar waarom. wat die vraag is wat die 53-jarige Dirk Heyns homself steeds afvra, 20 jaar na die moord op sy pa, die N.G. Kerk moderator, prof. Johan Heyns. Half agt die aand van 5 November 1994 was die week twintig jaar gelede dat die 66-jarige Johan Heyns in sy TV-kamer in sy Waterkloofhuis voor sy kleinkinders, Johan, Theo en Hannes vermoor is, toe 'n sluipskutter deur...

Koch: opmerkings oor Steve is vryheid van spraak 06.11.2014

Conrad Koch, die humoris agter die buiksprekerpop Chester Missing, sê oefen bloot sy vryheid van spraak uit deur sy opmerkings op sosiale media oor Steve Hofmeyr.

Steve kry hofbevel 06.11.2014

Die sanger Steve Hofmeyr het gister 'n dringende hofbevel teen Conrad Koch, die humoris agter die buiksprekerpop Chester Missing, gekry. Hofmeyr sê die Randburgse Landdroshof het dit duidelik gemaak dat hy nie verder geteister mag word nie. Missing mag ook nie enige kontak met Hofmeyr se vennote of borge maak nie. Kwetsende of lasterlike aanmerkings oor Hofmeyr op sosiale media is ook verbied. 'n...

Ma's maak beweerde pedofiel se naam bekend 06.11.2014

Twee susters van Hartbeespoortdam in Noordwes het besluit om die identiteit van 'n vermeende pedofiel bekend te maak nadat hy vandeesweek uit die tronk vrygelaat is. Hulle kinders is glo deur hulle half broer verkrag, gesodomiseer en seksueel misbruik. Die 20-jarige het vlugtig in die landdroshof in Brits op twee aanklagte van verkragting en drie van seksuele aanranding verskyn. Die saak is Maanda...

Vrese oor Coxsackievirus ongegrond 05.11.2014

Die instituut vir oordraagbare siektes sê hoewel daar geen behandeling vir die Coxsackievirus is nie, hoef die publiek nie te vrees dat daar 'n onbeheerbare uitbreking van die virus in Suid-Afrika is nie. Sosiale netwerke was aan die gons nadat 'n kleuterskool op Vryburg in Noordwes sy deure gesluit het omdat die kinders na bewering die virus onder lede gehad het. Verskeie mense het op Facebook ge...

Eskom se probleme 03.11.2014

Die kragverskaffer Eskom loop deur onder kritiek, met bykans die ganse land wat beurtkrag sal moet verduur. Instandhouding blyk die grootste probleem te wees. 'n Silo met tonne steenkool by Eskom se Majuba-kragstasie het die naweek ineengestort, en kragvoorsiening is as gevolg daarvan beperk.

Meer beurtkrag-druk vir sommige 03.11.2014

Die ekonoom en eienaar van economist.co.za, Mike Schussler, sê alhoewel almal deur Eskom se beurtkrag geraak word, is daar tog sekere sektore wat onder meer druk sal wees...

Gedenkdiens vir drie atlete 31.10.2014

Die Suid-Afrikaanse sportgemeenskap het gister hulde gebring aan drie sportsterre wat die afgelope paar dae tragies oorlede is. Die 800 meter wêreldkampioen en silwer medalje-wenner by die 2004 Athene Olimpiese Spele, Mbulaeni Mulaudzi, die Bafana Bafana kaptein Senzo Meyiwa en die vroue-bokser Phindile Mwelase is binne drie dae van mekaar dood. Verskeie hooggeplaastes het gister se gedenkdiens by...

Matriekeksamen 30.10.2014

Die matriekeksamen is nie die einde van die wêreld nie. Dit is die mening van prof. Lukas Meyer van die Fakulteit Opvoedkundige Sielkunde op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hy sê die regte soort spanning kan selfs goed wees.

Hlaudi-uitspraak kan verreikende gevolge hê 27.10.2014

Die uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor die SAUK bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, kan verreikende gevolge hê. Ingevolge die uitspraak moet Motsoeneng geskors, en dissiplinêre prosesse teen hom begin word. Dit kan nou die weg baan vir opposisiepartye wat aanklagte wil bring teen pres. Zuma oor die wanbesteding by sy private woning op Nkandla. Anita Visser praat hieroor met die grondwetkenn...

SA kwadrupleeg ingenome stamsel-oorplanting 24.10.2014

Die Suid-Afrikaanse kwadrupleeg, Tommy Prins, is baie ingenome met die vordering wat hy gemaak het ná stamsel-oorplantings twee jaar gelede. Die 34-jarige Prins het drie maande gelede die eerste keer 'n lepel vasgehou, en kan nou weer self eet na sy ongeluk op 25-jarige ouderdom. Die ongeluk het gebeur toe Prins by Hartenbos teen 'n sandwal in die see geduik het.

Deurbraak vir stamselnavorsing 23.10.2014

"Dis groter as die maanlanding" sê professor Geoff Raisman van die University College London se Instituut vir Neurologie oor die oorplanting van senuweeselle van die neus se slymvlies na die rugmurg. Die praktiese gevolg is dat 'n Bulgaarse parapleeg weer met die hulp van 'n loopraam kan beweeg.

Moontlikhede van stamselnavorsing 23.10.2014

Mense moenie vals hoop skep uit die herstel van 'n man wie se rugmurg erg beskadig was nie, sê Netcells SA. Dit volg nadat wetenskaplikes in Brittanje en Pole selle van 'n pasiënt se neus gebruik het om sy rugmurg te herstel. Die man wat van sy bors af ondertoe verlam was, kan nou weer loop. Loraine Maritz van Netcells SA sê hoewel dit 'n verhaal van hoop is, is dit net die eerste tree van 'n lang...

Pistorius oorheers op sosiale media 22.10.2014

Sedert die nuus van die skietdood van Reeva Steenkamp deur Oscar Pistorius op Valentynsdag 2013 op sosiale media gebreek het, het die saak keer-op-keer die sosiale media netwerke oorheers. So vertel Tonya Khoury van die media navorsingsmaatskappy, R-O-I Africa. Khoury sê die getalle twiets en plasings het gister met vonnisoplegging 'n hoogtepunt bereik. Lila Magnus doen verslag.

Pretorius in die tronk. 22.10.2014

Oscar Pistorius het gister berading ontvang na hy by die tronk aangekom het. Hy is gister tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Pistorius is vroeër onder andere aan manslag skuldig bevind. Hy het 'n enkelsel in die hospitaalvleuel van die tronk. Die tronkowerhede sê hy het deurmekaar gelyk en die kapelaan het met hom gepraat. Daarna het die tronksielkundige hom gesien. Liela Magnus doen verslag.

Grondhervorming 17.10.2014

By sy jaarkongres in Pretoria het Agri SA hom tot grondhervorming in Suid-Afrika verbind, met 'n alternatiewe voorstel tot die sogenaamde 50/50-herverdelingsmodel waarvolgens die helfte van plase aan plaaswerkers oorgedra word. Terselfdertyd het Gugile Nkwinti, die Minister van Landelike ontwikkeling en grondhervorming, boere gerusgestel by Agri SA se jaarkongres in Pretoria. Hy het gesê dat 'n Zi...

Ruik jou lewensmaat uit 17.10.2014

Moenie jou neus gering skat as dit kom by romanse nie. Jou seksuele aangetrokkenheid tot n pasmaat, is gebaseer op reuk. Britse wetenskaplikes het onlangs navorsing beaam wat deur die Massachusets Institute of Technology in Boston gedoen is. Reuk, soos instink, vertel jou alles wat jy behoort te weet oor jou maat.

Is daar lewe na die dood? 14.10.2014

Die mens ervaar 'n mate van bewussyn, selfs nadat hy breindood verklaar is. Dit is van die bevindings wat gemaak is in die grootste mediese navorsingsprojek oor nabydoodervarings. Wetenskaplikes aan die Universiteit van Southampton in Engeland het meer as 2,000 mense wat hartversaking gehad het, gebruik vir die navorsing, sê 'n sielkundige aan die Nottingham Trent Universiteit, dr. David Wilde.

Oscar Pistorius 14.10.2014

Oscar Pistorius se advokaat, Barry Roux, sal vandag sy laaste getuie roep ter versagting van die vonnis. Roux het in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria aangedui 'n proefbeampte sal sy laaste getuie wees.

Hidrobreking 13.10.2014

Die kwessie van hidrobreking in die Karoo het onlangs weer sterk op die voorgrond getree na twee internasionale bewusmakingsdae hieroor gehou is. Sommige kenners sê skaliegasontginning hou ekonomiese voordele in, maar ander sê weer dat die omgewing beskadig kan word. Daar is egter nog baie onduidelikhede oor die voor en nadele van hidrobreking. Cobus Bester praat hieroor met Julius Kleynhans, die...

Genadedood 10.10.2014

Genadedood is 'n kwessie wat pal in die nuus is. Dit maak nou weer opslae met die 29-jarige Brittany Maynhart wat van Kalifornië na Oregon in Amerika getrek het, sodat sy op 1 November haar eie dood kan veroorsaak. Sy het breinkanker. Die staat Oregon het die sogenaamde "sterf met waardigheid wet", wat genadedood toelaat. Maar daar is ook kritiek oor haar besluit. Maynhardt het 'n video gemaak oor...

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos