RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 24.03.2017 6:36
Die hewige debat wat hierdie week ontketen is deur die sogenaamde Spur-voorval, het die vraag laat ontstaan of identiteitspolitiek die plaaslike openbare diskoers oorgeneem het? Heindrich Wyngaard het met 'n paar kenners en deelnemers aan die openbare debat gepraat.
Monitor 24.03.2017 1:45
Roelf Meyer, een van die hoofonderhandelaars tydens Suid-Afrika se oorgang van apartheid na demokrasie, sê die Grondwet moet die rigtingwyser wees in 'n debat soos die oor identiteitspolitiek.
Monitor 22.03.2017 3:07
Spastiese diplegie, of te wel dubbelsydige verlamming, was nog altyd deel van die 23-jarige Anita Engelbrecht se lewe, maar dit keer haar glad nie om grense te verskuif nie. Nie net het sy bo alle verwagtinge op skool presteer nie, sy het ook verlede week 'n B. Com.-graad in bestuursrekeningkunde verwerf, en is besig om te oefen vir haar tweede Comrades-marathon.
Monitor 21.03.2017 10:12
'n Opgewonde gesin op 'n Sondagaand op die N1, op pad na 'n vakansiebestemming... Hulle 23-maande-oue dogtertjie is op die agtersitplek in haar babastoeltjie. Skielik is daar donkerte toe haar pa beheer van die voertuig verloor. Daar is nagte in die hospitaal langs haar bed, en nuus dat sy ernstige breinskade opgedoen het. Hulpeloosheid. Spring ses jaar vorentoe na 'n agtjarige dogtertjie wat haar...
Monitor 21.03.2017 13:24
Suid-Afrikaners vier vandag Menseregte. Weet jy wat jou regte is? Weet jy wat die historiese betekenis van die dag is? Hier om te help met antwoorde op die vrae, is dr. Leon Wessels, direkteur van die Sentrum vir Menseregte by die Vrystaatse Universiteit.
Monitor 20.03.2017 3:33
Baie Suid-Afrikaners is geneig om saans te gaan slaap sonder om tande te borsel. Wêreld Mondhigiënedag word vandag gevier, en 'n Johannesburgse tandarts, dr. Mishka Dirk Vrey, het raad oor hoe om jou roetine só aan te pas dat jou mond higiënies bly. Hanri Wondergem het met hom gepraat.
Monitor 03.03.2017 4:42
Die nie-betaling van maatskaplike toelae kan tot sosiale onrus lei, maan die teoloog dr. Chris Jones van die Universiteit Stellenbosch. Terselfdertyd wys hy daarop dat die toelae alleen nie in die lange duur sosiale geregtigheid gaan verseker nie - sowel die regering as gewone burgers sal anders moet begin dink oor hul rol in die verband. Hierdie bydrae deur Heindrich.
Monitor 02.03.2017 4:44
Seksopvoeding is, volgens 'n kenner, die antwoord op die toenemende probleem van blootstelling aan pornografie onder tieners. Navorsing deur die jeugnavorsingseenheid by Unisa se Buro vir Marknavorsing wys dat meer as die helfte van hoërskoolleerders al na pornografie gekyk het. Dr. Antoinette Basson, 'n sielkundige verbonde aan die eenheid sê dit skep 'n verwronge beeld van seks onder die jeug. H...
Monitor 02.03.2017 6:41
Suid-Afrika se Mervyn Davis het 'n internasionale reputasie gebou as 'n maker van uitstekende gesnaarde musiekinstrumente, soos kitare, banjos en viole. Hy sê sy hartstog is om musiekinstrumente te bou wat aan die behoeftes van moderne komponiste sal voldoen, deur moderne tegnologie te gebruik, maar om terselfdertyd die romanse van klassieke instrumente te behou. Tog verskil baie van sy skeppings...
Monitor 28.02.2017 11:19
Honderde teologiese studente vanuit Afrika se grade, wat hulle by 'n Bybelkollege in Barberton verwerf het, is nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Die grade word die afgelope sowat 15 jaar deur die Back to the Bible Training College in Barberton toegeken. Die instelling is egter volgens die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding 'n swendelkollege. Monitor het ondersoek ingestel.
Monitor 14.02.2017 22:20
Die FEES MUST FALL-veldtog het die klem geplaas op die finansiering van tersiêre onderrig, terwyl die eintlike probleem akademies van aard is. So sê die direkteur van die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool, prof. Piet Naude. Hy het sy saak sonder skroom aan Anita Visser gestel.
Monitor 10.02.2017 20:39
Pres. Jacob Zuma het gisteraand sy 2017-staatsrede in die Nasionale Vergadering gelewer. Om die inhoud van sy toespraak te ontleed, verwelkom twee ontleders wat weinig bekendstelling nodig het - die politieke kommentator dr. Piet Croucamp en die Efficient Groep se hoofekonoom, Dawie Roodt.
Monitor 10.02.2017 5:16
Meer as 80 polisielede het op Rosettenville in Johannesburg toegesak om die verhouding met inwoners te verbeter. Dit volg nadat inwoners verlede week die reg in eie hande geneem het, en gewelddadig teen dwelmhuise, prostitusie en onwettige immigrante betoog het. Jamaine Krige het die uitvoerende burgemeester, Herman Mashaba, en ander amptenare op die klopjagte vergesel.
Monitor 08.02.2017 5:20
Een van die sake wat die minister van finansies na verwagting in sy begrotingsrede sal aanraak, is die voorgestelde suikerbelasting. 'n Belastingskenner van die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool, Lee-Ann Steenkamp, sê die belasting kan dalk eers in 2019 ingestel word. Sy sê besonderhede oor hoe die belasting gehef sal word, is nog onduidelik.
Monitor 02.02.2017 4:03
Die voormalige staatsaanklaer Gerrie Nel het kritiek afgemaak teen sy skuif na Afriforum om 'n private vervolgingseenheid te begin. Die eenheid sal vervolgings, wat deur die NVG verwerp is, met privaatbefondsing dryf. Nel, wat vir 36 jaar as aanklaer gewerk het, se bedanking en nuwe verbintenis met Afriforum is skerp gekritiseer weens persepsies dat die burgerregtegroep eksklusief wit en Afrikaans...
Monitor 02.02.2017 2:47
Die Departement van Handel en Nywerheid sê hy doen alles in sy vermoë om verdere werksverliese in die pluimveebedryf te voorkom. Dit volg nadat 1,300 mense vroeër die week deur Rainbow Chickens in die pad gesteek is. Die departement het aan die parlementêre komitee oor handel en internasionale betrekkinge gesê hy het die Landbank genader vir bystand.
Monitor 01.02.2017 3:18
Die Kimberley Hospitaal in die Noord-Kaap word skerp gekritiseer nadat ouers 'n saak van nalatigheid gemaak het. Jo-Ann en Edward Beckman beskuldig die instelling daarvan dat hulle twee-jarige dogter dood is weens natlatigheid, 24 uur nadat sy opgeneem is. Hulle doen nou regstappe om die hospitaal te dwing om verantwoordelikheid vir die kind se dood te aanvaar.
Monitor 30.01.2017 3:02
Verskeie agentskappe in Amerika, onder meer die ruimte-agentskap NASA en die Environmental Protection Agency (EPA) het alternatiewe Twitter-rekeninge geopen nadat president Donald Trump feitelike twiets waarvan hy nie gehou het nie, laat wis het. Wetenskaplikes in die VSA het met woede en irritasie gereageer. Ons wetenskapkorrespondent, George Claassen, sê die stap deur Trump hou niks goeds in vir...
Monitor 30.01.2017 5:59
Die droogte oor groot dele van die Oos-Kaap word deur boere beskryf as die ergste wat die gebied nog getref het. Plase in die distrikte Graaff-Reinet, Steytlerville en Jansenville word die ergste geraak. 'n Ekonomiese krisis bedreig die streek, waar meer as 5- persent van die wêreld se sybokhaar geproduseer word. Veronica Fourie berig.
Monitor 26.01.2017 4:51
Die AHI het met 'n grootskaalse herstruktureringsproses begin, wat onder meer insluit dat drie van die sake-organisasie se tien permanente werknemers skeidingspakkette aangebied is. Die organisasie se voortgesette gebruik van kantoorruimte word ook tans bespreek. Heindrich Wyngaard het die uitvoerende hoof, dr. Ernest Messina, gevra wat die implikasie van die AHI se herstrukturering vir kleinsake-...
Monitor 20.01.2017 25:13
Donald John Trump word vandag by die Capitol-gebou in Washington DC ingehuldig as die 45ste president van Amerika. Wat behels die seremonie en watter protokol gaan daarmee gepaard? Is daar enige geskiedenis of rituele waarop die seremonie geskoei is? Anita Visser het in die SAUK se klankargief gaan rondkrap om te sien wat tydens vorige inhuldigings gebeur het, en sy praat met 'n Amerikaanse diplom...
Monitor 19.01.2017 6:23
'n Nuwe internasionale aksieplan om aasvoëls te beskerm, sal in Oktober by die 12de Konferensie van Partye aangekondig word. Anita Visser praat hieroor met die oorhoofse koördineerder vir Afrika, Europa en Asië, Andre Botha.
Monitor 19.01.2017 9:29
'n Reuse sinkgat op die R31-roete tussen Daniëlskuil en Kuruman het die afgelope paar weke groot nuus gemaak. Intussen het twee sogenaamde grotkruipers die sinkgat ondersoek en afgekom op 'n uitgebreide ondergrondse grotstelsel. 'n Komiteelid van die Speleologiese Eksplorasieklub, Karin Human, is in die ateljee.
Monitor 18.01.2017 5:01
Die Jakes Gerwel-stigting, wat in 2014 tot stand gebring is, het groot planne vir 2017 - insluitend 'n boekprys, 'n skrywershuis en 'n krieket-ontwikkelingsprogram. Hulle het dit op die vooraand van wyle prof. Gerwel se 71ste geboortedag met Monitor bespreek. Heindrich Wyngaard het met prof. Gerwel se seun, Hein, hieroor gepraat.
Monitor 13.01.2017 2:41
'n Motorkenner sê eienaars van Ford Kuga-motors moet hulle voertuie dadelik na die naaste Ford-handelaar neem, voor hulle paniekbevange raak en hulle voertuie probeer verkoop. Steve Smith, redakteur van CAR, sê nie alle Kuga's is foutief nie, en dat diegene wat 1,6 liter modelle tussen 2013 en 2014 gekoop het, die grootste risiko loop. Kuga-bestuurders wat hulle karre wil verkoop, het op die sosia...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos