RSG
Monitor
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Monitor 18.09.2017 9:10
Die voormalige woordvoerder van die SA Inkomstediens, Adrian Lackey, praat met Heindrich Wyngaard oor die ouditeursfirma KPMG se bekentenis oor hul onetiese optrede met hul ondersoek na die sogenaamde "rogue" (of onwettige) ondersoekeenheid by die Inkomstediens.
Monitor 18.09.2017 4:40
'n Konferensie by die Universiteit Stellenbosch het ten doel gehad om sportstudies deel te maak van die heersende diskoers oor dekolonisering. Die organiseerder, dr. Francois Cleophas van die US se Departement Sportwetenskap, vertel vir Heindrich Wyngaard waar die gedagte ontstaan het.
Monitor 18.09.2017 6:44
Suid-Afrika het 19 nasionale parke wat vandeesweek - met die uitsondering van twee parke - gratis toegang tot die publiek bied. Vir meer besonderhede praat ons nou met die HOOF BESTUURDER: STRATEGIESE TOERISME by Sanparke,, Joep Stevens:
Monitor 15.09.2017 5:46
Ongebreidelde narsisme of selfgesentreerdheid het skynbaar so aanvaarbaar geraak in die wêreld dat aksies en leierskap tot voordeel van die breë samelewing op die agtergrond geskuif word. Dit is die mening van prof. Kurt April, die nuwe voorsitter van die Allan Gray-sentrum vir waardes-gebaseerde leierskap by die Universiteit van Kaapstad se besigheidskool. Heindrich Wyngaard het met hom gepraat.
Monitor 15.09.2017 9:17
Die bekende rugbykommentator Naas Botha, wat ook op sy dag die Springbokke as kaptein gelei het, se voorspellings vóór die Bokke se 0-57 nederlaag teen die All Blacks in die Rugbykampioenskappe-reeks. Heindrich Wyngaard het hom gepols.
Monitor 14.09.2017 4:59
Landboukundiges en voedselwetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch gaan die wêreld se grootste biermaker, Anhauser-Busch InBev SA/NV (kortom AB InBev) oor die volgende drie jaar help met navorsing oor die produksie van gars. Heindrich Wyngaard praat nou hieroor met prof Nick Kotze wat die AB InBev Leerstoel in Agronomie by die Universiteit Stellenbosch beklee.
Monitor 14.09.2017 1:48
Gesondheidsfasiliteite in die Noord-Kaap het nie oogdruppels in voorraad vir gloukoomlyers nie. Pasiënte het glo sedert Julie nog geen oogdruppels ontvang nie. Gloukoom kom voor wanneer vloeistowwe in die oog opbou en die oogsenuwee beskadig. Indien dit nie behandel word nie, kan 'n persoon blind raak. Neo Bodumela berig.
Monitor 14.09.2017 5:44
'n Proses is begin om die plaaslike skakelwese-bedryf formeel te reguleer. Heindrich Wyngaard praat hieroor met Kavitha Kalicharan, president van die Skakelwese-instituut van Suider-Afrika (PRISA).
Monitor 14.09.2017 6:26
Monitor se aanbieders praat met die strategiese kommunikasie praktisyn Coenraad Bezuidenhout oor die nuwe plan om die skakelwese in Suid-Afrika formeel te reguleer.
Monitor 14.09.2017 2:18
Die Nasionale Bloeddiens ervaar 'n ernstige tekort aan bloedvoorraad. Die streeksbemarkingsbestuurder by die Bloeddiens, Ivor Hobbs, het aan Jean Esterhuizen gesê 'n gebrek aan gereelde bloedskenkers is een van die redes vir die tekort. Hy sê die O-tipe bloedgroep word dringend benodig.
Monitor 13.09.2017 2:03
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het haar ontmoetings met die Presidensie en die staatsveiligheidsagentskap, tydens haar ondersoek na die Bankorp-kwessie, verdedig. Die Reserwebank beskuldig advokaat Mkhwebane daarvan dat sy met die instansies saamgespan het, om die gesag van die bank te ondermyn. Die bewering is vervat in 'n beëdigde verklaring wat by die Noord-Gautengse Hooggregshof i...
Monitor 13.09.2017 1:38
Minstens 27 bevestigde gevalle van masels is oor die afgelope paar weke in KwaZulu-Natal aangemeld. Die provinsiale Departement van Gesondheid het 'n groot inentingsveldtog teen masels regoor die provinsie van stapel gestuur. Die department het 'n beroep op ouers gedoen om hul kinders te laat inent. Die LUR vir Gesondheid, Sbongiseni Dlomo, sê die hoër voorkoms van masels kom veral in Moslem-gemee...
Monitor 13.09.2017 4:11
Corruption Watch Suid-Afrika gaan binnekort die VSA se Departement van Justisie vra om die Amerikaanse konsultasie maatskappy Mckinsey & Companies se sake-transaksies in Suid-Afrika te ondersoek. Die uitvoerende direkteur van Corruption Watch, Davied Lewis, sê hulle teiken onetiese gedrag by Eskom, McKinsey en die Internasionale Finansiële Korporasie.
Monitor 13.09.2017 2:18
Die ANC in KwaZulu-Natal sê hy bestudeer nog die Hooggeregshofbeslissing, wat die party se provinsiale verkiesingskonferensie in 2015, ongeldig verklaar het. Die party is tot 27 September tyd gegun om te besluit of hy teen die uitspraak gaan appèlleer.
Monitor 13.09.2017 15:39
Die hofbeslissing dat die verkiesing van die huidige ANC-leierskap in KZN onwettig was, het verskeie implikasies vir die regerende party. Intussen het die President se betwyfeling van die Openbare Beskermer se reg om aan te beveel dat die hoofregter Mogoeng Mogoeng self 'n regter moet aanstel vir die ondersoek na staatskaping, ook gister in die hof gedien. Monitor praat hieroor en verwante kwessie...
Monitor 13.09.2017 7:38
Die etiese dilemma vir ouditeursfirmas en bestuurskonsultasie maatskappye soos KPMG en McKinsey is in die kollig, nadat Corruption Watch SA gesê het hy gaan die Amerikaanse owerhede vra om McKinsey te ondersoek. Dit gaan oor sy optrede by die Gupta-beheerde Oakbay maatskappy in transaksies met Eskom. Intussen het Save SA ander besighede versoek om hulle bande met KPMG te verbreek. Die versoek volg...
Monitor 12.09.2017 4:47
Die dood van 'n graad twee leerling van Mpumalanga het die klem opnuut op die bewusmaking van selfdood geplaas. Die Suid-Afrikaanse Depressie en Angs Groep sê selfdood onder kinders, tussen die ouderdom van 10 en 14, neem toe. 'n Woordvoerder van SADAG, Cassey Chambers het aan Vincent Mofokeng vertel dat hulle al meer oproepe van tieners ontvang, wat selfmoordneigings het.
Monitor 12.09.2017 2:36
Die vyf ontsnapte leeus, wat in Fochville in Gauteng gewaar is, sal mens en dier as prooi sien. En hoe langer hulle sonder kos is, hoe groter die gevaar. So sê Barry Kerr van die Wildlife Animal en Rescue Lion Research Foundation. Metzi van der Merwe doen verslag.
Monitor 12.09.2017 2:40
Verskeie Amerikaners wat gekies het om uit die deelstaat, Florida te vlug voor die tropiese sikloon Irma, kon dit nie maak tot buite die staat nie, omdat hulle nêrens brandstof kon kry nie. Dit is een van die redes hoekom Anja Marais, 'n Suid-Afrikaner in die land, besluit het om eerder in Miami te bly. Marlinee Fouche berig dat heelparty mense intussen uit gebiede soos Key West gevlug het na die...
Monitor 12.09.2017 3:35
'n Jong Oos-Kaapse kunstenaar gebruik die vloeibare medium van kersrook om vroue se gesigte in 'n vlietende oomblik vas te vang. Dit is glo om hulle skoonheid uit te beeld, maar ook om mans te inspireer om vroue te respekteer en hulle broosheid beskerm. Die 22-jarige Anathi Elpee Nkanyuza, sê vroue is van die weerlooste mense in die land. Hy studeer deeltyds siviele ingenieurswese, maar sy passie...
Monitor 12.09.2017 5:15
Ekonome meen dat gerugte oor 'n moontlike kabinetskommeling, beleggersvertroue in die land sal knou. Hoewel kredietgraderingsagentskappe aangedui het dat hulle eers die land se gradering na die Medium Termyn Begrotingsraamwerk Toespraak in Oktober, en die ANC se verkiesingskonferensie in Desember sal hersien - is daar kommer dat 'n kabinetskommeling 'n vroeëre hersiening kan noodsaak. Vir meer hie...
Monitor 11.09.2017 12:31
Die werk wat die internasionale skakelmaatskappy Bell Pottinger vir die Gupta-familie se Oakbay firma in Suid Afrika gedoen het, het 'n opskudding veroorsaak in die skakelwese professie. Die professie ondersoek nou of 'n Etiese Kode nodig is. Die Internasionale regsfirma, Herbert Smith Freehills, het bevind dat Bell Pottinger se optrede Suid-Afrika potensieel langs rasselyne kon verdeel. Bell Pott...
Monitor 11.09.2017 7:04
"Die wêreld moet die stemme van die vergete vroue van Marikana hoor." Die rolprentmaker Aliki Saragas sê dis hoekom sy die dokumentêr "Strike a Rock" gemaak het. Die fliek is reeds internasionaal bekroon - terwyl dit ook aan stampvol gehore in Groot Brittanje gewys is.
Monitor 08.09.2017 4:24
Die kwagga, 'n subspesie sebra, is nou op verskeie plase in die Wes-Kaap gevestig, danksy 'n merkwaardige wetenskaplike projek. Twee-honderd jaar gelede was kwaggas volop in verkeie gebiede in die land, maar weens die optrede van mense het die bevolkingstalle drasties gedaal en kwaggas het uitgesterf. Wetenskaplikes het 30 jaar gelede sebras met gene soortgelyk aan kwaggas gevind, en met hulle beg...
Monitor 08.09.2017 10:52
Vier en twintig miljoen Suid-Afrikaners het skuld waarvan tien miljoen sukkel om by te hou met hul paaiemente. Die skuld beloop meer as 'n duisend miljard rand. Boonop voorspel kenners dat die aantal Suid-Afrikaners wat sukkel met terug betalings, gaan toeneem. Anita Visser het met die voorsitter van die Skuldberaders vereniging van Suid-afrika ofwel DCASA, Paul Slot gepraat.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos