RSG

Monitor

News AF ↓ 4391 episódios

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Categoria

News

Site do podcast

www.rsg.co.za

Último episódio

2 de out de 2026

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

Monitor 29.11.2018

Nagenoeg vyf kinder-voetgangers en drie kinder-passasiers sterf elke dag op Suid-Afrika se paaie. Dis volgens padveiligheids aktiviste wat sê dat die daaglikse voorkombare dood van agt kinders kommerwekkend is. Hulle voeg by dat die gebrek aan veilige skolier-vervoer 'n skending is van kinders se grondwetlike reg tot onderrig. In die eerste bydrae van 'n reeks oor veilige skoliervervoer, kyk ons v...

Monitor 29.11.2018

Die volgende bydrae kan sensitiewe luisteraars ontstel. Die seksuele misdrywe wat hier beskryf word, is grafies van aard. Emosionele mishandeling word dikwels deur fisiese geweld oorskadu. Heelwat sielkundiges, beraders en aktiviste waarsku dat die impak van emosionele geweld, oor die lang termyn, baie meer skade aanrig as fisiese geweld. Ons het met twee vroue gepraat wat blootgestel was aan beid...

Monitor 29.11.2018

Die volgende bydrae kan sensitiewe luisteraars ontstel. Die seksuele misdrywe wat hier beskryf word, is grafies van aard. Emosionele mishandeling word dikwels deur fisiese geweld oorskadu. Heelwat sielkundiges, beraders en aktiviste waarsku dat die impak van emosionele geweld, oor die lang termyn, baie meer skade aanrig as fisiese geweld. Ons het met twee vroue gepraat wat blootgestel was aan beid...

Monitor 28.11.2018

Die dokumentêr STROOP, oor die stroping van renosters, het al tien internasionale pryse gewen, onder meer Beste dokumentêr by die San Diego International Film Festival, Beste nuweling by die Rotterdam Natuurlewe Rolprentfees, asook Beste dokumentêr by die Glendale Filmfees in Kalifornië, berig Anita Visser..

Monitor 28.11.2018

Die Pa van 'n meisie wat deur 'n ouderling in een van die land se kerke gemolesteer is, vra nou reeds twee jaar lank tevergeefs dat die kerk meer beslissend optree. Die man wat die meisie gemolesteer het, is intussen skuldig bevind aan seksuele misdrywe en is onder huis arres geplaas. Die pa beweer sy dogter is nie die enigste slagoffer nie, en dat die kerk 'n blinde oog gooi op versoeke om die be...

Monitor 28.11.2018

Manlike aktiviste teen seksuele- en ander vorme van geweld, beland dikwels in die spervuur tydens optogte of veldtogte, waar hulle deur vroue uitgejou of weggejaag word. Dit, ondanks pogings om mans aan te moedig om betrokke te raak. Marlinee Fouche berig hulle waarsku dat die optrede mans ontmoedig. Aktiviste meen dat mans nie net vroue moet beskerm nie, maar ook mekaar...

Monitor 27.11.2018

'n Bekgeveg het die naweek op Twitter gewoed oor die feit dat die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, oor geen tersiêre kwalifikasie beskik nie. Op sosiale media stel baie voor dat Steenhuisen se matriekuitslae bekendgemaak word sodat daar ook met homs - soos in die geval van Julius Malema - die spot gedryf kan word. Ander vra hoekom President Jacob Zuma se gebrek aan onderrig soveel opslae gemaak...

Monitor 27.11.2018

Die Nasionale Kommersiële boer wat vanjaar deur die Landbou Skrywersvereniging en verskeie maatskappye as die top presteerder in die land aangewys is, is Pieter Graaff van Witzenberg Eiendomme naby Ceres in die Wes-Kaap. Graaff sê hy was heel verbaas toe hy van die nominasie hoor...

Monitor 27.11.2018

Geweld teen vroue, emosioneel of fisies, gaan dikwels gepaard met afsondering en manipulasie. Die gevolg, is dat hulle dikwels alle kontak verloor met familie en vriende, hulle werk verloor en in afsondering leef. Vanoggend deel ons die storie van een so 'n vrou, wat dit reggekry het om uit die bose kringloop te ontsnap. Marlinee Fouche berig haar boodskap is eenvoudig: Jy is nooit alleen nie...

Monitor 27.11.2018

Onlangse navorsing wat gedoen is oor die befondsing van skuilings vir slagoffers van onder meer geweld, het verskeie aktiviste warm onder die kraag. Vir die meeste slagoffers van geweld, is effektiewe skuilings die vertrekpunt tot 'n nuwe lewe. Hoewel party skuilings daarin slaag om vroue weer suksesvol in die samelewing te integreer, het ander nie kos vir hulle inwoners nie.

Monitor 26.11.2018

16 Dae van aktivistme teen geweld teen vroue en kinders het gister in die land afgeskop. Oor die volgende 15 dae, gaan maatskappye en politici hulle aandag fokus op aktivisme teen die geweld. Vir die res van die jaar, is daar egter organisasies wat elke dag met die werklikheid gekonfronteer word. Marlinee Fouche het by hulle gaan gaan uitvind wat gebeur agter die skerms en of die veldtog hoegenaam...

Monitor 22.11.2018

Nuwe navorsing wat in die vakjoernaal Cell Reports gepubliseer is, skep hoop vir hartlyers. Die Britse Hartstigting doen navorsing oor 'n merkwaardige Meksikaanse tetra-vis, wat in staat is om skade aan sy hart te herstel. Jaarliks sterf 1 uit elk 5 mense aan hartverwante oorsake in Suid-Afrika. Ons praat nou met ons wetenskap-korrespondent George Claassen....

Monitor 22.11.2018

Die aanlyn nuusblad, Daily Maverick, se Scorpio ondersoek-eenheid het gister nuwe onthullings bekendgemaak oor hoe EFF-leiers direk voordeel getrek het by die plundering van die VBS Bank. Ons praat nou hieroor met 'n ondersoekende joernalis by Scorpio, Pauli van Wyk....

Monitor 20.11.2018

Die Ierse astro-fisikus en kosmoloog Jocelyn Bell-Burnell is met die Breakthrough Prize van 3 miljoen dollar - of sowat 42 miljoen rand - beloon. In 1974 is die Nobelprys in Fisika NIE aan haar toegeken nie, maar eerder haar studieleier by Cambridge, Anthony Hewish. Ons praat nou hieroor met ons wetenskap-korrespondent George Claassen...

Monitor 20.11.2018

'n Storm het op sosiale media losgebars, met die nuus dat Momentum Versekering NIE Nathan Ganas, wie in Maart 2017 in sy oprit deur kapers in Durban doodgeskiet is, se lewensversekering polis van 2,4 miljoen rand gaan uitbetaal nie. Die Ombudsman vir Versekering het Momentum gelyk gegee, omdat Ganas nie in goeder trou inligting verskaf dat hy aan diabetes gelei het, toe hy die polis in 2014 uitgen...

Monitor 19.11.2018

Sowat 1300 mense is steeds vermis na veldbrande tien dae gelede in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië ontstaan het. Die plaaslike owerheid sê 76 mense is dood in die dodelikste en mees vernietigende brand in Kalifornië se geskiedenis. Justin Kennerley het met Hendrik van Niekerk in Sanoma in Kalifornië gepraat...

Monitor 15.11.2018

Vandag, presies 30 jaar gelede, het Barend Strydom agt swart mense in Pretoria koelbloedig doodgeskiet. Die sogenaamde Wit Wolf het in 1988 met 'n vuurwapen - op Strydom Plein in die Pretoriase middestad - op mense losgebrand. Strydom was 21 jaar oud ten tye van die voorval. Hy is later ter dood veroordeel, maar daar is in 1990 'n moratorium op die doodstraf geplaas en Strydom is in 1994 vrygelaat...

Monitor 12.11.2018

Verskeie families in Westbury, 'n woonbuurt aan Gauteng se Wesrand sukkel steeds om die dood van hulle geliefdes te verwerk. Lede van die gemeenskap het onlangs betogings gehou teen bendegeweld en misdaad in die gebied. Die SAUK se verslaggewer, Jamaine Krige het met 'n groep vroue gepraat wat kinders in bendegeweld verloor het en wat saam die pyn moet verwerk.....

Monitor 09.11.2018

Kenners is dit eens dat die vredesverdrag van Versailles wat die Eerste Wereldoorlog 'n honderd jaar gelede beeindig het, ook die oorsaak van die Tweede Wereldoorlog was. Die einde van die Eerste Wereldoorlog word Sondag in Parys herdenk. Metzi van der Merwe doen verslag.

Monitor 06.11.2018

Een van die vakbonde wat SAUK-werknemers verteenwoordig, BEMAWU,het gister met sy lede vergader om 'n mandaat te kry vir 'n hofaansoek om die uitsaaier in sake-redding te plaas. Dit volg nadat 'n memorandum aan die SAUK SE Groepshoof van Menslike Hulpbronne, Johanthan Thiekiso, gestuur is om te vra dat die korporasie moet bevestig of werknemers wel vir die volgende drie maande betaal gaan word. Be...

Monitor 06.11.2018

Anita Visser sit die gesprek voort oor beplande afleggings by die SAUK....Hier is Deel 2.

Monitor 02.11.2018

Die toekoms van Westbury is in die hande van die jeug. Dit is volgens gemeenskapsleiers en regeringsdepartemente, wat met jong mense in die bende- en dwelm geteisterde woonbuurt werk. Inwoners het meer as 'n maand gelede betoog en vir die regering gevra om in te gryp. Sedertdien het die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid 'n jeugkamp opgerig, om lewensvaardighede vir hoërskool leerling...

Monitor 01.11.2018

Tientalle mense is die afgelope twee jaar in 'n bende-oorlog in Westbury aan die Wesrand vermoor. Die buurt, wat aan Sophiatown grens, is deur bendegeweld, hoë vlakke van werkloosheid, dwelmmisbruik en huishoudelike geweld verwoes. Inwoners het onlangs op straat geëis dat die regering moet ingryp. Die dertien-en-'n-half duisend inwoners, oorwegend bruin, word in 'n gebied van net meer as een vierk...

Monitor 26.10.2018

Kwaksalwery kan kankerpasiënte nie net baie geld kos nie, maar soms ook hulle lewens. Volgens Quackwatch, 'n webwerf wat wêreldwye kwaksalwery ontbloot, word miljarde rand per jaar op sogenaamde alternatiewe kankergeneesmiddels bestee. In sommige gevalle, is mense dood as gevolg van twyfelagtige terapieë. Gillian de Gouveia doen verslag..

Monitor 23.10.2018

Die voorsitter van die direksie van Agri-All-Africa, Theo de Jager, sê hy weet dat 18 boere uit Suid-Afrika vertrek het om landbou-geleenthede in Rusland te ondersoek. Dit volg na berigte in September vanjaar dat Rusland glo Suid-Afrikaanse boere probeer lok met die belofte van goeie grond, betreklike veiligheid en 'n land wat tradisonele Christelike waardes handhaaf. Metzi van der Merwe het meer...

Ouça o podcast Monitor no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos