Life Christian Foundation
LCF Inspirasie Stasie
Inspiration From Life Christian Foundation
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.lifecf.org
Autor
Life Christian Foundation
Categoria
Site do podcast
Último episódio
2 de out de 2026
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
Getuienis van die Goedheid en Guns van God in Besigheid 22.02.2023 44:24
Neels getuig van hoe hy gegaan het van alkolis wat staan op egskeiding na 'n suksesvolle besigheidsman, saam met Ivan as sy vriend en getuie.
Uitverkies en Draers van die Teenwoordigheid 15.02.2023 37:49
Vandag deel Anna-Lize verder oor 1 Kronieke 13 en 15. Ons moet naby aan God bly, as ons Sy wil, wil ken en onder Sy beskerming wil bly.
Raak betrokke by die Catherine Robson Kinderhuis 01.02.2023 31:21
Ons gesels met Qure, die bestuurder van die kinderhuis in Vereeniging, oor hulle Golf Dag, en die verskillende maniere hoe jy by die kinderhuis kan betrokke raak.
Ons Bespreek ons 2023 Jaartema en Kalender 25.01.2023 39:57
Ons bespreek ons jaartema, hoe ons op die tema gekom het, sowel as die kalender en die nuwe kursusse waarna almal kan uitsien by LCF.
Wat is op God se hart in 2023? 18.01.2023 36:48
Anna-Lize deel wat die Here sterk op haar hart gedruk het tydens die vakansietyd, en wat God wil hê ons moet weet hierdie jaar 2023. Wat is op God se hart vir 2023? Luister gerus.
Ons Kyk Terug maar weer Vorentoe na 2023! 07.12.2022 28:37
Die jaar 2022 was voorwaar 'n vol jaar by LCF, vol seën! Ons kyk terug na die jaar en waarvoor ons dankbaar is, maar kyk ook weer vorentoe, na die jaar 2023 en waarna ons kan uitsien!
In Watter Tye Leef Ons: Die Donker Drie Eenheid 30.11.2022 34:15
Ons kyk bietjie in die onsienlike realm die week, en verken verder Johnathan Cahn se boek; "The Return of the gods." Ons leer veral meer oor die Donker-drie-eenheid waarvan hy in sy boek praat, en hoe dit persoonlik op ons van toepassing kan wees.
In watter tye leef ons? 23.11.2022 25:33
In watter tye leef ons? Anna-Lize gesels vandag oor die drome en visioene in Daniël, van Johnathan Cahn en sy interpretasie, en hoe ons waaksaam moet wees in hierdie tye, dat ons nie met leuens meegesleur word nie.
Ons leer meer oor die Catherine Robson Kinderhuis in Vereeniging 16.11.2022 36:27
Ons leer hierdie week meer van die Catherine Robson Kinderhuis in Vereeniging, en leer wat een van die maniere is wat ons almal kan betrokke raak. Daar is nog maniere om betrokke te raak indien jy belangstel skakel die kinderhuis.
Wat die duiwel gaan aan? 09.11.2022 37:30
Anna-Lize en Zelda gesels oor hoe die duiwel mens om die bos lei, en wat die Bybel wil hê ons moet weet van satan.
Uit depressie na lig en lewe: Elsa deel haar getuienis 02.11.2022 32:51
Elsa Enslin deel haar getuienis van hoekom sy depressief begin word het as 'n tiener, en later in haar lewe God se hand gevat het, en saam met Hom begin stap het.
Kan Christene Halloween vier? 27.10.2022 20:51
Ek gesels vandag oor Halloween, en of ons as Christene dit kan vier.
Keer weer terug na die Bybel vir onsself en ons kinders se onthalwe 19.10.2022 32:46
Chantelle Matthews en Anna-Lize gesels oor om weer terug te keer na die Bybel as volwassenes, en die voorbeeld te wees vir ons kinders, van wat ons graag in hulle wil sien. Bring die Bybel en Bybelse beginsels weer terug in die huis.
Leer meer oor die Bybelse feeste in hierdie week van die Fees van Tabernakels 12.10.2022 24:28
Anna-Lize deel hoe God 'n plan met die feeste gehad het in die verlede, hoe die Jode die feeste vandag nog hou en dit waarna ons op van die feeste kan uitsien, wat nog in vervulling moet kom.
Is jy bewus van die verwoestende effek van aanstoot op jou en ander se lewe? 05.10.2022 41:41
Is jy bewus van die kere wat jy aanstoot neem, weet jy wat dit is, en die verwoestende effek daarvan op jou en die rondom jou se lewe? Dannha en Anna-Lize gesels bietjie oor aanstoot, en waar dit vandaan kom.
Die Stemme Waarna Ons Luiter 28.09.2022 38:55
Anton en Anna-Lize gesels oor die stemme waarna hulle tans luister, wat hulle toelaat om hulle lewe te beïnvloed. Daar is baie stemme daarbuite, en dit is belangrik om steeds te luister met onderskeiding, onderleiding van Heilige Gees, en alles te toets aan die Woord.
Zelda deel met ons die tye in haar lewe wat sy God soms tasbaar, of visueel ervaar het 21.09.2022 31:47
Zelda velrtel ons van die kere in haar lewe, van jongs af, wat sy God tasbaar en visueel in haar lewe ervaar het. Dalk het jy sulke oomblikke al gehad? Luister gerus saam.
Chris Olivier Deel Sy Getuienis Oor Fisiese Genesing 14.09.2022 35:54
Chris Olivier deel sy getuienis van 'n passiewe Christen tot aktiewe Christen, en fisiese genesing na hy 100% in sy geloof begin inkoop het.
Van Droom tot Werklikheid saam met Annelize de Swardt 07.09.2022 36:00
Ons gesels saam met Annelize de Swardt oor hoe sy aanhou stap het, tot sy uitgestap het in die "meer" wat God vir haar lewe het. Annelize het gevoel sy het iets om te sê, en het ander begin nooi om saam met haar te praat, en saam te luister. Geniet Annelize se "Kom Uit" getuienis.
Eugene en Adriana Muller vertel ons hoe God hulle twee saam gebruik om die "Klankland" droom te bewaarheid. 31.08.2022 40:05
Eugene en Adriana deel met ons waar die "Klankland" droom begin het, hoe hulle saam werk, en die uitdagings van saamwerk in die huwelik. Hulle moedig elkeen aan, om hulle God-droom na te jaag.
Die LCF Vrouebediening Nooi Elke Vroue Uit! 24.08.2022 36:35
Die LCF Vrouebediening nooi elke en alle vroue uit om ons vrouebediening by te woon, wat die 7de September begin. Ons sal almal graag al hierdie Saterdag, op die 27ste September, by ons vroue bymekaarkoms wil ontmoet en sien! Luister gerus wat is die LCF Vrouebediening se hart.
'n Bietjie meer oor die Godsdienstige Gees 17.08.2022 36:18
Friedel deel meer oor sy tema van Sondagoggend waar hy gesels het oor 'n godsdienstige gees wat mens kan hê, en die hart van die Vader heeltemal mis in die proses. Diegene met 'n godsdienstige gees, is ook dikwels die wat dit nie raaksien in hulleself nie.
Ons gesels oor die mooi en die uidagings van ouerskap, gesels saam! 10.08.2022 41:23
Ons gesels vandag oor die uitdagings en die mooi van ouerskap. Ons begin by uitdagings van wanneer die kinders babas is, tot tieners, en deel watter lesse ons uit ouerskap geleer het.
Henrie Degenaar Inspireer Ons Met "Life Christian Adventure" 03.08.2022 40:55
Henrie Degenaar vertel ons van LIFE CHRISTIAN ADVENTURE en hoe God 'n pad met hom, en sy seuns gestap het. Luister saam oor hoe Life Christian Adventure vandag saam met God werk, om die harte van kinders na hulle ouers te draai, en die harte van ouers na hulle kinders.
Kim Grant Deel Haar Getuienis! 27.07.2022 33:11
Kim Grant deel hoe haar pad geloop het van 'n rebelse tiener, tot waar sy vandag in 'n goeie en mooi persoonlike verhouding met Jesus staan.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos