GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat. Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op D...
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.grootfm.co.za
Autor
GROOTfm 90.5
Categoria
Site do podcast
Último episódio
20 de out de 2026
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
#OntbytMetDoepieEnNina - ONS (Nuwe enkelsnit) 15.06.2026 17:44
ONS terug met hul volgende kleurhoofstuk – geel – in die vorm van hul splinternuwe enkelsnit, "Vêr Van Die Huis Af". Hierdie tong-in-die-kies kuierliedjie vang daardie gevoel perfek vas wanneer die kuier net té lekker is en die laaste plek waar jy wil wees, jou eie huis is. Dis 'n ligsinnige, energieke lied oor avontuur, vriende, spontane oomblikke en die begeerte om oral te wees... behalwe op pad...
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 15 Junie 15.06.2026 2:13
Inspirasie deur Teodor Van Der Spuy
Gister Se Grotes: Gé Korsten Sing - Hoor My Lied by die Voortrekker Monument 14.06.2026 15:45
Gé Korsten Sing - Hoor My Lied by die Voortrekker Monument. Pieter Smith, Arina de Witt, André Schwartz, Frans Swart, Lydia Winchester en Stephanie Baartman vertel meer.
Route326: Willem Botha oor 'Hallo My Hart' 12.06.2026 32:00
Willem Botha oor 'Hallo My Hart'.
Route326: Elzabé Zietsman en André Lötter oor 'Tronk met 'n D' 12.06.2026 20:16
Elzabé Zietsman en André Lötter oor 'Tronk met 'n D'.
Snoete-goete: Gato Inn 12.06.2026 6:38
The Gato Inn in die ooste van Pretoria bied veilige, luukse kort en langtermyn verblyf vir jou kat. Morne Combrink vertel ons meer
Groen Vingers Vrydag - 12 Junie 12.06.2026 6:00
Jimi Malan van Plantland gee praktiese wenke oor hoe om jou wintertuin lewendig te hou
#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 12 Junie 12.06.2026 6:16
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio. Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul lu...
#OntbytMetDoepieEnNina - Bernice West & Droomsindroom 12.06.2026 12:28
Droomsindroom en Bernice West span kragte saam vir hul splinternuwe enkelsnit, “Toelaat”. Die liedjie kombineer Droomsindroom se kenmerkende klank met Bernice se unieke stem en vertel ’n verhaal van liefde, vertroue en die moed om jou hart oop te maak. Met ’n vars, moderne aanslag en ’n pakkende refrein is “Toelaat” beslis ’n liedjie wat by luisteraars sal aanklank vind.
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 12 Junie 12.06.2026 2:19
Inspirasie deur Janine Fourie
#WeeksdaeVibesMetVenita - Tamryn Madalé | 11 Junie 11.06.2026 14:08
Tamryn gesels met Venita oor haar nuwe enkelsnit Egte Liefde. Sy vertel hoe die liedjie deur persoonlike ervarings geïnspireer is, en hoe haar familie die mense is wat haar help om haar drome na te jaag en haar deurentyd ondersteun.
Route326: Edwin van der Walt oor 'Beter as Gister' 11.06.2026 19:24
Edwin van der Walt oor 'Beter as Gister'.
Anelma - Fiesta 11.06.2026 14:52
Grootfm se eie Anelma van Heerden is die nuwe aanbieder van die Kyknet program Fiesta! Annelie gesels met haar oor feeste, tv en radio en of sy koffie of sosiale media verkies
VERSKILMAKERS: Round Table Collective 11.06.2026 7:47
Round Table Pretoria Collective is ’n organisasie van jong mans tussen die ouderdomme van 18 en 40 wat hulself beywer vir gemeenskapsdiens, persoonlike groei, leierskapontwikkeling en kameraadskap. Deur verskeie liefdadigheidsprojekte en gemeenskapsinisiatiewe maak hulle ’n tasbare verskil in die lewe van mense in Pretoria en omliggende gebiede. Vandag gesels ons oor die rol wat Round Table speel,...
Aktualiteit: Nuwe verslag toon jongmense is onder gewildige druk 11.06.2026 15:26
’n Nuwe verslag oor tienerwelstand wat die Solidariteit Navorsingsinstituut pas uitgereik het, skets ’n ontstellende prentjie van die druk waaronder baie Suid-Afrikaanse tieners leef. Akademiese eise, emosionele uitdagings, sosiale media en ’n gebrek aan ondersteuning laat baie jongmense oorweldig voel. Die verslag toon ook dat talle ouers voel hulle is nie voldoende toegerus om hul kinders deur h...
#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 11 Junie 11.06.2026 4:11
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio. Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul lu...
#OntbytMetDoepieEnNina - Mark Beling (Mean Mr Mustard) 11.06.2026 14:01
Na 'n lang onderbreking keer Mean Mr Mustard terug met 'n splinternuwe enkelsnit getiteld "Teardrops In A Hurricane", 'n kragtige, nostalgiese loflied wat kop eerste in die bittersoet pyn van jong liefde en die spoke wat ons agterlaat, duik. Geanker deur die suggestiewe beelde van 'n lang vervloë somer, vang die liedjie pragtig die kontras tussen die stil onskuld van die verlede en die luide, chao...
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 11 Junie 11.06.2026 4:08
Inspirasie Deur Doepie vanoggend
#GROOTtrauma | 10 Junie 10.06.2026 49:52
In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter oogtoestand veroorsaak dat die natuurlike lens van die oog geleidelik waserig word? >Comrades 2026: Wat Gebeur Regtig met Jou Liggaam >Wat is ‘n Pulmonale Embolisme? >CPR en AED bewusmaking >Dr Jaco se wenk vir die week
#WeeksdaeVibesMetVenita - Erin Elliot | 10 Junie 10.06.2026 17:14
Erin Elliot gesels met Venita oor haar nuutste enkelsnit 'Unhinged Hall Of Fame' en haar opkomende album met dieselfde naam. Sy vertel hoe sy die storie van haar 30's wou vertel het en vir mense net weer bewys dat jy kan doen wat jy wil, waneer jy wil - solank dit jou gelukkig maak
Route326: Bertie en John van C12 oor 'God is my CEO' 10.06.2026 21:38
Bertie en John van C12 oor 'God is my CEO'.
GROOT oepsie: Sharks is die Lions 10.06.2026 0:30
Sharks is die Lions. GROOTfm90.5
Jeugmaand: Geestesgesondheid onder jongmense 10.06.2026 8:47
Geestesgesondheid is nie net 'n grootmenskwessie nie. Al hoe meer kinders en tieners worstel met angs, depressie, trauma en emosionele uitdagings, maar baie kry nooit die hulp wat hulle nodig het nie. As ouers, opvoeders en versorgers is dit belangrik dat ons die tekens herken en oop gesprekke oor geestesgesondheid voer. Vandag gesels ons met dr. Francois Esterhuysen oor waarom kinders se geestesg...
#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 10 Junie 10.06.2026 6:03
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio. Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul lu...
#WeeksdaeVibesMetVenita - Theo | 9 Junie 09.06.2026 29:45
Theo het met Venita gesels oor sy nuutste enkelsnit, "Hardloop" – 'n liedjie wat mens herinner dat al vind jy jouself in die moeilike seisoene van die lewe is daar altyd lig en hoop wat jou omhels wanneer jy terughardloop na Jesus.
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos