GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat. Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op D...
Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.grootfm.co.za
Autor
GROOTfm 90.5
Categoria
Site do podcast
Último episódio
20 de out de 2026
Onde ouvir?
Podcasts no app Replaio Radio Em breveOs podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts
Episódios
#OntbytMetDoepieEnNina - Demi Lee Moore 07.07.2026 1:00:00
Demi gesels met ons oor “Daai Gevoel” wat ’n energieke, opbouende liefdesliedjie is wat deur die geliefde en ontslape liedjieskrywer Johan Oberholzer geskryf is. Dié liedjie dra besondere betekenis vir Demi Lee, wat jare lank met Johan bevriend was. Hy was ook die skrywer van haar deurbraakwenliedjie, “Mis Eet Slaap Herhaal”, waarmee sy die eerste seisoen van Die Kontrak gewen het.
#OntbytMetDoepieEnNina - Huispraatjies met BetterBond 07.07.2026 6:33
Ons gesels vandag op Huispraatjies met Colin Strumpher, Betterbond Verkoopsbestuurder en Verband-konsultant oor hoeveel Suid-Afrikaners huur terwyl hulle reeds vir 'n huislening kan kwalifiseer.
#OntbytMetDoepieEnNina - Is jy okay? (Met Arette Burger) 07.07.2026 14:47
Arette Burger het by ons kom gesels oor dit wat jy as ouer oordra aan jou kind....
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 7 Julie 07.07.2026 3:28
Inspirasie deur Nina vandag.
Route326: Emma van Heyn oor haar rol as Dr Katryn Conradie in Binnelanders 06.07.2026 27:22
Emma van Heyn oor haar rol as Dr Katryn Conradie in Binnelanders.
Route326: Mode Moment met Simon Rademan - Bykomstighede 06.07.2026 5:08
Mode Moment met Simon Rademan - Bykomstighede.
Toksiese verhoudings: Louis Venter 06.07.2026 18:08
Hoe weet jy wanneer 'n verhouding net deur 'n moeilike tyd gaan, en wanneer dit eintlik toksies geword het? Of dit nou 'n liefdesverhouding, vriendskap of selfs 'n werksverhouding is, toksiese dinamika kan 'n groot impak op ons emosionele welstand hê. Vandag gesels ons met verhoudingsterapeut Louis Venter van CouplesHelp oor die rooi vlae waarna ons moet oplet, hoe gesonde grense lyk, en wat 'n me...
#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 6 Julie 06.07.2026 4:54
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio. Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul lu...
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 6 Julie 06.07.2026 2:18
Inspirasie deur Teodor van der Spuy
Route326: Ruhan du Toit en sy Band is terug by die Fairtree Atterbury Teater 03.07.2026 30:08
Ruhan du Toit en sy Band is terug by die Fairtree Atterbury Teater.
Nicholis Louw en Pieter Pruis 03.07.2026 25:18
Nicholis Louw en Pieter Pruis neem die Mirrag met Annelie ateljee oor! Hulle gesels oor hulle nuwe liedjie "Feit soos 'n koei" en is sommer net lekker laf so op 'n Vrydag middag.
Snoete-goete: Be Wise Sterilise 03.07.2026 6:10
Elke jaar beland duisende ongewenste honde en katte in dierewelsynsorganisasies, en baie kry ongelukkig nooit 'n permanente tuiste nie. Een van die doeltreffendste maniere om diereleed te voorkom en oorbevolking te beperk, is sterilisasie. Dit hou nie net voordele vir die dier se gesondheid in nie, maar dra ook by tot 'n beter lewe vir troeteldiere én die gemeenskap. Om meer hieroor te gesels, slu...
#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 3 Julie 03.07.2026 8:19
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio. Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul lu...
#OntbytMetDoepieEnNina - Gerhard Steyn 03.07.2026 17:26
Gerhard Steyn is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Vra Net Vir Jou” – ’n opregte liefdesliedjie wat geïnspireer is deur sy eie liefdesverhaal met sy vrou. Met dié kontemporêre vrystelling deel hy ’n persoonlike hoofstuk uit sy lewe en herinner luisteraars daaraan dat ware liefde soms op die mees onverwagse manier sy pad na jou vind.
#OntbytMetDoepieEnNina - Inspirasie - 3 Julie 03.07.2026 2:23
Inspirasie deur Janine Fourie
#ALT-Fokus - Rudi Kleingeld | 2 Julie 02.07.2026 29:27
Rudi Kleineld het kom draai by #ALT-Fokus met Venita om meer te vertel van sy nuwe enkelsnit ‘Polariteit’. Hy deel ook meer van wat hy met sy musiek wil bereik… én hoekom hy sy koffie swart drink!
Route326: Reynold, Wilbrie en Bennie Fourie oor die tweede seisoen van Die Broer Toer op kykNET 02.07.2026 18:32
Reynold, Wilbrie en Bennie Fourie oor die tweede seisoen van Die Broer Toer op kykNET.
VERSKILMAKERS: The Rope Runner 02.07.2026 9:11
Sy staan bekend as "The Rope Runner" – 'n Suid-Afrikaanse atleet wat iets doen wat min mense hulle kan voorstel: sy hardloop marathons én ultramarathons terwyl sy springtouspring. Maar vir Marissa Groenewald gaan dit oor veel meer as sport. Sy gebruik haar buitengewone uitdagings om bewusmaking te skep en geld in te samel vir die stryd teen mensehandel. Vandag ontmoet ons 'n ware verskilmaker.
KI advertensies - wat dink jy? 02.07.2026 22:42
Kunsmatige intelligensie verander die wêreld van bemarking en advertensies teen 'n ongelooflike tempo. Van foto's en video's tot volledige advertensieveldtogte – KI maak dit moontlik om binne minute inhoud te skep wat vroeër dae of selfs weke geneem het. Maar waar lê die geleenthede, en waar moet ons versigtig wees? Grafiese- en multimedia-ontwerper, bemarker en skrywer Hilde Kruger, het in MidOgg...
#OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 2 Julie 02.07.2026 6:55
Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio. Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul lu...
#OntbytMetDoepieEnNina - Dr. Pieter Groenewald 02.07.2026 28:45
Minister van Korrektiewe Dienste, Dr Pieter Groenewald, kuier by #ONTBYT saam met Doepie en Nina. Dr Groenewald gesels oor die parool-proses, oorbevolking in ons tronke en die uitdagings wat met onwettige immigrante gepaard gaan.
#GROOTtrauma | 1 Julie 01.07.2026 41:00
In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor: >Mediese Vasvrae Vraag - Watter orgaan in die menslike liggaam is by geboorte amper dieselfde grootte as in volwassenheid? >Ashwagandha: Natuurlike hulpmiddel of nuwe gesondheidsrisiko? >Dr Ben Moodie - Baanbreker-operasie gee nuwe hoop vir Alzheimer-lyers >Dr Jaco se wenk vir die week
GROOT oepsie: Blom-fontein 01.07.2026 1:35
Blom-fontein. GROOTfm90.5
Aktualiteit: Pretoria se watergehalte onder die vergrootglas 01.07.2026 10:12
Die Vryheidsfront Plus waarsku oor die toestand van die Stad Tshwane se afvalwater-behandelingsaanlegte. Volgens die jongste kwartaallikse toesigverslag voldoen verskeie aanlegte aan minder as 'n derde van die vereiste standaarde – iets wat volgens die party ernstige gevolge vir die omgewing, openbare gesondheid en watergehalte inhou. Sarina gesels met Nick Pascoe van die Vryheidsfront Plus.
World Food Photography Awards: Louhani Els 01.07.2026 7:27
Kos vertel stories – van familie, kultuur, herinneringe en selfs genesing. Vanjaar is Suid-Afrika trots op fotograaf Louhani Els, wat internasionale erkenning ontvang het by die 2026 World Food Photography Awards. Haar beeld Food Altar – Sardines and My Dad is hoog aangeslaan in die Cake Award-kategorie en vertel ’n diep persoonlike verhaal van rou, herinnering en versoening. Vandag gesels ons met...
Podcasts parecidos
O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos