NG Bonaeropark

Ankers - Die Hawe Podcast

Ons glo die Here is ons Anker (Heb 6:19)En Hy roep ons om 'n hawe te wees waar Hy mense Inbring, Versorg, Toerus en Uitstuur. Hier voer ons gesprekke oor Jesus, die Bybel, Geloof, Genade en hoe ons lewens God eer.

Não deixe de visitar o site do podcast e apoiar quem o produz: www.hawe.co.za

Autor

NG Bonaeropark

Categoria

Religion

Site do podcast

www.hawe.co.za

Último episódio

21 de jul de 2023

Onde ouvir?

Podcasts no app Replaio Radio Em breve

Os podcasts estão chegando ao app. Instale agora e seja o primeiro a descobrir um jeito totalmente novo de curtir podcasts

Baixe no Google Play Instale grátis Android 5 mi+ downloads · nota 4,8 iOS em breve

Episódios

53. Pastorale Briewe – 1 Timoteus 2 20.01.2021

Paulus se laaste briewe skryf hy aan spesifieke persone. Paulus skryf hier oor hoe vrouens hulle moet gedra, hoe verstaan ons hierdie uitsprake?

52. Pastorale Briewe – 1 Timoteus 1 20.01.2021

Paulus se laaste briewe skryf hy aan spesifieke persone. In hierdie brief leer ken ons vir Timoteus en hoe hy as jong leraar 'n gemeente moet bedien, ten spyte sy uitdagings.

51. Pastorale Briewe – 2 Tessalonisense 2 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. Paulus vertel wat hulle prediking motiveer het, en hoe hulle motivering anders was as die vals profete wat gelowiges wou deurmekaar maak.

50. Pastorale Briewe – 2 Tessalonisense 3 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. "God se woord moet hardloop en verheerlik word". God se storie moet ons vooruit loop.

49. Pastorale Briewe – 2 Tessalonisense 1 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. Paulus se tweede brief begin deur die gelowiges in Tessalonika te herinner dat God die regter is, gelowiges se taak is om te glo. 

48. Pastorale Briewe – 1 Tessalonisense 5 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. "Laat ons nie aan die slaap gevang word nie, laat ons wakker en nugter wees." Dinge vang ons onkant wanneer ons nie voorbereid is nie, die wederkoms moet ons nie onkant vang nie.

47. Pastorale Briewe – 1 Tessalonisense 4 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. Paulus praat oor toewyding aan die Here, maar wat beteken dit?

46. Pastorale Briewe – 1 Tessalonisense 3 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. Soos 'n ouer was Paulus bekommerd oor die gelowiges in Tessalonika, dit getuig van 'n omgee wat ons vandag kan inspireer om meer oor mekaar besorg te wees.

45. Pastorale Briewe – 1 Tessalonisense 2 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. Paulus kompeteer met verkoopsmanne wat gelowiges wou belieg om hulle geld in die hande te kry, maar Paulus se invalshoek klink baie anders as die verkoopsmanne se praatjies.

44. Pastorale Briewe - 1 Tessalonisense 1 20.01.2021

Ons reis deur die brief aan Tessalonika. Paulus begin die brief met 'n klem op die voorbeeld van die gelowige.

43. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 13 20.01.2021

Ons is sluit ons pad deur die Korintiërs briewe af. Paulus skuif die soeklig na die lesers van sy brief, hy moedig hulle aan om hulleself te ondersoek. En dan gee hy 'n manier om te weet of jy die toets sal slaag. 

42. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 11 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Paulus het geweet hy raak soms ook dwaashede kwyt, maar een ding bly belangriker bo alles anders, en die gelowiges in Korinte moet weet wat dit is.

41. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 10 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Die gelowiges het slegte goed oor Paulus te sê gehad, Paulus moes dit natuurlik aanspreek.

40. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 9 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Paulus het geglo in goeie voorbereiding en ons sien in hierdie hoofstuk hoe hy die gemeente voorberei vir sy besoek. Ons leer sommer in sy beplanning 'n belangrike lesse oor vrygewigheid.

39. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 8 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Paulus praat oor geld sonder om die woord geld te noem, en hy gee baie belangrike beginsels wat ons vandag help met ons eie finansies.

38. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 7 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Is daar so iets soos 'n ideale of perfekte Christen? Is dit vir jou moontlik om hierdie ideaal te behaal?

37. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 6 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Paulus was baie bewus van die hede...die hier en nou...'n lewe saam met GOd was nie 'n "eendag" situasie nie, dis nou die tyd om ons verhoudings met GOd en mekaar op te pas.

36. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 5 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Ons lewens is so tydelik soos 'n tent wat ons op en af kan slaan, maar die ewigheid is heeltemal iets anders.

35. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 4 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Daar's goed in ons lewens wat vir ons belangrik is en ander dinge wat ons laat swaarkry. Soms is die dinge wat vir ons belangrik is juis die dinge wat ons laat swaarkry. Paulus gee 'n pragtige perspektief oor hoe ons hierdie dinge moet verstaan.

34. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 3 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. 'n Getuigskrif is 'n brief wat vertel van jou karakter en optrede en 'n aanbeveling maak vir mense om jou vertrou, of nie.. Paulus maak ons bewus dat ons lewens soos 'n getuigskrif is.

33. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 2 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Berou kan 'n mens verteer as hulle nie vergifnis ontvang nie, hoeveel mense het ons al laat verteer as gevolg van ons woede?

32. Pastorale Briewe - 2 Korintiërs 1 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. In die volgende brief aan die Korinte bemoedig Paulus die gelowiges waar hulle swaarkry en help ons hoe ons mekaar weer kan bemoedig. 

31. Pastorale Briewe - 1 Korintiërs 16 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Paulus praat oor vals leringe wat mense verlei en wegsleep van Jesus af. Hy waarsku en gee raad oor hoe om staande te bly al verwar die baie stemme oor Jesus ons.

30. Pastorale Briewe - 1 Korintiërs 15 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Paulus skryf hierdie baie belangrike deel spesifiek oor die Hoop wat ons het omdat Jesus gedoen het wat hy het.

29. Pastorale Briewe - 1 Korintiërs 14 20.01.2021

Ons is oppad deur die Korintiërs briewe. Profesie en Tale verwar ons moderne gelowiges vandag omdat verskillende kerkgroepe verskillend daaroor dink. Ons kyk na een van die tekste waar Paulus oor hierdie gawes praat.

Ouça o podcast Ankers - Die Hawe Podcast no Replaio

Rádio e podcasts em um só app - grátis e sem cadastro. Instale hoje e não perca o lançamento

Baixe no Google Play

O Replaio não é o publicador dos podcasts; os nomes dos programas, as capas e o áudio pertencem aos seus autores e são distribuídos por feeds RSS públicos