Vlottenburg VGK

VlottiesVGK

Religion AF ↓ 40 episodes

Saamgesels, saamgroei, en saamluister na stories van Vlottenburg VGK

Author

Vlottenburg VGK

Category

Religion

Latest episode

Mar 14, 2026

Where to listen?

Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon. Install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Get it on Google Play Install for free Android 5M+ downloads · 4.8 rating iOS soon

Episodes

God kan meer doen ... 19.08.2020

Hoe kan vroue negatiwiteit oorkom? Dr Benita Nel deel uit Ef 3:20-21 die geheim ... Sy deel uit haar eie ervaring.

Littekens van genade 12.08.2020

Dis Vrouemaand en ons dink na oor ‘n geskiedenis van seer, lidtekens ... Jakob, die bedrieër het ook littekens gedra ... binne in en op sy lyf ... hy het gegroei daardeur ...

God staan vir jou in 26.07.2020

Soms het mens net nie krag nie, nie woorde nie. Jy weet selfs nie wat om te bid nie. God sal in so ‘n situasie intree volgens Rom 8:25-28. Lirieke van “In Harm’s Way”. (Bebe Winans)

Lyding kan lei tot groei 26.07.2020

Lyding is nie die einde nie. Hoe kan mens sin maak selfs na en deur ‘n traumatiese ervaring? Lees Rom 8:18-24

Groei, selfs deur Hindernisse 22.07.2020

Hindernisse - vuurproewe kom op ons pad. Uit 1 Pet 4:12-19 leer ons dat God kan pyn gebruik tot ons groei. “Obstacles”, is soms die pad na groei.

Hemelvaart in Moderne tyd? 19.07.2020

Christene glo Jesus het lekkerlik “opgevaar” na die Hemel. Wat beteken dit vandag - in ‘n sekulere konteks? Ons dink na oor die betekenis van Ef 1: 15-23.

Om anders te dink ... 17.07.2020

Onregverdige en onskuldige lyding laat ons soms twyfel of ons die regte ding doen. Jesus se lyding gee ander denkwyse oor ons lyding. Dit gee ‘n nuwe verstaan van menswees (James Cone).

Opstanding en Hoop 16.07.2020

Ons hoop is geanker in die Opstanding van Jesus Christus uit die dode. Na paasfees kan gelowiges - selfs in die aangesig van Covid-19 bly hoop - selfs waar die dood ingetree het.

Geloof is om te kan sien 13.07.2020

Ontnugtering en donkerte beperk ons visie - dit bring angs. Vanuit Johannes 20:1-18 leer ons dit is nie meer, “sien-is-glo” nie. Selfs te midde van die grendelstaat, bely ons Jesus het Opgesstaan - ook vandag, 12 April 2020.

“Goeie” Vrydag in Covid-19? 10.07.2020

Nog 14 dae meer is afgekondig van inperking. Wat kan “goed” wees in afsondering, inperking en stil word? Op 10 April 2020, op “Goeie” Vrydag hoor ons van die lied van die lydende kneg (Jes 52:13-53:12). Lyding kan tog sin maak.

Geloof van die geknakte riete 09.07.2020

Op Maandag van die Groot Lydensweek - 6 April 2020, worstel geknakte riete met geloof. Maria was Jesus se voete op die vooraand van sy kruisiging; Ingrid Jonker worstel in diep vertwyfeling. Covid19 sny diep in ons wese in. Wat beteken om te glo as ‘n geknakte riet?

Geloof waneer die wêreld krimp (E) 08.07.2020

Hoe glo ons as ons wêreld kleiner word - soos tydens “Lockdown” - te midde van lyding? Ons tye, ook tydens Lydensweek 2020; ons lewe is in Gods hand (Ps 31: 9-15). Ons kan oorgee, ons kan ons lewe in Sy hand oorgee. (Hierdie episode is in Engels)

VlottiesVGK (Trailer) 07.07.2020
Gelowig te midde van Covid19 07.07.2020

Op 29 Maart 2020, dis 3 dae in die “lockdown” (grendelstaat), maar ook vir gelowiges die 5de Sondag in Lydenstyd (“Lent”). Hoe leef ons volgens Eseg 37: 1-14 gelowig te midde van die pandemie?

Covid19 skud diep. 07.07.2020

Die eerste episode op 22 Maart 2020, as verwelkoming en inleiding tot Vlottenburg VGK podgooi. Die Covid-19 grendelstaat het alles geskuif - daar is onsekerheid, maar volgens Jes 53, laat geloof ons anders kyk na ons situasie en ons toekoms.

Listen to the VlottiesVGK podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up. Install today and do not miss the launch

Get it on Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.